Steve sê Trump-besoek sal ‘voorreg’ wees

steve hofmeyr1

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het Woensdag gesê hy het homself beskikbaar gestel om die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, te besoek met die oog daarop om sanksies teen die Suid-Afrikaanse regering in te stel.

Hofmeyr het aan Maroela Media gesê dit sal ʼn “voorreg en ʼn onselfsugtige veldtog” wees om namens Suid-Afrika tydens sy besoek “te smeek vir sanksies en ʼn heroorweging van Amerikaanse finansiering wat in Afrika in ʼn swart kolk van toeëiening disintegreer”.

Dit volg nadat Kommando Sorg, ʼn groep wat “wit mense teen volksmoord wil beskerm”, vroeër vir Steve benoem het om dié taak te op hom te neem.

John Rudman, stigter van die groep, het gesê Hofmeyr is gekies omdat hy ʼn “anker in die wit samelewing” is.

Die groep het deur middel van skarefinansiering al bykans R10 000 vir dié besoek ingesamel.

Hofmeyr sê só ʼn besoek aan die VSA is nou meer nodig as vantevore. “Dis belangrik omdat ons opsies in ʼn eenpartystaat daagliks verskraal, ons ekonomie nou by onherstelbare vlakke verbyskiet, ons die 20-jaar-te-laat voorbeeld is van sosialisme se tragiese houvas op ontwikkelende lande, omdat ons ʼn moord- en verkragtingskoers handhaaf wat beskawings sal laat stik en omdat geen land met 114 ekstra rassewette integrasie inspireer nie.”

Hofmeyr meen dié veldtog het ʼn kans op sukses aangesien Trump “lank reeds simpatie met ons [Suid-Afrika] en mense soos ons het”.

“Ek en hy het klaarblyklik albei ʼn gesonde afkeur aan formaliteite. Maar hy ken reeds die feite. Ons verteenwoordig die Weste se grootste vrees: Die kulturele nagmerries van te laat wakker word in jou eie land as gemarginaliseerde, verminkte minderheid, en om dan nog geregeer te word deur apatiese nasies in plekke waar jy jou lewensverwagting, soewereiniteit en selfbeskikking kwyt is en met wetgewing uit die arbeidsektor gehou word op grond van jou velkleur.”

Hofmeyr sê hy sal dié veldtog saam met Henk van de Graaf, voormalige assistent-hoofbestuurder van TLU-SA, aanpak.

Rudman kan nie self deel wees van die besoek nie aangesien ʼn beroerte-aanval sy spraak aangetas het. Hy sal nietemin die afspraak met Trump reël.

Die groep wag nog op terugvoer van die Amerikaanse regering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

185 Kommentare

Danie ·

Hoop maar dit werp vrugte af. Ten minste doen Steve en Henk iets aan die toestand waarin die Afrikaner verkeer. Hulle sit nie net die heeldag en bekla hulle lot nie.

Henry ·

Slaat jy die spyker op sy kop Danie.
Vol punte en alle sukses vir Steve en Henk!
Waar kan ons ‘n paar Luiperds ter ondersteuning aanstuur???

Sanet ·

Dankie Steve jy is n yster en ons glo als sal goed verloop. Jy n man met rug graad.

Jakob ·

Ek het die storie gevolg op die Kommando-sorg se Facebookblad, en die vraag wat by my opgekom het is, het ons niemand anders nie? Good day Mr President, I am he who sings Pumpkin, please take me seriously? Kom nou, met die huidige stand van sake in die VSA dink ons werklik Trump se hande is nie vol genoeg met die teenreaksie wat hy tans van alle kante ontvang nie, ons stuur ’n akteur en sanger om die lot van Afrikaners/blankes te bepleit met die hoop op radikale hervorming van die bestaande raamwerk? Moet my asseblief nie kruisig of ’n sleg Afrikaner noem omdat logika seëvier nie!

Justsaying ·

kyk op FB vir kommando sorg. Die besonderhede is daar geplaas

Ronel ·

You “GO” Steve ons bid dat jou besoek n reuse sukses sal wees. Dankie wat jy vir ons doen.!!!!!!!

Eugene ·

Ag shame ou Steve! Jy sal dit definitief nie poog namens “Suid Afrika” soos jy se nie. N klein verkrampte minderheidsgroep dalk. En ek sal vir jou nou al se jy mag miskien Amerika toe vlieg en dalk die geleentheid kry om een junior amptenaar te spreek en daar sal dit eindig! Lekker droom! Groot prater!

Chris Ws ·

Eugene,al wat ek vir jou wil se is:Foeitog!Geniet jy maar JOU droomwereldjie.

chrisp ·

Hy sal dus inpas by die nuwe VSA president want sien die ou liberale mense media ingesluit natuurlik het Trump ook as ‘n verkramte rassistiese,zenefobiese ens, minderheidsgroep bestempel. Wat gebeur toe?Die minderheid was toe nie so min nie.

Maar nou ja as ek so na die “minderheids” kommentare kyk sit jy ook dalk die pot mis.

ZJ ·

Eugene , jy is die tiepiese mens wat op die kantlyn sit en blaf en niks verder doen nie. Sterkte Steve o

Sonja ·

Eugene jy is vinng om gal te braak… ten minste WIL Steve iets doen vi sy mense… e

Leana ·

Stief praat definitief ook nie namens my nie. Wonder net of hierdie klomp Stief aanhangers besef wat sanksies teen SA gaan beteken.

Liewe heksie ·

Eugene dit is mense soos jy wat die land het waar hy is sit op jou??? En oë en aa maar as iemand iets probeer skiet jy dit af GO STEVE GO ons het meer mans soos jy nodig

Alien ·

Leana, ek was jong mens in SA destyds met die sanksies. Ja, ek weet wat sankies doen, DIT LEER JOU OM OP JOU EIE TWEE BENE TE STAAN!! Ons het alles self vervaardig en ons was nie afhanklik van ander lande nie en ons het nie met “Made in Japan” gemors gesit nie. Dit was ‘n goeie tyd in SA se geskiedenis. Dankie Steve!!

Janneman ·

Eugene, ek dink jy mis die punt ou maat. Hy sal heel waarskynlik nie by trump kan uitkom nie en nog minder sal sanksies ingestel word.
Die doel van hierdie en ander aksies is om die stelselmatige diskriminasie en rassisme teen n miderheid bloot te le en te stuit, voor dit te laat is vir ons en hierdie mooi land wat ONS oor baie jare opgebou het.

Rynhardt ·

Ope brief aan Steve Hofmeyr:Steve, ek hoop jy is ernstig oor jou besoek aan Trump.Ek hoop werklik jy kry n afspraak met hom.Ons mense word onderdruk in SA, word wreedaardig vermoor.Ons mense het nie vryheid van spraak in die naam van demokrasie nie.Ons kan nie ons kultuur vrylik uitleef nie! Ek het dit vir jate uitgewys in SA! Ons as blankes is net goed om te betaal in SA, verder moet ons disintegreer.Dit werk net nie so nie! Steve, ek bid vir jou en dat jy in jou taak sal slaag vir ons mense.Tans is alles teen ons blankes in die land.Gaan sien Trump.Alle sterkte!!!!!

Elsie ·

GO STEVE!!! Dankie dat daar ń man is wat skouer aan die wiel sit en ons probeer ‘red’. Baie het ń mondvol oor hom en dit wat hy doen maar besef net dat dit die enigste persoon is wat probeer om ń verskil vir blanke afrikaners te maak. As jy, wat altyd baie te sê het, weereens wil kla vra jouself af wat doen ek om ń verandering te bring? Gewoonlik niks want dit is hulle wat gewoonlik fout vind met als! Ek is vol vertroue dat Steve wel vir ons ń verbetering in ons lewe kan bewerkstellig. Dankie Steve, jy het baie wat bankvas agter jou sal staan!!!

JC ·

Dankie Steve, en sterkte. Ek wens julle alle sterkte en sukses toe en HOOP VAN HARTE DIT KAN VRUGTE AFWERP EN ‘N VERSKIL MAAK VIR ONS AFRIKANERS!!!
Jy’s my held EN ‘N YSTER!! STEVE HOFMEYER IS LETTERLIK DIE ENIGSTE PERSOON wat IETS DOEN.
Viva Steve=AFRIKANERHELD!

Doortjie ·

Ek stem saam met jou JC.
Mag ons Hemelse Vader met jou wees Steve.
Amen.

