Steve sê oor ‘Die Stem’

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Die sanger Steve Hofmeyr sê Die Stem is die “mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.”

Hofmeyr het ‘n inskrywing op sy Facebook-blad gemaak nadat hy die naweek Die Stem gesing het tydens die Innibosfees in Nelspruit.

Hofmeyr sê hy het ‘n paar FAK-liedjies soos Suikerbos, die Oukraallied, Al lê die berge nog so blou en Jan Pierrewiet gesing voor hy met die eerste vers van Die Stem losgetrek het.

“Sonder aansporing het 45000 op aandag gaan staan en saam gesing, so hard dat die hoendervleis nou nog op my uitslaan. Ek kry altyd ‘n knop in my keel by ‘ons sal lewe, ons sal sterwe…’. Jy sal in die opname hoor hoe ek in daardie reëls my asem vang.”

Hofmeyr sê hy het gebars van trots. “Ek sal dit meer sing en ek vra dat die banvloek op ons heiligste tradisionele lied gelig word en dat almal vry mag wees om te sing wat hulle wil, waar hulle wil, solank dit nie haatspraak is of geweld verkondig nie.”

Hofmeyr sê hy is nie verbaas oor die enkele negatiewe reaksies wat die sing van Die Stem uitgelok het nie.

“Mense wat aanstoot neem vergeet dat Die Stem, soos ons praat, nog deel is van die offisiële volkslied. Hierdie mense neem klaarblyklik nie aanstoot in die dinge wat gebeur onder die nuwe vlag en volkslied nie, alles vanaf wanprestasie tot moord, verkragting, Gupta, Nkandla, gronddiefstal, aggressiewe Marxisme, ekonomiese rassebeleid en lae lewensverwagting. Daar is eintlik meer as genoeg rede om aanstoot te neem in die nuwe volkslied en vlag, tog doen ons nie.”

Hofmeyr sê diegene wat die sing van Die Stem kritiseer is “tjoepstil oor die president se haatspraak liedere soos Kill the boer en Umshini Wami, terwyl Die Stem nie een haatsprekende lettergreep bevat nie”. Hy sê Nkosi Sikelel’ iAfrika is ‘n Afrikagebed, wat gewild is oor die hele kontinent. “‘n Mooi gebed, maar nie ons s’n nie.”

“Die Stem is ook ʼn gebed, geskryf deur ʼn Suid Afrikaner vir Suid Afrikaners, twee dekades voor Apartheid. Bygesê, ter versagting, ek kan Nkosi sing en die nuwe vlag salueer, veral as ons as Suid Afrikaners presteer, en ek doen steeds, maar moenie my voorskryf oor presies waaroor en wanneer ek trots moet voel nie.”

Hofmeyr het ook geskryf dat mense Die Stem moet sing vir die volgende redes:

• Want daar is nie EEN haatsprekende lettergreep in DIE STEM nie.
• Want KILL THE BOER en UMSHINI WAMI kan gelukkig nooit daarmee vergelyk word nie.
• Dis geskryf deur ‘n Suid Afrikaner VIR Suid Afrika.
• Dis geskryf deur ‘n Suid Afrikaner VIR Suid Afrika twee dekades vóór Apartheid.
• Dis die mooiste lied ooit oor Suid Afrika.
• Nuwe simbole sal ons eendag herinner aan diefstal, grondgryp, moord, verkragting, wanopvoeding, korrupsie & die swakste president in mense heugenis.
• Want jy kan en mag.
• Dit is steeds deel van die nuwe offisiële volkslied.
• Dis lied nr. 1 in die FAK, die kanon van Afrikaanse tradisionele liedjies.
• Dis die mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.
• Want hoendervleis is skaars.
• Want “ons sal lewe, ons sal sterwe” bring ‘n traan in die oog en ‘n knop in die keel.
• Want niemand forseer jou nie.
• Want Neelsie (Langenhoven) was ‘n genius.
• As jy vergeet het hoe dit voel om deel te wees van iets groots, magtig en heilig.
• Want hulle doen dit in Kanada, VSA, NZ, Australië, Dubai en Londen.
• Want dit grief die vyand, die jingo’s, die fassiste, die Kommies, die voorskrywers, die lefties en die Croucamps.
• Want as die laaste Afrikaanse universiteit en skool verdwyn, sal dit nog daar wees.
• Want dis wettig.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibosfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

47 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

“Die Stem is die mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.”

Dit is so mooi gestel, hier raak ek sommer weer emosioneel, hoendervleis en selfs my hare rys.

Elizabeth

Sing dit as jul wil, hoekom nie? Dis belaglik dat dit enigiets aanhits of negatiwiteit tot gevolg het, mense soek altyd redes vir sulke stellings. Nkosi Sikile’ iAfrika is buitendien een of ander land se volkslied OOK – as ek dit reg het – Botswana, maar sal my feit moet “check”, so dis g’n uniek vir Suid Afrika nie. Dis wel ‘n mooi gebed om te vra dat God Afrika seën, maar beslis nie uniek Suid Afrikaans nie! Vir my beskryf Die Stem ons land SO mooi : ..oor ons ewige gebergtes waar die kanse antwoord gee laat mens dink… Lees meer »

Anton Visser

Steve ek stem ek weier ook om dit nie te sing nie! Ek sal nes jy en weet dat ons agter jou staan! Sterkte en laat die pink pers maar galbraak!

monika

So bek moet jam kry welldone Steve

Delene Tammadge

As hulle wil weg doen met ons Volkslied …… moet hulle wegdoen met alle Suid Afrikaanse boeke soos .LANGENHOVEN. EN DIE RES …

HOE PATETIES…. GN WONDER HULLE VERMOOR ONS BOERE UIT NIE … WANT ONS AS OUMENSE HERINNER HULLE AAN DIE [email protected]@@@@@@@ WAT HULLE AANGEJAAG HET IN ONS DAE ….

JAMMER MAAR MY OPINIE