Steve: ‘My ja-stem was verraad’

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

“Ek is Steve Hofmeyr. Ek wil eerste wees om voor my mense om verskoning te vra vir my ja-stem in 1992. Dit was verraad teen my volk en hul soewereiniteit. Dit was hoogverraad teen my God om kommunisme in te laat.”

Só het die sanger en aktivis Steve Hofmeyr Vrydag op sy amptelike Facebook-blad gesê oor sy stem ten gunste van hervorming in die referendum in 1992. Die referendum het destyds aanleiding gegee tot onderhandelinge tussen die Nasionale Party en die ANC wat uiteindelik tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994 gelei het.

Hofmeyr meen nou dié stem was die verkeerde keuse en sê hy is “bitter spyt” oor sy besluit. “Ek sal my lewe daaraan wy om dit reg te maak,” het hy gesê.

Hofmeyr het in dieselfde Facebook-plasing terugvoer gegee oor The Boer Project, ʼn dokumentêre film oor plaasmoorde. The Boer Project, wat deur die Sweedse aktivis Jonas Nilsson vervaardig is, is Donderdagaand in Pretoria bekendgestel.

Hofmeyr het die bekendstelling bygewoon waar Nilsson onverwags vir Mariandra Heunis, ʼn vrou wat haar man twee jaar gelede in ʼn aanval op hul kleinhoewe verloor het, gevra het om te trou.

“Ons was verstom. En verheug,” sê Hofmeyr. Punt is: ons het vriende in Swede. Een Sweedse joernalis het opgestaan en namens Swede om verskoning gevra dat hulle die hele Suid Afrikaanse geskiedenis as waarheid aanvaar het en ons toekoms ondermyn het met inmenging en die befondsing van terrorisme. Ek en die boere om my was stomgeslaan,” het hy geskryf.

Mariandra Heunis sit langs Steve Hofmeyr by die bekendstelling van The Boer Project. Foto: Reint Dykema

“Maar ons het ook vriende in Duitsland. Petr Bystron [ʼn Duitse parlementslid] is die regte buitelandse sake-man vir die AfD-party in Duitsland. Ons kon oor ʼn gesellige koffie vinnige raakpunte maak en gou ʼn natuurlike vriendskap vasmaak. Die winde van behoudendheid trek ons vir die eerste keer reg, nie vir die verlede nie, maar vir die toekoms.”

Verskeie internasionale politici het hulle in die afgelope tyd uitgespreek oor die kwessie van plaasaanvalle en grondonteiening in Suid-Afrika. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het opslae veroorsaak en internasionale mediadekking gelok met sy twiet waarin hy sê dat hy opdrag gegee het dat Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, die grondkwessie en plaasmoorde-krisis in Suid-Afrika ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse regering het vinnig hierop gereageer deur te sê die twiet is “op valse inligting” gegrond. Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het kort daarna versoek om met die Amerikaanse ambassade in Pretoria te vergader om duidelikheid oor die saak te kry.

Die Britse eerste minister, Theresa May, het ook die grondhervormingskwessie met pres. Cyril Ramaphosa bespreek tydens haar besoek aan Suid-Afrika dié week. May het gesê die Verenigde Koninkryk ondersteun grondhervorming slegs op voorwaarde dat dit wettig en deur ʼn demokratiese proses gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

213 Kommentare

Hector Jooste ·

Steve ek het in 1992 NEE gestem. Sedertdien het ek dikwels met groot bitterheid gewonder oor al die JA-stemmers en waar hulle nou vandag is. Maar vandag kan ek nie anders as om te sê dat ek my hoed vir jou afhaal nie! Baie, baie dankie vir hierdie ontsaglike integriteit wat jy openbaar. Met mense soos jy glo ek dat ons volk, die Afrikanervolk nog ‘n toekoms in hierdie land het. Hou so aan! As jy op hierdie pad waarop jy tans is, voortgaan, kan jy beslis op my heelhartige ondersteuning staatmaak!

Paul ·

Kort uittreksel uit ‘n artikel van Hermann Giliomee wat op 13 Oktober 1914 in Maroela verskyn het:

“Die NP het sy band met die kiesers verbreek (ʼn mens kan dit ook sterker stel). Die 1992 referendum het bloot oor die proses gehandel; die NP hou nie sy belofte dat hy ʼn tweede referendum sal hou as die onderhandelde grondwet te ver afwyk van sy beleid wat hy in September 1991 aanvaar het nie (ʼn roterende presidensie en ʼn tweede huis waarin minderhede oorverteenwoordig sou wees en wetgewing sou kon blokkeer wat hulle benadeel).

Uiteindelik was daar geen magsdeling en wigte en teenwigte soos die NP beloof het nie. En uiteindelik was daar geen doeltreffende beskerming vir minderhede nie. Daar was die Grondwet en Grondwethof, maar teen 2009 het die ANC die stryd gewen om die meerheid ANC-gesindes in die Regterlike Dienskommissie te kry, wat die aanbevelings oor die aanstelling van regters by die president maak. Volgens een goedgeplaaste bron is daar nou ‘n 16 teen 7 ANC-gesinde meerderheid.”

Uit die artikel kan dus gesien word, daar moes ‘n tweede referendum gehou word, en daardie belofte het die NP nooit gestand gedoen nie.

Hier is die skakel na die volledige artikel:
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/n-kort-begrip-van-ons-laaste-vyftig-jaar-2/

Paul ·

Die JA stem in die eerste referendum was dus nie die probleem nie, maar niemand kon voorsien dat die NP sy belofte sou verbreek en nooit ‘n tweede referendum hou nie.

Paul ·

Iemand wys my nou daarop die datum van Hermann Giliomee se artikel hier op Maroela is nie 1914 nie, maar 2014.

Ellisras ·

Steve jy is nou naby aftree ouderdom. En jou CD verkope is maar skraps, met die ekonomie en als. Poletiek is ‘n uitstekende Pensioen. Jy hoef minder as 1% van die stemme te kry vir ‘n setel. Jy kan alles belowe en niks gee. Jy sal tog nooit in ‘n posisie kom waar jy iets hoef te gee nie

Boerboel ·

Ek is nes Steve ook n ja stemmer wat myself erg verwyt. Ek het ja gestem uit die hoop dat ons geregtigheid en gelykheid voor die reg sal he. Nie om verraad te pleeg of my mense n dolksteek te gee nie. Ek was naief en was verraai deur kriminele skuim NP en het te laat wakker geskrik. Dus vra ek ook on verskoning en het nes Steve probeer om my stommiteit reg te stel maar was deur die Afro-Nazi regime gestuit, toegesluit en verneder agv kuberaktivisme. Woon nou in buiteland in self-verklaarde ballingskap en sal nooit kan terugkeer nie. Wat in SA gebeur het is tragies maar die grootste tragedie le nog voor. Sterkte en God met julle.

Cherokee ·

Korreksie, natuurlik was die ja stem die beslissende probleem want daarsonder sou die regering nie in die posisie gewees het om verraad te pleeg nie. So hou op om blaam te probeer verplaas.

Andre Visagie ·

Hector, ek vermoed ek ken jou. Ek stem heelhartig saam met jou opmerking. Ons het nou mense nodig wat opstaan vir ons oorlewing en on GELOOF.

Paul ·

Cherokee, jy en Andre Visagie het duidelik nie my palsings heel onderaan gelees nie. Julle raai en baseer jul kommentaar nie op feite nie.

Paul ·

Terloops, ek het ‘n broertjie dood aan mense wat in ontkenning van die waarheid leef.

Frik Lotz ·

Steve, baie mense het ja gestem en is vandag spyt daaroor. Jy het verskoning gevra en ek glo die volk sal jou vergewe. Ek het klaar. Gaan voort met die goeie werk wat jy vir ons volk doen en dankie vir dít wat jy alreeds gedoen het!

Stella Barnard ·

Amen Fritz…ek stem 100% saam. Mal oor jou Steve..ten minste doen jy iets..baje ‘boere’ raas net en doen nix

Werner ·

Kry ek nou sommer baie respek vir jou Steve vat n man om te erken hy het n fout gemaak

Josef Esterhuyse. ·

Ja Hofmeyer Hoogverraad oop sy ergste. Nie net dit nie ook toegestem vir die baie moorde ,en honger kindertjies .

Ja ne ·

Ag siestog. Dis eerder die ou boertjies wat tog so grootbek om die braaivleisvure praat is n dan verder niks beteken wat hoogverraad pleeg.

Ralph ·

Ja steve. Minder praat meer doen ne. Goeie begin maar ja, nie net jy nie maar ons almal.

M Viljoen ·

Ek voeg my stem by Steve, het ook Ja gestem en vra verskoning. Het gedink ons het ware leiers gehad maar weet nou ‘n mens mag nie op mense of prinse vertrou net God alleen is waardig laat ons voortgaan en saamstaan om weer die volk van Bloedrivier te word. Dankie Steve dat jy nie wegloop maar voorloop. Tyd vir terug kyk is verby kom ons staan saam en bou.

humor ·

Steve ek aanvaar jou verskoning dit is manmoedig.. Ons weet ook die kieserskorps oor die lengte en breedte van die land is deur politicie belieg en begrieg. Tussenverkiesings is deur PW op die langebaan geskuif uit vrees vir die KP oorwinning want daar was n gedrewe sluwe verborge agenda van die regerende party en die internasionale wereld. Net jammer so baie kiesers het van die NP n volksgod gemaak en het blindeliks vertrou. Steve sterkte vir die toekoms.!!!

Willem ·

Lees gerus wat Paul hier bo vir Hector Jooste antwoord. Lees ook gerus die volle artikel van Hermann Giliomee. Klik daaar op die skakel. Steve het so effe die kat aan die stert beet, daar sou ‘n tweede referendum wees.

Henk ·

Ek het geen maar geen respek vir iemand wat ja gestem het nie,maar ek het hope en hope respek vir ń man wat sy fout kan erken.