Magda ·

You go Steve!!! Ek sal ook graag die bank besonderhede wil he vir skenkings.

John ·

Nee. Een man sekondeer en dan word hy die leier van die Boerevolk. Steve droom.

Skollie ·

Ek is seker as jy graag die leier wil word, kan jy jouself ook beskikbaar stel? Die vraag is, het jy die guts?

popeye ·

nie net die Boerevolk is blank nie
..Penny Sparrow….hallow!!!

Skollie ·

Wel ten minste probeer Steve, ek is al so moeg vir mense soos EUGENE wat niks doen nie, maar alle ander mense se pogings afkraak. Net more sit hy weer snot en trane huil oor iets wat iemand hom aangedoen het, en dat sy reenboognasie nou nie uit so baie kleure bestaan het soos aan hom belowe is nie. Mens is glad nie verkramp as plaasmoorde toeneem en ‘n regering doen niks daaraan nie. Mens is glad nie verkramp as rassisme jeens blankes nie aangespreek word nie, net rassisme jeens nie-blankes. Mens is glad nie verkramp as jou taal, jou kultuur, jou werksgeleenthede vertrap word nie. Steve was al in meer lande as wat jy vingers aan jou twee hande het. Hy het ook meer geld as waarvan jy die nulle kan lees. WAT DOEN JY EUGENE? Almal het vir TRUMP gelag, waar is hy nou, en waar is JY nou Eugene?

Stephan ·

Baie mense wat vir Eugene uithaal oor sy stelling en beweer hy doen niks behalwe kla nie, sal graag wil weet wat die ander van julle al gedoen het? Ek sien nie jou naam in die opskrif nie!

BS ·

Donald Trump sal hom sien. Jammer vir al die pessimiste. Donald Trump weet wat in SA aangaan, so dit sal so wees dat hy hulle sal sien. Mag die Here self saam hul gaan

AL ·

Donald Trump het SA al n groot gemors genoem. Steve ons dra jou op in ons gebede. By God is alles moontlik vir die wat werklik hul vertroue en hoop in Hom stel.

JC ·

Dankie Steve jy’s ONS Held en ons wens jou alle sterkte toe!!!
Steve is wonderlik, en ons enigste STEM. Jou lewe is seker “wunderbar” ou Eugene, sterkte vir jou hoor!!

Kapenaar ·

Eugene, as jy ‘n probleem het met die Afrikaner…. soos jy dit stel, ‘n klein verkrampte minderheidsgroep, waarom verwyder jy jouself nie uit ons land uit nie? Dit is slapgatte soos jy, wat nooit sal opstaan vir waaraan jy glo nie.. Word wakker!!

Eugene ·

Kapenaar ek het geen probleem met Afrikaners nie trouens ek is self n Afrikaner! Ek het geen rede om my te verwyder uit ons geliefde land nie. Ek is wakker en definitief nie n slapgat nie! Sterkte!

JSE ·

Kapenaar, jy wat so baie te sê het oor ander se ruggrate, het jy al ‘n slag opgestaan?

Anne ·

Kapenaar ek stem saam met jou , seker vreeslik om saam met sulke verkramptes te moet bly .

karen ·

Duidelik is nie mooi gedink nie, al wat saksies teen Suid-Afrika gaan bereik is dat ons as n land nog swaarder trek. Daar gaan net meer mense in elende en armoede gedompel word…..

Pietser ·

Ek wil dit baie duidelik stel dat Steve nie namens my of die oorgrootte regsdenkende en demokratiese Afrikaners praat nie. So, hy het nie die ondersteuning van die meerderheid (nie by verre nie) Afrikaners nie en is verwaant deur te dink dat hy ons verteenwoordig. Hy mag dalk ‘n klein verkrampte groepie ver-regses verteenwoordig, dis al.

chrisp ·

Dankie Pietser dat jy vir jouself praat.
Maar jy is verwaant genoeg om te “weet” dat hy nie vir die oorgrote meerderheid Afrikaner praat nie. Sien gerus my skrywe oor die droomwereld waarin liberaliste verkeer en nog steeds verkeer, soos duidelik uitgewys in die VSA verkiesing

Die arogansie en sinnelose gebabbel van liberaliste is net ongelooflik, Kan hulle werklik nie insien dat hulle skuldig is aan juis dit wat hulle ander van beskuldig nie.

Hy praat volgens pietser nie namens die oorgrote hoeveelheid Afrikaners nie maar pietser wel en hy noem Steve verwaand. Sien hulle nie die huigel en ironie raak nie?
Werklik ongelooflik .

lulu ·

Pietser hoeveel onse is in jou pond wie is jy om names ons te praat beskou jouself op jou eie want ek en baie ander is nie in jou slap? ? ? Ons nie

E ·

Pietser, dit gaan hier oor plaasmoorde, verkragting en misdaad.

Estelle ·

Dankie dat daar wel iemand soos Steve is, wat iets vir ons land wil doen!! Ons wens jou alle sterkte toe en glo met my hele hart dat jy wel ñ afspraak met Donald Trump sal kry!! Mense vergeet die persoon wat homself Eugene noem, hy is nie werd dat ons eers aan hom aandag gee nie!!

Minx ·

Ek wens meer mans het die guts gehad wat Steve het!!!!!!! Dan sal ons sagte teikens dalk bietjie meer veilig gevoel het.

El ·

Dis die probleem vandag, meeste mans hardloop after seks katjies aan, vroulief moet bekhou, en Hulle het geen ruggraat. Word wakker, iets moet gedoen word want waarheen gaan ons. Die wereld wil jou nie he nie. Jy gaan maar in die see spring en versuip. Dankie Steve. Ek is ook maar feel van jou white trash aanhangers, maar ek is trots op my Afrikaner wees. My voorouers het saam gestaan en nie in glashuise geleef

Gerardus ·

Steve ons ondersteun jou ten volle,as ons moet help fondse insamel sal ons dit met plesier doen…hou ons op hoogte asb

Pieter ·

Baie dankie Steve.Jy is ons held.Ek haal my hoed af vir jou.Mag jy net sukses en voorspoed he op jou trip Amerika toe.

gerbrandt ·

Dankie Steve- ek wens daar kon meer mense soos jy wees. Al die negtiewe kommentare hierbo getuig van mense wat nie rugraat het nie en wat uit die land sal vlug sodra die groot probleme kom. Hulle kan net afkraak maar hulle is soos wat die oumense destyds gese het “hanskakies” verraaiers en slapgatte. Gou om die klip te gooi maar besit nie ‘n dag se rugraat om self iets te doen nie. Hulle adverteer eerder hulle tekort aan enige-iets positiefs en integriteit : om te veg vir waaraan jy glo met jou hele hart, siel en verstand. Nie groot praatjies maak langs die braaivleisvuur en die volgende oggend weer in ‘n nul op ‘n kontrak te verander nie. daar is baie van hulle en hulle moet reeds nou uit die land uit sodat ons met die koring nie die kaf nie, kan werk.

Realis ·

Al julle “patriotte”, bou julle die lugkastele en ek sal dit kom verf. Ons familie is wit Afrikaners wat nog altyd goed en lekker, binne ons vermoe leef in Suid Afrika, ons land. Ons kinders en aangetroude kinders het almal werk en hoekom? Hulle is nie bang om hard te werk nie, ook onbetaalde oortyd, as dit moet tot voordeel van die besigheid en die land. ‘ Dis nie my werk nie’ , bestaan nie in hul woordeskatnie al is die taak selfs hul ondergeskiktes s’n. En, hulle is trots om wit Afrikaner te wees met respek vir alle ander bevolkingsgroepe, wit en swart, in ons land wat respek verdien. Kom nou mense dis nie die kleur van jou vel wat jou ‘n goeie of slegte Suid Afrikaner maak of die land vir jou goed of sleg maak nie, maar die kleur van jou siel en jou houding teenoor ander. Ons het nie Trump se hulp (of is dit eintlik sy geld?) nodig om ons land te laat werk nie, so ou Stevie-boy, pak maar uit jou tassie en werk saam met ALMAL in ons land. En nou, gooi maar!

