Steve mag nie praat ná skokgranaat-dreigement

Steve-Hofmeyr-en-AG-Visser-featured

Steve Hofmeyr

Die sanger Steve Hofmeyr sou Vrydag ʼn toespraak by die Kaapse Persklub lewer, maar dit is gekanselleer nadat dreigemente ontvang is.

Die Persklub het hom genooi om ʼn toespraak oor ʼn onderwerp van sy keuse te lewer. Hy is egter Donderdagoggend in kennis gestel die funksie is gekanselleer nadat die Persklub “oorval is met besware”. ʼn Dreigement is ontvang dat ʼn skokgranaat gebruik sal word om die verrigtinge te ontwrig.

Hofmeyr het aan Maroela Media gesê hy was baie verras toe hy die nuus ontvang het. “Dit is ironies, aangesien my toespraak oor vryheid van die pers sou handel. My spasies vir vryheid van uitdrukking het die afgelope vyf jaar baie gekrimp.”

Volgens Hofmeyr is hy baie gefrustreerd. “Dit is alles deel van die verskriklike siekte van politieke korrektheid. Studente wat petrolbomme gooi word soos dames en here hanteer in plaas van terroriste. Die media voer die narratief.”

Hofmeyr sê hy kan nie regtig verstaan hoekom sy toespraak gekanselleer is nie. “Dit is gewoonlik die media wat my boikot, aangesien hulle voel die dinge wat ek sê, grens aan haatspraak. Ek het gedink die Persklub is die bastion van vrye spraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Audrey Bierman ·

Die enigste skokgranaat wat gebruik sou word is dat Steve hulle sou skok met harde feite. Daar is ook geen bevredigende antwoorde van die Persklub te vinde nie. Die pers (end ie persklub) het pionne geword en instede van akkurate feite, gaan dit vir hulle net oor gewildheid onder joernaliste en politici. Feite en korrektheid het geen plek meer nie, slegs politieke korrektheid. Toe ek die vise-voorsitter van die persklub druk vir antwoord, toe speel sy die ras-kaart. Tipies.

Marietjie du Toit ·

Stem saam almal van ons wat probeer om die waarheid te vertel word gedreig en geintimideer
om ons bang te maak, dit is jammer dat die funksie afgestel was, dit is noodskaklik in die samelewing dat ten alle tye n mens die reg gegee moet word om te kan praat.

Donovan ·

Steve ek dink dit is tyd dat jy besluit wat jy wil doen… Wil jy politiek aanpak of wil jy musiek maak…

Elmari ·

Aai Donovan, dit is duidelik dat jy geen idee het wat aangaan in ons land nie!!! Wie anders baklei so hard vir ons land en sy mense se voortbestaan as Steve? Maak jou oë oop en besef in watse groot gemors ons land is. Steve ek wens so daar was meer mense soos jy, wat nie skroom om te sê hoe hy voel of om op te staan vir dit waarin jy glo nie. Jy is beslis ‘n HERO in my oë.

pieter bonthuys ·

Hy is reg. Steve moet eerder politiek ingaan. Sit assublief die toespraak op dat almal kan lees. Stem saam Donovan

Hasie ·

Steve, jy moet nie gefrustreerd wees nie, mense hou nie daarvan om die waarheid te hoor nie.

Petros ·

Amen. Wil mos te politiek korrek wees, dit help niks tydens kaping en huis/besigheidsroof. Steve, daar is nog regdenkende mense soos jy, ons moet net verenig en aanhou die aanslae beveg.

Spook ·

Steve for president! Die media en linkse liberales is bang vir feite en waarheid. As mense soos Steve praat lyk hulle soos idiote . Ek haal my hoed af vir Steve,hy is van die min mense wat die waarheid sal praat in pulbliek.

Sarah ·

Ons land brand en Donovan wil liewer musiek luister? So bewusteloos !

Cherokee ·

Donovan, fight jou eie fight maar moet nie worrie, ek sal jou ondersteun.

Kaspaas ·

Steve jy behoort te weet dat meeste van die mediahuise na die ANC pype dans. Hulle is bang vir jou en die waarheid

Rosa Frank ·

Donovan wat is jou probleem. Steve kan en doen baie dinge. Sing is nie sy enigste talent of bydrae nie. DIe man staan op vir vryheid, vir almal. “”Sit die ligte aan”!!!

