Steve se Trump-besoek: ‘Deursigtigheid ʼn knelpunt’

steve hofmeyr1

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het Dinsdag gesê hy het homself amptelik onttrek aan Kommandosorg se geldinsameling om hom Amerika toe te stuur vir ʼn besoek aan die Amerikaanse president, Donald Trump, met die oog daarop om sanksies teen die Suid-Afrikaanse regering in te stel.

Dit volg nadat Kommandosorg, ʼn groep wat gestig is deur John Rudman en “wit mense teen volksmoord wil beskerm”, Hofmeyr vroeër benoem het om dié taak op hom te neem.

Hofmeyr het aan Maroela Media vertel hy het die aanvanklike “verdagmaking van Kommandosorg se Rudman geïgnoreer” omdat hy “enigiemand altyd die voordeel van die twyfel bied”.

Hy meen egter die groep se besluit om ʼn foto van hom in ʼn amptelike veldtog te gebruik en ʼn gebrek aan gespreksfasilitering tussen die groep en die verteenwoordigers, het hom laat herbesin. “Ons [Steve en die bestuur van Kommandosorg] het nog nooit ontmoet nie. Toe deel iemand van Kommandosorg ʼn foto van my op ʼn plakkaat as leier van ʼn nuwe party, waarvan ek niks weet nie. Dit was vir my te veel,” sê hy.

Hofmeyr sê dit is egter steeds belangrik om die gesprek met pres. Trump te hê. “Ek is steeds eens met die beginsels dat die Boere-Afrikaner as slagoffergroep van die huidige regime diplomatieke afvaardigings van hul keuse na wêreldleiers moet stuur. Die regte leiers moet gestuur word en deursigtige prosesse moet gehandhaaf word.”

Hy sê dit is veral die deursigtigheid van die insamelingsprojek wat ʼn knelpunt is. “Ek wil deel wees van ʼn nuwe generasie volksnasionaliste, sonder haat vir ander volke en nasies, maar dan moet ons modus operandi deursigtig en eerlik wees.”

Volgens hom gaan die geldinsameling vir ander verteenwoordigers voort.

“Eintlik is geldinsameling nie die probleem nie. Die diplomatieke red tape is wel problematies. En tweets aan Ivanka [Trump] is nie hoe ons dit gaan doen nie. Dalk is gholf die oplossing!”

Hy verwys na verskeie Twitter-boodskappe wat Rudman aan pres. Trump se vrou, Melania, en dogter, Ivanka, gestuur het.

Hofmeyr sal na verwagting steeds die gesprek bywoon, maar sonder die steun van Kommandosorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Johan ·

Dankie tog Steve. Jy het knap op jou voete gedink. Amper was jy ‘n slagoffer van agterbakse, oneerlike Afrikaner manipulasie. Presies die rede waarom Afrikaner politiek altyd pragmaties, onvolwasse en onsuksesvol sal bly. Bly uit die ondankbare Afrikaners se politieke pogings uit. Dis gedoem tot mislukking, want die meeste Afrikaners is selfsugtig en dislojaal.

Johann cb ·

Ek kan nie met Steve se rede vir sy besoek saamstem nie – sanksies gaan ons arm Suid-Afrikaners net nóg armer maak. One sukkel reeds so, wat will hy daarmee bereik? Hy, en die ander welgesteldes, sal dit nie voel nie…
Dink aan die skade Steve…

Gjorgi ·

Ag nee man Johann, lees eers die artikel voor jy kommentaar gee. Julle mense maak my lam, LEES!!!