Jy is vinnig besig om by baie mense resoek in te boesem mnr Hofmeyer.

jaco ·

Die nee-stemmers was maar net so skuldig. Amper 1 miljoen nee stemme in 1993 se referendum is in 1994 se 1ste groot algemene verkiesing af na net 425 000 stemme vir die Vryheidsfront. Daarna het dié party met elke verkiesing steeds minder stemme gekry. In 2014 was dit maar 170 000.
Ek weier om te glo dat AL 1992 se nee-stemmers dood is of Australië toe verhuis het of eerder DA stem. Ek vermoed eerder daars ook maar ‘n sterk element teenwoordig van “ons stel nie meer belang nie” en “ons het ons kans gehad. Dis nou’ hulle’ beurt”. Dié 2 goed het ek al by BAIE mense gehoor wat voor 1994 uiters aktiewe ondersteuners van daardie jare se regse Konserwatiewe Party was. Dan ook; Afriforum wat 99% nes die VF-Plus dink, het glo meer as 600 000 lede, maar die VF-Plus kry maar 170 000 stemme. So iewers is steeds ‘n GROOT apatie as dit by ‘n verkiesing kom. OF kan dit wees dat “ons mense” regtig so blind is en eerder vir die nogal pro-regstellende aksie gesinde DA stem?
Al my syfers bewys in elk geval NET 1 ding: ons eie mense se apatie sedert 1994 help ons eie ondergang sterk aan. Ons grawe basies ons eie graf.

Frans C ·

Dit is ‘n mate waar wat jy së oor die verminderde ‘Nee’stem. Die vermiste 600 000 is oor na die NP wat sonder die stem nie die vereiste 20 % sou behaal het.Onthou verteenwoordiging in die ‘GNU’ (Goverment of National unity) was volgens die aantal setels wat behaal is.

Die DP nouopgeneem in DA het 338 426 stemme gekry.Voeg dit by die 3 983 690 van die destydse NP(4 322 116) en jy sien min of meer die stemkrag van die huidige DA wat 4 091 584 stemme in die 2014 verkiesing gekry het.
Dit is egter nogtans 230 532 stemme minder as 1994.
Ons kan egter nie die geskiedenis terugdraai nie en leef nou mi met die gevolge van ‘n misleide kieserskorp wat hul aan die neuse laat lei het veral deur die Nasionale pers en
die NG-kerk wat skielik begin rondspartel het oor ‘Apartheid’.

sweiz ·

Die beraad het ook van de klerk en meyer gekom by kodesa toe die ja stemmers hulle n mandaat gegee het om namens ons te onderhandel en almal weet watse gemors hulle daarvan gemaak het ,terwyl die ander ‘leiers ” seker op bird island was

Gerhard ·

Al waarop dit kon opeindig is ‘n eie Afrikanerstaat/volkstaat. Dit is al vir dekades voor daardie verkiesing die enigste oplossing.

Piet ·

Ons kan nie met sekerheid se wat sou gebeur het nie, maar n nee stemmer weet wel dat hy nie sy land weg gegee het aan kommuniste, net omdat hy n papbroek is nie. Hoe hy jy van jou nuwe etiket? Steve moet nie so hard op jou self wees nie! Jy gee baie mense hoop!

koos1 ·

Amper nig slegter as vandag. SA sou nog meer onder sanksies deur geloop het en ons sou van muishond status tot miskruier status geval hel. Mense het ja gestem, want hulle was mislei deur die NP en ANC. Ongelukkig het die 20 jaar gevat voordat die ware kleure wys en ons as blankes die varke in die verhaal word.

Nee ·

Ek het in die tydperk by Nasionale Intelligensie gewerk. Daar sal defnitief ‘n burger oorlog uitgebreek het en die uitstlag sou defnitief nie in die guns van die blanke populasie gewees het nie. Daai scenario is deur baie, baie slim mense bereken, uit elke hoekpunt en in elke scenario, en die uitstlag het deselfde gebly – defnitief nie positief nie. Geskiedenis is ‘n lelike ding, maar van die manne wat aan die grens geveg het sal vir jou se dat die wat graag daai oorlog sou wou he, het nie ‘n idee waarvan hulle praat nie. As psigiater vandag werk ek met ‘n hele klomp van die oud weermag lede wat iemand doodgeskiet het gedurende die grensoorlog. Hulle kry na al die jare nog nagmerries en lei aan ansgversteurings, soveel so dat hulle nie normaal kan leef nie. Baie het selfmoord gepleeg. Dus aan al die elektroniese stoel-soldate, julle het nie ‘n idee wat SA dalk op daai tydstip gesystap het nie. Die werklikheid is ongelukkig baie anders as wat julle dink. Dink baie mooi voor jy wens vir iets soos ‘n burger oorlog.

Staak ·

Johan, die uitsag was dat die Ja stem gewen het en dit wat jy so vrees wat kon gebeur het, het toe nooit gebeur nie, nou wat nou???
Ons staan aan die vooraand van uitwissing en is reeds in n volksmoord volgens genocide watch en al die Ja stemmers is nogsteeds bekommerd oor wat kon gebeur het. Jou vrese is ongegrond, kom uit die verelde uit in die hede in, die toekoms lyk donker broer. Regte besluite nou kan die toekoms verander!

Gerhard ·

Aan NEE.
Ek heg nie veel waarde aan die oud NP “geleerdes” se menings nie. As jy hulle sou glo sou jy dink die Nuwe Suid-Afrika kan werk. Veel eerder was dit ‘n klomp onbeholpe broeders wat nooit geweet het wat hulle doen nie. Ons was besonder leierloos (en dus sonder enige visie)in daardie tyd.

Piet ·

Nee, so die regering het jou ook bang gepraat destyts. Brei bietjie meer uit want ons het die sterkste weermag in Afrika gehad. Hoe sou ons tweede gekom het?

Buffel ·

@Nee: Jy se jy het by nasionale intelligense gewerk, het jy ook in die grensoorlog geveg en grensdiens verrig ? Ek dink jou baie slim berekeninge is uit. Met daai weermag en polisie mag, moes die NP ‘n baie beter “deal” berader het. Die jellievis de Klerk en Meyer het als weggegee omdat hulle bang was, en omdat hulle verseker was van hulle eie welstand na die tyd. Tweedens ek het grensdiens verrig, Operasies Hooper en Packer. En ek is glad nie jammer oor wat daar gebeur het nie behalwe vir die SA magte wat dood of beseer was. As ek weer vandag dit moet doen sal ek maak nie saak hoeveel PTSS ek kry nie en of ek dalk een van die is wat sou sneuwel. Ek, soos baie ander het geantwoord op die roepstem en was bereid om te offer wat gevra word. Ons sou en sal dit weer doen. Ek is definetief nie die enigste een nie. So niemand wou of wil ‘n oorlog he nie maar praatjies oor hoe erg dit is maak ons nie bang nie. Ons was reeds daar.

Flojo ·

Nee, jy klink na n baie bang mens. Ek sidder om te dink watse hulp jy vir ander gee.

Henry ·

Agge neewat ou Nee,

Julle spookstories van destyds, was/is van skinderstories en spekskieters se sprokies afhanklik gewees.

Julle base en julle base se politieke base, was so in die politieke speletjies voor 1994 vasgevang, dat die werklikheid by julle verby gegalop het. Die woeste en ‘bloedige burgeroorlog’ waarmee vorendag gekom is, is bloot swak verskonings vir swak besluite deur die onderhandelaars wat almal se belange moes beskerm het.

Jammerlik maar julle ‘outfit’ het geen nuttige inligting gehad oor oorle’ Jo Slovo en die SAKP/ANC se skuiwe nie. Laasgenoemdes het met die hulp van veral die Oos Duitsers se Marcus Wolf en die destydse KGB, genoeg inligting gehad om kringe om ons beteuterde spannetjie te hol.

Jammer maar so is dit maar…

Voert ·

@ nee, goeie genugtig is ek nou gvol vir mense wat vir “NI” gewerk het…. jul dink darem maar baie van jullself en glo jul het toegang en kennis van alle ” geheime ” inligting gehad , vandag meet jul julself as baie belangrike mense en weet alles , jul is ” selferkende gesiene mense in die gemeenskap” net laas jaar gesels en met n ” ek het mos gewerk vir d NI..hul sal nooit BTW verhoog”, net gister weer met 1 ” steek jou geld in buitekand weg, glo my ek het vir die NI gewerk….”…… kan nie meer nie

Sean ·

Steve jy is n yster Begin n politieke party asseblief On benodig n leier Ons moun en complain elke dag Almal is reg maar ons hardloop soos afkop hoenders rond

Flip Swanepoel ·

Sean, hoe kan jy van Steve verwag om na sy belydenis van hoogvarraad teenoor God, ‘n politieke party te stig en teen sy belydenis aan ‘n Godlose kommunistiese bestel deel te neem? Dit sal ‘n oortreding van die Gebod wees: Jy mag geen ander gode voor My Aangesig bring nie.
Moses moes Farao beveel: Laat My volk trek dat hulle My kan dien.
God wil in heiligheid/ afsondering gedien word en nie tussen ‘n menigte van afgode nie.
Deelname aan Multikulturele demokrasie is buite die kwessie vir iemand wat dit as hoogverraad teen God bely het.

Vaalpiet ·

Wens net ja Stemme se oe het soos ‘n hondjie sin vroeer oop gegaan.

Vienna ·

Greetings from Greece !
Steve, you are an ambassador
for our people !
I follow/ enjoy every tweet you tweet.
God bless you

Frans ·

Ek sien die muslims is besig om Engeland oor te neem op n demokratiese manier.

Stella ·

Ek was te jonk om te stem, maar ek wil vra, hoe kry jy dit reg om dit in selfpromosie te omskep, dit wat julle aan ons gedoen het? Hoe leef julle daarmee saam. Ek wonder of dit al werklik, werklik ingesink het, wat julle aan ons gedoen het, en of die verskriklike grusaamgeid daarvan eendag sal deurdring.
Wanneer? Wanneer.

Erick ·

Was ook op hoërskool en kon nie stem nie. Ons is die weggooi generasie wat moes toekyk hoe ons erfenis weggesmyt word. Voorwaarts en opwaarts, sterkte.

Nee ·

@Stella. Moenie klippe gooi nie, jou geslag is in werklikheid dalk van baie meer hartseer gespaar as wat jy ooit kon droom. Dit was dalk die beste besluit op daai tydstip.

