Steve-konsert mag by George-stadsaal voortgaan

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook)

Die plaaslike munisipaliteit in George het sy besluit hersien oor Steve Hofmeyr se konsert in die stadsaal.

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê hy neem kennis dat die munisipaliteit toestemming teruggetrek het vir ʼn plaaslike skool om ʼn fondsinsamelingskonsert volgende week by die stadsaal te hou. Die besluit het gevolg ná sekere groepe van die plaaslike gemeenskap die munisipaliteit se oorspronklike besluit, om die konsert goed te keur, veroordeel het. Hofmeyr sal by die konsert optree.

Bonginkosi Madikizela, provinsiale leier van die DA in die Wes-Kaap, het gesê die munisipaliteit het sy besluit omgekeer, omdat dit die beginsels van vryheid van assosiasie, soos vervat in die Grondwet, oortree. “Alhoewel die DA nie Hofmeyr se politieke sienings ondersteun nie, is dit belangrik dat ons nie in ʼn strik beland waar ons plekke sluit waar mense kan bymekaar kom nie – soos die apartheidsregering gedoen het nie,” het Madikizela verduidelik. “Suid-Afrika het in 1994 saam ʼn eed afgelê dat ons altyd deur die Grondwet gelei sal word, selfs wanneer ons sienings verskil.”

Madikizela het gesê hy loof die munisipaliteit dat hulle ʼn beginselsbesluit in dié verband geneem het en dat die skool die magtiging het om met die konsert voort te gaan en enigiemand uit te nooi wat hulle wil.

Maroela Media het vroeër berig Hofmeyr het gesê hy doen regstappe nadat die munisipaliteit vroeër vandeesweek sy ooreenkoms met die bemarkingsagentskap, wat die saal namens die sanger gehuur het, beëindig het. Groot ongelukkigheid het oor dié besluit ontstaan, aangesien al die kaartjies vir die konsert reeds uitverkoop was en die konsert deel sou wees van die bekendstelling van die sanger se jongste album, getiteld Skree.

Die sanger het bygevoeg baie van die winste van dié konsert sal in die gemeenskap teruggeploeg word. “Uiteindelik, [terwyl] kliënte jare lank al hoes om my fooi te betaal, gaan bykans 95% van my konserte se wins na die oorlewing van klein gemeenskappe, soms Afrikaans, Christelik, [die gemeenskappe se] kleuterskole, skole en kerkies. Hiervoor is ek dankbaar en sal daarom baklei vir ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gideon ·

Wanneer gan ons blanke SAners uitvind wat beteken DA = DANC together with EFFort

Gerrit ·

Hierdie is nou weer n goeie voorbeeld van die DA die wit stem is aanvaarbaar maar nie sy kultuur en geskiedenis of die toekoms van sy kinders nie dan stem die mense nog vir hulle en in dieselfde asem vra hulle hoekom die mense wat die slegste af is vir die anc stem …..al wat by my opkom is die woord onosel.

Willem ·

Ek is ‘n Afrikaner maar ou Steve praat nie namens my nie

Paul ·

Sekere mense wil mos die ou landsvlag laat verban. Daar is paar dinge in die lewe en hier op aarde wat ek nie sal omgee as dit verban word nie, maar als is nie so eenvoudig, of net wit en swart nie. Jip en dan is Steve nie bang vir sy herkoms nie, ook nie om Die Stem te sing nie. En DIT is waaroor sekeres hom pak gee, daardie wat so terwille is. Party sien die reaksie van die Anti-Steve’s, en dan kan hulle nie vinnig genoeg gaan klik (verklik) nie. Een van die dae hoor ons dalk van een of ander groep of ‘n persoon wat agiteer dat die naam Steve Hofmeyr ook soos die ou landsvlag verban word. Jammer dat mense so kleinlik is.

Belegger ·

Dis te laat, ons is n paar sakemanne en beleggers wat stomgeslaan was deur die arrogansie van die munisiplaliteit wat ons gedink het betroubaar was. As julle politieke speletjies speel trek ons baie vinnig.

Eish ·

Moenie aarsel nie, die ware kleure word gewoonlik getoon met instink. Instinktief was die besluit om toestemming terug te trek alhoewel dit onwettig was.
Daar lê die antwoord.

Lolla ·

Ek hoop regtig Steve en George gemeenskap se nou “nee-dankie”, ons het beter plekke en Afrikaners om te ondersteun gekry. You snooze, you loose!

Weskus ·

Daarom gaan ek nie meer george toe die vakansie nie. Die weskus is reguit, eerlike mense sonder agendas, baie beter vakansiebestemming.

Naomi ·

En jy mnr die provinsiale leier vd DA kan darm nie die kans laat verby gaan om apartheid te blameer nie. Foeitog

Willem ·

Enkele vrae aan mnr Bonginkozi Madikizela (en aan sy party) : Hoekom loof u die munisipaliteit vir sy “beginselbesluit” terwyl u geen streng oordeel vel oor die aanvanklike beginsellose, arrogante en ideotiese besluit nie ? Hoekom regverdig u inderdaad die rede ( “alhoewel die DA nie Hofmeyr se politieke sienings ondersteun nie …..”) wat vir die oorsronklike besluit aangevoer is ? Hoekom is dit na 23 jaar in die sogenaamde “demokratiese era” nog hoegenaamd nodig om in ‘n debat soos hierdie woorde te gebruik soos “- soos die apartheidsregering gedoen het nie” ? Hoekom moet daar altyd eers ‘n teenreaksie wees voordat “die beginsels van vrye assosiasie” in die spel kom ?