John ·

Die spul wil ons Afrikaners se naam badprop maak. Dis nodig om te besin oor ‘n besoek aan Trump, en wie. Steve is reg wat dit betref. Ons is wereldwyd ‘n problematiese groep, byna soos die Jode. En laasgenoemde het darem nou ‘n land (ok maar net-net). Indien ons Trump in die verleentheid gaan stel is dit koebaai vir ons saak. ‘n Formele besoek nou gaan problematies wees en eerder skade doen. Iets slimmer en baie meer diplomaties moet uitgedink word. Brute aksie en ‘n oordrewe teatrale martelaarshouding gaan nie goed afgaan nie. Daar is slimmer maniere om dit te doen as met Steve op die verhoog met ‘n swaaiende ou landsvlag en die dawerende Stem. Dink eers goed asb,

Gjorgi ·

Ek stem 100% saam John. Wie het kommandosorg in elk geval die reg gegee om namens my te praat. Wat is hulle ledetal byvoorbeeld in vergelyking Solidariteit of Afriforum?

Cherokee ·

Ek hou van die manier waarop jy daarna kyk, John. Persoonlik dink ek nie dat Steve Hofmeyr die een is om met Donald Trump te gaan gesels nie – my stem sou gaan vir Dan Roodt.

Boerseun ·

Dalk nie die beste plan nie maar beter as julle plan. Wat niks is nie. Stem DA en hoop vir die beste?

Boerseun ·

Steve is passivol, kan die saak verkoop. Dan kan ook saam

vermeende ·

Kyk, Steve wil namens die blankes op Trump se skouers gaan huil sonder n werkbare plan. Niemand het simpatie met ons nie so moenie dit gaan soek nie.
Nader eerder die Amerikaansa konselaat te brief wat aan Trump gestuur sal word deur sy diplomaat, geen twis of fonds insameling nie.
Steve is ongelukkig nie die persoon vir hierdie opdrag nie.

Lionel Pretorius ·

Jy weet nie of Steve n werkbare plan het of nie jou kommentaar is pure spekulasie.

ha ha ·

Wat gaan Steve doen? Vir DRumpie Trumpie sing terwyl die muur bou??????

vermeende ·

Lionel, dan moet dit seker maar weer een van daai geheime planne wees waarvan niemand weet nie, nie eers Steve nie!

Kyk gerus na wat Steve propageer, sy hele sienning is pressies soos die van die DA, al verskil is die moorde pla vir Steve maar nie die DA nie.

gatiep ·

Ek glo ook nie daaraan om sanksies te probeel inslel nie. Dis vuil taktiek wat net die arm mense nog swaarder sal laat kry.
Ek sou se hy moes hom net gaan sien het vir die uitmoor van ons mense.Niks politieke agenda stories nie.
Iemand wou nou misbruik gemaak het van Steve.

Marinda ·

Gee maar net die mense se geld terug John en hou jou daar uit. DLk moet jy trump gaan gesoek en kyk watse pook maak hy van jou.

Hugo D ·

Wat rook die mense, ek bly in Amerika en glo my Suid Afrika is glad nie op die radar nie. Die enigste rede hoekom Trump vir Zuma gebel het is omdat hy Saterdag golf saam Ernie Els gespeel het. SA dra0,5% by tot die wereld ekonomie (GDP), kleiner as die deelstaat Maryland, so julle mors tyd en geld om met Trump te praat. Die VN and wereldhof is n beter opsie, maar die heel beste opsie is om te immigreer vir julle kinders se onthalwe, as jy dink die Afrikaner het n land, droom jy ….lankal verkoop. Bepaal jou eie pad. Sterkte

Henry ·

Dat jy in die VSA woon, is jou probleem/plesier.
Wat ons in hierdie droewe land doen om Afrikanerwees te beskerm en uit te bou, is ons probleem/plesier.

AL ·

Nie almal is bevoorreg om genoeg geld te he om te immigreer nie. Ons moet maar die probleme konfronteer. Ek stem saam dat ons na die VN moet gaan of enige ander groot organisasie. Die voorlegging moet met waardigheid geskied en ons moet respek kan afdwing.

Soltykat ·

Hoekom moet ek immigreer uit MY geboorteland? Ek is hier gebore. Dis my land ook… Orals is daar misdaad en geweld. Ek dink net die graad daarvan is dalk nie so erg in ander lande nie

Soltykat ·

Hugo D. Hoekom moet ek immigreer uit MY geboorteland? Ek is hier gebore. Dis my land ook… Orals is daar misdaad en geweld. Ek dink net die graad daarvan is dalk nie so erg in ander lande nie.