@nee ·

Ek was agt. Didt is mode om klippe te gooi. So ek en Stella en die rrs sal klippe gooi. Want dit is die JA stemmers se skuld dat baie van ons generasie werkloos is en n sukkel bestaan maak… En steve moet maar skuldig voel.

RM ·

Ek onthou die dag toe my Ma haar kop verloor het toe sy uitgevind het sy was die enigste familie lid wat Nee gestem het. Wie kon dink dat die land in so ‘n gemors kan onstaan? My generasie is in die donker gedompel deur Ja stemmers en die einste rede hoekom my familie soos saad oor die aarde versprei lê. Tyd vir die Afrikaner om weer oor ‘n nuwe toekoms te droom sonder die gestruikel van die ANC. Mense verdien meer as hierdie helhool.

Hannes ·

Jy moet jou handjies uit jou sak uithaal en ophou om ander te wil beskuldig. Jy is mos nou mooi groot wat het jy al gedoen om dit om te keer. Of wag jy maar nog vir iemand om dit te doen

Tobie Klarens ·

Ek was ook n “ja” stemmer, maar as ek mag, ter versagtend, ook aan Steve, noem dat die NP tien waarborge/beloftes gemaak het om daardie “ja” stem te kry. Elkeen van daardie waarborge/ beloftes het hulle verbreek.

Piet ·

Tobie dit was nie maklik nie moet ek se. Julle wou nie na rede luister nie. Ek het lafaards onder julle gesien. In 1978 was my pa in n vergadering op Louis Trichardt waar die NP,s hulle soos varke gedra het. Hulle was meer, ten minste 50 teen 2 en wou baklei maar toe die ou man lag en se hulle kan maar kom verkas hulle almal. Dis als nou vergete, se jammer en beweeg aan!

Kennis is Mag ·

En vandag pluk ons die vrugte van die “Ja” stemmers. Die bloed van elke plaas aanval drup van julle hande. Die bloed van elke vredeliewende mens ook.

Celtis Africana ·

Berou en restitusie gaan hand aan hand.
Berou is verder om jammer te sê nie oor jy uitgevang is nie, maar deur die dryf van die gewete. Hierdie belydenis voldoen aan ieder en elk in oortreffende mate.
” Gee vir my n man wat sê wat waar is,
as die duiwel daar is;
wat doen wat reg is,
as die regter weg is;
wat trou by sy gewete bly,
as hy straf in plaas van beloning kry.”
CJ Langenhoven.
Dan, my standard 5 Wiskunde onderwyser se gunsteling segswyse:
” Bulperd van Magalie,
struikel, maar wil nie val nie!”
Steve, jou harde werk vir ons uitgerangeerde minderheid, gaan nie ongesiens verby nie.
As jul die Swede so ver kan kry om jammer te sê, het ek moed vir die buitelandse aktivisme.
Om die waarheid te sê, hoe moeiliker ons omstandighede, hoe meer vertrop ons. Dit gee my moed vir saamstaan.
Seënwense.

Siek en sat ·

Ek het NEE gestem want ek het geweet dit gaan op n gemors uitdraai.

Gerhard ·

Net naïewe mense sal regtig glo dat jy werklik wigte en teenwigte kon inbou in enige ooreenkoms wat jou regte sal verseker na die tyd.

Marius ·

Die wereld het die Afrikaner volk muishonde genoem. Ongelukkig moes die onlangse geskiedenis gebeur. Dit is nou die tyd om ń eie geskiedenis te bou. Ek is siek en sat vir die anc en malemas. Ek glo ń onafhanklike staat is die enigste werkende oplossing. Orania het die beste model. Ek besef die voorgestelde area is semi woestein. As Israel in ń erge woestyn kan bestaan kan ons ook. Ek praat natuurlik vir my, en mense wat soos ek dink. Afrikaners wat anders dink het die reg op hul uitkyk. Dit is elke persoon se eie besluit waar hy ń lewe wil bou. Wanneer ń Afrikaner staat ń werklikheid word en ń groep Afrikaners besluit om onder anc bewind te bly is dit hul reg. Die engelse kolonies wat die engelse gehelp het om ons kinders en vrouens uit te moor toe hul die tweede vryheids oorlog nie op die slagveld kon wen nie is nie vir my ń opsie nie. Ek steun die denkrigting, individue en organisasies wat werk vir ń onafhanklike Afrikaner staat.

jaco ·

Israel het die joodse geldmagte van Amerika agter hulle. Groot steun kom ook uit ‘n groot deel van nie-joodse Amerika. En hulle kry steun uit ander ryk joodse gemeenskappe in die res van die wêreld. Al kry ons Afrikaners ook ‘n volkstaat, gaan ons buitelandse steun 100 maal minder wees as Israel se buitelandse steun.

Genis ·

Dit is waar ek en my famile die land verlaat het. Toe Afikaner broeders Ja gestem het,het ons die land verlaat. Ons het geweet wat gaan kom.Kyk nooit weer terug nie. Jammer julle het ja gestem.

Eish ·

Ek het n idee die ” Kyk nooit weer terug nie” is nie heeltemal waar nie.
Hoekom bly jy op hoogte met die helhool se uitmergeling?

Annamarie Olivier ·

Steve baie mense het ja gestem omdat hulle die leiers vertrou het. Jy is en was nog altyd vir my spesiaal omdat jy nie skroom om ongeregtighede aan watter kant ookal te veroordeel nie.
In Suid Afrika het ons meer manne soos jy nodig.
Ek respekteer en vertrou jou omdat jy mense ken en verstaan.

Paul ·

Almal wat die JA stemmers verguis, lees gerus my antwoord bo aan hierdie blad op Hector Jooste se kommentaar.

Gerhard ·

Daar was geen omstandighede waar jy iets sou kon onderhandel waar jy waarborge sou he na die tyd nie. Tweede stem of nie.

Paul ·

Gerhard, ek sien jy het nie my aanhaling hier heel bo gelees nie, ook nie Hermann Giliomee se Artikel nie, dan sou jy verstaan het waaroor die eerste referendum gegaan het, en waarom daar ‘n tweede referendum sou wees.

Gerhard ·

Ek het sy artikel gelees, toe hy dit geskryf het en nou weer. Jy haak vas by die deel waar hy beweer die NP het ‘n verpligting gehad om weer ‘n referendum uit te roep. Ek wil jou daarop wys dat die NP besig was om oor te gee. Die ANC het geweet die manne aan die stuur van sake het nie ‘n idee nie en die geleentheid aan gegryp. Hulle het geweet hulle het gewen. Daar was GEEN manier hoe jy die ANC na die tyd kon dwing om enige ooreenkoms na te kom nie. Dit is onmoontlik.

Paul ·

Gerhard en my punt is die kiesers kon dit nie weet nie, Plaas die blaam waar die hoort, ek is net so ongelukkig soos jy, maar plaas die blaam op FW en Kie, wat ook ‘n ander model kon beding het, maar hulle het jammerlik gefaal. Nou wil jy die kiesers die skuld gee!

Gerhard ·

Net om verder kommentaar te lewer op Prof Giliomee se artikel. Die rede waarom daar nooit ‘n tweede referendum was nie is omdat die NP nooit die magsdeling waarvoor hulle onderhandel het sou kon kry nie. Die ANC (en enige mens met verstand) het geweet dat hulle geen ondersteuning van buite sou kry daarvoor nie en dus moes oorgee. Die NP het dit ook geweet. M.a.w. die idee was belaglik. Verder sou dit in elk geval nooit die ANC kon stop nie, net vertraag.

Paul ·

Skuus Gerhard, en my oog vang jou woord “beweer”, dus sê jy by implikasie dit was nie so nie? (Verdag maak?)

Gerhard ·

Die NP van daardie tyd was onbevoeg vir die taak om die Afrikaner te regeer. Dit was so duidelik soos daglig dat hulle besig was om met jou en ander se toekoms te dobbel en wat die uiteinde kon wees. As jy jou eie en ander se toekoms weg dobbel soos wat die wat JA gestem het gedoen het, behoort jy die regte ding te doen en dit te erken. Dit was ‘n fout wat heel waarskynklik die Afrikaner se einde tot gevolg gaan hê.

Paul ·

Gerhard, ek lees wat jy skryf, maar die NP/FW het ‘n onderneming aan die kiesers gegee wat hulle nie gestand gedoen het nie, moenie die kiesers vir die NP se verbreking daarvan blameer nie. (En jy sal merk ek lewer nie kommentaar oor mense se persoonlike vermoëns nie.)

Gerhard ·

Paul. In daardie referendum het sommige vir jou gese hulle kan iets doen en ander het vir jou gese hulle kan nie. Jy het besluit die een lieg en ander praat die waarheid. Jy het die besluit geneem. Die ou NP was ook verkeerd maar om te beweer hulle het vir ja stemmers gelieg is biekie vergesog.

Gerhard ·

Daar word ook teveel gemaak van n tweede referendum. ‘n Tweede referendum sou die selfde uitslag gehad het.

Paul ·

Gerhard, dan sê ek lees weer die artikel, want duidelik het jy dit nie verstaan nie. As mense aan die neus rondgelei word, dan blameer jy die mense en nie die fluitspeler van Hamelin nie.

Gerhard ·

Paul. Ek het in die 92 verkiesing nee gestem. Ek weet wat daar gebeur het. Met alles respek aan Prof. Giliomee, dit is nie nodig om my te vertel wat daar gebeur het nie. Ek is ook bevrees sy siening oor die saak is effens eensydig. Ek weet hoe baie mense het die Ja stemmers probeer oortuig dat dit net in chaos kan eindig. Meeste het geen idee gehad wat werklik besig is om te gebeur nie omdat hulle nie die moeite gedoen het om te probeer uitvind en vir hulself te dink nie. Almal wat ek ken wat ja gestem het tot en met die verkiesing in 94 nog steeds die selfde gevoel. ‘n Tweede referendum sou geen verskil gemaak het nie. In die referendum van 92 het die NP die kiesers gevra of hulle kan voortgaan met die onderhandelinge. Daar was amper geen beperking gekoppel aan uitslag van die onderhandelinge nie. De Klerk het dit ook duidelik gestel dat hy ‘n Ja meerderheid sien as ‘n mandaat om voort te gaan met onderhandelinge. Die soort magsdeling wat hulle voorgestaan het was egter nooit deel van die voorwaarde nie. Nie eers ek dink die NP het nie ‘n mandaat van die kiesers gehad om aan te gaan met hulle brouwerk nie. Wat eerder waar is is dat Afrikaner in ‘n Kaal Keiser situasie was en almal wat geglo het die Keiser het klere aan is ewe skuldig.