Ria ·

Ek stem saam met realis. Ek is lief vir my land met al sy mense. Om nou vir sanksies te vra is vir my baie dom. Ons ekonomie sukkel al klaar so. Ek weet ons het sanksies jare terug gehad maar dit was n ander Suid Afrika met n baie goeie ekonomie op daardie stadium. Ek wil ook net vra wie vir Steve verkies het om hierdie besluite namens ons te neem? Sover ek weet is hy nie eers leier van enige party nie?

Albatros ·

Realis. Ek’s bly jy en jou familie kan so goed en lekker leef. Wat van ons plaasboere? Dink jy hulle werk nie ook hard nie? Dink jy enige iemand betaal hulle oortyd? Dankie dat jy so mooi net aan jouself dink. Nee wat. Gooi maar vir jouself.

Pietser ·

Ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Hierdie ou is so ‘n groot verleentheid vir die oorgrootte meerderheid Afrikaners.

Rynhardt ·

Pietser, jy het nie n “clue” wat aangaan in SA nie! N Regte liberale denker wat weier om die waarheid in te sien.Ek ondersteun Hofmeyr.My mense die Afrikaners word uitgemoor terwyl jy nog steeds handjies wil soen en glo in n nuttelose grondwet!Basta met jou!!

Ekke ·

Pietser, praat vir jou self. Dis oor julle liberaliste dat ons sit waar on sit vandag. Ek ondersteun steve 110%

yolandi ·

Peister…ek dink dis tyd dat jy wakker word en besef wat om jou aangaan.
Steve, ons staan100% agter jou..you go Steve!

Ig ·

Presies wat Afriforum se leuse is,Self doen is beter as niks doen of so iets.Ek stem ook nie altyd saam met almal en alles nie maar sal hom in die geval steun .Ek is bevrees baie van ons het binne n paar jaar van liberaliste tot naby rassiste verander.Wat is die bankbesonderhede vir donasies?

Chris ·

Die artikel skryf Steve wil Trump besoek. Nie dat Trump vir Steve wil ontvang nie of dat Trump vir Steve genooi het nie.

Eers sien, dan glo.

Steve, as jy werklik in politiek aktief wil wees, die leier van die enigste en grootste Afrikaner-party – die VF+ -het ‘n paar maande gelede bedank. Dalk kan jy die VF+ verlei tot ‘n leierskapsverkiesing.

Want werklik mense, dink julle nou werklik dat daar so’n ontmoeting tussen Trump en Steve gaan kom? Daar was selfs nog geen ontmoeting tussen Trump en Marine le Pen of Geert Wilders of Filip Dewinter of Frauke Petry nie. En hulle is heelwat belangriker.

Pietser ·

Stembusse het gepraat. Die meerderheid Afrikaners soek nie selfbeskkikking nie en wil in ‘n verenigde, demokratiese bestel die land vorentoe vat. Kla maar soos ‘n ou vrou met ‘n nat broek, dit gaan nie verander nie en hierdie verregses gaan hulself net verder isoleer en mettertyd in die vergetelheid verdwyn.

Pieter ·

Pieter,
Glo jy werklik en eerlik wat jy hierbo geskryf het. As dit so is, het die Afrikaner volkie alreeds verdwyn en anc/da/max dissipels geword en is dit reeds baie laat in die nag.

Marietjie ·

Mooi Steve!!!! Ag vergeet Eugene se kommentaar. Bank besonderhede vir skenkings asb.

danie ·

Ek hoop ek tik dit reg oor.
Kan nie hak en plak nie.

Kommando Support
Capitec Bank
Rekening nommer: 1363451756
Tak kode: 470010
Verwysing na sakfoon: 0794002540
NPO registrasie nommer: 154-453 NPO.
Besoek die fb blad om te bevestig.

Pietser ·

Ou Steve mag dalk ‘n onderhoud met Trump se butler kry.

Yvette ·

Pietser- hoe negatief van jou! Is dit al wat jy kan se van iemand wat iets gaan probeer? Wat doen Jy vir jou mense! Negetiewe kommmentaar, dis al! Wil jou graag hoor wanneer Steve treugkom en die golwe van sukses hom agterna kom! Want dit gaan kom!
Elkeen wat so klip gooi- vuurkole gaan nog op jul hoofde neerkom.
Ek lees in die kommentare die woorde”julle verkramptes” elkeen wat dit se, klim af van MM af. Dis eintlik julle wat verkramp is!
Al gehoor van ëendrag maak mag”? of is dit ook te verkramp vir jou?

gatiep ·

Dankie Steve ek weet jy sal iets regkry ons het vertoue op jou. Al doen jy dit dan net vir ons paar verkrampte afrikaners wat nie daarvan hou om uitgemoor te word nie. Kyk nou mooi daar gaan nou weer n beweging tevoorskyn kom wat hom nou weer gaan wil stop.
Mense wat bang is dat waarheid moet uitkom tree soos hulle op wat dadelik beledigings gooi van verkrampheid en rassisme. Hulle het geen ander verdediging nie en dit raak nou afgesaag.

Alida ·

Tipies van ons afrikaners. Skiet enige inisiatief af. Ons kry niks met die regering reg nie so wat moet ons doen. Tenmiste gaan Steve wat murg in sy pype het probeer om ons saak te stel. Die MRK doen niks in teendeel niemand doen iets nie. Kom ons kyk wat gebeur voor ons alles afskiet. Wat gaan julle doen as sy besoek vrugte afwerp? Hom ook dan oordeel soos nou? Kry ‘n lewe mense.

Anne ·

Alida jy praat waar , dis weer net ‘n bewys dis hoekom dit so met ons afrikaners gaan. .

Gideon ·

Niemand het gedink Trump gaan wen nie – en nou?
Dalk kan Steve nog eendag die President word. Never say never. Kan jou duur te staan kom.
Go for it Steve!!!! Steur jou nie aan die negatiewe lot hierbo nie. Moenie vir ‘n uitnodiging van Trump af wag nie – make things happen en vra vir ‘n afspraak.
Sterkte vorentoe – ek hou duimvas.

gerda ·

Ek kry die Anti Steve en negatiewe ouens baie jammer. Dink aan julle en hoop julle oe gaan eendag oop – hopelik nie te laat nie.

PvZ ·

Ek kan dink dat dit gaan werk. Donald Trump is ‘n besigheidsman, en as die voorlegging op die tafel sin maak, sal hy luister. Suid-Afrika is binne in die BRICS lande. Alhoewel Trump nie baie anti-Rusland is nie, is hy beslis anti-Sjinees. Vir Amerika sal dit baie belangrik wees om ‘n “vennoot” in Afrika te kry. Wie beter as die “Wit Afrika-stam”. Ons is in Afrika gemaak en gebore. Ons is Afrikaners. Ons is seker die enigste “Afrika-stam” met Westerse waardes. My, en die meeste Afrikaners se droom is onafhanklikheid. Selfs die DA-stemmers, sal in ‘n onafhanklike staat wil bly, as hulle moet kies tussen die onafhanlike staat, en die res van Afrika. Ons het buitelandse vennote nodig om so iets ‘n realiteit te maak. Amerika gaan “vriende” in Afrika nodig hê. Ons verstaan Afrika. Ons ken Afrika. Ons is deel van Afrika. Ons is Afrikaners.

Pietser ·

Dis inderdaad waar jy die pot mis sit. Die meerderheid Afrikaners stel NIE BELANG IN ‘N EIE ONAFHANKLIKE STAAT NIE, maar in ‘n verenigde demokratiese staat.

DS ·

Eugene wat doen JY om dinge in die land te probeer verbeter? Ek neem aan NIKS daarom het jy tyd om sulke negatiewe kommentare te lewer. Go Steve!!! Hoop jy bewys baie van die pessimiste verkeerd. Tyd dat ons volkie begin saamstaan en ophou om ons mense wat wel iets probeer doen af te kraak.

Nel ·

Pietser oppas dat die einste klein groepie verregse verkramptes jou nie dalk nog aan die hakskeen byt nie.
Wyle Robert Kennedy het gese; “Even the humblest among us can create ripples of hope and daring, which when they cross, create a wave so powerful that it overcomes the mightiest wall of oppression.”

Audrey ·

Stewie, Sunette sit reeds daar….onder Trump, wat geen respek vir vroue het nie.

Jy sal seker die vyf-miljoenste persoon op Trump se afspraaklys is!

Sanksies? Stewie, jou ‘aanhangers’ gaan die swaarste kry!

Afspraak met Trump….lagwekkend! Rêgtig!