Henry ·

Uit die inhoud van hierdie berig is dit tog heel duidelik dat Hofmeyer nie gemanipuleer kan word om doelstellings te bevorder, waarmee hy nie saamstem nie en nog minder so indien hy nie eers geraadpleeg is nie.

Sy bewese integriteit en lojaliteit vir die Afrikanersaak verhoed dat hy as marionet vir fanatiese individue/groepe misbruik kan word. Nog minder dat hy hom met allerlei koddighede sal bemoei wat tot verdere nadeel van ons Afrikaners se beeld sal lei.

Enige poging om sulke onsinnighede aan hom toe te dig, verdien om met die nodige minagting verwerp te word.

Therese van Schalkwyk ·

Puik verwoord, Henry!

Steve Hofmeyr is heel duidelik ‘n intelligente, welsprekende persoon vol empatie en deernis vir mede-Afrikaners én ander Suid-Afrikaners wat deurloop onder die wrede werklikhede in die nuwe Suid-Afrika.

Enigeen met ‘n greintjie meegevoel vir slagoffers en hul naasbestaandes wens Hofmeyr, asook organisasies soos AfriForum en Solidariteit, net die beste toe in hul bewusmakingspogings. Daarom is ek heeltemal verbluf deur die vyandige snedigheid en verdagmakery wat hierdie mense uit ‘n groot deel van die samelewing, asook in eie geledere, ondervind.

Die gereelde beskuldiging dat hulle slegs vir die Afrikaner optree terwyl almal ly is tog irrelevant. Afrikaners en ander bedreigde minderheidsgroepe kom nie uit ‘n kultuur van groepsgeweld nie, en is eensklaps in die nuwe SA uitgelewer aan misdadige bendes wat huis en haard binnedring.

Die meerderheid blankes is egter nog glad nie in ooreenstemming oor die wrede werklikheid nie.
Tot dit gebeur, werp mense soos Steve Hofmeyr ongelukkig sy pêrels voor die swyne.
(Lees gerus ene “pb” se kommentaar hieronder)

Henry ·

Baie dankie aan Sarie en Therese vir u vriendelike opmerkings.

Therese, soos gewoonlik is jy binne-innie-mirrel-vannie-kol-in wanneer jy na bewusmakingspogings verwys. Ek het goeie moed/hoop dat Solidariteit en Afriforum met al hulle vertakkinge ‘n boodskap uitstuur, wat mettertyd positiewe gevolge vir alle minderheidsgroepe sal hê. Weerbarstiges en siele wat slegs tot negatiewe bydraes instaat is, sal altyd met ons wees. Is maar hoe dit is en kom oor ons ganse planeet voor.
Ons is nie eers uniek wat negatiewiteit en beswaardheid betref nie!!!

Alida ·

Mooi so Steve trots op jou! Jy het integriteit van n man. Hierdie “groep” span die wa voor die perde en maak kraters van ons. Hierdie ding moet deursigtig benader word en Steve kan die afvaardiging vergesel indien hy wil. Afhangend natuurlik wie as spreker aangestel word.

Johann cb ·

Giorgi, ek vermoed dat jy eers weer die artikel moet lees…al is ons bydrae tot die ekonomie klein, kan ons nie onsself in die voet skiet nie…dit gee die “regering” nóg meer houvas op ons almal…dink maar weer mooi!

Issi ·

Nee wat hier gaan ons trots Afrikaaner weer aan soos kinders. Julle will weer afstig. Ek sê gee enige een n kaans. Wil Jy ook gemoor word? Indien nie staan saam vir eenkeer in jou lewe. As ek Jul pos lees skaam ek my. En ek is half Afrikaaner. Enige woord is ń goeie woord.

pb ·

Shame ou Stevie.. dink jy was maar net altyd te bang gewees om rerig te gaan. Jy sou ongelukkig vir Trump niks kon vertel nie…bepaal jou by musiek. Ernie Els se rondte gholf saam met die Pres sou 100 keer meer vir SA beteken het as 100 van jou besoeke. Jammer…kappie kommando of weerwolwe of wat ookal…jul en Stevie het julself uit hierdie land rangeer. …

AL ·

Pb jou bitsigheid is onvanpas. Dit help nie ons kraak mekaar af nie, soek eerder oplossings.