Paul ·

Gerhard, jy mis nog steeds die punt, jy blameer nog steeds die kiesers en nie vir FW nie. DIT is waaroor die geprek gaan. Moet dit nie draai soos dit jou pas nie. Nog steeds geen salf te smeer nie. Lees dan ook my plasings heel onder.

Gerhard ·

Die kiesers was net so skuldig as die NP leiers. Kaal Keiser se onderdane is ewe skuldig. Laat die wat dit erken toe om te erken hulle was verkeerd en hou op skuld ontken.

Paul ·

Niks is so erg soos iemand wat in ontkenning leef nie, dit kyk sommer doer ver verby.

Oujongvrou ·

Steve jy moet weet mnr Malema gaan jou nou so slegse dat die see jou nie sal skoon kry nie. Maar ons ou mense is baie lief vir jou. Jy deins nie terug as jy kritiek kry nie.

Werner ·

Vir my persoonlik was Steve se grootste tekortkoming die regverdiging van sy Ja-stem. Vandag het ek n nuutgevonde respek vir hom. Mag dit meer mense dryf om hul Ja-stem reg te maak

Staak ·

Steve ek het in 92 nee gestem en nog nooit weer aan n verkiesing deel geneem nie en die rede is, as jy stem dan aanvaar jy ook die uitkoms van die verkiesing as die wil van die nasie en ook die rigting wat politiek en die land dan inneem.

Jy vra verskoning en dit word onder die meeste regses aanvaar maar, jy het self gehelp om die deur vir n ANC regering oop te maak en hulle plak die huis nou vol, hoe kry mens hulle nou weer uit om die huis skoon te maak.
Is hierdie verskoning nie maar deel van advertense vir die film nie?
Jy word nie daarvan beskuldig nie maar ons mense leer maar stadig maar ook verseker.

Ek sal graag wil weet, na 92 het die KP die slagspreek gehap “stem reg bly weg” handhaf jy dit of deel jy in die verkiesings.
Verraad stop nie by die ja-nee stem nie, die joiners van ouds geld tot vandag toe nog. In ons geskiedenis was daar net een joiner wat voëlvry verklaar was.

Paul ·

Lees gerus my antwoord hier heel bo aan Hector Jooste volgende op sy kommentaar.

Gerhard ·

Die enigste manier hoe Afrikaners nog ooit vry kon wees as ons ons eie land het. Selfs ons voorouers het dit verstaan. Net jammer hulle het dit iewers langs die pad vergeet. Eintlik was ‘n Afrikanerstaat al dekades voor die referendum in 92 die enigste oplossing. Die Ja stem was net die finale spyker in die kus. Dit was DIE enkele grootste fout wat ons nog ooit gemaak het. Ons het dit nog nie oorleef nie en kom ons wees maar eerlik, as die leierskap van die verskeie Afrikaner organisasies nie hulle agterente in rat kry nie, gaan ons nie.

ZAR ·

STAAK, die KP se bly weg het ook hul ondergang beteken en elke persoon wat besluit om buite stemming te bly is die persone wat seker maak dat ons Afrikaners nie deur ons party verteenwoordig word nie. Elke stem tel. ‘n Onlangse voorbeeld van wat gebeur as jy buite stemming bly, het ons gesien met Nelson Mandela Bay. Jou stem, wat jy nie geplaas het nie, was nog ‘n stem vir die ANC.

Staak ·

ZAR, demokrasie werk so, die meerderheid regeer!
Jy is in die minderheid, tensy jy beplan om verkiesing bedrog te pleeg staan jy nie n kans nie.
Jy is of n ondersteuner van die nasie of die volk, die twee is soos water en olie, dit kan nie meng nie en daar waar hy wel meng maak dit n dik wit skuim.
Demokrasie kan net slaag in n homogene samelewing en SA is nie een nie, uiteenlopende politieke beleid en standpunte is maar net die eerste bewys daarvan.
Politiek is soos petrol, die skade wat hy gemaak het kan jy nie met petrol weer regmaak nie.

jaco ·

Amper 1 miljoen nee stemme in 1992 en net 425 000 stemme vir die Vryheidsfront in 1994. Daardie 425 000 staan nou maar op 170 000. So die ja-stemmers se “verraad” van 1992 is in verkiesings daarna maar net met nee-stemmers en mense wat soos hulle dink se “verraad” vervang. 650 000 stemme of selfs meer is lyk na ‘n baie meer realistiese getal stemme huidiglik vir die VF-Plus. Maar nou ja, dis mos lekker om net te kla oor alles wat so ten gronde gaan in SA, maar om weg te bly wanneer daar ‘n verkiesing is.

leser ·

paul, is jy seker dat herman gilliomee se artikel op 13 oktober 1914 in maroela gepubliseer was

Paul ·

Leser, die skakel na die artikel is, daar heel bo, onderaan my antwoord aan Hector Jooste, klik op die skakel, dit werk.

Paul ·

Leser, dankie vir die reghelp. Skuus man, dit moet 2014 wees.

Phillip ·

Ek was ook nog jongk om te stem maar ons kinders se kammer se kas deer was vol nee stiekers geplak my pa en ma was nee

Jannie ·

Dit verg inbors en karakter om ‘n fout so ruiterlik te erken!! Daarvoor respekteer ek jou, Steve!!

Johanna Botha ·

Die NP het ons soos n judas bok na die altaar gely van ewige verdoemenis …wigte en teenwigte wat gladnie werk nie !

John ·

Dankie, Steve, maar die Engelse Suid Afrikaners was die swing-vote. Hulle het amper almal “Ja” gestem. Hulle sit nou lekker oorsee na hulle al meer as 15 jaar gelede hier weg is met hulle Engelse passports.

VERONICA ·

STEVE JY HET N GROOT HART…EK HET NEE GESTEM…
LAAT MALEMA MAAR SE WAT HY WIL….ONS HET OOK N REG…
GAAN VOORT MET DIE GOEIE WERK STEVE…EK STAAN BY JOU…

Gemaskerde Sopbeen ·

In 1992 het die NP die volgende plakkate opgesit:
Suid Afrikaners wat JA stem, stem vir: Suid Afrikaners wat NEE stem, stem vir:
1. Veilige toekoms vir ons en ons kinders. 1. Een man een stem regering.
2. Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige 2. Rassistiese baasskap
geleenthede.
3. Ordelike hervorming en redelikheid. 3. Integrasie
4. Bevordering van groepsbelang deur eie 4. Verdeeldheid
besluitneming.
5. Bevordering van gemeenskaplike belange 5. Geen verandering
deur samewerking.
6. Sterk en doelgerigde leierskap. 6. Geweldadige verandering
7. Eendragtige en weerbare Suid Afrika 7. Rewolusie of Diktatuur
8. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit. 8. Onrus
9. Handhawing van ordelike regering en 9. Leë politieke beloftes
en standaarde
10. Veiligheid, Vryheid en voorspoed deur 10. Onpraktiese alternatiewe
geregtigheid.
EN WAT HET DIE JA-STEMMERS TOE GEKRY? PRESIES DIESELFDE AS DIE NEE-STEMMERS??

ZAR ·

Gemaskerde sopbeen, dis die waarheid, NP se propaganda het die meerderheid beïnvloed. Ek het gevra hoekom mense ja gestem het en almal het dit verduidelik, sanksies of vryheid. Meeste het nie besef wat hulle vir hul kinders oorlaat nie. Dis ook ‘n baie goeie les. Mens kan nie iemand wat terrorisme goed praat aan bewind sit nie. Ek is nie kwaad vir die ja-stemmers nie, maar ek is kwaad dat hulle stil gebly het nadat hulle gesien het hoe hul kinders se regte vertrap word agv hul ja-stem. As jy stilbly oor ongeregtigheid is jy ook aandadig.

Naomi ·

Steve, EK SALUEER JOU. Jy is n man uit een stuk.
Ek dink al van lankal af, Die Almagtige het n GROOT plan met jou.

Frikkie Geld en huis ·

Al was daar geen ja-stemme, sou die Nasionaliste en die Broeders dit steeds kook tot ‘n oorwinning.

Kennis is Mag ·

Baie beslis. Ek dink hulle het die referendum in 1983 getel as die 1ste een? Die stembriewe in die “2de” referendum in 1992 was REEDS gekook om te lees as jy “nee” stem dan stem jy teen vooruitgang en geleenthede. Gaan kyk weer na die 1992 referendum se stembriewe!

Staak ·

Elke peroon wat in 92 Ja gestem het en nog glo dat dit die regte stem was is volgens my n verraaier.

Paul ·

Staak, lees gerus my antwoord aan Hector Jooste volgende op sy kommentaar hier heel bo. Dan kan jy ook op die skakel klik wat ek daar gegee het na ‘n artikel van Hermann Giliomee en wat ook op Maroela gelees kan word. Dan sal jy verstaan waaroor dit gaan. (Steve het so effe die kat aan die stert beet, met permissie gesê.)

Flojo ·

Paul, glo jy werklik die strooi wat jy praat? Genade man erken jou fout en beweeg aan

Sue ·

Steve, Moet asb nie GOD by jou politiek inbring nie!!! God het alle mense geskape – maar Hy het nie menslike politiek geskape nie – Dit is bloot afkomstig van die vrye wil waarmee ons gestraf is.
Ps. Niemand gee regtig om wat JY gestem het nie! Ons almal krap maar onse eie potjie van bederf en verderf – jy is die enigste een wat dit bly opdis aan mense wat nie honger is nie!

humor ·

Jaco ek wens meer mense wil erns maak met dit wat jy se. Op die einde van die dag gaan dit oor wat die Afrikaner vandag is. Ek weet dit is kru wat ek se, en ek is baie spyt dat ek dit moet se maar by talle blankes heers daar dieselfde onkunde as by swartes wat nie die vaagste benul het waaroor dit in die plitiek gaan nie. BV. hul stem vir n party wat hulle ondergang is.