Pietser ·

Eerlike vraag – hoeveel wit Afrikaners glo aan die beleid van selfbeskikking? Moet minder as 10% wees as mens na die VF+ se vertoning in verkiesings kyk.

Francois ·

Ou Pietser gepietsman. Jy sit die pot heeltemal mis. As jy na kommentare hierbo kyk het jy demokraties jou agterwereld gesien. Want julle is 3 uit n 100. Die kans dat jou DA droomwereld sandkasteeltjie gaan bly staan is 100 x kleiner as die kans dat Steve en Trump sanksies teen SA instel. Net omrede Afrikaners vir die DA stem om bietjie beter dienslewering te kry, maak hulle virseker nie liberaal nie. Jy noem dit realpolitiek

Pietser ·

Wel een ding is vir seker, slegs ‘n baie klein groepie verkrampes klou nog aan die idee van ‘n apartheidstaat vir Afrikaners vas. Vergeet daarvan ouboet, gaan nie gebeur nie. Meerderheid Afrikaners het aanbeweeg vanaf daai nagmerrie ideologie wat mede-landsburgers se menseregte vertrap het en SA die muishond van die wereld gemaak het. Nooit, nooit weer nie.

Alida ·

Sommige kommentators hierbo soek aandag. Ignoreer hulle en steun Steve se projek.

Ben ·

Asseblief, kan iemand my help ! Behalwe dat Steve die Stem by byeenkomste sing en so bietjie galbraak oor wat in die land aangaan wil ek graag weet wat hy al vir die Afrikaner gedoen het en wat hom kwalifiseer om as ‘n “leier” van die Afrikaners te praat ! Hy verkoop nie nou CDs en Videos nie. Hy praat van groot dinge. Sanksies en Trump ! Dis vir my bietjie dik vir ‘n daler. Groetnis.

Anna ·

As dit vir Steve so belangrik is,hoekom koop hy nie ‘n kaartjie nie. Moenie vir my se hy het nie die geld nie. Belaglik. hy wil seker nou bietjie gaan vakansie hou, maar ander moet daarvoor betaal………..

AntiSteve ·

Okay jy is in ons span o ja en Kaptein iemand wat die lig sien dankie

Danie ·

Dit is seker die beste manier om seker te maak dat jy die nodige ondersteuning. As jy die nodige fondse kan insamel voor die betrokke datum dan stem die mense mos saam met jou. Jy kan dan besluit of jy dit gaan gebruik of self betaal.

AntiSteve ·

Die Valse Profeet.Laat mens dink nie.Hy kort net n donkie.

gatiep ·

AntiSteve waar val jy uit die bus jong.
Steve is nie n profeet nie ou maat laaste wat ek gehoor het het hy nog gesing.

Pietser ·

As Steve vroeer wakker geskrik het, kon hy dalk aangebied het om by Trump se inhuldigingplegtigheid Pampoen te sing, ek sien hulle het ‘n probleem om genoeg kunstenaars bymekaar te kry.

gatiep ·

Dis omdat die sangers dink hulle gaan hulle werk verloor as hulle wys hulle gee ondersteuning aan Trump.
Ek glo net nie Steve moet gaan vra vir sanksies teen SA nie want dan daal ons op die ANC vlak. Vra eerder net of hy n oplossing het vir ons. Trump is n baie intelegente mens wat sal weet wat om te doen.Pietser ons is nie rassiste wat ander nasies haat en hulle nie kan verdra nie.
Ek kan sien jy is die tiepe wat eendag met n bang gaan wakker skrik en besef dit is nou te laat.

KAROOLS ·

Pietser….Om eerlik te wees….ek nie n groot aanhanger van jou….jy soms stroom op….maar vandag was jy skerp

Ben ·

Nee, maroela, julle kan nie so eenogig wees nie. Ek wou maar net weet wat ou Stevie al vir die Afrikaners gedoen het. Julle hoef die ou stukkie ook nie te plaas nie. Tenminste het julle dit darem gelees.

Leo ·

You go Steve! Jys waarlik n held, met soveel gebede saam met jou kan dit net uitwek! Dankie dat jy soveel guts het om vir ons op te staan! Die Here is met jou!

wilma ·

Ai jul suurgatte. Wys jou net. Die Wit Afrikaners kon nog nooit saamstaan. Dis hukom dit met ons gaan soos dit gaan

Pietser ·

Dit lyk vir my asof dit steeds besonders goed gaan met die Afrikaner. Kla met die witbrood onder die arm.

Kapenaar ·

JSE, Ja ek het, en doen steeds. dit is waarom ek Eugene ook aangevat het. Ek het ‘n probleem as hy mense wat ‘n verskil wil maak verkrampte minderhede noem. Ons blankes is besig om te sit en kyk hoe alles om ons vernietig word. Maar saamstaan en opstaan, nee dit wil ons ook nie, en as iemand iets probeer doen, word hy/sy afgekraak. Ons sal baie vinnig moet leer om saam te staan, of ons kan net sit en toekyk hoe alles om ons inmekaar val.

chris du Plessis ·

Ek steun Steve. Ek gaan n bydrae maak.
Hierdie is n geoei geleentheid om Afrikaners se situasie onder Trump en die wereld se aandag te bring. Internasionale druk op die RSA regering is die eengiste manier om ons situasie te verbeter.

gerbrandt ·

Wie laaste lag lag die lekkerste.Maak julle oe oop en sien dat die meeste landein die wereld begin regs draai. Waarheen gaan julle politieke koreektes dan? Moenie Afrikaanse mense onderskat wat veg vir hulle taal en behoud nie. Ons is ook teen die plaasmoorde wat seker bo aan Steve se agende is en behoort te wees. Die liberale mense kan gerus maar vir hulle ‘n politieke korrekte liberale land gaan kies wat ek nie weeet waar hulle dit gaan kry nie aangesien alles begdin draai. Le Penn soa volgende keer verkies word. Merkel gaan nie lank hou nie. Lees maar wat se die Swede. En so gaan dit aan. ons gaan eers baie swaarkry voordat dit gaan beter gaan dit is waar. Maar die ouens wat net op die rug van ander dan gaan wil ry gaan afgegooi word.

Justsaying ·

Die libtards met skille oor die oe is oral. Die dag wat hulle aan ontvangkant is moet hulle asseblieftog nie huil nie. Aanvallers vra nie vir wie jy stem …as jou vel WIT is, is jy ‘n teiken. Skrik wakker.

stev ·

En so groei ‘n mens.
Kyk nou net waar was Donald Trump 10jaar terug, en nou ????

Hy het gesien hoe dinge voor so eie oë afspeel, toe spring hy in en doen iets. En nou is hy president. Los vir Steve, laat hy dit doen, en oordeel hom nie nou nie maar wanneer resultate na vore kom, goed of sleg.

Te veel mense gaan deur die lewe met oogklappe, tot daai dag aanbreek wanneer iets aan jou deur kom klop wat jy nie van hou nie en jy terug sit en dink “hoe kon dit met my gebeur het, of met my kind gebeur het of met my besigheid gebeur het, ens” dan gaan jy besef dat jy iets moes gedoen het, en dan is dit te laat.

Ek glo Steve weet genoeg van politiek, net genoeg om hom nie te laat lyk soos ‘n idioot nie, en nie te veel om hom te beinvloed nie.

Daar is baie feite oor wat aangaan, en hy is nie skaam om daardie feite op die tafel te plaas nie. Hier is nie plek vir liberales nie, julle planne werk nie.

M'Lady ·

Die wat so galbraak oor Steve, wat het julle al gedoen om ons uit hierdie verknorsing te kry waarin die Afrikaner homself bevind. Steve probeer darem. Gee hom ten minste krediet daarvoor.

Riaan van Rooyen ·

Steve, die van Rooyens van Worcester in die Weskaap is 100% agter jou. Mag God jou lui en jou wys maak sodat Trump jou boodskap swaer mag dra op sy hart en ons te hulpe storm.

Carel ·

Kan Steve Engels praat? Nog nooit gehoor nie, hoop hy weet Trump praat Engels.

E ·

Careltjie, as hy kan Ingels sing is ek amper seker hy kanit sê ook. :)

Maria Van Dieweeck ·

Mg God se wil geskied! Mag elke mens wat opstaan en iets doen vir Afrikaners baie geseen word.

