Steve oor Ghoema-herrie: ‘Niks hiervan is vir my maklik nie’

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Fasade vir ʼn groter politieke spel voor die verkiesing. Só bestempel Steve Hofmeyr die omstrede besluit van MultiChoice om te dreig om sy borgskap van die Ghoema-toekennings te onttrek indien die benoeming van “Die Land”, ʼn lied waarvan Hofmeyr deel is, nie teruggetrek sou word nie.

Die benoeming ís teruggetrek, die Ghoemas het voortgegaan en “Die Land” het geen toekenning gewen nie. Maar die debat oor die aanslag teen Afrikaans is vuriger as ooit.

“Hierdie is natuurlik net ʼn front, ʼn manier om voor die verkiesing jou base te laat goed lyk en vir hulle te verduidelik dat jy as MTN, jy as Toyota en jy as MultiChoice is tog aan hulle kant en jy is hulle goedgesind. Want êrens daar bo is ʼn paar kontrakte wat ek en jy niks van weet nie. En nou word ons kleintjies hier op die grond gestraf,” sê Hofmeyr oor die jongste herrie.

Dit is nie die eerste keer wat Hofmeyr in die spervuur is nie – inteendeel, sy uitgesproke politieke sienings en uitsprake het hom deur die jare al baie kritiek op die hals gehaal.

Juis verlede maand het ʼn twiet wat Hofmeyr in 2014 op Twitter geplaas het daartoe gelei dat MTN alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk gesny het weens Hofmeyr se betrokkenheid daarby. Dié besluit het gekom nadat Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, MTN op sosiale media versoek het om sy borgskap van AIG op te skort in die lig van Hofmeyr se 2014-twiet waarin hy sê hy glo dat “swart mense die argitekte van apartheid” was.

Kort daarna het Toyota Suid-Afrika ook aangekondig dat hy sy borgskap van AIG beëindig.

“Die ironie is daardie twiet is in 2014 geplaas en dit was toe ook voorbladnuus. Intussen het die mense van Toyota en MTN ten spyte [van die twiet] by ons aangesluit en my gebruik waar hulle kon vir hul reklame.

“MultiChoice het honderde ure van my video’s, films en onderhoude uitgesaai en baie advertensie-spasie verkoop tussen daardie video’s, films en onderhoude. So dit is snaaks dat wanneer dit hulle pas, is hierdie inhoud goed genoeg en ander kere moet dit geboikot word,” sê Hofmeyr.

Hy sê dit is vir hom jammer dat daar blykbaar nie omgegee word wie die slagoffers van sulke besluite is nie. “My Botswana-toer is gekanselleer en die mense wat sou voordeel trek uit hierdie konserte, waarheen die wins van hierdie konserte sou gaan, is nie net ʼn swart skool nie, maar die gestremde klasse van ʼn swart skool. So die ouens wat hierdie veldtogte teen my voer, gee glad nie om wie die slagoffers is nie. Solank een van die slagoffers darem net ʼn blanke of ten minste ʼn Afrikaanssprekende is.”

Hofmeyr meen dit is dieselfde geval met MultiChoice se dreigement om van die Ghoemas te onttrek. “MultiChoice sê dit gaan oor Steve Hofmeyr se rassisme, maar vra bietjie vir MultiChoice of hulle een enkele ding gesê het teen die feit dat Ace Magashule gesê het jy mag nie met wit mense besigheid doen of vir hulle stem nie. Al die dinge wat Julius Malema kwytgeraak het, al die dinge wat die BLF kwytraak… Selfs die MRK sê wat hulle sê is geregverdig.

“So ek kan nie sien dat dit gaan oor my rassisme nie, want ek kan nie sien waar die rassisme is nie en watter van die uitsprake rassisties is nie. Nee wat, dit is maar net ʼn regte Lesufi-tipe benadering tot dinge en dit is dat alle blankes moet gestraf word [en] alle blanke bydraes moet as onbenullig afgemaak word. Almal moet gestraf word, ook die onskuldiges en die mense wat nie eers in die ou Suid-Afrika was nie. Ook die kunstenaars moet gestraf word.”