Susan ·

Steve, begin jou inwurm in die politiek asb. Ek weet jy gaan ‘n verskil kan maak vir ons mense. Asb…?

Callie ·

Ek het nee gestem. Feit is dis nie die ja stem wat ons hier het nie. Dit was die Pik Bothas, Roelf Meyers, Fw de Klerk en selfs PW Botha. Dit was die verraaiers van die land. Ons wat op die grens geveg het besef dit seker die beste. Sterkte Steve. DIE andre, s en kie wat so afgaan teen jou sal ek waarborg is die leunstoel kritikuste. Te pateties om self iets te doen.

Peet J ·

Party kiesers het seker ook maar blindelings hulle Ja stemme aan die NP toegesê. Bitter spyt kom altyd te laat (spreekwoord). Die omstandighede waarin ons , ons tans bevind laat ongelukkig nie ruimte toe om die foute van die verlede wat deur ons leiers gemaak is weer te herroep nie . Wat my verstom is dat die buitelanders internasionale lande sowel as ons eie landsgenote alles in die verlede as vanselfsprekend aanvaar het. Kyk die voorbeeld wat President Trump gestel het onlangs ( stel eers ondersoek in).

jaco ·

Hoe lank is die VF-Plus al daar en hulle kry al hoe minder stemme met elke verkiesing. Maar in die kommentare hierbo word Steve keer op keer gevra om tot die politiek toe te tree. Gaan die amper 1 miljoen nee-stemmers wat vanaf 1994 so lekker ons eie mense verraai, dan terugkom en weer aan verkiesings deelneem? Ek twyfel…

Jerry ·

Nou toe nou, kan jy dit oor vertel. Dit is nou regtig interresant! Welkom by die oop oe klub. Wonder hoeveel is daar nog soos Steve wat vandag n regse sentiment aanhang en wat nou uit die kas gaan uitspring en bieg! Ek het as konserwatiewe Afrikaner nee gestem en sal weer nee stem sonder om myself ooit te vereenselwig met stiksienige beginsellose regse sentiment. Julle probleem is julle roem op vaste beginsels wat nie vas is nie en dan is julle standpunte weer vas wat veronderstel is om buigsaam en aanpasbaar te wees. Nou verstaan ek hoekom konserwatiewe en gematigde Afrikaners nooit aanklank kon vind by die regses of die linkses nie. Julle is totaal en al beginselloos!

Willem ·

Jerry, lees gerus die kommentaar van Paul, hier heel bo, waar hy die skakel na Hermann Giliomee se artikel van 2014 met feite verskaf.

Louwboepens ·

Staak jy moet net jou feite regkry as jy kommentaar lewer.”Stem reg bly weg” was die Herstigte Nasionale Party (HNP) se slagspreek en nie die Konserwatiewe Party nie.Hulle het dit gebruik in verkiesings waar die KP aan deelgeneem het.

Kennis is Mag ·

En die HNP is die enigstes wat oorleef het met Sweedse geld. Vandag is hulle die DA.

Cherokee ·

Kennis is wel mag maar jý het geen mag nie, want jy het geen kennis nie.

Die HNP is beslis die enigste wat oorleef het (dit is àl wat jy reg gesê het), maar hulle het nooit weer aan ‘n verkiesing deel geneem nie. Die HNP se kapitaal is nagelaat deur Dr Albert Hertzog. Die DA was destyds selfs meer liberaal as die NP en dit was onder die vaandel Progresiewe Party aangedryf deur Helen Suzman en Frederick van zyl Slabbert.
*
“I am provocative, and I admit this. It isn’t as if I’m only on the receiving end, a poor, frail little creature. I can be thoroughly nasty when I get going, and I don’t pull my punches.”
— Helen Suzman

Hansie Slim ·

Dis darem snaaks hoe baie kritiseer Steve maar het ook nie die “guts” om iets beter te doen nie. Wanneer gaan ons volkie nou leer om saam te staan, wat moet nog gebeur voor ons leer? Wat Steve gedoen het, sal min kan nadoen. So, voor jy ‘n vinger wys, vra jouself, kan jy beter doen?
As jy nie kan nie, .,.jy weet wat om te doen!!!

Gerhard ·

Die dag as alle Afrikaners (behalwe die ekstremiste aan die linkerkant) begin werk aan ‘n eie Afrikanerstaat en ophou met bog, dan sal ons kan saamstaan. Tot dan sal daar geen saamstaan wees nie.

Frans C ·

Met alle spek aan Paul en die geagte professor.Die probleme het nie gelê in die beleid nie,want beleide wen nie verkiesings nie,maar wel foute by die stembus.Hoe meer hoe beter.
Waar in die jare 50 daar grootskaalse invloeie van immigrante uit stamlande was,het die NP regering onderinvloedvan die broeders die kraantjie begin toedraai.
Rede -groot vrees dat ‘uitlanders’ Afrikanerkultuur sou oorweldig en
kultuur en werksgeleenthede sou benadeel.Die lanke bevolking neem dus te stadig toe en word oorweldig.Dink net daaraan as daar
2o mijoen blankes was in 1994 sou die gesjiedenis heel anders verloop het.

Gerhard ·

Jy raak een van die probleme aan. As ons ons eie mense wat ook lande van herkoms voorkeur gegee het eerder as bankbalans, sou dit al klaar beter gegaan het.

Lerato ·

Ek het ja gestem en my beste vriend het nee gestem. Toe noem hy my name soos volksverraaier, hensopper, en nog ander name wat ek nie hier kan noem nie.

Toe verduidelik ek aan hom eendag dat ek vas geglo het dat die ja stem die beste vir die land is, terwyl hy geglo het dat die nee stem die beste is

Bottom line. Nie een van ons twee is kriminele of volksverraaiers nie.

Paul ·

Ek stem 100% saam met jou. Dan, ‘n eie volkstaat sou nie werk nie, dié wat baie sterk oor so ‘n eie gebied voel trek nie eens na Orania toe nie. Ons is te verspreid oor die land. Die ekonomie het dit genoop dat mense in die welvaart, wat die land bied, in dorpe en stede, die platteland, hul heenkome vind. Vergeet maar van die Wes Kaap waarna daar ‘n versugting is, daar is nie ‘n manier hoe dit onderhandel sou kon word nie. Die NP het die regte roete gevolg, maar hulle het dit opgeneuk. Daar is ander modelle wat op die tafel gesit kon word.

Paul ·

Lerato, dan kan mens dit verder vat, die ANC regering kon dit nog maak werk, maar toe kry die dryf na hul ideologie en geldsug die oorhand, nou is die skoen aan die ander voet, hulle vertrap in die proses die wit mense en so neuk hulle weer die land op met drakoniese wetgewing en besluite. Vandaar die blaam dat FW en Kie dit moes kon voorsien het en die versugting na ‘n eie gebied. Die nuwe regering voel ‘n veer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Shame Paul………laat jy nou vir ‘n oomblik kan dink dat Orania ‘n “volkstaat” is? Gaan vind uit wat ‘n “volkstaat” is, en dan gaan lees jy bietjie oor “selfbeskikking”………en dan sal jy vir jouself kan uitwerk hoekom ons nie almal in Orania sit nie!!

Paul ·

GS, jy plaas woorde in my mond, niemand het gesê Orania is ‘n “volkstaat” nie. Jy stel ‘n strooipop op.

Paul ·

GS, maar dan is ons mos in dieselfde stal as jy oor selfbeskikking praat.

Cherokee ·

‘n Volkstaat omring deur swart kan nooit wees nie. Nie wanneer al die ingange vanuit swartland is nie. ‘n Volkstaat sonder ‘n hawe is absoluut onprakties.

Lance ·

Ek is nie Afrikaans sprekend nie,maar wonder oor julle identiteit,ń prof.het eendag in ń klas gesê ń volk wat sy taal en land verloor het,het alles verloor.Voel jammer vir dìe mense wat nee gestem het,hulle het voorspel dit wat tans aan dìe gebeur is hulle voorland gaan wees.Jammer vir dìe gebroke afr.

Ruben ·

Dis nou te laat almal van julle wat ja gestem het het dit oor die land gebring…vir wat sodat julle die bokke teen die all blacks kan sien rugby speel nou toe kyk julle bokke…was nie fw of pik of niemand wat die volk verraai het…julle het keuse gehad en julle het gekies vir die sa wat daar vandag is Julle het dit gekies ek se weer julle het dit so gekies.

My 2c ·

Bietjie laat Steve. Dis soos spyt. – n goeie ding maar altyd te laat. Ja gaan politiek toe want jou shows doen dit nie meer nie.

Lerato ·

Toe ek my nee-stem vriend gevra het hoe sou SA gelyk het as die nee-stem gewen het?
Was sy antwoord kort en kragtig.

“Ek skuld jou n antwoord”

Cherokee ·

Ek sal jou nie ‘n antwoord skuldig bly nie. Die antwoord is eenvoudig… die konserwatiewes onder leiding van mense soos Dr Albert Hertzog, Jaap Marais, Louis Stofberg en meer, sou ‘n beter bedeling beding het.

Jerry ·

Willem, ek dink jy en Paultjie moet weer my kommentaar lees!

Lerato ·

Twee vragies

1 Het Steve regtig ja gestem?
2 Is hierdie “belydenis” ‘n reklame foefie?

gatiep ·

Steve jy is n liggie wat nog baie helder gaan skyn eendag.
Jammer vir die mense wat so in die donker rondloop en almal beledig en niks raaksien wat om hulle besig is om te gebeur nie.Julle tyd is om.

Sass ·

Ou Steve Stofsuier, jy kan nie jou siel aan ‘n duiwel verkoop en hom met JAMMER terug koop nie. Jy dra die merk van Kain. Daar is bloed op jou hande deur daardie stem. Die prys vir jou verraad is te hoog vir jou om by te kom.

$ ·

Sass, ek wonder of jy ook so sterk sou voel oor jou standpunt teenoor Steve as God daardie selfde standpunt teenoor jou sou inneem wanneer jy om vergifnis vir jou sonde sou vra?

