Steve se seun nie meer vervolg

Devon Hofmeyr en sy pa, Steve (Foto: Devon Hofmeyr, Facebook)

ʼn Aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer wat teen die sanger Steve Hofmeyr se seun Devon Hofmeyr (22) en sy kollega Nelus Goosen (21) aanhangig gemaak is, is teruggetrek.

Peet du Plessis, Hofmeyr en Goosen se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê ʼn ooreenkoms is tydens ʼn mediasieproses met die klaer bereik.

Maroela Media het vroeër berig die aanklag is in Januarie vanjaar teen die twee mans aanhangig gemaak nadat Goosen ʼn vermeende dwelmhandelaar wou aankeer. Hofmeyr en Goosen werk vir die Bull Security-reaksieveiligheidsmaatskappy in Pretoria.

Volgens Du Plessis wou Goosen ʼn siviele inhegtenisneming uitvoer nadat hy inligting ontvang het van iemand wat na bewering dagga verkoop. Du Plessis het gesê die klaer het hom teëgesit en Hofmeyr het by die struweling betrokke geraak.

Die man het daarna ʼn saak van aanranding teen Hofmeyr en Goosen aanhangig gemaak en hulle is in hegtenis geneem. Hulle is later op borgtog van R1 500 elk vrygelaat.

“Dit was nooit my kliënte se voorneme om die klaer te beseer nie en indien hy voel hy het seergekry tydens die voorval, vra my kliënte daarvoor om verskoning en het hulle aangebied om hom finansieel te vergoed vir enige pyn en lyding wat hy mag ervaar het,” het Du Plessis gesê.

Hy het gesê daar is uiteindelik ooreengekom dat Hofmeyr en Goosen die klaer R3 000 elk sal betaal en die saak is teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nefie ·

Ja, dis die land waarin ons woon. Die dwelmhandelaar stap vry en die wat hom wou aankeer word gedwing om stert tussen die bene om te draai.
Natuurlik stel ons “nommer een” die voorbeeld hiervoor.

BullBo ·

Kan ek net asb ‘n lansie breek ook vir die sekuriteitsmaatskappy waarvoor die twee jong manne werk. Bull Security is losweg die beste in Pretoria (ek sou sê die land as hulle verder gebaseer was), en hulle manne puik opgelei om volgens die boek en binne die wet op te tree. Baie dankie vir julle optrede om ons, en ons kinders, daadwerklik in Pretoria-Oos te beskerm. Die polisie het nie meer werk hier nie…wens net ons kon julle sommer dubbel betaal!

Alida ·

Bull is die beste. Mnr Hofmeyr is n individu. Hoekom nou noem dat dit Steve se seun is. Ai die media darem. Los sy pa uit die berigte asb.

Jannie ·

Janee kom ons begin ook skelms raak meer beskerming as die sap en sekt saam dalk sal die sap dan ons uit Los soos hul hul uitlos

Scalla ·

Alles draai om geld, Die R6000 gaan sy wonde genees en hom laat vergeet van die insident, belaglik

tamboti ·

Ai Ai CAROL, selfs ek wat arm is, sou die bedrag betaal om my seun uit die hande van ons verwronge (on)regstelsel uit te hou.
Maar baie groete en boereliefde vir jou!

Vienna ·

Ek stem saam tamboti .. ai, CAROL shame on you.
Niks te doen met die feit dat Steve ‘n ‘celebrity’
is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.