Hofmeyr sê dit is vir hom veral kommerwekkend wanneer politieke invloed in die kunste insypel, juis oor dié bedryf kreatiewe vryheid en vryheid van spraak moet geniet om mense se sienings en gevoelens te verwoord. “Uiteindelik is ons die digters van die volk en ons verwoord wat die volk dink,” sê hy.

“Ek verwoord wat die volk dink, die volk wat ek ken, die volk waarby ek verby toer, die mense met wie ek praat. Ek doen dit al 30 jaar, so ek het ʼn baie goeie idee van wat daar buite aangaan. Om jou kunstenaars stil te maak, is ʼn baie kommerwekkende ding. Ek kan sien hoe hulle die sport kan kaap en ek kan sien hoe hulle die besigheid- en arbeidsektor kan kaap, maar die oomblik as hulle die kunste betree, meng hulle in by die ouens wat presies die voorbeeld nodig het van vryspraak. Want ons verwag van ons kunstenaars om te woon en te kyk en te praat oor plekke waar ander mense nie wil nie of nie kan nie.”

Hofmeyr het al bewys dat hy hom nie van stryk laat bring deur kritiek of boikotte nie en hy sê dit sal ook nie nou die geval wees nie – hy sal aanhou om te doen wat hy doen. Maar maklik is dit beslis nie.

“Persoonlik raak dit my baie. Ek het in die afgelope vyf jaar amper my inkomste gehalveer. My vrou wil nie van hierdie goed weet nie. Sy wil nie weet dat dinge wat niks te doen het met hoe hard ons werk, besig is om ons te kortwiek nie. Want ek werk my dood.

“Maar dit gaan natuurlik nie daaroor nie. Dit gaan oor die narratief daar buite, die transformasiegesprek wat gevoer moet word. Mense wil maak asof daar regtig eenheid in die land is, maar daar is nie eenheid nie. En as iemand soos ek iets taamlik omstrede sê, dan word ek blameer vir ‘division’ soos hulle sê. Niks hiervan is vir my maklik nie, niks hiervan is maklik vir ander kunstenaars nie.”

Die Ghoema-musiektoekennings is Woensdagaand die Sun Arena in Pretoria gehou. (Foto: Twitter via @kykNET_Ghoemas)

Hy is deeglik bewus van die groter prentjie waarin dinge soos hierdie gebeur. “Dit is besig om ʼn groot lyn te trek tussen Afrikaners en Afrikaanses veral, en dit raak al hoe moeiliker om die grys gebied in die middel vol te staan en nie na die pole toe te graviteer nie. Maar ons gaan ʼn paar van hierdie goed moet deurgaan om agter te kom wat die ware stand van sake is. En die ware stand van sake is, ons is in die moeilikheid. Ons word in ʼn hoek gedruk en daar is owerhede daar buitekant wat net een agenda het en dit is om Afrikaans om van die bodem af te vee.”

Hofmeyr sê hy besef daar is groter debat wat gevoer word rakende politieke invloed in die kunste, transformasie en die voortbestaan van die kunste met en sonder borge. Hy erken volhoubaarheid van die kunstebedryf is ʼn belangrike kwessie en iets wat dikwels van borge afhang, maar beklemtoon ook dat dit nooit die belangrikste aspek kan wees nie.

“Natuurlik is daar die vraag, wat doen ons sonder borge? Ek weet nie altyd wat is die antwoord nie, maar ek weet my lewe is maar ʼn rouerige een sonder borge, maar dan het ek minder mense wat my voorskryf. Ek en die publiek is op dieselfde bladsy en ek dink dit is vir my die belangrikste,” sê hy.

