Steve se ‘Blou Bul nie op Loftus verban’

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

Die Blou Bulle-maatskappy het Donderdag beklemtoon mediaberigte wat sinspeel Steve Hofmeyr se gewilde “Die Blou Bul”-liedjie is op Loftus Versfeld verban, is geensins waar nie.

Talle Blou Bul-rugbyondersteuners het woedend gereageer op nuus dat “Die Blou Bul” nie meer gespeel sal word wanneer die span op Loftus Versfeld in Pretoria uitdraf nie. Verskeie ondersteuners meen dié liedjie is al ʼn instelling op Loftus en kan nie mee weggedoen word nie.

“As my taal nie meer goed genoeg is nie, so ook nie meer my geld nie,” skryf Hennie van Rensburg op die Bulle se amptelike Facebook-blad. “Boikot Loftus. Eers was dit die Daisy, nou die Blou Bul song, wat is volgende [sic],” skryf Rudel du Preez.

Shanil Mangaroo, woordvoerder van die Blou Bulle-rugbyunie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die unie het erg negatiewe reaksie oor dié besluit ontvang, maar hy meen die reaksie is op onjuiste beriggewing gegrond.

“Baie mediakanale het berig die liedjie is verban en sal nooit weer gespeel word nie en dit is geensins waar nie. Die liedjie sal beslis nog in die toekoms gespeel word,” het Mangaroo gesê.

Hy verduidelik dat die unie bloot besluit het om nie slegs dié liedjie te speel tydens wedstryde nie, maar om ook te kyk na ander liedjies wat ondersteuners op hul voete en aan die saamsing kry. Een so ʼn liedjie is Queen se “We will rock you” wat by die laaste wedstryd gespeel is. Mangaroo sê die skare het baie goed daarop gereageer en mense het hande geklap en saamgesing.

“‘Die Blou Bul’ is twee keer in die wedstryd teen die Leeus gespeel en drie keer in die wedstryd teen die Pumas. Ek dink wat mense dalk warm om die kraag het, is dat [‘Die Blou Bul’] nie by die laaste wedstryd gespeel is toe die span uitgehardloop het nie. Maar dit beteken nie dat die liedjie in die toekoms glad nie meer gespeel sal word nie.”

Mangaroo beklemtoon daar is geen politieke redes vir dié besluit of dat Hofmeyr se politieke sienings en uitsprake iets met die besluit te doen gehad het nie. “Ek dink dit is redelik voor die hand liggend: indien hierdie besluit polities gemotiveerd was, sou die liedjie glad nie meer gespeel word nie. En dit is nie die geval nie,” sê hy.

Hofmeyr het egter Donderdag uitgevaar teen die rugbyunie se besluit in ʼn inskrywing op sy amptelike Facebook-blad en aangevoer dat die besluit wel met politiek verband hou. “Die Blou Bulle-unie het gevra vir ʼn lied in 1997. Die kaptein, Ruben Kruger, moes dit eers goedkeur. Hy het gedink dit sal werk. Die volgende jaar het ek en Joost uit die Curriebeker gedrink toe die Bulle dit vir die 18de keer wen.

“Dit was meer as ʼn lied. Dit was ʼn simbool van lojaliteit. Dis gesing as ons wen en gesing as ons verloor. Dis gesing vir wit spelers en swart spelers. Mense het daarop gelag, gehuil, gedans en selfs getrou. Die liriek was deel van die volksmond,” het hy geskryf.

“In 2018 het die unie, teen toeskouers en teen die gees van rugby, gekies vir politiek. Ons is nie blind vir die tekens nie. Dis ʼn swaar dag vir my. Dalk kies ek ʼn ander span, maar ek vermoed my passie vir rugby is vir altyd daarmee heen,” sê die sanger.

“‘Die Blou Bul’ (1997-2018). Rus in vrede, ou vriend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Joe ·

Ek ook ‘n stoere Bloubul, maar ek dink nie ons moet op hol gaan hieroor, tensy die lied verban is, wat nie so klink. Daar is plek vir ander songs asook die Bloubul kied.