Susan@ ·

Sit julle kundigheid by mekaar met electronika en maak iets soos n oog wat kan verken en die kwaad erken en reageer daarop. Ek weet daar is nog baie talente om die sakie op te los. En maak dit beskikbaar en nie duursaam nie.

Joe Hall ·

Duidelik dat hy nie onder Kommandosorg se vaandel sal gaan nie.
Lees gerus die hele berig.
Duidelik dat jy my naam ook mislees! Joe Hall.

Wynand ·

Moet daar altyd 5mil mense wees wat n menings veskil het. As daar talk 5 mil stemme was saam staan so Steve dalk ingestem het

Carel ·

Ek sien komentare wat Steve beledig/veroordeel, sien nie DAT enige van die wat kretiek lewer met better planne/oplossings voorendag kom nie, as jy nie ruggraad het nie moet nie iemand met die nodige dryf en wil afbreek nie my mense key swaar en as jy nie wil saam staan nie boy Dan maar stil

Kobus ·

Die beste wyse om die ding te nader is om met Ernie te gesels. Hy kan n woordjie in Trompie se oor fluister. Hulle ken mekaar ook goed op n sosiale wyse. Die beste manier om die ding te dryf. Ek let ook op dat Trompie reeds weet wat hier aangaan want hy het sake in RSA

Ek ·

Eerstens ek stem saam met Henry ! In dit wat jy skryf kan mens aflei dat jy weet waarvan jy praat, jy ook ‘n man met integriteit is, – dankie ! Dan DANKIE Steve vir wie en wat jy is, dankie dat jy selfs opstaan vir mense wat se woordeskat vuil en besmet is! — Wie van hierdie mense wat jou so sleg sê en wil afbreek het al probeer doen, wat jy vir ons doen en gedoen het ? Laat sak julle kop in skaamte vir jul taal gebruik, laat sak julle kop in skaamte om so op die kantlyn te staan en klippe gooi en niks doen om ons Afrikaner volk uit hierdie hel te kry nie. Dit is DAN wat ek weereens besef, ons kan NIE saamstaan NIE – en daarom weereens ‘n plaasmoord, 4 familielede by Balfour – ons het werk om te doen, maar intussen kyk julle met oogklappe na dié mense wat WIL !!! Wie van julle wat so neerhalend van Steve praat, het al gedoen wat hy gedoen het ? Hy wil ten minste … wie van julle wil ?

Henry ·

Beste Ek
‘n Klompie goeie en relevante vrae wat hopelik ons almal aan’t dink sit, om eerder te doen wat binne elkeen se vermoëns is, ipv die maklike uitweg te volg om met alewige negatiwiteite vorendag te kom.

vermeende ·

Vergeet van Trump, daai boodjie is klaar die hawe uit.
As iemand maar het die insig gehad het om hom te nader voor die VSA uitslae dan sou hy die tyd gemaak het om te luister maar nie nou meer nie.
Tussen die gholf en rond vlieg moet hy die magtiste land regeer en weer great maak en daar is net soveel ure in die dag. Die melaatse aparheid boervolk sal sy beele net skaad.
Hierdie holderste bolder planne werk nie vir ons nie.
Is daar werklik niemand wat n oordentlike plan kan formeleer wat uitvoerbaar is nie, of was ons volk se heel beste plan maar die loopgraaf gewees?

jaco ·

Daars al vanaf die vroeg 1980’s volkstaatplanne gemaak en bitter min wit mense het belanggestel. Die regerende Nasionale Party het gesê dis rassisme, maar ook nie juis vinnig apartheid af te takel nie, en die Konserwatiewe Party het gesê dis nie haalbaar nie, want hulle het hierdie “pie in the sky” droom gehad dat hulle ‘n verkiesing kon wen en dan as ‘n wit minderheid blykbaar beter as die Nasionale Party apartheid op SA se nie-wit meerderheid sou toepas.