“Dit lyk wel vir my asof ek nou maar net ʼn spilpunt is vir ʼn baie groter debat, want baie kunstenaars kom agter ons kreatiewe veiligheid is daarmee heen as ons nie meer kan skryf en dink soos ons wil nie. Ek is baie trots op die kunstenaars wat by my staan, en ek dink dit is baie ongemaklik vir van die kunstenaars. Ek hou natuurlik niks teen kunstenaars wat wel opgedaag het vir Ghoemas nie. Ek skryf niemand voor nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Andreas ·

Ek sien nou op Netwerk24 ‘n berig dat Steve se seun Devon en ‘n vriend is gisteraand gevra om die Ghoemas te verlaat.

zeno ·

Andreas – dankie vir die inligting, Die mense is erger as klein kindertjies wat `n tantrum gooi. Ek sal altyd `n Steve mens bly.

fish ·

Dit my wense wys jou net hoe bang hulle vir iemand soos Steve is. Hulle kan lekker “brag” ons is niks maar lyk my hulle is maar lekker bang vir Steve en sy “opinion” oor die sake van die land en like nie omte sien Steve is reg nie.

Dries du Toit ·

As dit waar is. Is hierdie goed siek siek siek. Die aanslag teen ons is erger as n oorlog.

Bekommerd ·

Ja, dis reg. Lyk my hulle het bietjie betoog. Dis mos aanvaarbaar as die massas betoog, maar nie twee Afrikansers nie.

Jan ·

Dit is vals, hulle het uit hulle eie uitgeloop kort na die show begin het.

Mimie van der Merwe ·

Vasstaan Steve, Bok, Bobby en mede behoudende kunstenaars. Ons is super-trots op julle !! Julle is besig om die hart en stem van die Boervolk in SA weer n platform te gee. Mag ons Vader julle van krag tot krag neem en julle elkeen vul met geloofsmoed en Godsvertroue. Volgens Salomo is “Die hart van die wyse na regs” en “Mag jy die grenslyne van jou vaders nie verle nie.” BAIE, BAIE DANKIE !!!

Johan ·

Jan en Anti-Multichoice.
Hulle is nie geweldadig verwyder nie.
Hulle het nie uit hul eie geloop nie, hulle is gevra om te loop.

Siener ·

Steve—Dis tyd om van jou Ghoema beeldtjies ontslae te raak. Wys die wereld wat gebeur met ‘n lelike Ghoema beeldtjie

Andre ·

Dit is nie almal wat met Steve simpatie het nie. Dit sal nie hier gesien word nie , want dit lyk my Maroela laat dit net eenvoudig nie toe nie. Siestog arme Steve

Elvira ·

Steve alles wat jy se en doen, beaam ek. Dankie vir jou stem.

Stan ·

@ Andre – Dit gaan nie oor “steve’ nie. Dit gaan oor vryheid van uitdrukking en assosiasie. Dit gaan oor ‘n lied wat gebooikot is , ‘n lied wat baie mense deel en waarvoor daar min respek is. Dit is gevaarlik, kan julle dit nie verstaan nie? Hoeveel ‘liberale’ & ‘konserwatiewes’ onder ons moet nog daaroor waarsku? Wat mense skei is marganalisering, want daar is geen ‘connection’ of ‘behore tot’ nie. Mense wat werklik wil ‘versoen’ moet wakker skrik!

Sus ·

Werner steve is nie vir jou lief nie. Hy lief dat jy sy cds moet koop anders moet hy n 9tot5 werk gaan soek.

Trots ·

Ons bly agter jou staan, maak nie saak wat nie. Die Land is ‘n stunning lied.

Oom Doug ·

Trots, jy is reg. In Engels se hulle, judge the art not the artist.

John ·

?.. ek, die spilpunt… oei. Groter as groot is darem baie pynlik… uiteindelik… ek… Steve… die spil… teen betaling natuurlik. Spaar ons uit… spaar ons uit met ons grootse voorsangers en hul sportsliedjies vir hul spanne en ondersteuners… Wie se CD is volgende?

Judge Dredd ·

Wel hierdie nuutste herrie gaan kamtig oor wat Steve al 5 jaar terug gese het – so Ja – dit maak hom die spilpunt.