Louis ·

Alhoewel ek nie met alles saamstem wat Steve sê en doen nie, dink ek tog hy behoort toegelaat te word om te praat. Hy suig beslis nie feite uit sy duime nie. Vryheid van spraak is tog in ons grondwet ingeskryf. Die hele grondwet en alles wat daarin staan is ter sprake, en nie net deeltjies daarvan nie. Indien jy nie wil hoor wat hy sê nie moet jy net nie gaan luister nie.

Willie E ·

Ek dink hoe gouer ons almal besef ons grondwet is ‘n pot snot hoe gouer gaan ons werklik begin om te probeer vir ons self iets beteken,die grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie

sejouse ·

jy sal weer n kansie kry!!! die regte plek en tyd!! .. se jou se.. groete Steve .

Ansie ·

Steve kan sing politikus wees en n vegter vir boere wat vermoor word se menseregte wees. Hoekom nie? Is enigiemand anders bereid om dit te doen? Ja Steve ek verstaan ook al hoe minder. Tot op ander internetmedias het ons ook nie meer vryheid van spraak nie.

Jakes ·

Orrelpypie opgevoede Afrikaners praat nie so. Ek kan net aan neem jy is nie een van hulle nie.

Fanie ·

Wat is die probleem dat steve al twee doen?? Hy het ten minste die “guts”.nie soos die meeste van ons blankes wat kla en niks doen nie.sy musiek is “legend” en alles wat hy in die politieke arena se maak alles sin.hou so aan steve!

gabrielg ·

Ja nee nog n jaloerse een voel seker sleg omdat hy nie soos steve kan wees nie tenminste praat hy sens Bravo steve jou tyd sal kom om jou se te se ongeag wat ander se

Veritas ·

Alhoewel ek gladnie ‘n Steve Hofmeyr aanhanger is nie, waardeer ek sy pogings om Afrikaans te probeer beskerm. Hy moet hom egter nie op politieke terrein begeef nie aangesien hy geen politikus is nie en gereeld die domste dinge kwytraak. Hierdeur veroorsaak hy onderlinge gevegte tussen Afrikaners. Iets wat ons nie kan bekostig nie. Nee wat skoenmaker, hou jou by jou lees.

Therese van Schalkwyk ·

Veritas, gelukkig is daar ‘n beduidende hoeveelheid van ons wat heeltemal anders oor die saak voel. Dit is juis die feit dat Hofmeyr níé ‘n politikus is nie wat sy opinies myns insiens van betekenis maak. Beroepspolitici maak nou nie juis van die wêreld ‘n rasende sukses op die oomblik nie, of hoe?

Vreemd hoe dikwels mense begin met “ek hou nou nie eintlik van Steve nie, maar … ” So asof mense met gemeenskaplike belange áltyd beste maatjies ook moet wees?

Dit is lankal tyd dat wittes in SA hulle stembande herontdek nadat hulle vir jare geïndoktrineer is tot ‘n staat van permanente boetedoening deur hul eie mense. Rhoda Kadalie het ‘n puik meningstuk oor hierdie onderwerp.

Ruby ·

Therese, ek stem 100% saam met jou.

Veritas, so vat dom dinge kwytraak gepraat…..bly maar stil.

Retha Homann ·

Ek stem saam met Veritas. Skoenmaker hou by jou lees. Jy kan nie die politiek betree as jy nie ten minste ‘n graad daarin het nie.
Daar is te veel onbevoegde mense in politiek, dit is hoekom die land so lyk!
En ek hou nog steeds van Steve en dit wat hy vir Afrikaans doen!

Therese van Schalkwyk ·

Om bloot as genooide openbare spreker op te tree, of soos Steve Hofmeyr, ‘n erkende meningsvormer te wees oor sake na aan die hart word gereeld verwar met “die politiek betree”.

Sterkte daarmee om ‘n persoon soos Hofmeyr in één boksie te probeer druk.
As Charlize Theron die VN mag toespreek oor Aids, mag Hofmeyr darem seker die Kaapse Persklub van spraakvryheid probeer vertel.

