Steve sing ‘Die Stem’ op nuwe album

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Die sanger Steve Hofmeyr beplan om ʼn gedeelte van ‘Die Stem’ op te neem vir sy nuutste album wat in September bekend gestel word, het Beeld Woensdag berig.

“Dit was bloot op versoek,” sê Hofmeyr. Hy het onlangs vir omstredenheid gesorg toe hy die lied vanjaar tydens die Innibos-fees in Nelspruit gesing het.

Hy het aan die koerant gesê hy beplan om ‘Die Stem’ “net so op die kitaar te doen” en teen die einde die gehoor wat dit saam met hom by Innibos gesing het, “al 40 000 van hulle”, se stemme by te voeg.

Op ʼn vraag aan Hofmeyr of hy dit doen om sy kritici te irriteer of sodat sy aanhangers by die huis kan saamsing, het hy geantwoord “albei”.

Die nuwe album is die derde aflewering in die Toeka-reeks, waarvan reeds meer as 350 000 eksemplare verkoop is. Hy sê dit sal inpas by die reeks se tema van nostalgie.

“Ek is net spyt dat ek nie vir Neelsie [C.J. Langenhoven] kon opspoor vir ʼn duet nie,” het Hofmeyr geskerts.

Hy beplan ook om nog ʼn album uit te reik met die volledige weergawe van ‘Die Stem’, ‘Ken jy die land?’, ‘Die lied van jong Suid-Afrika’ en ‘Suikerbossie’.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Marlene Oosthuizen ·

Steve jy is my hero! Doen so voort. Moenie dat die gespuis jou stil maak nie. Baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy nog lank ons hero bly

Marco ·

Hoekom Dee? Hy is ‘n ware patriot. Niks daarmee fout nie, of is dit DIE STEM wat jou pla?

Andre'-Pierre' ·

Dee maater jou ma moes jou geleer het van “as jy nie iets goeds kan se nie bly jy eerder stil”

Griet ·

Dee, kom asseblief net oor jouself………….. Jy hoef nie die CD te koop nie OF van Stefaans te hou nie.

Riette ·

Ek dink dis awesome! Gelukkig hoef almal nie die CD te koop nie ne?

Anton Visser ·

Dankie Steve sal daai cd’s koop! Geluk met jou verjaarsdag die 29ste! Mag die volgende 50 geseend wees vir jou en jou familie! Sien jou die 11de by die Unie Geboue!

JB ·

Steve, ek haal my hoed af v jou! Wens elkeen van ons het die “guts” gehad soos jy! Sterkte!

Willie ·

Vandag sing ek: ” Veels geluk liewe Steve omdat jy verjaar…” Maar defnitief sing ek ook die Stem vir jou!

Lekker verjaar, mag daar nog baie gesonde en aktiewe patriotiese dae en jare by jou lewensdae gevoeg word.

Adri Britz Venter ·

Sing asb al daardie ou liedjies ook dan kan ons kleinkinders dit ook eendag geniet .Van wie Idiote praat vir wie jy iereteet weet ons Boere niks

De Wet Momberg ·

Wat die simpelste ding is van die hele Steve-stem storie is dat dit net die wit Afrikaners is wat so tekere gaan . Die res van die demografie gee nie ‘n duit om wat hy sing op ‘n Afrikaanse fees of op sy cd nie . Hulle koop dit nie en woon ook nie die feeste by nie .

Elfie ·

@De Wet Momberg – en tog maak hulle groot hoe-haa as hy die Stem sing! Klink nie vir MY of hulle nie ‘n duit omgee nie!

Elfie ·

@De Wet Momberg – en tog is daar ‘n groot hoe-haa van jou sg demografie as hy die Stem sing! Klink nie vir MY asof hulle nie ‘n duit omgee nie!

"Huh!" ·

Pragtig Steve! Jy is slimmer as die houtjie van die galg. Is dit vir jou volgende ryding?

Kyk, as Steve opreg en eerlik oor die sakie is, sal hy aan almal wat kan bewys dat hulle by die fees was, ‘n gratis eksemplaar van die laserskyf gee.