NIE BLOU BULL ONDERSTEUNER ·

Ek is moeg dat alles en almal voor politiek die knie moet buig. Daar is geen polities verwysende woorde in die lied nie. Ek moet dan maar dink dat dit teen Afrikaans of Steve gemik is. Ek is seker dat hulle nie onmiddelik met die speel van die lied sal staak nie maar dat dit minder en minder per wedstryd gespeel sal word totdat dit total gestop is. Julle weet die padda in die kookwater idee.

Avra ·

So erg?. Dankie dat ek nie belangstel in rugby….. Baie beter dinge om te doen.

Dr Deon Lombard ·

Kom ons aanvaar rugby verlore Moes nooit kwotas ingestel het nie Daar is en was uitstekende swart spelers wat hul plek outomaties sou kry Kwotas hulle net negatief ge etikeerd Rugby vrot van bo af glad nie kleur nie Glo my as ek se Patrice Motsepe gaan 1/2 van Loftus uitkoop om finansiele redes Daar word sokker en rugby gespeel Seisoenkaartjies gaan nou sokker en rugby insluit Rugby SA en Bulle het geen ander keuse nie Miskien maar beter so

Se wie ·

Het al 5 jaar geleee ophou geld en tyd mors aan rugby. Juis agv politieke inmenging. Beste besluit van my lewe.

Oudste ·

Ek is nie ‘n BB ondersteuner nie, maar elke rugby unie behou hom seker die reg voor om te maak soos die unie direksie besluit, smaak my soos hier verwoord. Nou, wat van die toeskouers, wat die wedstryd, seisoen en losie kaartjies koop? Se die BB Unie vir hulle, jammer ons skop julle in die tande, maar as gevolg van julle lojaliteit verwag ons nog steeds julle moet glimlag, kaartjies koop, kom kuier (van ander unies af ook) Hoe arrogant om ‘n plaasvervanger vir die Blou Bul lied te kies, in Ingels en dan volgens die berig, tussen die lyne, te impliseer dat die toeskouers oorreageer. Mangarroo se kommentaar is presies dit dat hulle verwater die frekwensie van die uitsaai van die liedjie, totdat die lied in die vergetelheid verdwyn. Skande!

corne ·

En da val nog n blou bul ondersteuner ek sal voortaan my kar se oli met my blou bul trei af vee.Rus in vrede SA rugby is verby.

Henri ·

Óf die BBRU vertel ons nie van iets waarvan Steve weet nie óf soos baie kere luister mense na die helfte van die storie, ruk hulle dun nerwe en sensitiewe egos uit hulle potjies en maak ‘n reuse lawaai oor niks. Daar is NIKS in die Bloubul Lied wat polities gesien kan word, behalwe as jy ‘n baie sensitiewe provinsialis is nie. Daar is dus geen logiese rede hoekom die BBRU die lied sal “verban” nie. Maar omdat ons volk half hoor en nie noodwendig luister nie, sal allerhande dreigemente en dom beloftes oor boikotte, toi-toi parades gemaak word en speelgoed uit die Fortuner se vensters gegooi word.
Dis dieselfde ouens wat lees hulle het die Britse Lotto gewen en dan geld aanstuur om die miljoene te kan opeis… Of miskien nie so erg nie, maar baie naby aan goed vir soetkoek opeet.
Die Engelse sê: “knowledge is power”. Kom ons doen eers ons huiswerk voordat ons die Bulle boikot.
Ek is ‘n stoere Bulle ondersteuner en hoor my. Die Bulle het al die ondersteuning nodig wat hulle kan kry en meer…
Steve. Ons Bulle-mense is mal oor die Bloubul Lied. Ons sal hom bly sing, veral as ons wen, maar selfs al is die sogenaamde politiekery teen jou persoonlik gemik, verwag ons ‘n meer volwasse reaksie. Geen mens kan verwag om opsetlik reaksie uit te lok en geen reaksie te ontvang nie. Staan jou man. Op die regte manier. Opstokery moet jy los vir Malema en Zuma.

pinkie ·

Maak oop jou oge Henri. Dit is teen Steve gemik. Hy is ‘n groot aktivis vir Afrikaans en die Afrikaner. Hy word verban om in sekere venues op te tree en sy konserte word gekanselleer.