Pietser ·

Ek wil voorstel dat alle donasies treuggehou word tot tyd en wyl dat Steve en kie wel daarin slaag om persoonlik met Trump te kan praat. Hierdie hele besigheid begin vir my soos ‘n Nigeriese geldmaakskema of boereverneukery lyk.

Laura Hills ·

Sanksies teen Suid Afrika beteken impak (meestal negatief) vir klein en medium en groot besighede ( deur enige velkleur) in SA. As die VSA sanksies teen ons implementeer beteken dit dat besighede wat van Amerikaanse oorsprong is en wat belê in ons land dit nie meer sal mag doen nie…. ???

Ek is ook moeg daarvan om nie aldag gehoor te word nie en nog ma meer as 2 dekades agter in die ry te staan, maar wil ek ‘n punt stel en ondersteun wat almal (alle rasse) negatief gaan beïnvloed? Verseker nie.

Johan Bester ·

Steve sê groete vir Mnr Trump sê baie van ons dink aan hom en bid vir hom.

JL ·

Al wat ek kan sê is gee vir Steve ń kans.
Miskien kry it iets reg vir S.A.
Lees wat sê Trump op CNN. Hy kry vir julle blankes jammer in SA. Ek sê maar net.
Groete aan julle uit NAM.

Ettienne Swanepoel ·

Aan al julle liberale dromers hier bo!
Julle het verseker ja gestem en wil nogsteeds nie erken dat dit juis mense soos julle is wat ons in hierdie gemors het nie. Ek ken n hele paar ja stemmers wat mans genoeg is om te erken dat hul verkeerd was deur nie na die “verkramptes” te luister nie, in plaas daarvan om agter ou f.w. aan te wals. Ons sal hoor wat julle se as iemand na aan julle wreed vermoor word, of nie werk kry nie omdat jy wit is. Maak oop julle ogies en kyk wat om julle aangaan. Ek nooi julle bietjie plaas toe dan kyk ons hoe slim julle nog is wanneer die son sak.

Celia Tjaden ·

Baie dankie vir die bank besonderhede! Ons staan vuurvas agter Steve! Toe ek gister hiervan hoor het ek dit bo op my gebedslys geplaas- kom ons bid almal saam vir Steve in sy grootse poging ooit! Hier kom n leier, dalk die leier wat ons so lankal nodig het! Hierdie sending is in God se Hand.
Ek het dwarsdeur vir Trump ook gebid en my vreugde toe ek hoor hyt gewen, was asof dit in my eie land is. Vandag weet ek, Trump en Steve, gaan mekaar baie goed verstaan! Ek sien hulle reeds in my geestesoog saam gesels en saamstem. Baie seen en baie dankie vir elkeen wat byddrae!
Baie geluk ook Steve met die pienkvoet wat op pad is ons is saam met julle dankbaar!

vermeende ·

Julle gee die liberslis te veel erkening en aandag, hulle is n spesie aan die uitsterf en nie noeminswaardig nie.

As Steve n afspraak kan kry dan sal dit n amptelike besoek moet wees, namens watter party of organusasie gaan hy?
Ek meen maar net, niemand pop gou in by Trump vir n geselsie en koffie nie.
Hierdie voorstel moes al daar gewees het net na die uitslae dan kon Steve al terug gewees het.
Steve het self JA gestem en erken dit…..sterkte.

Dan ·

Vermeende, die Hofmeyer-aanhangers verkies om nie te lees dat hulle held self ‘n liberalis is wie soos jy sê, erken dat hy vir die NSA gestem het. Dan die Engelse vrou wat hy gehad het met die kinders in ‘n Engelse skool … Hulle vertrou hom presies soos meeste van hulle sy mater FW vertrou het met die utopia wat beloof was, eie skole, eie woongebiede, ens., onthou? Wie gaan Hofmeyer nogal verteenwoordig, die Afrikaner? Indien wel, waar kry hy sy mandaat? Seker by ‘n uitgesoekte groepie wat jolig op sy “musiek” dans in hul eie klein droomwêreld. Maar laat die liberaliste maar plan maak om die fiasko wat deur hul veroorsaak is op een of ander manier aan te spreek. Die “verkrampte regses” het presies geweet wat gaan gebeur en hulle aanhoudend gewaarsku, maar luister was min. Waarom moet ander mense (lees “regses/behoudenes”) nou iets probeer doen aan hierdie situasie? Trump weet lankal wat hier aangaan hy het nie ‘n kamstige “sangheld” nodig om hom in te lig nie.

Leandra ·

Ag nee regtig. Sanksies gaan ons wit mense net armer maak!!!!!

El ·

Ons is klaar arm 400 duisend wit plakkers. Ons kan altyd toy toy en afbrand wat oor is . Lol

Alida ·

MM sluit asb die kommentare. Hierdie galbrakers is afstootlik asb. Steve het niemand se toestemming nodig nie.

genl. so en so ·

Aan almal wat negatief is vir watter rede ook al. Se nou net Steve kry dit wel reg en dinge verander positief in ons land. Sal julle spyt wees indien dit pisitief verander? Sal julle bly wees indien die plaasmoorde stop? Indien dit nie gebeur nie sal julle wat liberaal is julle huis opoffer vir iemand van kleur wat nie n huis het nie? Sal julle julle werk opoffer vir iemand van kleur wat nie n werk het nie? Dit gaan kom. So wat stel julle voor wat ons kan doen? Enige ander voorstelle van die persone wat teen Steve se besoek is? Indien nie moet dan nie kommentaar lewer nie.

Ria ·

Ek wil ook net vra, hoe op aarde gaan sanksies die plaas moorde stop?? Daar gaan net meer werkloosheid wees en mense gaan meer swaarkry. Ek wil ook se dat ek juis n positiewe mens is en in ons land glo en n bydrae lewer deur jong swart mense op te lei. Ek sit nie heel dag en kla oor hoe swaar ons kry nie. Dit mense is positief! Ek is ook nie liberaal net oor ek nie aan Steve se kant is nie.

KAROOLS ·

Celia….ek se weer….ek stem nie altyd saam wat Pietser kwytraak….maar om hom te verban….dis nie mooi van jou….dis demokrasie….spraak vryheid lok debat uit….gun hom sy kommentaar en probeer hom oortuig met sinvolle teen argumente

Ou Erdvark ·

My mede-varkerasies, sover 101 kommentare! Dit is seker Steve Hofmeyr se demokratiese reg om homself beskikbaar te stel om Donald Trump te besoek. Vir wie gaan Hofmeyr aldaar verteenwoordig? Gaan hy die varkerasies op eie inisiatief verteenwoordig? Verlang die varkerasies sanksies? Wat presies wil Hofmeyr bereik en waarom? Wat is sy strategie? Hy moet tog sekerlik vooraf oop kaarte met sy “constituency” speel en ‘n geskrewe mandaat kry? Die denkende varkerasies draf nie agter elke demagoog aan nie.

piet ·

Ou Erdvark probeer weer. Antwoord asb vir genl. so en so. Sal graag wil hoor wat jy te se het daaroor.

Irma ·

Almal het seker die reg op hulle eie mening, maar ek wonder darem of al die negatiewe mense nie maar net saam met die positiewe mense wil staan en vir Steve ondersteun nie. Ten minste probeer hy iets doen. Miskien as al ons blankes vir ‘n slag saamstaan in plaas van elkeen in sy eie rigting in ploeter, sal ons dalk meer bereik in SA, maar nou ja, dis mos makliker om net te sit en kritiseer. Steve, mag jy groot dinge bereik. Ek glo daar is baie wat agter jou staan.

Ou Erdvark ·

Geagte Piet, Ons varkerasie se strewe is om in vrede en geluk en in reg en geregtigheid met alle mede-soogdiere en die natuur, inbegrepe alle Homo sapiens sapiens, saam te lewe. Ons lewe in ‘n toenemend kompeterende wêreld. Alle volke en nasies op hierdie aarde gaan toenemend multikultureel raak. Dit is die realiteit in hierdie oorbevolkte wêreld met sy ongebreidelde bevolkingsgroei. Ons moet fokus op opleiding en opvoeding, by uitnemendheid, van ons Suid-Afrikaansed jeug. Dan sal die meeste van ons probleme langs die pad wegval. En ons moet fokus om op ‘n opbouende manier reg en geregtigheid ten alle koste te bevorder. Daar is opbouende werk en geleenthede vir ons almal. “Let us just do it.”

ada ·

Ek sien die negatiewe mense is skielik stil na die genl. se kommentaar. Wonder waarom. Wil hulle nie hulle huise of werk afstaan nie? Gaan hulle nie bly wees as die plaasmoorde stop nie? ,ou erdvark,pietser,carel en al die ander? enige kommentaar? Sal graag van julle wil hoor.

chrisp ·

ada.
Die genl se vrae is te direk.Geen maar geen liberaal kan ‘n direkte vraag kort en reguit antwoord nie.Die groepie sit nou koppe bymekaar om polities korrek ‘n lang antwoord te gee wat die vrae op geen manier antwoord nie.