Ockert ·

Steve, die selfde mense wat dink Hillary moet die VSA bestuur, is die mense wat die media bestuur.

Rupert Ashford ·

Netso Ockert. Sal nie verbaas wees as die persklub sommer self die dreigement uitgedink het nie.

Andre ·

Wit liberales skuil weer agter hierdie storie. Soek geensins verder waar die eintlike probleem in SA le nie.

Jemma ·

Ek was nooit ‘n groot aanhanger nie want hy is so mainstream. Toe vind ek die man het toe die grootste hart en siel en liefde vir sy mense. Honderd keer beter mens en intelligenter as die “alternatiewes” met min aanhang wat hom so oor die jare bygekom het.

Sanet ·

My gat se seksel is….. Bok van Blerk en Adam Tas mag sing en sê wat hulle wil, maar Steve word altyd getarget. Dis sommer bog!

Louis Lubbe ·

“Evil will persist if good people do nothing”! Die persklub het geen ruggraad ! Wil hulle dan net selektief wees en hoor wat hulle wil. Daar is geen waarde daarin nie veral as dit juis hulle is wat vryheid van spraak voorstaan.

Leon ·

Polieties korek wees maak my siek! Die wereld brand onder lingse chaos europa onder die oorspoeling van die ooste VSA onder die lingse sosialistiese demokrate en SA onder ja jy weet wat die kerk mag nie eens die waarheid preek nie mense wil niks hoor van die hel nie dit bestaan kamstig nie? Oom Siener ,Johanna Brand het al hierdie dinge geprofiteer deur die hand van God. Nee wat waarheid wil nie gehoor word nie maar die Waarheid sal ons nog eendag eweskielik in die gesig klap!!! Woeps dan is dit verby…. Dankie Steve vir jou waarhede moet nooit skaam wees daarvoor nie.

Skatymir ·

Die Persklub het hom genooi om te praat waaroor hy wil? Jammer maar ek glo dit nie. Hulle doel was nie om te hoor wat hy te sê het nie maar om dit in die nuus te kry en hom te verneder. Dit is bloot magsvertoon, slim strategie, maar sal later duidelik word.
Steve, hou jou toespraak op die sosiale media en wys vir hulle ‘n toffie.

Ahooy ·

Kan Steve se persverklaring nie maar op Maroela gepubliseer word nie???

Derick ·

“Oorval met besware” … “skokgranaat” … HOE is hierdie besware gelug ? Telefonies ? Dit kan mos getrace word. Wie het die bomdreigement gemaak ? Daai persoon kan OOK gevind word. Dis tyd dat ons ophou klappe ontvang en begin harde klappe uitdeel !

Judy ·

Alles is n klug….Steve sit dan maar jou toespraak op n ander media netwerk waar ons dit dan kan lees….sterkte!

Stev ·

Ek stem, en vra MM om ‘n peiling te loots sodat mense kan aandui of sy toespraak hier op MM moet verskyn.

Ek stel belang, en ek is ‘n groot aanhanger van Steve omdat hy nie skroom om te sê wat gesê moet word nie. Hy praat feite en hy doen dit met ‘n passie, en ons eie mense wat hom sien as rassis/regs/ of wat ookal is bang vir die waarheid en hulle verkies om met oogklappe deur die lewe te gaan.

Suzi ·

Steve kan jy glo die hele parlement + is bang vir een man wat ‘n toespraak wil gee en dit nog om te dreig met ‘n bom aanval. Wat ‘n grap. Steve jy het klaar jou merk gemaak. Hou so aan daar is baie van ons wat agter jou staan.

Anzie Bouwer-Marais ·

Dis hoogtyd dat mense fue lig begins sien. Word wakker SA, luister na Steve, hy het n nugtere uitkyk op die geleendheid.

Pieter ·

Soveel vir persvryheid! Joernaliste sit op twee stoele en laat hul afdreig, maar het baie te sê as hul eie menings onderdruk word. Steve verteenwoording ‘n hele klomp mense in ons land en behoort gehoor te word.

bernedine koch ·

Steve kan sing en vir ons land baie beteken op politieke gebied. hys n begaafde veelsydige man,my respekvir hom neem net toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.