Cheryl ·

Waar daar ‘n rokie is,is daar ‘n vuurtjie- hulle probeer nou vure doodslaan -kom ons kyk wat gebeur

Mark ·

Ek dink dit was net n steek proef vir toekomstige sensor dinge vir AFRIKAANS. WATCH DIT IN TOEKOMS!

Ria ·

Die rede hoekom dit nie meer gespeel mag word nie!…Die bulle is nie meer so goed nie…Ria.

wolla ·

Die Bulle is so vrot dis tyd dat die woorde van die lied verander word. Die flou bul ken nie meer van wen af nie….. Ek skree nou WP, ek was ‘n bul, ens.

Boy van die Suburbs ·

Stem 100% saam met jou Steve! Die Blou Bul Unie kan Loftus nou maar in ‘n sokkerstadion verander. Loftus sien my nooit weer nie!!

Ek glo jou nie ·

Geagte woordvoerder van die BB. Leer asseblief nou hieruit om jou woorde so te kies en te gebruik dat almal van die begin af verstaan wat jy sê. Die alewige verduideliking wat nou eintlik bedoel is, is gewoonlik niks meer as ‘n terugkabbelry, omdat die vuur te warm geword het nie. Ek glo jou lang verduideliking in elk geval nie!

pw ·

Wonder hoekom is die paviljoene so leeg ? Of nee ek wonder nie, ons weet presies. Sterkte maar rugby sal nooit weer dieselfde wees nie

Jaco ·

Ja wat kan ons sê eers ons mooi landsvlag en so het als stelselmatig in die toilet afgespoel, nou moet ons maar net aanvaar hul vervang n bekende lied wat deur almal nie net hul ondersteuners gesing word nie, maar deur swart en wit wat al ooit op Fort Loftus was. Wel hulle kan maar die Bul unie ook sluit en vir Pirates vra om Loftus hul tuiste te maak.

Wesley ·

As die Bloubul liedjie van Steve gesien word as n Afrikaner “kreed” wat moet beskerm word ten alle koste, dan is ek nogal bekommerd oor die rigting van ons Afrikaners. Dit net n pop liedjie wat net vir Bloubul ondersteuners bedoel is. Niks te doene met die neerdrukking van Afrikaanse kultuur of die smoring van ons taal nie. As hul nou Liefling, Lisa se Klavier of enige ander groot Afrikaner populere musiek wat ons ALMAL betrek afskik, dan sal ek begin omgee. Steve soek net weer aandag. Maak n liedjie wat ons almal vir kan omgee en ondersteun wat die waardige natuur van die Afrikaner uitbeeld asb Steve!

Phillie ·

Kom ek stel voor dat jy op jou volgende besoek aan Loftus die liedjie gee my my masjien geweer sing sal jy meer aanhang vind

Cheryl ·

Wesley ek is nie ‘n Blou Bul ondersteuner nie maar Steve se Blou Bul liedtjie en Liefling is so deel van Loftus, hierdie gaan oor Rugby, die lekker atmosfeer as die lied gespeel word netso toe Leon “Hier kom die Bokke” in 1995 gemaak het, Stry dit was ‘n Wenner en het dae voor die wedstryd gespeel en almal was so positief-dis waaroor dit gaan om bietjie lewe in ons siek rugby te bring – bietjie positiwiteit in vandag se rugby lewe kan niemand skade doen nie

Player 23 ·

Koebaai Loftus! Hallooo Mamelodi Sundowns Soccer Stadion!

Blou Bul ·

Speel die lied Buite die stadion asb!!!
Moenie gaan le of tou opgooi nie!!

Ruiklont ·

Die BB bestuur miet maar aanvaar dat hul stadium nog minder en minder mense sal opdaag. Vat hul waar dit seer maak, die sak

AJ ·

Wie sit hier agter?

Identifiseer die Afrikaner hater wat die lied wil uitfaseer.

