Steve sê oor ‘Die Stem’

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Die sanger Steve Hofmeyr sê Die Stem is die “mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.”

Hofmeyr het ‘n inskrywing op sy Facebook-blad gemaak nadat hy die naweek Die Stem gesing het tydens die Innibosfees in Nelspruit.

Hofmeyr sê hy het ‘n paar FAK-liedjies soos Suikerbos, die Oukraallied, Al lê die berge nog so blou en Jan Pierrewiet gesing voor hy met die eerste vers van Die Stem losgetrek het.

“Sonder aansporing het 45000 op aandag gaan staan en saam gesing, so hard dat die hoendervleis nou nog op my uitslaan. Ek kry altyd ‘n knop in my keel by ‘ons sal lewe, ons sal sterwe…’. Jy sal in die opname hoor hoe ek in daardie reëls my asem vang.”

Hofmeyr sê hy het gebars van trots. “Ek sal dit meer sing en ek vra dat die banvloek op ons heiligste tradisionele lied gelig word en dat almal vry mag wees om te sing wat hulle wil, waar hulle wil, solank dit nie haatspraak is of geweld verkondig nie.”

Hofmeyr sê hy is nie verbaas oor die enkele negatiewe reaksies wat die sing van Die Stem uitgelok het nie.

“Mense wat aanstoot neem vergeet dat Die Stem, soos ons praat, nog deel is van die offisiële volkslied. Hierdie mense neem klaarblyklik nie aanstoot in die dinge wat gebeur onder die nuwe vlag en volkslied nie, alles vanaf wanprestasie tot moord, verkragting, Gupta, Nkandla, gronddiefstal, aggressiewe Marxisme, ekonomiese rassebeleid en lae lewensverwagting. Daar is eintlik meer as genoeg rede om aanstoot te neem in die nuwe volkslied en vlag, tog doen ons nie.”

Hofmeyr sê diegene wat die sing van Die Stem kritiseer is “tjoepstil oor die president se haatspraak liedere soos Kill the boer en Umshini Wami, terwyl Die Stem nie een haatsprekende lettergreep bevat nie”. Hy sê Nkosi Sikelel’ iAfrika is ‘n Afrikagebed, wat gewild is oor die hele kontinent. “‘n Mooi gebed, maar nie ons s’n nie.”

“Die Stem is ook ʼn gebed, geskryf deur ʼn Suid Afrikaner vir Suid Afrikaners, twee dekades voor Apartheid. Bygesê, ter versagting, ek kan Nkosi sing en die nuwe vlag salueer, veral as ons as Suid Afrikaners presteer, en ek doen steeds, maar moenie my voorskryf oor presies waaroor en wanneer ek trots moet voel nie.”

Hofmeyr het ook geskryf dat mense Die Stem moet sing vir die volgende redes:

• Want daar is nie EEN haatsprekende lettergreep in DIE STEM nie.
• Want KILL THE BOER en UMSHINI WAMI kan gelukkig nooit daarmee vergelyk word nie.
• Dis geskryf deur ‘n Suid Afrikaner VIR Suid Afrika.
• Dis geskryf deur ‘n Suid Afrikaner VIR Suid Afrika twee dekades vóór Apartheid.
• Dis die mooiste lied ooit oor Suid Afrika.
• Nuwe simbole sal ons eendag herinner aan diefstal, grondgryp, moord, verkragting, wanopvoeding, korrupsie & die swakste president in mense heugenis.
• Want jy kan en mag.
• Dit is steeds deel van die nuwe offisiële volkslied.
• Dis lied nr. 1 in die FAK, die kanon van Afrikaanse tradisionele liedjies.
• Dis die mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.
• Want hoendervleis is skaars.
• Want “ons sal lewe, ons sal sterwe” bring ‘n traan in die oog en ‘n knop in die keel.
• Want niemand forseer jou nie.
• Want Neelsie (Langenhoven) was ‘n genius.
• As jy vergeet het hoe dit voel om deel te wees van iets groots, magtig en heilig.
• Want hulle doen dit in Kanada, VSA, NZ, Australië, Dubai en Londen.
• Want dit grief die vyand, die jingo’s, die fassiste, die Kommies, die voorskrywers, die lefties en die Croucamps.
• Want as die laaste Afrikaanse universiteit en skool verdwyn, sal dit nog daar wees.
• Want dis wettig.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibosfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Trippie ·

“Die Stem is die mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.”