Ek weet nie of jy in God glo nie, maar as jy doen – gaan dink daaroor …

Catryn ·

Ons het ‘n internasionale reg tot ons eie gebiede – onafhanklik. hou op wroeg op wat in 1992 tot datum, gebeur het – daar was gekonkelry aan die gang en verwyte daaroor gaan nie ons situasie verbeter nie nog minder gaan dit swart bemagtiging of onteiening, blanke moorde stop. Selfbeskikking is al uitweg hieruit. Al ons blankes se regte word aangetas en met SY hulp kan ons hieruit kom – daar is reeds ‘n volksparty (FN) wat daarop fokus, steun dit en werk ons eie heil uit vorentoe en los die liberales wat nie wil nie, hulle het hul eie regte wat hul reeds uitgeoefen het. Ek het ook ‘n Selfbeskikking/self-determination. Daar is geen ander keuse vir ons nie. Sterkte almal.

Al ·

Ek was jonk en het nie gestem nie. Al wat ek weet is die konstante onlus en halsmoorde en dat SA swaargetrek het. Sportmense kon nie oorsee meeding nie.
My standpunt is, as jy NEE gestem het, sou jy die golf gestuit het?
Ek dink nie so nie.
Fast forward asseblief en doen iets aan die toekoms.
Om te dink moes ek, moes ek nie, is nutteloos en vermorsing van energie.

Cherokee ·

Steve, ek waardeer jou erkenning meer as wat jy sou besef! ,,,, soek nou na die Afrikaanse woord want ek is meer Engels- as Afrikaanssprekend, (woon in Durban) … uh.. laat dit daar, ek het meer as een keer daarna verwys dat jý gehelp het om die huidige parlement in te stem. Ek opsigself, was die voorsitter van ‘n tak van die HNP en het geveg teen julle instemming vir wat ons nou het. Jou erkenning motiveer my om te sê ‘as Steve kon erken dit was ‘n verkeerde keuse, waarom nie jy ook nie?’ Dankie Steve, hierdie bydrae van jou, afgesien van voriges wat ek as soek vir besigheid beskou het.
is meer waardevol as wat jy sou besef.

Afrikaan ·

Wat maak dit nou saak wie reg of verkeerd was in 1992??! Ons is nou almal saam kniediep in die moeilikhied so kom ons los 1992 en soek saam vir oplossings en beweeg saam vorentoe!

Minette ·

Nee, te veel onskuldige bloed het al onder deur die brug geloop. Kan die Ja stemmers nie vergewe nie, moeilik om nie te haat nie. Is iemand wat boosheid steun nie aandadig daaraan nie? Ja, die wet en die bybel sê so, en my siel ook.

Kalahari Kind ·

En die Bybel sê ook: Vergewe ons soos ons dié wat sondig téén ons vergewe.

Koos de Meyer. ·

Ons was beter af met die sanksies teen ons. Daar was in elk geval minder of geen plaas moorde en anargie soos vandag nie. Ek het nee gestem en vir my buurman gesê ek troos my daaraan die ja stemmers gaan saam met ons swaarkry. Waar dink julle kom FW se geld van daan.

Callie ·

Lees die kommentare hierbo. Dit is hoekom dit so met die ou volkie gaan. Die ou nee stemmers wat glo hulle is tog die edelste van edeles. Ek het ook nee gestem maar waaragtig dit maak my nie n held nie. Hou op om julle self te verklaar as die enigstes en kan nie die ander vergewe nie. Snert man. Word groot en begin saamstaan of kry nog meer van wat ons nou het. Almal wat maak of net jy reg is, is meer pateties as die ou NP regering. Die witman in die land is ongelooflik naief en selfsugtig. Dit gaan nie oor die eie ek nie. Dit gaan oor die witman se nageslag wat nie sal bestaan as elk en n ieder nie sy valse trots en grootheidswaansin gaan prysgee en saamstaan en saamwerk nie.

Gerhard ·

Dit het niks te doen met hoogmoed, trots of edelheid nie. Anders as wat jy dit voorstel is ons nie almal (ewe diep) in die gemors nie. Sekere mense se hele lewens is verwoes deur ander se twak terwyl ander geen prys betaal het vir die ou NP se brouwerk nie. Jy is net so onredelik om te verwag mense moet dit net aanvaar en aan beweeg as wat jy onredelik sou wees om te dink hulle sou dit doen met die Joiners in die ABO. As die mense vergifnis soek moet hulle tog ten minste erken hulle was verkeerd. As jy nie bereid is om ‘n fout te erken nie, kan dit tog ook nooit regmaak nie. Na die 1994 verkiesing sit ons nog steeds met die selfde probleem. Die selfde foute word gemaak, foute wat gemaak word nie erken nie en selfs goed gepraat. A.g.v. daarvan het ons nie duim vooruit beweeg nie en bloot van daardie tyd bly terugval. Saamstaan op sigself beteken niks as jy nogsteeds droogmaak nie en as daar nie opgehou word met die droogmaak nie sal daar in elk geval nooit saamgestaan word nie.

Netso ·

Steve jy was nog “Bruce” met het ja en nee en niks meer as die invloed van jou opvoeding jou die kruisie laat trêk! Daar was net een skinkbord op die tafel wat vir die meerderheid destyds met ñ skelm glimlag gegee was! Ons is nou klaar jammer gesê vir mekaar né ?

Willem ·

Nooit, daar is die wat oor sake ten volle ingelig is en beter weet en dan is daar die beterweteriges waarsaan daar nie salf te smeer is nie.

Paul ·

Wat ek nooit ooit sal vergeet nie, is dat al wat media is, het ‘n tyd na die referendum FW se refrein uitgedra, “Ek het ;n mandaat, ek het ‘n mandaat”. So het dit vir lank aangehou om die mense te oortuig dat hy ‘n volle mandaat ontvang het om enige model te onderhandel. Met my volgende kommentaar plasing gee ek die gebeure, na die onderhandelinge met die ANC, ‘n jaar later. Dit is ‘n uittreksel uit Hermann Giliomee se boek, Die Laaste Afrikanerleiers – ’n Opperste Toets van Mag.

Paul ·

Die oggend van 18 November 1993 het die NP-kabinet byeengekom om te hoor wat die uitslag van die beslissende samesprekings tussen De Klerk en Mandela die vorige nag was.
De Klerk het die ministers ingelig dat hy Mandela se eis om meerderheidsbesluitneming in die kabinet aanvaar het, toe het hy die vergadering vir ’n kort rukkie verdaag sodat die kabinetslede oor die saak kon dink.
Dr. Tertius Delport, toe minister van plaaslike regering, onthou hoe geskok hy oor die aankondiging was.
“Ek het besef dit is finaal, die koeël is deur die kerk. Ons het toegegee. Ek het vir dr. Dawie de Villiers, my provinsiale leier, gesê: ‘Ek kan dit nie aanvaar nie, ek gaan bedank.’
“Dawie het gesê: ‘Jy sal dit vir F.W. moet sê.’ Ek het toe na F.W. se kantoor gestap en aan sy deur geklop.
“Toe hy oopmaak, het ek hom aan sy baadjielapelle gegryp en uitgeroep: ‘Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee. Jy het kinders laat onderhandel. Wat ons nou het, is nie magsdeling nie; dit is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor.’ ”
Delport was so ontsteld dat hy gehuil het. De Klerk het hom eers probeer kalmeer en toe gevra: “Wat gaan jy doen?”
Delport het geantwoord dat hy van plan was om genoeg kollegas bymekaar te kry. “Saam met die Konserwatiewe Party se koukus sal jy nie meer ’n meerderheid hê nie.”
Dan, het De Klerk gesê, sal daar ’n burgeroorlog wees.

Paul ·

Hier is nog ‘n guittreksel uit die boek:

Joe Slovo van die SAKP, latere minister van behuising, het later vertel: “Ons het die stryd om ’n uitvoerende gesag met meerderheidsbesluitneming gewen, iets wat ons nooit gedink het ons sal regkry nie. Nie een van ons het selfs ’n week tevore gedink ons kon dit wen nie.”
De Klerk gee ’n ander weergawe in sy memoires. Hy was van die begin af ten gunste van die konsensus-model, het hy geskryf, want dit sou vir die kabinetslede makliker gewees het om konfrontasie of ’n stemmery te vermy as hulle konsensus moes soek.

Dit was egter nie wat in die referendumveldtog ‘n jaar tevore uitgestippel is nie.

Op 18 November 1993 is desperaat rondgeskarrel om op die nippertjie nog finale ooreenkomste te formuleer.

Paul ·

Che, al wat ek vra is lees die feite soos dit werklik plaasgevind het, niks minder en niks meer nie. Kom, laat ek dit so stel, ek gee vir jou die feite soos dit gebeur het en soos dit korrek gerapporteer is op skrif en dan lees jy dit af, hardop dat almal dit kan hoor en dan gesels ons weer. In effek het ek die feite reeds hier bo geplaas.

Werner ·

Ons was nog nooit uit n burger oorlog nie wat noem julle hierdie verskriklike moord syfer anders groot probleem hier moet jy wag om vermoor te word in n burger oorlog kan jy darem terug skiet die tyd toe ons sanksies teen ons gehaad was die rand sterker as die dollar sou baie beter gewees het as née gewen het al wat ons nie sou gehaad het nie was wêreld rugby beker in 1995

Flippie ·

Ja ek het ook die Boeresaak versaak, toe ek JA gestem het. Probleem was ek was belieg en bedrieg deur NP leierskorps.

Cherokee ·

Jy sien Flippie, julle wil steeds nie verraad erken nie maar probeer nog steeds die blaam te pak op De Klerk, Meyer & kie. Julle probeer julself steeds onskuldig hou ‘want julle is belieg’. Maar geen enkele woord sal julle sê van wat dr Albert Hertzog en oom Jaap Marais teen lamppale en winkelvensters vir julle uitgeskreeu het nie. Moet nie die blaam elders wil pak nie… jy het albei kante gehad om te oorweeg en het keuse vrywillig gedoen.

Paul ·

Cherokee, en ek dag jy sal nooit vir die woord “ontkenning” van die realiteit val nie. En as CR of enige ander leier vir die volk iets vertel, verwerp jy dit? Hulle? En nog erger, wat van JM se volgelinge. Ek het ‘n idee as mens se ma of pa jou deesdae iets vertel, moet jy dit met ‘n knippie sout neem.