Bodhi se ma ·

Judge Dread, dit gaan oor daai simpel rassistiese liedjie van hulle. Kyk hom op you tube dan kom vertel jy hier wat kon jy sien is rég daarmee.

Kiewiet ·

Jy praat 100% die waarheid Steve. Die EFF BLF en ANC kan se net wat hulle wil, maar volgens Toyota MTN en MultiChoise is dit alles reg wat hulle se.

Hanna ·

En ook volgens die MRK.
Is wat EFF .BLF. ACE
Kwyt raak…NIE rassisties nie

Junelle ·

My vraag:
Die lied “Die Land” word beledig en verban en die sangers word benadeel. Maar daar word nie n woord gerep oor die lied “Die Gelofte” nie. En albei liedjies word daar slegs gebed gevra oor die toekoms en veiligheid van die land en sy kinders wat die toekoms van die land moet voortleef. Of is ek nou verkeerd. Punt is hoe kan een lied gediskrimineer word terwyl daar hoeveel soortgelyke liedjies is waar kunstenaars slegs hulle gebede beklemtoon oor die toekoms van die land en taal. Steve is nie die enigste kunstenaar wat wonder en bid vir die land se toekoms nie. Hoekom net hom teiken? GATVOL vir die rassisme en diskriminasie van hierdie land wat ek my huis noem??

Bodhi se ma ·

Die blf en eff is politieke partye. Steve is n sanger, wat maak of hy namens ons almal praat. Hys nie verkies nie. Sien die verskil? Steve, sien JY die verskil?

Boerboel ·

Julius Malema vuur skote af met vuurwapen by n’ byeenkoms, Niemand se niks. Dis n’ kriminele oortreding , net mooi niks gebeur. Zuma sing bring my masjien geweer, niks gebeur nie, wie wil hy dan nou skiet met die masjien geweer?. Afrikaans lyk my is n’ groot problem vir die regering. Ons klein outjies gaan nie veel van n’; dip maak in verkope by die borge wat ontrek het nie, maar uit beginsel sal ek hulle nie ondersteun nie., so hulle sal dit dalk voorentoe voel. Lyk my iemand is bang vir Steve, Steve ons sal jou ondersteun al moet jy n’ konsert op n plaas hou met n’ krag opwekker wat in die agtergrond dreun. Selfde vir Bok Van Blerk. Daar was ook n’ herrie oor De La Ray wat gespeel was op Loftus, want dis mos Afrikaans. Daar wag vir ons nog n’ moeilkke pad voorentoe vir ons taal . Ons moet net bid dat dinge voorentoe ten goede sal verander.

Bianka ·

Awesome lied. Almal wat betrokke is vanaf skryf, toonset, video ens. julle het n stunning stuk Afrikanertrots geproduseer. Dankie

Jean ·

Dankie Steve dat jy nooit te papbroekig is om standpunt te neem nie. Jy is nou die gehate Afrikaanse want jy het n naam en gesig en jy se wat jy dink, ons voel almal soos jy en is trots om saam jou te staan ! Mag daar vir julle kunstenaars deure oopgaan en mag julle geseen bly om aan tehou met wat julle doen. Trots Afrikaans En Wit !!!

Boet Fasie ·

Afrikaners moet nou agter Steve en die ander kunstenaars staan en die CD koop, dit is werklik ‘n briljante CD, die beste liedjies van die grootste kunstenaars . Steve ons staan agter jou – bakgat

Henk ·

Nou wonder ek, Toyota gaan julle my geld vir my Fortuner terug gee en die ding vat want hy gee my eindelose probleme. Seker omdat ek soos Steve voel. Multi choice het ek reeds afgesit maar ek soek my 30 jaar subskripsie terug want ek is n rassis gebore en julle wil mos niks van rassiste he nie. En my wit verdiende geld val in daai kategorie

Elna ·

Mooi gesê Henk jy verdien sommer n hele kas Bells. Cheers my maat.