Konfronteer hom / haar!

Dank hom / haar af!

Maak ‘n voorbeeld van hom / haar.

RM ·

Nog teruer op die hart van die Afrikaner. Nee wat, ek dink dit is tyd om uit hierdie verhouding te loop. Ek kan nie deel met die wat my haat nie.

RM ·

Cultural Abuse 101

No good reason to do this. Beating up on us for fun.

RM ·

Jou grond
Jou geld
Jou veiligheid
Jou rugby
Jou geweer
Jou vrou en kinders
Jou diere
Jou slaap

Wat bly oor???

Renier Lubbe ·

As die besluit nie polities was nie hoekom is dit dan geneem?

Ander liede moet ook ‘n kans kry is twak, hoekom nou skielik. BB bestuur moet eerder sê wie het gekla.

Johannes ·

Toe ek nog in rugby belangestel het, was ek ook ‘n Blou Bul. Aan die anderkant, die Blou Bul lied is Godslasterlik! “Blerrie” is ‘n vervroming van “Bloody” wat verwys na the “bloody Christ”. Dis hoekom dit so pateties sleg gaan met ons Afrikaners! Ons as volk het ons rug op ons Verlosser gekeer en rugby begin aanbid…

Boerseun ·

Gaan als tot niet gaan binnekort. Sal op die vlak van Zim sport wees.

waarheid ·

Hou ‘n slag op om die Blou Bulle sleg te se – en staan ‘n slag saam oor die groter prentjie.

Destyds was julle almal so teen Naas Botha toe hy vir Noord Transvaal gespeel het en nou hang julle aan sy lippe en het opgekom vir hom met die Willemse- Debakel. – Naas was ‘n Blou Bul.
Moenie so kleinlik wees nie – dit gaan hier oor die onnodige vertrapping van ons Taal.
Maak julle oe en ore oop. Moenie net slegse omdat julle daaraan gewoond is nie.
Staan saam en veg terug – as is julle nie Blou Bulle nie.
Ek sou dit vir enige span gedoen het vir my taal en kultuur se vooruitgang.

BB ·

en so, sal ek nou my 14 seisoen kaartjies kanseleer, die bloubul unie verkoop ons ook nou al aan die staat. Cheers.

Sing ·

Ek hoop die liedjie word buite die stadion gespeel en gesing saam met DIE STEM!!!!!!
En ek hoop duisende sal dit saam sing!
Hoe lekker sal dit wees!!

m.d.r ·

Naruurlik is dit weer so ‘n lekker ou dwarsklap teen Afrikaans. Eers het die Daisy gewaai–want een of ander Boerehater het sy sin gekry. Nou gaan die Bloubul lied ook stelselmatig uitgefaseer en vernietig word, net soos die straatname in Pretoria verander moes word, Lankal gehoor Loftus se naam gaan ook verander…..
Alles wat aan Afrikaners kan herinner gaan verwyder word—dit was so besluit in Lusaka, het ek ook by ‘n bron in die ANC verneem..
O ja, moenie vergeet Nuweland is ook in sy maai nie–die Bakermat van SA rugby…..!
Hulle gaan ook na die toilet sitplek stadion toe trek……Dis hoe die Kapenaars dit beskryf….
En intussen juig die mense die Politieke Uitnodigingspanne toe–die politici bepaal die hoeveelheid kleur, en ou Rassie vul maar net die name in….!
Toe die Daisy waai, toe waai ek ook……!

Theresa ·

Vasbyt Steve! Jy het mannemoed en het nog nooit teruggestaan om vir die Afrikaner ‘n goeie woord in te sit waar ander nie kan kom nie. Jy sing wonderlik mooi en is ‘n sterk mens. Dus moet jy aanvaar swakkeres sal jou probeer ondermyn in ‘n tyd wat ons in die visier is. Staan vas! Sing jou lied vir die Bloubulle en ook al jou ander! Wat ‘n voorreg om so ‘n puik kunstenaar in ons midde te hê. En dan het jy nog ‘n goeie skoot intellek ook!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.