Dit is so mooi gestel, hier raak ek sommer weer emosioneel, hoendervleis en selfs my hare rys.

Mahida Pretorius ·

Die Stem is ‘n pragtige lied. Ek verstaan glad nie waaroor sommige mense ‘n boehaai opskop omdat die lied per geleentheid deur ‘n groep mense gesing word nie. Dit is eerder ‘n opbouende lied en nie een wat geweld aanhits soos dié een wat ons ‘eerbare president’ so graag sing nie. Die Stem word nie meer as amptelike Volkslied erken nie, waarom mag mense dit dan nie sing omdat dit so mooi is en so lekker sing nie?

Trots SAner ·

You go Steve. Ek hou nie van jou musiek nie (was eens ‘n aanhanger, maar ….) Hoekom mag jy/ons nie Die Stem sing nie? Dit is nie verbied nie, is dit? Ek vereenselwig glad nie met “Kosie-soek-‘n lêplek-in-Afrika” (nKosi siki’lel Afrika) nie. As die ou verflenterde stukkie van “Die Stem” wat nou kwansuis deel is van die volkslied van SA opkom, sing ek uit volle bors en met ‘n traan in die oog saam. Ek is gebore onder Die Stem, en Die Stem sal mý volkslied bly, nes “Oranje, Blanje Blou” my landsvlag is. Let wel: ek respekteer die vlag van die nuwe Suid Afrika en ken “Kosie-soek-‘n-lêplek-in-Afrika” woord vir woord. Dit is egter nié mý landsvlag en landslied nie!

Elizabeth ·

Sing dit as jul wil, hoekom nie? Dis belaglik dat dit enigiets aanhits of negatiwiteit tot gevolg het, mense soek altyd redes vir sulke stellings. Nkosi Sikile’ iAfrika is buitendien een of ander land se volkslied OOK – as ek dit reg het – Botswana, maar sal my feit moet “check”, so dis g’n uniek vir Suid Afrika nie. Dis wel ‘n mooi gebed om te vra dat God Afrika seën, maar beslis nie uniek Suid Afrikaans nie! Vir my beskryf Die Stem ons land SO mooi : ..oor ons ewige gebergtes waar die kanse antwoord gee laat mens dink aan die Drakensberg of enige ander bergreekse in ons land; ver verlate vlaktes laat mens onmiddellik aan die oopte van die Vrystaat of Karoo dink; die blou van onse hemel – die pragtige Hoëveldse blou lug; dieptes van ons see – natuurlik sien ons die Kaap … so kan mens aangaan. Dis tog nou regtig ‘n grootse lied!

Anton Visser ·

Steve ek stem ek weier ook om dit nie te sing nie! Ek sal nes jy en weet dat ons agter jou staan! Sterkte en laat die pink pers maar galbraak!

Delene Tammadge ·

As hulle wil weg doen met ons Volkslied …… moet hulle wegdoen met alle Suid Afrikaanse boeke soos .LANGENHOVEN. EN DIE RES …

HOE PATETIES…. GN WONDER HULLE VERMOOR ONS BOERE UIT NIE … WANT ONS AS OUMENSE HERINNER HULLE AAN DIE K@@@@@@@@ WAT HULLE AANGEJAAG HET IN ONS DAE ….