Steve ·

John
Ek dink jy hoort by MTN ens. Steve word geteiken en dan wil jy sulke goed kwyt raak. Staan eerder saam as wat jy op die draad gaan sit.

mitz ·

My stem sal jy vir altyd hê en ek staan 100% agter jou, het nog altyd en sal altyd. Daar is min soos jy, NEE, daar is net JY. Dankie vir wat jy doen, vir wie en wat jy is. Jy sê en doen wat ons almal graag wil sê en doen, maar nie die guts voor het nie. SALUUT Steve!

JG ·

Weereens, dit is absoluut bewonderingwaardig dat so klein minderheid so groot bedreiging vir die massas inhou…dit wil voorkom of hulle BAIE BANG is vir ons. Dalk omdat hulle weet, hulle is nie op dieselfde vlak as ons nie ?

Bert ·

Staan bankvas agter jou Steve. En ek pas my keuse oor waar ek my geld spandeer dienooreenkomstig aan.

Barries ·

Lyk vir my meeste mense mis die punt. Gaan oor Steve en nie oor die lied nie. As jy verdelend en onsensitief wil wees moet jy maar die punch vat. Afrikaners speel ook glad te maklik die slagoffer kaart.

JG ·

@ Barries…so, en by wie skaar jy jou ? Dit is mos baie makliker vir sommiges om die massas te “join” as om op te staan vir dit wat reg is…of hoe ?

pb ·

Barries…ditto. Ek love Steve se musiek. Maar die twak wat hy kwytraak het hom ingehaal. Ongelukkig het hy groter as die bedryf geraak. “Put this in your pipe and smoke it Steve”

Judge Dredd ·

So wat word aan al die ander onsensitiewes gedoen?
Moenie Twak praat nie – Steve is ook geregtig op sy siening.

Cherokee ·

Soos Lida sê, ‘n saak het twee kante. Miskien 3 Lida? Hier is myne. Ek is absoluut neutraal teenoor Steve Hofmeyr as sanger maar ek waardeer sy politiek. Ek is baie lief vir musiek en het gigabytes daarvan in digitale vorm en dink Steve sing goed, maar my musiek, wat ek bêre op eksterne stoorplekke, is uiters wyd, alle vlakke tussen swaar klasiek en ligte musiek. Steve Hofmeyr se politiek is ook die politiek wat ek praat.

Heleen ·

Steve jy is die beste! Jy het nie ‘n simpel beeldjie nodig as bewys nie.

Sus ·

Hou politiek uit die kunste. Kies een stiek daarby. Of jy sing, of jy praat politiek. Die land se video en woorde is uitdagend en.rassisties en doen ons as n groep nie n guns nie, en dan kla ons omdat ons nie onderhandelings regte het in ons eie land nie.

wilma ·

Aangesien my beursie wit van kleur is, het ek al ‘n geruime tyd gelede besluit vir wie ek hom oopmaak wanneer donasies gevra word!

Jo-anli ·

Steve jy is ń yster, ons geniet jou musiek. Jy sing ongelooflik mooi. Gaan so voort.

Tante ·

Steve en sy bondgenote sangers doen jul eie shows jul gaan baie geld maak na die baie publisiteit gratis ek glo julle het baie fans bygekry. Goemas wat is dit ook geldmaak ding toekennings daar is n klug. Hou aan ons Afrikaans beveg teen verdrukking

Kabous ·

Hoe meer Afrikaans ondertoe gedruk word, hoe harder pop hy uit boontoe. Die onderdrukkers van Afrikaans en Afrikaners besef nie hulle doen ons eintlik ʼn groot guns nie.

Afrikaans is koning! Afrikaners is ontsagwekkend! Lank leef Afrikaans. Lank leef Afrikaners! Dankie aan ons kampvegters.

KP ·

Hierdie is nie net om afrikaans te onderdruk nie maar die boere nasie. Alles waaraan die boere raak werk en is nie n mislukking soos alles waaraan die ANC raak nie.
Ek staan saam met jou Steve.