Mielie ·

Verwag maar protesaksies. Die rooispan in sy duisendes en heel moontlike brande. Hierdie gaan nie glad verloop nie.

kobus ·

Afrikaner, Steve is een van die min mense wat nog vir jou volk baklei. Wat opstaan en iets se wat baie min mense vir jou doen. Jy weet seker baie goed wie Julius of Jacob is??

rose ·

Ek het nogal my hoop op die DA ek glo hulle drae ook ons witmense se belange op die hart.

hendrik ·

Willem, die antwoord op al jou vrae is die “chip” op hul skouer en hulle is so onnosel, hulle adverteer dit met hul aksies.

jaco ·

meeste Afrikaanse wit mense wat soos steve oor die politiek dink, stem ongelukkig nie. Amper 1 miljoen nee stemme in 1992 is net 2 jaar later in 1994 af na 425 000 vir die VF-plus. in 2016 se munisipale verkiesing het die VF-Plus maar 115 000 stemme gekry. Afriforum se ledetal staan darem op meer as 200 000.
Ek is egter seker daarvan dat daar onder wit Afrikaanse wit mense ‘n reusagtige apatie vir deelname aan die politiek is.
Waar is die res heen|? Almal dood? Almal in Australië? Almal by die DA? Ek twyfel.
Wat ek wel weet is by hoeveel Afrikaanse wit mense ek sedert 1994 moet hoor: Ons het ons kans gehad, so ons stem nie meer nie. Politiek is nou bedoel vir “hulle”.

Cherokee ·

Daar is iets wat jy ooglopend miskyk. Jy verwys na VF+ se wins met munisipale verkiesings en Afriforum. Mense kan enige tyd vanaf enige plek lede word van Afriforum terwyl meeste mense slegs tydens algemene verkiesings vir die VF kan stem. Ek bly buite stemming tydens munisipale verkeisings omdat ek in ‘n ANC-stad woon sonder verteenwoordiging van die VF. Hier heers die ANC en DA en daar is nie werklik veel verskil nie.

ferdi ·

Dis ni grapi ni volstaan by COPE wat doen di DA vir Afrikaans en sy mense niks Steve sing di Stem ook

Jean ·

Steve, ek hoop George se stadsaal bars uit sy nate van jou ondersteuners.! Kom ons wys die wereld ons duld nie dubbele standaarde nie. As Zuma toegelaat word om sy oorlogliedjies te sing, hoekom kan Steve nie die Stem sing nie?

mp ·

wat is die VERSKIL tUssen EIE SIENING en POLITIEKE SIENING??????? mag ons nie n EIE SIENING he ni ????

Koos ·

Die DA-stadsraad van George het besef hulle kan skade ly by die stembus, whahahahaha! Ek byt glad nie aan hierdie vryheid van assosiasie gatomswaai van Madikizela nie. Mense, kom ons gee almal ons stem aan die Vryheidsfront Plus met die volgende munisipale verkiesings. Tyd dat ons eie mense se stemme ook gehoor word.

Johan. H. ·

Steve jy bly n yster,Hou so aan,, Al hoekom die lot hul deuntjie verander het is omdat die inkomste gaan vir liefdadigheid,, FEIT,, Ek vertrou hulle gladnie, maar my stem vir wat dit werd, is sal dit aanduie!!

Kobus ·

Baie bietjies maak baie.DA soek net ons stemme.maar doen niks vir ons ni.darem help die VF + ons mense.dankie Steve.roer hulle in die hof

N Lourens Reitz ·

Steve het sy saak gestel as ñ beginsel saak en dit was die punt wat hy wou maak.
Jy het jou mense en ondersteuning.
Dankie Steve vir jou Afrikanerskap.Ek koop jou nuwe album Skree.

Cherokee ·

Heelwat kommentators, self ingesluit, swaai periodiek houe na ja-stemmers. Hier word dit vergeet en ignoreer. Die regering word dikwels van dubbelsinnigheid beskuldig. Julle moet by een standpunt bly.

Gail van Vuuren ·

Divide and conquer, presies wat hulle doen en regkry, kyk hoe gaan ons mense teenoor mekaar aan baklei op twitter, baklei op Maroela, baklei op elke platform genade en die anc en eff lag lekker

Boet Fasie ·

Dit lyk my die DA is aan die hoof van die munisipaliteit maar die ANC en EEF is die nek en draai die hoof soos hulle dinge gedoen wil he. DA het te min ruggraat om te doen wat reg is, so by die volgende verkiesing gaan die DA baie wit en bruin stemme verloor.

Werner ·

Port Shepstone sien uit na jou vertoning op 5 Mei. Reeds my kaartjies gekoop.

Wonder Maar net... ·

Maroela Media –
Ek wonder Sommer Maar net – aangesien julle ‘n afrikaanse publikasie is – is die stelling : ‘Steve doen regstappe …’ nie veronderstel om te wees : ‘ Steve NEEM regstappe nie’ . Of is Ek nou verkeerd?

Justice ·

Steve jy kan maar enige tyd namens my praat – ten minste is jou redenasies op welbelese, feitlike inligting asook logiese denke geskoei. Jy is boonop alles nog trots op jou herkoms – doen so voort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.