Chris ·

Ja, dis nou net soos dit is. Saamstaan en samewerking is verban want elkeen wil koning op sy eie mishoop kraai, nog ‘n party, nog ‘n dit nog ‘n dat. Verdeeldheid! Laat staan vir President Trump (enige ander naam is bewys dat jy geen respek het of verdien nie), dis ons land, ons verandwoordelikheid, ons stryd en ons moet dit verander. Ons kan by ander gaan leer wat saam staan is. Oor ons nie wil leer of saam staan nie, spartel ons soos visse op droe grond rond met geen sê of mag nie en dan hoor ons nog sag tussen die stof “ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika” in ons laaste asem teug. Ons sê ons is trots Suid Afrikaners, dalk te trots ja. “Opstaan”, “saamstaan”, “skramsaam”, dan sal Steve of enige ander leier dalk opstaan en die voortou vat. Niemand sal ‘n lam volk wil lei nie want so volk sal die leier net die afgrond intrek. Is jy bereid om te val vir ‘n lam volk agter jou? Sien die groter prentjie en word deel daarvan vir ‘n beter Suit Afrika.

T ·

Hier kom weer n vuisgeveg soos min. Ek wou kommentaar lewer maar liefs nie. Ai mense gun almal n plek in die son. Party mense weet waarvan hul praat. Ander praat sommer net snert om saam te praat.

joe ·

Ten minste wil Steve iets probeer, nie soos ander wat net komentaar lewer en die moorde mis kyk nie. Sit jou in daai families se hartseer wat onskuldige geliefdes verloor het sonder rede. n Dier word nie eers so dood gemaak nie!

Gideon ·

Genade….maar die ou volkie kan mekaar uitvreet…..dink net wat kan ons vermag deur saam te staan maar nee ons skuil agter ons mure, alarms en honde…..verder is dit maklik om gou jou gevoelens uit te druk op sosiale media en dan tevrede te voel jy het iets gese. Ek dink regtig nie nog n party of wat ook al gaan n verskil maak nie en nog minder n besoek aan Trump nie. Sanksies gaan net die burgers nog meer verarm. Iewers gaan die damwal van emosies breek en dan dit te laat. Ek merk darem al hoe meer van hierdie aanvallers word betrap…..nie dat dit verskil maak nie. Ons moet n oplossing op eie bodem vind. Die buitewereld sien ons as barbare oor die algemeen so hulle gaan nie spring om te help nie.

Rika van Loggerenberg ·

Ag hel tog. Dit was Steve se idee om op sy eie manier na Trump te gaan. Ek is seker Dan Roodt sal verkies om saam met HOM te gaan sou Steve hom vra. Sankies is tog net ‘n opsie. Die bekangrikste is dat die volksmoord goed onder Trump se aandag kom. Steve was ook nie van plan om bakhand by almal met beursies te staan nie. Hy is charismaties genoeg om geborg te word en sal nie as Jannie Jammer gat by Trump opdaag nie.

Cherokee ·

Rika, Amerika is ‘n wêreldleier en die Weste sien op na Amerika. Daar is ook Oosterse lande wat afhankliks van Amerika. Donald Trump beklee die hoogste posisie in die wêreld. Ek besef ek vertel jou dinge wat jy buitendien weet. Wat ek jou en vele ander egter op wil wys is dat Amerika en die Amerikaanse verteenwoordiger by name Donald Trump het soveel probleme om aandag aan te gee, probleme in lande wat veel groter is as Suid Afrika, dat ek hoop hy sal êrens ‘n tydjie kan opsysit om aandag te skenk aan die blanke se probleem in Suid Afrika.