Eintlik ‘n patetiese ou spul die.

Bossie ·

Steve en Donald Trump het baie in gemeen. Donald Trump het die “guts” gehad om te staan vir waarin hy glo. Ek het nie in my wildste drome gedroom dat hy eendag Amerika se Staatspresident sou raak nie. Steve, baie mense het sulke los praatjies oor Donald Trump ook gehad en kyk net nou! Dankie vir wie jy is en dat jy die “guts” het om ons te verteenwoordig. Dankie dat jy wil help om ons volk te red. Doen waarin jy glo. Wie weet, dalk raak jy nog SA se staatspresident. Nie onmoontlik nie. Ten minste kan jy tel en dan is jy nog baie intelligenter as heelparty ook. (Ag Pietser, moet tog nou net nie ‘n hartaanval kry oor my uitlating nie). Jy is dalk bevoordeel deur die “nuwe” regering maar miljoene is nie. Hier is ‘n man met “guts” en of hy bekend is of nie, dit maak nie saak nie. Jy is net jaloers. Praat ook asb tog in die vervolg net vir jouself. Ek skaam my vir jou part…

E ·

Ons as wit mense MOET nou saamstaan of jy nou van die ander een se krom neus of bak ore hou of nie! Ter wille van ons kinders. Kom ons dink aan ons kinders en hul toekoms.
Die keuse lê by ons. Dit kan nou wees of verkies ons dan dat daar nou nog ergere dinge moet gebeur en ons sit handjies gevou en wag!
Almal dink en doen nie dieselfde nie, maar asb tog laat staan die dwarstrekkerigheid en staan saam IETS WAT ONS KAN LEER BY DIE OPOSISSIE as ek dit so kan stel. En hulle kan saamstaan ! julle kan nie hiermee stry nie!
Nou toe maggies – STAAN SAAM!!!!!!!!!!

cornel ·

Dankie vir al die positiewe kommentare. Lyk my die mense – liberale – wil nie hulle huise en werke afstaan nie. Het ook niks te se oor die plaasmoorde nie. Kom aan julle liberales se julle se oor bogenoemde. Waarom so stil? Het iemand julle tjank afgetrap? Staan julle by Steve of nie? Of wil julle uit gewoonte nie saamstaan nie. Komaan negatiewe mense ons wag vir antwoorde.

de jong ·

Ek stem saam met Cornel. Pietser en Ou Erdvark en ander ook Eugene sal graag van julle wil hoor. Vir wie gaan julle julle huise en werke aanbied. Gaan julle bly wees as die plaasmoorde stop?

annie ·

Reg so Cornel. Ek kan nie wag om van die spulletjie te hoor nie. Komaan julle waar is julle kommentaar virwie gaan julle julle skenk? Julle werke? Plaasmoorde – wat is julle kommentaar? Go Steve Go!!!!!!

Gielie ·

Sterkte Steve, ten minste probeer jy. Dis hoogtyd dat iemand iets doen. Dinge kan nie so aangaan nie, waar gaan dit eindig.

Oom Walker ·

Presies watter soort sanksies word bepleit en hoe op aarde gaan dit enigsins help om toestande in hierdie land te verbeter in plaas van vererger?

Nina ·

Go vir dit Steve..vir wat dit werd is dankie vir jou waagmoed en determinasie. Moenie jou steur aan die libs nie..daar is baie hartseer en verontregte Afrikanerharte wat saam met jou ons koppe wil lig en ons stemme wil laat hoor.
May one man’s quest become a crusade xx

E ·

Kan ons asb ń petissie optrek. Kyk al die kommentare, dit sal beslis ń lang lys wees en hopelik sal dit help.
ń petissie en bank besonderhede asb., en onthou KRAG LÊ IN SAAMSTAAN, GETALLE EN AANHOU.

Ria ·

Julle is beslis die kluts kwyt! Ons ekono ie sukkel al klaar so. Is julle nou lus vir meer .Ek weet ons het sanksies jare terug gehad maar dit was n ander Suid Afrika met n baie goeie ekonomie op daardie stadium. Ek wil ook net vra wie vir Steve verkies het om hierdie besluite namens ons te neem? Sover ek weet is hy nie eers leier van enige party nie?

Henry ·

Ria
Gelukkig het Steve nie jou of my toestemming nodig om vir Trump of vir enige politikus, individu, organisasie, wie of wat ookal in te lig oor die jammerlike verval van hierdie droewe land nie.
Terloops. Terwyl jy nou so aan’t teem is oor Steve en Henk se doen en late kan jy en die paar van julle wat so beswaard daaroor is, sommer self vir Trump gaan vertel van julle besware teen Steve ens ens ens.

Mix ·

Kyk ek is waaragtie bly en opgewonde vir hierdie nuwe verwikkelling en ek staan reg agter Steve maar hier wemel n vraag in my agterkop, as die krane van finansies toegedraai word uit die buite wêreld, na wie toe draai die dorses? Die minderes want hulle het mos baie?? N Kennis sê altyd daars baie, baie! baie! tot daar niks meer is nie.

danie ·

R10 000. 00 klaar ingesamel, dit sal n redelike impak maak. Onthou stsve moet terug kom ook. Of gaan julle hom daar los. Net om mar ook iets te se oor ons “liberales” die generaal se vraag verdien nie n antwoord nie, omrede sy vraag gemik is op die minderheid wat soos hy glo. Die res van ons glo nie in wat julle regses glo nie. Maar as dit so ondraaglik is hier in suid afrika hoekom dan nog hier bly. Ek hoef nie my huis of werk vir enige iemand te gee nie, dis die lekker van die nuwe suid afrika. Die feit dat julle regtig dink dat steve v ir trump gan sien in die volgende 8 jaar spreek boekdele van julle hunker na n leier. Julle is leierloos en gryp na grashalms in die woestyn.

Scientia Munit ·

Meeste van bg kommentare verstom my. Dit se meer van die Afrikaner se (wan)hoop op die onmoontlike as van sy vermoee om rasioneel te dink.

Mense, NIEMAND (nie Trump, May of Merkel) gaan iets aan die Afrikaner se heil doen nie. Besef julle nie ons is op ons self aangewese nie? Die Engelse het die blankes in Rhodesie en die Amerikners het ons in Suidwes/Angola in die steek gelaat toe groter internasionale magte en belange ter sprake gekom het.
Dink julle regtig dat Trump plaasmoorde kan keer ?? Hy is nie n towenaar. Eerder n reeks leuenaar, rokjagter, egois, kleingeestige en oningelig wanneer dit by buitelandse aangeleenthede kom.
Of Steve die man is om namens die Afrikaner met Trump te praat is twyfelagtig. Die enigste Afrikaners wie se steun bewese en getoets is is die KP (by die stembus) en Solidariteit (ingeskrewe ledetal). Steve se twittergetalle tel ongelukkig nie in die regte wereld nie.

Maar dit alles bly n droom, ‘n versugting, om gehoor te word en begrip vir wat besig is om met ons te gebeur.
Steve en Trump is nie die oplossing.

Henry ·

Ag toggie ou Scientia Munit, ‘wyl jy so op soek is na kennis:

Niemand, Steve inkluis, leef onder die waan dat hy en Henk al hierdie probleme waaroor jy aan’t teem gaan, kan of sal oplos met ‘n gespreksgeleentheid wat MOONTLIK mag plaasvind nie. Om eerstehandse, eerlike voorligting te verskaf aan ‘n leier wat MOONTLIK tot voordeel en moontlike beskerming van ‘n paar wittes in Donker Afrika mag strek.

Hulle is klaarblyklik twee siele wat bereid is om iets te probeer.