JAMMER MAAR MY OPINIE

Jas van As ·

Dink ‘n bietjie mooi. Vir baie jare het die volk. “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Said Afrika” gesing. Toe kom 1994 en ons versaak daai woorde. Vandag is die “sterwe” gedeelte van die frase ‘n werklikheid deur die onverskillige gesing daarvan. Vir Steve en almal wat so hartlik saamsing: Onthou, dit is nie net ‘n onverskillige lied nie. Met daai woorde maak ons ‘n gelofte, en ons VADER waarsku in Sy woord dat ons ons geloftes moet betaal, anders sal Hy dit van ons eis. Is dit nie wat tans in die land gebeur nie?

Trippie ·

Goeie more Jas – ek verstaan 100% wat jy sê. Sou dit verkeerd wees as ek sê, ek sal sterf vir my BOEREVOLK ? Soos ek jou “lees”, is jy openhartig, reguit, eerlik, en op die man af, dus sal ek jou mening ook waardeer.

Groete

Jas van As ·

Goeiemôre Trippie. Dankie vir die vriendelike woorde.
My mening: Solank jy bereid is om daai gelofte te betaal, kan jy dit seker sê. Die gevaar van soiets is dat dit in onverskilligheid gesê word, en wanneer dit kom by die uitvoering daarvan, dat dit nie meer so maklik lyk as wat dit was toe dit beloof is nie.
Groetnis.

Charles Phillips ·

Ek glo en vertrou dat die vertoning opgeneem is. Kan julle nie groot asseblief “Die Stem” op youtube oplaai nie, verkieslik ook in HD. Ek sal dit so graag wil kyk en luister – oor en oor…!!

Die Stem is ‘n besonderse lied oor ‘n besoderse land en nasie. Sing hom op elke geleentheid, sing hom gereeld.

Frikkie ·

Ek stem saam dit is deel van my kultuur as Afrikaner hoekom moet ek skaam wees vir my kultuur

lionel sieberhagern ·

Ek stem saam met Steve, die Stem is ‘n mooi lied. As hy Sarie Marais gesing het sou die mense ook saam gesing het. Steve doen dit weer en sit dit op CD en ons sal dit koop. Groete. Lionel

AmY ·

Die probleem is dat Die Stem ons Afrikaners laat saamstaan en daarvan wil die vyand niks weet nie.

Intendeel, dit maak hulle baie benoud. Daar is niks waarvoor hulle so ‘bang is’ as ‘n volk wat saamstaan nie.

Want ‘n VOLK WAT SAAMSTAAM kan baie vermag.

En o ja, die stem is in die FAK-sangbundel, so ek sal nogal daarvan hou om Piet Croucamp en Kie se kommentaar hierop te lees. Ek is seker ek aan lekker lag…

rina jacobs ·

Steve asb registreer jou party. Die hele wereld gaan vir jou stem. Op jou kan mens staat maak. Dankie vir jou om nog om te gee. Viva Steve Hofmeyr Bo

Retha ·

Kom aan Steve, ons vra mooi! Die land het jou nodig…… assseblief?!

Manie Maritz ·

Ja ek is amper n man va sewentig en kom uit die ou era sal altyd trots wees op my taal en ons Stem die ou volkslied. Dis deel van ons lewensgeskiedenis en deel van ons blamke afrikanerskap. Ek is trots op jou Steve vir jou waagmoed om ons ou volkslied te sing, jy van ons voorste sangers is te bang wat die ANC en linkes sal se.Hou aan met jou opregte waardes rondom ons tradisies en afrikanerskap. Ons vir jou Suid Afrika. ( Van n trotse boerseun in murg en been Manie Maritz Ktiel area.)

Trippie ·

Van een Maritz aan ‘n ander Maritz – wat vir ons belangrik is, ons geloof, taal, kultuur.

Groete, Ria Maritz (dit was nou lekker om te lees “trotse boerseun in murg en been”.

tiana ·

Sing die stem. Net waar jy is.Dis vir ons geskryf.Ons is trotse Suid Afrikakaners kom ons wys dit.

marlene ferreira ·

Steve danki vir n ou soos jy. Daar sal nog eendag in geskiedenis boeke na jou verwys word. Die Stem kan niemand aanstoot gee nie. Dit is waarlik n mooi gedig en gebed oor n volk wie se vyand nommer een nog nooit ons landsgenote was nie maar die kleurgenote in Europa. Ek salueer jou

Huldah van Wyk ·

Ons mag mos niks van ons eie meer he` nie? Of mag ons? Ons is trots Afrikaans, trots Suid-Afrikaans…ja, sing voort!!