Cherokee ·

Paul, die realiteit in wat jy hier uitwys is dat ons nooit weet wie om te glo nie. Ek lees in jou uittreksel uit Hermann Giliomee se boek wat hy gesê het oor die destydse Konserwatiewe Party. Kort voor die veelbesproke referendum het ek op die verhoog geklim waar Ferdi Hartzenberg (gewese minister van onderwys vir PW Botha) ‘n politieke vergadering gehou het namens die KP, en vir hom gesê dat die KP gestig is deur De Klerk en Meyer. Gesê dat die KP húlle brain baby is vir gebruik om die Nee-stem te verdeel. Dit was logika want nadat die HNP gestig is het die KP tot stand gekom met basies dieselfde konstitusie en hulle het die HNP opponeer. Die enigste waartydens ons saamgestaan het was met die referendum.

Met die lees van Adv PJ Pretorius se boek “Volksverraad’ het ek gesien hoe in die kol ek was dekades gelede, toe ek gesê het die KP-stigting was NP-beplanning.

En ek dwaal nie van die punt af nie, Paul. Ek stem met jou saam wanneer jy (ek dink jy wil tuisbring) die gemiddelde kieser naïef is en glo wat iemand vertel wat lankal gekies is as leier. Naïwiteit is ‘n probleem omdat kiesers hulself nie van feite vergewis maar bloot doen soos die buurman sê en dan op konserwatisme roem maar DA stem.

Cherokee ·

Nèe Paul, dit is jý wat ‘n woord gegryp het om daarmee ontkenning van jou eie aandeel te systap. Jy is die een wat nou, nie aan ons nie, want jy skuld ons nie regtig iets nie, maar by jouself ontkenning bepleit. Jy is besig om teen jou eie gewete te veg. Net na die uitslag van die referendum bekend geword het, het ‘n joernalis aan my gevra hoe ek daaroor voel en my antwoord was dat ek hierna in ‘n spieël kan kyk en vir die een wat terugkyk kan sê “jý het geen aandeel in die publieke toekoms wat vir die land voorlê nie.”

Staak ·

Sport was die grootste dryveer vir die JA stemmers gewees, al die ander beloftes was maar net so bietjie suiker vir n bitter pil.
Die toestand waarzin ons land nou is en ook die verdeeldheid onder ons was alles voorspel in 92 en nie met n kristalbal nie maar, logika en kennis oor Afrika volke en hulle politiek.
Ek het self gewaarsku maar nooit in my wildste drome kon ek ooit dink dat ek eendag drinkwater sal moet koop om my dors te les nie, en ook nooit gedink dat ons riviere riool strome sal word nie.
Punt is, na amper drie dekades het niks verbeter nie en daar is ook nie n vooruitsig daarvoor nie. Politiek het ons hier waar ons is en politiek is duidelik ook nie die andwoord nie.
Het julle al die vraag gevra hoekom die AWB so gevrees was in die 80’s, …. want dit was nooit n politieke party nie maar n weerstands beweging, dit is waar ons andwoord le, nie die AWB nie maar n weerstands beweging.
Verraad het plaasgevind en daar is geen manier om die skuldigdes tot verantwoording te roep nie.
Ek glo Steve het die deur kom oopmaak vir genesing van ons verdeelsheid maar daar le n baie groter probleem, ons nageslag!!!
Hulle het geen vooruitsigte nie, die JA stem het van ons nageslag dagloners gemaak.
Ons wat gestem het in 92 is die verradelike geslag wat op sy eie kinders trap en vertrap vir geld, sport en brandewyn.

Anton ·

As Afrikaners moet ons die Joodse manier volg. Maak ons los van politiek. Maak ons vas aan ekonomiee. Die diaspora gemeenskappe ondersteun die stam volk. Daar is wel Israel maar hier in SA kan Afrikaner oorleef as n tipe stam-diaspora. Daar is baie ruimte in n bottel vol klippe.. Verkies leiers in die diaspora gemeenskappe. Sorg dat geen Afrikaner ooit van enige regering ekonomies afhanklik sal wees nie. Ondersteun mekaar. Dit is die enigste manier – soos bewys deur die Jode. Afrikaner regering moet op n hoer ekonomiese selfbeskikkings vlak leef verhewe bo dom-politiek.

Agge nee ·

Ou koeie?
Dis gedoen, ou regering Nuwe regering niemand Sal saamstaan nie. Almal Sal verskil.
Kom God Se Gebooie na.
Die Wat nie Gebooie na kom moet gestraf word, Kan Mense sien op die manier Wat is reg of verkeerd?
Nie n party of enige iets Anders Kan God Se Wette verander nie.
Dis goed dat Steve Sy image gebruik om klem op geweld in SA te beklemtoon .
Wens Ek kon iets doen Wat so Kan ripples Maak .
Staan die weduwees by, Dankie dat jy Darem iets doen Steve!

Andre Visagie ·

Ek kan nie genoeg met jou saamstem nie. Hoe breër die basis van die piramiede hoe hoër kan die punt van die piramiede uitstyg. Laat ons mekaar verdra, ondersteun en ons ego’s en klein verskille opsy skuif vir ons almal se oorlewing. Laat ons dié wat leiding kan gee ondersteun!

PietSkiet ·

En vir sekeres is dit ‘n plesier en lewenstaak om vir ander die lewe onplesierig te maak.

Paul ·

Andre, maar is dit nodig dat ons in ontkenning van die waarheid leef? Waarom die waarheid verdraai om ‘n boodskap te gee? Is dit omdat die boodskap dan heel anders daar sou uitsien?

Paul ·

Kom ek vra spesifiek vir Gerhard en Staak, moenie die debat na jul eie vooraf opgestelde rigting verskuif nie, moenie jul eie agenda propageer nie, bly net by dit waaroor die debat aanvanklik begin is, waar ‘n Ja of Nee gestem sy oorsaak het. Maar vandag sien ons mos dieselfde by die ANC, hul stemvee. Almal hardloop agter die voorbok aan.

Gerhard ·

Daar is geen argument in De Klerk het vir ons gelieg nie. Dit lê by jouself. Jy het beide argumente gehoor en die verkeerde aanvaar. Jy kan nie die blaam op ‘n ander plaas as jy droogmaak nie.

Gerhard ·

Daar is niks so erg soos iemand wat in ontkenning leef nie. Soos ‘n Ja-kieser wat nou nog ontken hy was verkeerd. Steve Hofmeyr is een van min wat nie meer in ontkenning leef nie.

WASOli4. ·

Het gister saam met Steve die STEM gesing by die WIT KRUISIE inplanting op Ysteberg. Wat n belewenis.

Paul ·

Jammer dat daar kommentators is wat van ontkenning van die realiteite is, Dis deel van die oorsaak waarom ons sit waar ons sit.

Anner Anton ·

Oom Steve sterk van jou maar is dit nie Stalin wat gese het dat die werklike uitkoms bepaal word deur die wat die stemme tel? Die Afrikaner moet ophou om te kyk na die verlede want selfs gedurende die Groot Trek het mense hul eie rigtings ingeslaan. Afrikaan se kind moet doen soos die Jode van oud en nuut, Die Joodse diaspora oor die wereld heen behou hul identiteit deur plaaslike gemeenskappe daar waar hulle hul bevind. Hierdie diaspora voed en ondersteun die stam gedeelte van die volk in die land van oorsprong Israel. In die Afrikaner geval het ons nie n stam land nie maar moet n sterk stam-diaspora hier in SA ook vestig. Soos die Jode maar sterker en slimmer moet Afrikaners in elke diaspora gemeenskap sterk leiers verkies wat dan die Afrikaner Raad sal vul om die volk te lei. Maak die Afrikaner so los van politiek en bind ons aan gemeenskap waar elkeen ekonomies na omgesien word tot sukses en geen Afrikaner OOIT van n regering afhanklik is nie!

Phillip Groen ·

Die belangrikste deel van Steve se verskoning is die erkentenis dat hy hoogverraad teen God gepleeg het.

Die ou Grondwet van voor ’94 het die oppergesag in God gesetel. M.a.w. alle wette moes onderworpe wees aan sy onveranderlike gesag. Die NSA se Grondwet plaas die individie se regte as die hoogste gesag. Wat uit die aard van die saak veranderlik is met tyd, soos wat sigbaar is in die huidige gronddebat. Die reg om ander se eiendom verniet te bekom moet nou in die Grondwet opgeneem word. Dus het in regsterme jy geen remedie dan oor nie, want die wil van die meerderheid word wet, en die minderheid moet inval.

Alle huidige politieke bestelle kan as hoogverraad teen God bestempel word. Om uit die gemors te kan kom sal daar indringend gekyk moet word hoe ‘n volksregering moet funksioneer as God se oppergesag eerbiedig moet word.

By Bloedrivier (waar ‘n oorwinning geskenk is in haas ondenkbare omstandighede) is ‘n Skriftuurlike gebaseerde regering beloof indien ons die oorwinning sou verkry, ongelukkig het die politiek in die 180 jaar daarna (hetsy voor of na ’94) nie aan die Gelofte gestand gedoen nie en daarom is die enigte oplossing om te ondersoek hoe die Gelofte gestand gedoen kan word, Want nes by Bloedrivier staan ons weer teen ‘n oormag met ons rug teen die muur en kom Ps 121:1 in gedagte:

Ps 121:1 n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?kom?

Flip Swanepoel ·

Jy is reg Phillip. Ons vryheidsmanifes is met die aflegging van die Bloedrivier Gelofte beseël en ons volk weet dit nie.
Demokrasie werk nie. Die oorspronklike ooreenkoms met God is dat ons ‘n Huis vir Hom moet stig waar dit Hom behaag. Dit kom neer op ‘n Teokratiese bestel.
Steve se belydenis van hoogverraad teen God is ‘n aanklag teen die Nuwe SA.