Iets wat duidelik bo die vuurmaakplek van die paar negatiewe temers en weners is, wat hul ware hier tentoonstel en vir wie mens slegs met deemoed kan aanskou.
snik
:-)

Bossie ·

Ria, JY is die kluts kwyt! Maak oop jou oë en kyk om jou rond. Daar is amper niks meer wat hul van ons kan vat nie. Volgende bly huiseienaars in die slag! Gaan jy daarvan hou indien jy ‘n paar ekstra mense in jou huis het? Beter nog, jy gaan gelukkig wees om in jou woonstelletjie agter jou huis te bly. En dan gaan hul sê omdat jy werk is jy bevoorreg en verder moet jy dan vir die werkloses in jou huis sorg, kos koop ens. Jy dink dit sal nie gebeur nie? Dan moet jy wakker skrik. Kyk maar vir Zimbabwe. Hulle is sommer weggejaag. Sanksies gaan wel vir ons dit bietjie swaarder maak maar die geskiedenis het bewys ons kan dit vat al is ons die minderheid. Ons het iets wat hul NOOIT kan steel nie en dit is ons geloof in God. Of dink jy Die Slag van Bloedrivier is net ‘n storie? Ons is bereid om swaar te kry en dit wat aan ons behoort terug te neem. Slegs “hans-kakies” mag wel skrikkerig wees met geen murg in hul pype. Daar moet diesulkes ook wees. Kyk maar na die kommentare. Julle is in die minderheid. Gaan eerder op jou knieë en bid dat God Steve se hand styf vashou. Gebed en geloof het ons al BAIE in die verlede gehelp. Dit sal weer. Dankie Steve Hofmeyer, jy is vir ons ‘n voorbeeld. Jy bring vir ons hoop. Mag God jou seën…

Anne ·

Bossie, jy slaan die spyker op die kop. Party mense sal wakker skrik as dit te laat is.

Peter ·

Anna, Ben, AntiSteve, Johann, Audry, Vic, waarom is julle so stil? Sal julle nie bly wees indien Steve ‘n verskil kan maak nie? Trump gaan ‘n verkil in Amerika maak. Die mense in Yemen wat so uitgewis word met die wapens wat Hillary aan hulle opponente verkoop het se doppies gaan nou geklink word. Sal julle bly wees as Steve ‘n verskil kan maak of nie?
Sou graag wou hoor wat julle te se het. Sal julle julle huise opoffer vir die agtergeblewenes en julle werke? Sal julle bly wees as die plaasmoorde stop?

Vic ·

Peter, ja ou maat, ek sal baie bly wees as almal of enige van hierdie dinge gebeur. Dis moontlik. Maar nog Steve nog Trump gaan dit laat gebeur. Ek is bereid om my huis, my kar, my vrou en al my spaargeld daarop te wed. Met jou persoonlik. Of met Steve. Intussen sorg ek vir myself, en vir my gesin. En beveilig ek hulle. Ek aanbid nie ander mense, of verwag dat hulle my sal red nie.

Coa ·

Dankie Steve dat jy ten minste probeer, nie soos die mense op die kantlyn sit en brom die heel tyd. Mense kan nie meer saam staan nie, Dis elkeen vir homself en die duiwel vir die res. Ons staan agter jou. Mag jy sukses bereik, hoe gering ook al.

Joan ·

As ek reg is, is dit nou ongeveer twee jaar wat die veldtog aan die gang is “Steve vir Presidents” ? En daar was hoeveel stemme verwerf in daardie veldtog ????? En julle het al ‘n hele R 10 000 donasies gekry gekry vir ou Stevie se trip na Amerika ? Wat dit BAIE DUIDELIK maak dat Steve NIE namens al die blanke Suid Afrikaners praat nie. En dat binne in die Afrikaanse minderheidsgroep is daar ‘n verdere BAIE MINIMALE groep – wat Steve aanhaang en net terugsit en kla . So die kommando groep sal ‘n hele klompie kerk-of ander bazaars moet hou om genoeg geld in te samel. Maar sterkte met julle “delusions” Weet asb net baie duidelik dat julle beslis nie my stem het nie – en ook nie die stem van die oorgrote meerderheid nie.

Loslip ·

Joan daar is nie plek op ons ossewa vir humorlose beterweters nie. Het ook nie sulke siele se ‘insigte’ of geldelike steun nodig nie.
Vat hom Flaffie, Steve baby en alle Afrikaners wat nie vir koue pampoen skrik nie!
Kry vi’ djulle!!!

charlene ·

Steve dankie dat jy opstaan vir wit mense, al weet jy daar is baie wat te bang is om saam jou te staan, baie dankie dat jy die marteling van wit mense afkeur – en nie goedkeur soos die klomp gal-bekke wat ook kommintaar lewer. Steve dankie dat jy voel ons wit lewens is iets werd. Thanks man jy is `n yster.

Joan ·

En Pietser – stem volkome saam met jou – as dit moet gebeur, kry dan eerder iemand met integriteit en karakter om ons te verteenwoording – nie Steve wat ‘n embarrasment vir ons Afrikaners is nie !!!!

giep ·

Joan, waarom gaan jy nie vir Trump sien nie. Lyk my jy het die integriteit en karakter. As ons jou ondersteun sal jy gaan? Moenie iemand afbreek vir waaraan hy glo nie. Ten minste probeer hy – dit is meer as wat ons van julle negatiewe ouens kan se . Gaan jy dan in Steve se plek aangesien hy dan nou so sleg is. Hoor graag van jouJoan. laat weet ons jou bank besonderhede.

Boesman ·

Ai, die feit dat soveel mense Steve so verafgod is tekenend van die feit dat ons so in sy glorie in is !!!
Ek het respek vir manne soos Dirk Hermann of Kallie Kriel, maar beslis nie vir Steve nie…………….hy praat beslis nie namens my nie en ook beslis nie namens die oorgrote meerderheid Afrikaners nie !!!

Amanda ·

Ek as ‘n mamma van ‘n twee jarige seuntjie sien nie vir my kind ‘n toekoms in die land nie. As mens sien hoe die jong geleerde blanke seuns van vandag sukkel om werk te kry laat die jou met ‘n knop in die keel en sommer ‘n maagseer daarby. Waar is dae wat ons kinders buite kon speel en ‘n regte kinder lewe kon geniet? Vandag moet jy omtrent klokslag 6 uur in die aand in die huis wees en alles gesluit hou. Die misdaad en geweld in die land teenoor mekaar (nie net die blanke populasie nie) is besig om hand uit te ruk. Ek is 33 jaar oud en sien eerlik waar nie vir my kind ‘n toekoms in die land met die huidige stand van sake nie. Hoekom kan ons nie vir Steve Hofmeyer ondersteun en help nie? Daar is soveel doem profete dag in en uit wat sit en kla oor alles en niks doen nie, ek as 1 vrou gaan nie ‘n verskil kan maak nie, maar as ons as ‘n nasie kan saam staan en mekaar ophou oordeel dan sal ons virseker ‘n verskil kan maak.

gatiep ·

Die lot wat so kla dat Steve nie moet gaan nie is regtig baie bang hy kry iets reg .Ek kan geen ander rede sien hoekom hulle nie wil he hy moet gaan nie behalwe meskien dat hulle hou van die plaasmoorde.

Pietser ·

Die probleem met die beoogde besoek is dat voorgegee word dat ‘n sekere groep (die wit Afrikaners) spesifiek geteiken word. Dis onwaar – swart op swart moord is veel hoer persentasiegewys as swart op wit moord. Ek het ook al aangetoon dat witmense op plase veel veiliger is as witmense wat nie op plase woon nie, statistieke bewys dit. Die rede hoekom witmense grootliks op plase die slagoffers is, is omdat hulle diegene is wat die besittings het en dus die teiken sal wees van roof wat blyk die motief te wees in meeste gevalle. Daar is ook geen plaasmoorde in die Wes-Kaap nie wat dui op beter polisiering.

Moegviraldiebeloftes ·

Vir die wat so ja stem vir sanksies moet net ingedagte hou dat dit nou 2016 is en nie meer die 1980’s nie – die arbeidswereld verskil soos nag en dag. In die industriele bedryf is daar reeds duisende firmas wat reeds op die drumpel van bankrotskap hang – letterlik met die laaste stukke naels op die afgrond rotse se randjies krap om nie af te val nie – duisende wat vir die afgelope 2-3 jaar netnet oopbly. Sanksies gaan veroorsaak dat al hierdie firmas hulle deure gaan toemaak en ons die “sogenaamde vertraptes” gaan definitief alles verloor en in loksasies moet gaan bly met geen vooruitsigte van ‘n toekoms nie.