Job jobson ·

Ek het groot geword met die STEM, maar waardeer ook maar die nuwe generasie liedere van ons eie ZOOMSTER,die jakob pres.

George Blackbeard ·

Die STEM is trots Suid Afrikaans ! Vir elke Suid Afrikaner ! Wit /Swart / Bruin en Geel. !
Die gene wat politiek en rassisme daaraan wil koppel wys hoe verkramp hulle wereldtjie is !
Dit wys hoe pateties hulle denke eindlik is en dat die eens Magtige trots wat Suid Afrika gehad het (Elke Suid Afrikaner) gehad het ! Veruil is Slapgatgeid / Poletiek en om tog ni di Gravy Train te mis nie !

Ek sal in volle Bors elke keer di STEM sing

Viva DIE STEM.

Almerie Jansen van Vuuren ·

Stem ons is trotse Suid Afrikaners laat ons toe om ons Volkslied te sing wanneer en waar ons wil! Ons is mos ‘n vrye land!

C. J. Vermeulen. ·

Ek sal want eks n trotse Suid Afrikaner en niemand mag se ek mag nie. Wys my hoe stop jy my.

Jacques de Klerk ·

Go Steve ek sing saam en kry ook my traan in trots en hoendervleis van besef dat ons volk eens magtig was en nie slap siellig soos nou

Sune van Heerden ·

Dagsê Anne

Die afgelope vyf artikels waar jy kommentaar gelewer het, is:
-Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibosfees
-Liedjie oor Reeva se “laaste woorde”
-Herrie oor Feed a Child-advertensie
-ANC-LP wil volkslied daagliks op SAUK hoor
-Die koue is op pad

Is daar moontlik ander kommentaar waarna jy verwys wat nie gepubliseer is nie?

Groetnis
Suné
Maroela Media

Johann Strydom ·

Hi Steve. Dankie dat jy as n publieke figuur as n ware Suid Afrikaner vir jou Ras intree.Jy is in murg en been n boer wat omgee vir jou medemens.Mag God jou seen in als wat jy sal aanpak.

Hester de Klerk ·

Dankie Maroela en dankie Steve

Hierdie lied is in ons murg en been!!! Niemand sal dit uit ons kry nie, ons is trotse Suid-Afrikaners wat met trots oor ons land sing!!! Bou so voort.

Hennie ·

Fantasties !! Ek kry sommer hoendervleis net om die artikel te lees

Carel Holtzhausen ·

Steve, dankie. Mag ons nooit vergeet waar ons vandaan kom nie.Ons as Afrikaners het n plig om die land lewensbaar te maak vir die wat nog kom.Dit kan weer vir ons rigting begin gee want dit bestaan nie meer nie.Sterkte en mag ons weer kan saamstaan. Nie vir oorlog nie maar vir n regverdige voortbestaan in ons eie land.

AmY ·

Sal een van julle Maroela Media joernaliste asseblief vir Daantjie ‘Dinamiet’ Badenhorst sê dat hy nie my kommentaar moet verwyder as ek hom reghelp en dan agterna die fout regstel nie. Dis nou by die Musiekafdeling.

Dis nogal ongeskik hoor. ‘n Eenvoudige dankie sal werk.

Sune van Heerden ·

Dagsê Amy

Dankie vir jou kommentaar. Ek sal navraag doen by Daantjie om te hoor wat gebeur het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hans Venter ·

Ons stem volmondig saam met Steve. Die Stem is ons trots en ons is tot die dood toe trots daarop. Mense moet dit uit volle bors sing, orals waar die geleendheid hom voordoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.