Steve se seun in hof oor aanranding

Devon Hofmeyr en sy pa, Steve (Foto: Devon Hofmeyr, Facebook)

Devon Hofmeyr en sy pa, Steve (Foto: Devon Hofmeyr, Facebook)

Die sanger Steve Hofmeyr se seun, Devon Hofmeyr (22), en Nelus Goosen (21) het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die twee mans is Donderdag in hegtenis geneem ná ʼn voorval op die Delmas-pad.

Die twee mans, wat vir Bull Security-reaksieveiligheidsmaatskappy werk, voer aan hulle wou ʼn vermeende dwelmhandelaar aankeer.

“ʼn Verbyganger het die polisie na die toneel ontbied,” het Miller bygevoeg. Hy kon nie bevestig of enige voorwerpe gebruik is om die slagoffer mee aan te rand nie. “Ek kan ook nie bevestig of daar enige dwelmmiddels op die toneel gevind is nie, maar ek kan bevestig dat geen dwelmmiddels by die bewyskantoor ingedien is nie.”

Volgens berigte is die twee mans vrygelaat op borgtog van R1 500 elk en die saak is uitgestel tot Februarie.

ʼn Woordvoerder van Bull Security wou nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie, omdat die ondersoek nog voortduur.

Steve wou ook nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pop ·

Nou vir wat op dees aarde moet Steve nou kommentaar lewer. Hy het mos nou niks uit te waai met die bakeiery nie.

Sanet van Wyk ·

Hoekom moet dit so gestel word. Steve het sy eie lewe en sy seun sy lewe. As dit ons gewone ou was sal hulle die ouer se naam en dan die kind se naam sit nie. Hy werk en is verantwoordelik vir sy dade nie Steve nie. Dit maak my siek.

Vivian ·

Steve sal sy kind ondersteun. Sterkte Devon. Hoop die nagmerrie is gou oor.

Susan ·

Sterkte aan Steve, Devon en die hele Hoffmeyer gesin. Dink aan julle. En die waarheid sal see vier. Mag julle mekaar onderdteun met die genade en liefde van ons Hemelse Vader

Hannalie Jonker ·

Hoekom noem dit is Steve se seun? Die kind lei sekerlik sy eie lewe buite sy pa se skaduwee?

Dwelmhandlaars moet hard val ·

Dankie aan Steve se seun wat help om ons land te probeer red van dwelmhandelaars. Hulle down baie groot skade aan ons kinders en die polisie kan hulle duidelik nie beheeer nie. Baie dankie julle!

MissDemeanor ·

Het jy nie die berig gelees nie. Geen dwelms is ingedien as bewys nie. Dit is net hul ‘cover story’.

Isabel ·

Ek dink hul het net hul werk gedoen. Deesdae word ons vir als gearresteer. Dit kan dalk teen hulle tel oor Steve een se pa is. Sterkte. Ons bid vir julle.?

Piet Pille ·

John, dink jy nie jy loop die saak vooruit nie. Hoe weet jy wat die werklike omstandighede al reeds was. As dit nou nie Steve se seun was, was dit mos nou geensins nuuswaardig. Soos reeds gemeld Steve het niks te doen met die saak.

CAROL ·

AS DAAR DWELMS WAS IS NIE INGEDIEN NIE ……. SAP HET DIT VIR HUL SELF GEHOU.

Steven ·

Dalk kan Devon en Bull security kom draai in Menlopark, want dit is deesdae ‘n nes van dwelms( voor die Poskantoor)

sarie van heerden ·

Verfrissend om te sien hoeveel steun die ” Steve se seuns” berig geniet tenspyte daarvan dat dit 2 volwasse seuns is wie se lewe eintlik nie deur Steve verantwoordelik gehou kan word nie. Dis jammer dat die berig Steve betrek het.

chris.l ·

Carol het jy bewyse dat die sap dit gevat het onthou net
een ding slim vang sy baas hoor

Karools ·

Ek stem saam met julle almal…. dit het niks met Steve te doen nie. Dit is nie regverdig teenoor hom dat sy naam eens hierby ingesleep word nie… Maar…..

Ek het ondervinding van SAP lede met dwelmsake. Die handelaars word altyd beskerm. Miskien – juis omdat Steve hierby betrek is, sal hy goed kan stof opskop indien die handelaars nie ook in die tjoekie beland het nie. SAP lede kyk altyd anderpad en ons kinders het nodig dat die SAP juis moet optree teen hierdie mense. Maar hulle deel eerder in die winste.

Johan ·

Ironies dat net die vroulike geslag vir Steve en sy familie bejammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.