Marie Koster ·

Mmmm….. as ek kan onthou het ons nie n keuse gehad ons het net eenvoudig die land agv meerderheid weg gegee. Het ons nie n maand terug weereens voor God gestaan en die dag herdenk wat hy ons gehelp het, met ook n geval van duisende Zoeloes (meerderheid) en nou ongelowige boerenasie staan ons weer daar. Dankie Steve ons is wel in die minderheid maar jy het vir God en ons….. Sterkte

Pietser ·

Ons voorsate sal ook eendag voor God staan en verduidelik hoe hulle toegelaat het dat ‘n walglike apartheidstelsel ontstaan het wat daarop gemik was om mense van kleur te vertrap en van hul menswees te ontneem. Ek dink jy moet solank vir diesulkes begin bid.

Ou Genaraal Vuilvark ·

My mede-varkerasies, whalla, 159 kommentare sover! Quo vadis Afrikaner? Die Afrikaner is weer by ‘n kruispad. Hy moet besef en daarmee vrede maak dat hy ‘n klein volkie is sonder ‘n eie gekonsolideerde grondgebied. Hy sal nou deur sielswroeginge moet gaan dink hoe en waar hy as volkie kan en moet inpas in die nuwe Suid-Afrika (of elders). Afrikaners kan nie alleen in vrede en voorspoed leef op ‘n eie eiland in ‘n see van grootse armoede nie. Maar ek vertrou dat die Afrikaner ook die nuwe uitdagings sal oorkom solank ons ander gun wat ons onsself gun. Hiervoor het die Afrikaners ‘n strategie en Gantt-kaart nodig. En die Afrikaners moet nie vertrou op konings en prinse nie.

Collin ·

Ek kan nie glo wat ek hier ondervind nie!!!

As jy niks goeds te se het nie bly eerder dan stil, of is dit so belangrik om vir almal te wys hoe min jy weet wat in die land aan gaan. Hoekom stap jy nie in een van die wit plakkers kampe in en se vir al daai mense dat hulle almal verdien dit om daar te wees nie.

Ek kan sien dat al die wat Steve afkraak nog nooit in die middel van n plaas moord was nie. In die tydperk 2007 – 2008 het ek in n area gebly wat daar 42 plaas moorde gepleeg is op wit boere. Dit is +- 10% van die wit popelasie in die area. In die meeste gevalle is daar niks gesteel nie.

Ek ondersteen Steve 100% met sy taak wat voor lê!!! Niemand verdien om so te leef nie, nie wit of swart nie!

Serkte Steve, ek dra jou en die Afrikaner bevolking op in my gebede.

O.O.K Realis ·

Om weerstand te bied teen ‘n regering wat nie sy werk doen nie, is reg. Om te glo dat jy dit net met blankes gaan verander is ‘n dagdroom, ons is eenvoudig te min. Voor Steve nie die meerderheid se steun het nie, gaan hy nie vir SA kan onderhandel nie. Voor ons nie besef dat ons alle regdenkende (nie regsdenkende nie) Suid-Afrikaners nodig het nie, gaan niks verander nie. Hoe edel ook al Steve se patroitisme, hy is nie SA se antwoord nie.

Lynn Jacobs ·

O.O.K Realis, het jy dalk die regte antwoord? Wie beter as Steve?

aaijaaijaai ·

Outjies, Steve is n goeie ou, ‘n so-so sanger en iemand met n slag met (ouer ?) dames. Om namens n deel van n volk met enige iemand te wil onderhandel verg politieke- en regskundigheid. DIT het Steve nie. Steve, ek hoop jy hou jou by jou lees en portuur. Begin deur met Neil Daimond te gesels. :)

Pietser ·

Dink jy ou Steve gaan so gelukkig wees om ‘n onderhoud met Neil Diamond te kry?

Pietser ·

Ek probeer iets doen vir ALLE Suid-Afrikaners. Die Afrikaner is nie verhewe bo die res van ons bevolking nie (alhoewel sommige verkramptes hier duidelik so dink).

Catharina ·

Niemand het gedink Trump gaan wen nie, maar daar was baie Christene wat gebid het dat hy moet wen. En nou? Met gebede en hulp kan Steve ook ‘n verskil maak. Ek staan sonder skroom by Steve. Sy private lewe het niks met hierdie saak uit te waai nie. Kyk na julle eie private lewens voordat julle klippe gooi. Met gebed en geloof kan berge versit word. Ek sal bid vir Steve en ek hoop daar is ander wat saam met my sal bid. Nie die klipgooiers nie want ek weet nie of hulle in staat is om te bid vir die regte ding nie. Laat hulle maar klippe gooi – ons steur ons min daaraan – dit maak ‘n mens net sterker vir waarvoor jy veg en glo.

Petro ·

Pietser asb waarom VF+ nie goedgevaar het nie omdat ek glo baie het vir DA gestem in die Weskaap om die ANC te verhoed om hier meerderheid stemme te wen. Moet jy ook nie namens die afrikaner praat nie want jy weet niks.

Lynn Jacobs ·

My gebede is met jou Steve. Jy is ‘n uitmuntende patriot. Ek bid saam met ons minderheid dat jy suksesvol sal wees

bok-bok ·

Eenhonderd persent saam met julle, AntiSteve en Eugene. Nog weer ‘n reklameslenter van ‘n ou man wie se raklewe lankal verby is.

Edward ·

Trump het ‘n bekende aktirse in die media sleg gesê. ‘n Ander bekende akteur vra toe vir Trump of hy nie Amerika moet bestuur nie. Miskien moet ek vir Steve vra of hy nie liedjies moet skryf en sing nie. Kunstenaar en politikus gaan nie lekker saam nie. Steve moet besluit watter rigting hy wil gaan.

Francois Ferns ·

Ek neem waar dat daar deesdae baie bitter libs is want hulle weet dinge is alreeds omgekeer. Eers Trump, Brexit en Italie en volgende Le Pen, AfD,UKIP en Geert Wilders. Dit gaan n groot invloed in SA tot gevolg he. Nasionalisme groei want mense is gatvol

Leon ·

Wys net weer na al die kommentaar met klem op kommen dat blank nooit weer sal saamstaan ni…. ai hoe hartseer

Jacob ·

Hou aan sê Afrikaners kan nie saamstaan óf stem nie, ons het net onsself om te blameer want hoe meer ons dit sê hoe groter word die skeiding en hoe meer begin ons dit glo. Dis elkeen vir homself oor ons almal glo ons weet beter, luister na die wysheid en word wys. Keer terug na God se woord en volg Sy instruksies, minder EK en meer God. Ons verafgod vir Steve en ons hoop dat hy die antwoord op die probleme is, maar Steve het nie tyd vir al die mense van ons land nie hy veg vir die minderheidsgroep. Jesus het nie net gesterf vir sekere mense nie. God sal jou beskerm en seën in die land wat Hy jou gee, Hy is die enigste Leier, Hy is die enigste antwoord vir die situasie waarin baie hulself vandag nie net in Suid-Afrika nie maar wêreldwyd bevind, en nee dit beteken nie jy moet agteroor sit nie, doen introspeksie en verander jouself vir die goed, God sal jou paaie gelyk maak, glo en vertrou eerder daarin!!!

DBR ·

Haai mense ek lees amal se kommentaar hierso op ek stem saam Steve want als gaan nie net oor ja die wit mense wil weer oorvat nie, ons soek n stem want al die ander lande neem ons kwalik vir apertheid en dink ons kla en kla net .. Julle moet ook onthou Henk gaan ook saam ek meen hulle wil praat oor BEE die plase wat weg geneem word moord en misdaad die VN wil niks doen so wat nou ? Steve try maar net vir ons n stem gee… Ons soek nie apertheid ons soek regverdig dit is al.. Nou dit is waaroor ek dink Steve met Trump wil praat en nie 1 mens op die kommentaar kan vir my se die land is regverdig nie amal weet die land kort drastiese druk om hul maniere te verander…. Asb mense ondersteun vir Steve en Henk dit is n klein stem wat kan werk as dit nie werk ons afrikaaners sal wel n manier kry ons het altyd en sal weer… Moenie kom met Sansies nie want dit is gladie waaroor dit gaan nie dit is net REGVERDIGHEID wat ons soek !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.