Dingetjie ·

Dankie Steve. Die Land is ‘n pragtige lied. Dankie ook aan die res van die sangers wat besluit het om nie te gaan vir die toekennings nie. Hou aan met wat jy doen. Dankie Bok Radio. Hulle kan hulle Goepta Toekennings aand maar op hulle eie hou. En is trots op Demi-Lee …..

Johanna ·

Ek lees mense se kommentaar. Ek luister en kyk nuus. Wat ‘n bohaai. Suid-Afrikaners los die geredeneer en die: ek is vir jou en ek is teen jou. Ons land is besig om in vlamme op te gaan met al die onluste. Ons land is verdor met die droogtes. Ons ekonomie is haglik as gevolg van beurtkrag, korrupsie, jare se selfhelp uit die fondse van die staat, bedrog. Noem op, daar is n eindelose lys. Kom ons staan liewer saam en kyk of ons iets kan doen aan swak dienslewering, vervalle skole en hospitale, watervoorade wat besoedel word, onbeheerde instroming oor ons grense . Kom ons bou op.

Judge Dredd ·

Te laat – Die ANC KAN nie bou nie – en met hul diskrimineerende praktyke wys hulle ook dat hulle nie WIL bou nie.

Alida ·

Johanna hoe moet saamstaan en diens lewer? Moet ons nou die diens lewer waarvoor ons reeds ten duurste betaal het aan die stsdrade? Jou argument maak gladnie sin nie.

Rooi Jan ·

Se bietjie vir ons met wie jy wil saamstaan Johanna, want jou ANC regering en die grootste opposisie partye die DA en die EFF stel nie belang om met jou saam te werk tensy daar iets vir hulle persoonlik in is nie. Skrik wakker jou pap is laaaankal koud.

pinkie ·

Dankie Steve, vir wat jy vir elke Afrikaanssprekende in hierdie land doen en sê. Jy is ‘n briljante sanger met ‘n besonderse stem.

pinkie ·

Wat ‘n awesome liedjie, gee elke Afrikaanssprekende weer hoop. Ek kan sien hoekom dit onttrek is en Steve as die verskoning gebruik is.

Liesie ·

Steve, staan bankvas agter jou en die ander kunstenaars wat dit geboiket het.
Ek het wel ‘n groot probleem net die kunstenaars wat opgedaag het (vir ‘n moontlike ghoema beeldjie), en ook die mense wat dit bygewoon het. Lafaards – staan op vir Afrikaans!

Paul ·

Steve, ons is trots op jou, en staan bank-vas agter jou… ONS LAND OOK !!!

Dienkie ·

Steve is geregtig op sy eie opinie op die gebeure in die land maar omdat hy dit hardop uitgespreek het word hy nou skielik die skurk in die verhaal.

Steve ek staan bankvas agter jou. Die Afrikaner MAG sy opinie oor dinge he en dit ook uitspreek.

Dee ·

Dit gaan nie net oor Steve nie en solank mense aangaan om hierdie tipe diskriminerende gedrag te ondersteun sal dit voortgaan. Die afrikaans-sprekendes wat die geleentheid bygewoon het sonder om n oog te knip is almal skuldig en Multichoice en sy maatjies lag lekker. Al die afrikaans-sprekendes met geld wat hierdie maatskappy finansieel ondersteun sonder om deur dade hulle ontevredenheid oor die tipe diskriminasie uit te spreek, is skuldig. Elke afrikaanssprekende wat beplan om na die geleentheid op tv te kyk is skuldig. Snaaks hoe mense hulle blind en doof hou wanneer dit hulle pas. Ek skaam my vir my afrikaanssprekende landsgenote wat in stilte bystaan terwyl die skip sink.

Mart ·

Steve dankie vir jou integriteit en eerlikheid. Jy het nog nooit weggeskram van die waarheid nie, al het dit jou al in ‘n onbenydenswaardige posisie geplaas. Dit dui op jou sterk boerekarakter. Jy het almal in ons werk- en vriendekring se absolute ondersteuning. Groete en ek hoop almal geniet ‘n verrykende Paastyd.

