Steve onbewus van ‘kuberkrakers’

'n Skermskoot van Hofmeyr se webtuiste

‘n Skermskoot van Hofmeyr se webtuiste

Die sanger Steve Hofmeyr het Dinsdag gesê hy is nie bewus daarvan dat sy webtuiste glo deur kuberkrakers aangeval is nie.

Anonymous Africa het Sondag getwiet: “You will be happy to know we are currently running miniop against the racist @steve_hofmeyr”. Die groep het ook later getwiet: “Protest against racist @steve_hofmeyr website still hitting hard. We will resume it tomorrow. With double the punch. Tweet dreams #Africa”.

Hofmeyr het egter op Twitter gesê: “My blog is onder konstruksie agv oorgang vanaf FreeOffice na Universal. As ek gehack is, is dit nuus vir my.” Hofmeyr se webtuiste en blog het Dinsdagaand normaal gefunksioneer.

Anonymous Africa het al voorheen die ANC en die ANC-jeugliga se webtuistes geteiken sowel as die nuuswebwerf IOL.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Jy haak vas, Hanno Visagie. Soos ‘n ou platespeler waarvan die naald in ‘n groef vasgehaak het. Een keer sou genoeg gewees het. Verwag jy werklik dat die berigskrywer Hofmeyr se woorde moes verander? Verander soos in verdraai? As hy ‘blog’ gesê het is dit presiès wat hy gesê het en as hy die aksie as ‘gehack’ beskryf het, dan het die berigskrywer hom reg aangehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.