Steve se Trump-besoek: ‘Deursigtigheid ʼn knelpunt’

steve hofmeyr1

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het Dinsdag gesê hy het homself amptelik onttrek aan Kommandosorg se geldinsameling om hom Amerika toe te stuur vir ʼn besoek aan die Amerikaanse president, Donald Trump, met die oog daarop om sanksies teen die Suid-Afrikaanse regering in te stel.

Dit volg nadat Kommandosorg, ʼn groep wat gestig is deur John Rudman en “wit mense teen volksmoord wil beskerm”, Hofmeyr vroeër benoem het om dié taak op hom te neem.

Hofmeyr het aan Maroela Media vertel hy het die aanvanklike “verdagmaking van Kommandosorg se Rudman geïgnoreer” omdat hy “enigiemand altyd die voordeel van die twyfel bied”.

Hy meen egter die groep se besluit om ʼn foto van hom in ʼn amptelike veldtog te gebruik en ʼn gebrek aan gespreksfasilitering tussen die groep en die verteenwoordigers, het hom laat herbesin. “Ons [Steve en die bestuur van Kommandosorg] het nog nooit ontmoet nie. Toe deel iemand van Kommandosorg ʼn foto van my op ʼn plakkaat as leier van ʼn nuwe party, waarvan ek niks weet nie. Dit was vir my te veel,” sê hy.

Hofmeyr sê dit is egter steeds belangrik om die gesprek met pres. Trump te hê. “Ek is steeds eens met die beginsels dat die Boere-Afrikaner as slagoffergroep van die huidige regime diplomatieke afvaardigings van hul keuse na wêreldleiers moet stuur. Die regte leiers moet gestuur word en deursigtige prosesse moet gehandhaaf word.”

Hy sê dit is veral die deursigtigheid van die insamelingsprojek wat ʼn knelpunt is. “Ek wil deel wees van ʼn nuwe generasie volksnasionaliste, sonder haat vir ander volke en nasies, maar dan moet ons modus operandi deursigtig en eerlik wees.”

Volgens hom gaan die geldinsameling vir ander verteenwoordigers voort.

“Eintlik is geldinsameling nie die probleem nie. Die diplomatieke red tape is wel problematies. En tweets aan Ivanka [Trump] is nie hoe ons dit gaan doen nie. Dalk is gholf die oplossing!”

Hy verwys na verskeie Twitter-boodskappe wat Rudman aan pres. Trump se vrou, Melania, en dogter, Ivanka, gestuur het.

Hofmeyr sal na verwagting steeds die gesprek bywoon, maar sonder die steun van Kommandosorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

61 Kommentare

jongste oudste gewildste
Afrikaanse Knaap

Dankie vir die inligting.

Johann cb

Ek kan nie met Steve se rede vir sy besoek saamstem nie – sanksies gaan ons arm Suid-Afrikaners net nóg armer maak. One sukkel reeds so, wat will hy daarmee bereik? Hy, en die ander welgesteldes, sal dit nie voel nie…
Dink aan die skade Steve…

John

Die spul wil ons Afrikaners se naam badprop maak. Dis nodig om te besin oor ‘n besoek aan Trump, en wie. Steve is reg wat dit betref. Ons is wereldwyd ‘n problematiese groep, byna soos die Jode. En laasgenoemde het darem nou ‘n land (ok maar net-net). Indien ons Trump in die verleentheid gaan stel is dit koebaai vir ons saak. ‘n Formele besoek nou gaan problematies wees en eerder skade doen. Iets slimmer en baie meer diplomaties moet uitgedink word. Brute aksie en ‘n oordrewe teatrale martelaarshouding gaan nie goed afgaan nie. Daar is slimmer maniere om dit te… Lees meer »

vermeende

Kyk, Steve wil namens die blankes op Trump se skouers gaan huil sonder n werkbare plan. Niemand het simpatie met ons nie so moenie dit gaan soek nie.
Nader eerder die Amerikaansa konselaat te brief wat aan Trump gestuur sal word deur sy diplomaat, geen twis of fonds insameling nie.
Steve is ongelukkig nie die persoon vir hierdie opdrag nie.

gatiep

Ek glo ook nie daaraan om sanksies te probeel inslel nie. Dis vuil taktiek wat net die arm mense nog swaarder sal laat kry.
Ek sou se hy moes hom net gaan sien het vir die uitmoor van ons mense.Niks politieke agenda stories nie.
Iemand wou nou misbruik gemaak het van Steve.