Zyvetto ·

Kom ondersteun Steve en vriende DV 24 September naby Cullinan.

TLC ·

Hiehie
Ek sien die wat wel daar was het handevol beeltjies gekry
Seker al die ander wat ge boikot het toe moes hul vinnig plan beraam om als uit te deel
Ek gaan jul cd verseker saterdag koop en die hele buurt laat luister
Ek het lied gehoor en soveel male gese die een gaan ek koop
Ek salute julle almal wie ge boikot het

De Villiers ·

DStv gebruik ons blankes se geld om op ons onderdrukkers te spandeer, soos die EFF tydens hul gala geleentheid op 1 Februarie vanjaar waar hulle as borg opgetree het.

KwasiMojo ·

Dit gaan hier oor vryheid van assosiasie. Hierdie firmas (wat groot geld vir Afrikaans uithaal) wil nie met n rassis geassosieer word nie. Of hy nou afrikaans, venda of engels is. Ek haal my hoed af vir hierdie mense en maatskappye wat die man boycott. Hy en sy volgelinge kan maar in die privaatheid van hulle eie braai plekke die ou landsvlag besing en ander ras groepe slegsê. Maar in die publieke arena hoort dit nie. Dis dood eenvoudig swak maniere van n swak tipe mens. Wit of swart.

Stan ·

Kwasi, vryheid van assosiasie moet kollektief benader word. Hierdie was die booikot van ‘n lied wat ‘n boodskap van hoop en bemoeddiging vir ‘n minderheids kulturele groep is wat deur verskeie en bekende Afrikaanse sangers gesing is. Gaan luister asb na die Lirieke. Dit seg niks anders as marganalisering nie wat mense soos jy en ander ‘freedom comrades’ seker tog moet verstaan. Dit is huigelary. Julle sal hierdie mense moet begin ’embrace’ anders maak julle , julle skuldig aan waarvoor julle vir soveel jare voor ge-‘struggle’ het.

Anti-Multichoice ·

Multichoice assosieer hulle met die eff wat so pas met geweld gedreig het oor kaapstad lughawe se naam verandering. Soos ek verstaan het hulle die rassisties eff op 1 Februarie met n funksie geborg of iets. Dis dieselfde eff wat wittes so haat. So wat nou? Haal jy nog steeds jou hoed af vir die rassisties Multichoice? Multichoice doen niks vir Afrikaans nie. Hulle wys nie eers n Afrikaanse reeks of film op Mnet nie.

Anti-Multichoice ·

En terloops Multichoice se anti-afrikaans spreek boekdele met n advertensies van die volkslied waar die stem se verse in Afrikaans en Engels uitgedoof word. Dan is daar n video van n rektor wat gaan sit toe die stem verse in Afrikaans en Engels gesing word. Dit by n grade plegtigheid. En wat nou?

Viva steve ·

Wat my verby is hoe bang die regering en ander organisasies vir n enkele persoon is? Hul voel vreeslik bedreig deur Steve? Wonder hoekom.?

Johan ·

Ek was my lewe lank – soos baie afrikaanssprekendes n Toyota aanhanger, ek sal nie weer n Toyota koop nie! Nooit weer nie. Jammer Toyota, julle het n groot fout gemaak. Ek hoop regtig van harte my mede afrikaanssprekendes ongeag ras sal dieselfde besluit neem. As my -egte- afrika taal nie vir hulle goed genoeg is nie, is hulle nie vir my goed genoeg nie.

Kobus de jager ·

Julle mis die punt dit gaan nie oor die liedjie nie dit word as uitgangs punt gebruik om na Steve te kap vir wat hy gedoen en sê het.Steve ons staan bankvas agter jou ons sal nie gaan lê nie hulle ken ons sleg moeilik gaan dit wel wees.

David ·

Steve is ‘n held – om vas te staan vir geregtigheid is nie ‘n maklike stryd nie.