Merkur ·

Ek is bitter spyt dat ek ja gestem het en vra om verskoning. Om so meer omdat ek onseker was en eintlik die moontlikheid gehad het om glad nie te stem nie. Al die skade wat aangerig is daardeur. Ek vind my eie naïwiteit van destyds skrikwekkend hoe ek in ´n mate vir die propaganda geval het.
Deesdae hoop ek in my binneste dat die ja stem wel op ´n manier vir die toekoms nog nodig kan wees al kan ek dit op die oomblik nie insien of raak sien nie. (Dit is geen hoon nie.)
Ek hoop almal vind die krag om na vorentoe te kyk en te beweeg.

emiel ·

Meeste van die mense was destyds geïndoktrineer, so ek sal nie vinger wys nie. Wat my veel meer pla is die honderd duisende wat vir 20 jaar vir anti wit rassistiese partye soos di DA ondersteun het.

Henry ·

Agge neewat ou Nee,

Julle spookstories van destyds, was/is van skinderstories en spekskieters se sprokies afhanklik gewees.

Julle base en julle base se politieke base, was so in die politieke speletjies voor 1994 vasgevang, dat die werklikheid asook swak inligtingsvermoëns by julle verby ge-galop het. Die woeste en “bloedige burgeroorlog” waarmee vorendag gekom is, is bloot swak verskonings vir treurige besluite deur die onderhandelaars wat almal, insluitende alle minderhede, se belange moes beskerm het.

Jammerlik is dit so dat julle NI ‘outfit’ oor geen nuttige inligting beskik het van oorle’ Jo Slovo en die SAKP/ANC se skuiwe nie. Waarskynlik weens die feit dat julle inligtingsvermoëns nie so goed was soos wat ‘n staat se intelligensiediens behoort te wees nie. SAKP/ANC het met die hulp van veral die Oos Duitsers se Marcus Wolf en die destydse KGB, genoeg inligting gehad om kringe om ons beteuterde spannetjie te hol.

Jammer maar so is dit maar…

Stem ·

Baie Dankie Steve dat jy ‘n man is wat kan erken jy het ‘n fout gemaak! Mense daar is huidiglik ‘n nie amptelike referendum oor selfbeskikking deur die Boerevolk Reddings Aksie, National Crime Assist, Afrikaner Eenheid, United Liberty Alliance, Selfbeskikking Afrikaners, Kommandokorps, Plaasmoord Aksie en Inligting, NKP, Hendré Papenfus, Vaderland Alliansie, Khoisan First Nation, Expats, Konfilsa. Daar is maar net meer as 5000 stemme in totaal. Hierdie mense het die stemme nodig om ons tot die wet op selfbeskikking te kan wend. Mense staan ASB saam en stem, Dan kan die kwessie aangespreek word, anders is daar nie ‘n mandaat vir selfbeskikking onder die leiding van God Onse Vader in die Hemel nie.

Swanna ·

Help nie die koel is deur die kerk soos die oumense gese het. DAMADGE DONE !!!!!

Cherokee ·

Soort van ironies om nou in te dink wat die nasionaliste ‘n ¼ eeu gelede sou kwytraak as voorspel sou word dat vorentoe nog gaan verskoning gevra gaan word vir hul ja-stem. Nie honend of kwetsend nie maar met ‘n glimlag het die gedagte verskyn.

PietSkiet ·

Dit ry maar die golf soos Julius en speel vir die gehoor. Kyk net hoeveel hou hulle hier met kommentare op.

Driekie ·

Steve. Dis nie jou JA wat die gemors veroorsaak het nie….. Dit was maar net nog een stem. …een NEE sou nie n verskil gemaak het nie… . Ek wonder of die NEE’s ooit getel was…. Ons bewonder egter jou mannemoed!

Waai maar liewer ·

Jammer is goed, maar Jammer gaan nou geen verskil meer maak aan die eindresultaat nie. Wat jy saai sal jy maai, en wat gesaai is gaan gemaai word. Feit is: die wittes gaan bloei in SA. Die beste opsie is om die hool te verlaat.

Paul ·

Baie duidelik en eenvoudig is die realiteit soos dit gebeur het, FW het ons uitverkoop, maar hordes kommentators trippel gemaklik daarom om die blaam te verplaas, so asof hulle dit nooit gelees het nie, ploeg net voort met hul eie vooraf opgestelde agenda. Nugter weet waarom, en wat dit hulle in die sak bring, dalk ‘n gewete om te sus, en dan maak die ontkenning nie ‘n vaal kol aan die realiteit soos dit werklik gebeur het nie.

Faruk ·

Weet julle hoekom praat mense so baie? Dis omdat hulle niks anders KAN doen nie.

Anita ·

Ek is regtig teleurgesteld dat Maroela slegs dekking oor Steve se “verskoning” gee, en nie ook dekking oor die konferensie self nie (of mis ek dit êrens?).

Marthinus Willemse ·

@NEE, voormalig van NI: Ek stem 100% saam met jou. Jy is nie `n lafaard nie, dis die rusbankkenners en jou goed beskryfde “elektroniese stoel-soldate” wat is.

My familie was in die Polisie, Weermag, Gevangenisdiens. Ons het geheime foto’s onder mekaar uitgeruil van die duisende swartmense wat regoor die land in townships vermoor is, gewoonlik op die gruwelikste maniere.
Swart polisiemanne se huise is afgebrand (want hulle steun glo die apartheidregering). Die “grensoorlog” het ons teen 1983 iets soos $1 miljoen per dag gekos. (Die benaming is `n oksimoron, want dit was `n totale aanslag, regoor die land.)
Boere is dood weens landmyne wat op plaaspaaie geplant is.
My vriend se hele troep is uitgewis langs die Swazilandgrens. Daar was nie `n helikopter beskikbaar nie; hy moes vir meer as `n week langs sy dooie, ontbindende makkers lê en wag tot Pretoria besluit om hulle te gaan haal.
Weens sanksies kon die SAL nie oor Afrika vlieg nie, maar óm, en olie kon slegs op die swartmark, teen hemeloë koste aangekoop word.
Miljoene liter water is in Soweto gemors, omdat die ANC beveel het dat krane nie toegedraai moet word nie; hulle wou ons damme leegtap.

Ons het op `n burgeroorlog in die wit gebiede afgestuur, terwyl die een in die swart townships in felheid toegeneem het. Deur JA te stem (soos ek), en ons abdikasie in 1994, het ons die lewe van baie gered.

Steve en sy ondersteuners het vir 20 jaar in ontkenning geleef.

Stakings ·

Nee ou vriend iets klink nie lekker nie, die term troep word net in pantser gebruik, n troep bevat 12 man en vier panter kaar en as dit tanks is dan bestaan n troep uit drie tanks en 12 bemanning.
Ek is nie bewus van enige “hele troep” wat uitgehaal is en dan het een man vir n week lanks die lyke gele nie en dit veral op die Swasie grens.
Dit klink maar na n kroeg storie.

Paul ·

Al wat ek vra is waarom moet mens die waarheid en feite, soos gedokumenteer, verdraai om ‘n boodskap oor te dra? Sou daar dan nie ‘n boodskap en ‘n martelaar wees nie? Dis mos nou niks anders as wat JM doen nie.

Dus, as die werklike gebeure deur Steve, soos gedokumenteer, in ag geneem was, was daar niks om oor om verskoning te vra nie.

Valknot ·

Na die slag van Magersfontein het generaal Cronje aan president Kruger gesein dat die oorwinning behoort aan God en die Skandinawiese vrywilligers (Swede en Finne) wat saam met die boere geveg het. My dank aan Swede, soos Nilsson.

JS ·

@Nee en Marthinus Willemse, dit is so dat swart polisiemanne en swart staatsamptenare destyds n gevaarlike lewe gelei het en dat baie vermoor is. En dit is ook so dat die ANC en destydse UDF die townships in n ernstige mate onregeerbaar kon maak, maar ek stem nie saam dat dit beteken het dat ons n burgeroorlog sou verloor nie. Die SADF was veels te sterk om n burgeroorlog te verloor. Ek stem ook saam dat die grensoorlog baie geld gekos het, maar teen 1991 was die grensoorlog verby. Soos baie mense hierbo genoem het, die feite is maar net dat die nasionale party en sy leiers die blankes verraai het. Dit is al. En om hulle gewete te sus, het hulle met stories vorendag gekom soos dat ons op n burgeroorlog afgestuur het wat ons sou verloor. Een van daardie stories was dat VSA ons hawens sou blokkeer. Die meeste blankes was moeg vir die stryd, want hulle God was sport en hulle kon nie internasionaal deel neem nie. Die meerheid van die blankes wou onderhandel, maar niemand het vir verraad gestem nie. Ek het ook ja gestem, wat ek ook nou berou, maar dit baat ons niks om nou hieroor te argumenteer nie. Laat ons liewer bespreek hoe ons vorentoe moet gaan, wat ons gaan doen, wie ons ons moet ondertsteun en wie ons as leiers kan aanstel. Die Afrikaner bly leierloos en rigtingloos, terwyl ons argumenteer.

Adam ·

Steve, verraad was dit nie en hoogverraad nog minder. Jy het eenvoudig ‘n bona fide besluit geneem met die inligting tot jou beskikking en wat jy geglo het die beste vir SA is. Cherokee merk heel tereg op dat daar nie net die NP alternatief was nie’; ander partye soos die KP het ‘n ander standpunt verkondig en dit is deur die meerderheid geignoreer. Dit vernietig die breinspoel argument, Feit bly staan dat indien jou bevolkingsgroep minder as 10% van die bevolking verteenwoordig, gaan hulle nooit daarin slaag om vir ewig aan bewind te bly nie. Of JA of NEE gewen het, is dus irrelevant. Die somme klop gewoon nie. 1992 is ver terug in die geskiedenis;laat die gras daaroor groei en die koeie daarop wei.

Kalahari Kind ·

Ek glo in God. Ek glo ook in Sy plan met ons volk. Ek glo dus dat Hy ons deur die smeltkroes op SY manier moes stuur. Ook vir ons wat te jonk was om Ja of Nee te stem. Ek glo dat SA gebruik is deur God om die wêreld betyds te waarsku wat gebeur as Heidene toegelaat word om Christene te regeer. Ek glo dus dat God als bepaal het. Ook die resultaat van 26 jaar terug se referendum.

Frans C ·

En na alles wat geskryf is,bly alles presies dieselfde.Wat gebeur het is ‘n tragedie,waarin almal teensinnig of instemmend ‘n rol gespeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.