Die Persklub het hom genooi om ʼn toespraak oor ʼn onderwerp van sy keuse te lewer. Hy is egter Donderdagoggend in kennis gestel die funksie is gekanselleer nadat die Persklub “oorval is met besware”. ʼn Dreigement is ontvang dat ʼn skokgranaat gebruik sal word om die verrigtinge te ontwrig.
Hofmeyr het aan Maroela Media gesê hy was baie verras toe hy die nuus ontvang het. “Dit is ironies, aangesien my toespraak oor vryheid van die pers sou handel. My spasies vir vryheid van uitdrukking het die afgelope vyf jaar baie gekrimp.”
Volgens Hofmeyr is hy baie gefrustreerd. “Dit is alles deel van die verskriklike siekte van politieke korrektheid. Studente wat petrolbomme gooi word soos dames en here hanteer in plaas van terroriste. Die media voer die narratief.”
Hofmeyr sê hy kan nie regtig verstaan hoekom sy toespraak gekanselleer is nie. “Dit is gewoonlik die media wat my boikot, aangesien hulle voel die dinge wat ek sê, grens aan haatspraak. Ek het gedink die Persklub is die bastion van vrye spraak.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
46 Kommentare
Die enigste skokgranaat wat gebruik sou word is dat Steve hulle sou skok met harde feite. Daar is ook geen bevredigende antwoorde van die Persklub te vinde nie. Die pers (end ie persklub) het pionne geword en instede van akkurate feite, gaan dit vir hulle net oor gewildheid onder joernaliste en politici. Feite en korrektheid het geen plek meer nie, slegs politieke korrektheid. Toe ek die vise-voorsitter van die persklub druk vir antwoord, toe speel sy die ras-kaart. Tipies.
Hierdie situasie laat dadelik baie vrae by mens opkom.
Steve ek dink dit is tyd dat jy besluit wat jy wil doen… Wil jy politiek aanpak of wil jy musiek maak…
Steve, jy moet nie gefrustreerd wees nie, mense hou nie daarvan om die waarheid te hoor nie.
Steve for president! Die media en linkse liberales is bang vir feite en waarheid. As mense soos Steve praat lyk hulle soos idiote . Ek haal my hoed af vir Steve,hy is van die min mense wat die waarheid sal praat in pulbliek.