John ·

Die VN n opsie!? In watter wereld bly jy? Oorlog is die enigste oplossing. Ondiere en rugstekers is besig om die blankevolk te vernietig!

Hannes ·

Trump is nie die verlosser nie. Die Bybel leer ons om nie op mense en prinse te vertrou nie, maar om ons te verootmoedig voor Hom wie die ware verlosser is.

Basjan ·

Wat van Sunette Bridges? Sy is mos reeds daar anderkant. Daar hoef dan nie ekstra geld ingesamel te word om iemand te stuur nie.

Pietsepan ·

Ek is n groot ondersteuner van Steve Hofmeyr maar ek dink nie hy is bevoeg vir die taak nie. As hy saam met Pieter Groenewald sou gaan, sal ek dit sterk ondersteun. Kyk net hoe het die spul linkse Jode onlangs die Britse eerste minister besoek. Ek glo ook nie dat ons as ‘n afvaardiging moet gaan wat slegs Afrikaners verteenwoordig nie. Engels sprekendes moet saamgaan om die blankes van SA te verteenwoordig. Ons moet ook nie vra vir tugstappe soos sanksies nie maar vir onderhandelings met die bose spul hier om BEE en grondvergrype te laat vaar. Dit is in elk geval reeds iets wat Amerikaanse beleggers erg irriteer.

Ano ·

Ek wil in elk geval nie he iemand met sulke twyfelagtige morele waardes moet my verteenwoordig nie. 6 Kinders by 5 verskillende vroue? Wat maak hom dan enigsins beter as JZ?

Joe Hall ·

Ag ou Ano.
Steve is oopkop en sal nie vir ‘n gedeelte van ‘n sekonde dink dat hy alle individue – jou ingesluit – verteenwoordig nie.

Janine ·

Ek sien of lees nerens dat enige iemand van ons regering of buite ons regering enigsins ‘n plan maak met Trump te gaan gesels om ‘n oplossing vir ons deurmekaar land te kry nie. Dis nogal vir my baie kommerwekkend dat ons regering SKITTER in hul afwesigheid maar iemand soos Steve wel die moeite doen om die probleme aan te spreek. My stem gaan vir Steve – die res van ons is te slapgat om iets te probeer doen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wie het ‘n beter voorstel as verteenwoordiger om Suid-afrikaners te verteenwoordig as Steve? Hy is ‘n suksesvolle beroepsman wat met harde werk en baie kritiek die leertjie van sukses van onder begin bestyg het. Hy is ‘n realistiese, beredeneerde man en onpartydige genoot, hy is nie bang om sy opinie te lig sonder om ander te beledig of af te kraak nie. Hy is presies wat ons nodig het om sy kaarte te gaan oopgooi voor die magtigste man in die wereld en ek hoop hy slaag daarin om verskille ter syde te stel en tog sy kuiertjie by Trump te laat materialiseer.

bella ·

Ja mooi mense. Soos my oorlede man altyd gese het: Afrikaners kan nie by mekaar staan nie en steek mekaar in die rug. Asb kry rigting mense en laat dit in dieselfde rigting wees. Terwyl julle mekaar byt sterf ons soos vliee.

andrea van vuren ·

Dis hartverskeurend om mense se kommentare oor Steve te lees terwyl hulle nie eens die hoofberig van bo tot onder deurgelees het nie. My pleidooi vandag is: Julle wat sonder insae oordeel, word wakker. Los nou in vadersnaam vir Steve en Trump uit. Fokus liewer op die swendelaar wat geld probeer ingesamel het vir Steve. Dankie Steve vir jou integriteit om te onttrek. Jy bly steeds my held!

Ria ·

AL ek stem saam jy moet beplan t.o.v. enige voorlegging hoe om die moorde ( mensevergrype) aan die wereld oor te dra, maar geen mens kan respek afdwing of koop nie. JY MOET DIT VERDIEN .

Magda ·

Dit is ons Wit mense se GROOT probleem – kan nie saam staan nie – dis defnitief iets wat ons by die swart gemeenskap kan leer – GO STEVE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.