Hier is baie van ons wat na jou opsien en agter jou staan

Chris Ws ·

Steve jy is ‘n yster!Om met al die onregverdige kretiek by jou beginsels te hou verg durf gesien in die lig van die huidige swak ekonomie waarin ons land en ons mense verkeer.Ek salueer jou!Ek wens meer blanke Afrikaners het jou tipe ruggraat gehad.

Estelle ·

Al is die Afrikaner en Afrikaans so n groot probleem vir party mense,is Afrikaans vir hulle goed genoeg om op hul stemborde te gebruik. Het n kruisie nie n taal nie.

Adéle ·

Steve, staan agter jou. Jy staan regverdig vir die Afrikaner en afrikaanse mense. Luister kliphard ns jou liedjies.

Mark ·

Regstelling. Steve staan nie vir Afrikaanse mense nie. Die meerdeheid Afrikaanse mense is Bruin en hy staam beslis nie vir ons nie.

rollie ·

Ek kan jou verseker dat meerderheid wit Afrikaners OOK nie saamstem met van sy belaglike uitsprake nie. Hy stel ons baie keer in die verleentheid.

George in Bloem ·

Ek en jy het vryheid van spraak,kamstig vervat in die grondwet…..o ja,en so terloops so ook het Steve. Probleem in SA is egter dat die vryheid jou net toekom as jou sienswyse inval by die meerderheid s’n en /of nie die meerderheid aanstoot gee nie,nie hulle eenogige,wraaksugtige,rassistiese onderduimsheid en dubbele standaarde uitwys nie. Dis maar net nog ‘n bewys van vele dat hierdie land se grondwet,waaroor almal so gaande is, nie papier werd is waarop hy geskryf is nie.

Mark ·

Om te se swartmense het apartheid oor hulself gebring, is soos om te se boere het plaasmoorde oor hulself gebring. Watter regdenkende mens maak sulke aanmerkings, natuurlik moet albei sulke uitsprake as verdeling gesien word. Veral in ‘n land waar velkleur so belangrik is vir sommiges onder ons.

rollie ·

Meeste wit Afrikaners distansieer hulle van daai tipe twak wat deur Hofmeyr kwytgeraak word.

Anti-Mark ·

Kom n bietjie by toe en al julle wat so anti-steve is. Die eff het nou net weer met geweld gedreig oor naamsverandering kaapstad. Dis dieselfde eff vir wie Multichoice 1 Februarie n gala geleentheid geborg het…..nou wat nou?

Mark ·

Vir Steve om te se Swartmense het apartheid oor hulself gebring is soos vir ‘n Swartman om te se witmense het plaasmoorde oor self gebring. Geen regdekkende mens maak sulke uitsprake in die land en bring nie verdeling nie.

mills ·

Klomp huigelaars word nou oral ontbloot…mag hul almal ten gronde gaan.

Amanda ·

Elke dag word 56 mense in SA vermoor. Deur wie? Spreek jy uit daarteen is jy ‘n rassis en als wat sleg is. Moedig mense van ‘n podium af aan om ‘n groep mense dood te maak, kry dit die” stamp of approval” van die MRK. Die geldmagte skaar hulle agter laasgenoemde . Ons lewe in die laaste dae.

hercu ·

uitstekende & mooi lied!

ek salueer jou Steve en elke kunstenaar wat sy/haar stem laat hoor!

trots op julle

Irma ·

Ironies:- toe ons instap speel De la Rey.
Daar was “n onderonsie met Steve se seun (ons kon nie hoor waaroor nie), maar hy is uitgeneem.

Driekie ·

Is SA nie veronderstel om n demokratiese land te wees nie?? Waarom mag sekere groepe mense se en sing en uitskree wat hulle wil en ander word veroordeel wanneer hulle hul mond oopmaak??
Steve…jy het almal aan die praat…’Afrikaans IS groot’!!!

Driekie ·

Steve.. Kom ons stig ons eie ‘Afrikaans Eksklusief met Steve en kie’ en kry kleiner Afrikaanse sakelui borge!! En ons slagspreuk moet wees ‘God is groot!!!’
Kom ons begin deur ons eie Afrikaanse borge te soek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.