Hoe sê jy, Steve? Gaan jy 40 000 stemme verras? Ek betwyfel dit sterk. Daar is mos ‘n hele paar rand in 40 000 eksemplare.

"Huh!" ·

Hoekom kan ek nie meer my pos wysig nie? Dit moet “ryding”, en nie “riding” wees nie.

Anita ·

@ “Huh!”: Hoekom wonder jy oor wat Steve met sy geld doen?!

Al die “live shows” dvd’s wat beskikbaar is, moet daardie kunstenaars ook gratis dvd’s aan die gehoor uitgee?

Dis seker wat jy sê as jy jouself in die spieël sien “Huh!”

Riette ·

Ek weet ook nou nie eintlik wat het dit met enigiemand te doen hoeveel geld Steve maak nie, dis nou nie asof hy nie daarvoor werk nie…

Petrus Swanepoel ·

Steve is ‘n persoon wat standpunt in neem en hou by sy woord, blykbaar ‘n gebrek onder sekere kommentators op die berig. Sy CD met die stem op gaan ek beslis koop, dit herinner my aan my jeug tyd sonder sorge. Ons besoek elke jaar die Innibos en sing elke bekende liedjie saam met die sanger, maak nie saak of dit ‘n treffer van Eden is of ‘n gedeelte van die stem, dit is lekker, sommer baie lekker.

Conrad ·

Steve, begin sommer die CD met Die Stem en sluit hom af met Die Stem.

Conrad ·

Soos die Bulls song altyd kliphard by wedstryde gespeel word, gaan Die Stem ook nog harder by wedstryde gespeel word.

Johan Coetzee ·

Steve, lekker verjaar, jy’s ‘n yster! Dankie vir jou onverskrokke patriotisme. Die Afrikaners wat nie te skaam is om Afrikaners genoem te word nie, en hulle nie skaam vir hul volkslied en eie afkoms nie, het ‘n intense behoefte aan voorlopers soos jy. Doen so voort!

veronica ·

Steve vir President!! Doet so voort my vriend!! En as jy (wat nou hier lees) nie met my saam stem nie; gaan net stilletjies weg en niemand sal seerkry nie!! Dis my reg om te saam te stem met die wat nog ruggraat het en nie bange muise is nie!! Dis van stilbly dat ons is waar ons is! Loop regop , sit regop en moenie toelaat dat iemand jou skuldig laat voel omdat jy blank is en alle reg het om in hierdie land te woon nie! Ek hebt gesegd!!

Adoons ·

Steve, tien uit tien vir jou! Ek koop jou nuwe CD!

Net ‘n tegniese puntjie oor die Stem se woorde (ek verbeel my jy het die foutjie gemaak by Inniebos).

Dis “ruis die stem van ons geliefde (enkelvoud), van ons land ….”, en nie: “ruis die stem van ons geliefdeS …” nie.

Die geliefde waarvan hier gesing word, is Suid-Afrika, nie ons familie en vriende nie.

monika ·

Steve baie geluk met jou verjaarsdag en sing daai lied. Baie van ons mense sal daai CD koop. Jy is die een wat ons kan help met trotse afrikaanse liedtjies as die ander te bang is.

Zoe ·

Wonderlik, wonderlik, wonderlik. Hierdie CD sal ek koop en vir my kinders speel, vanaf 1994 het hulle werklik nog nooit die geleentheid gehad om dit te hoor nie, en dit is so mooi Stem, niks verkeerd met sy woorde nie, niks haatspraak nie. Wonderlik Steve, ek sal jou ondersteun hiermee, en basta met die klomp stoelsitters wat altyd wil kla maar niks wil doen nie. Wonderlikd at jy dit vir ons doen om te bewaar vir ons kleinkinders ens.

Danel ·

mooi Steve almal gaan saam sing . kan ek jou vra om vir ons kinders van God n Gospel cd te maak dit sal so goed wees ek kan jou pragtige stem hoor die hout kruis sing ASB ons in SA het nou God nodig

Esstelle ·

Sjoe ek stem 1 miljoen keer saam jou, kan myself in dink watse hoendervleis oomblik dit sal veroorsaak as hy Houtkruis moet sing!

Griet ·

Dankie Steve, sluit sommer die “Vlaglied” ook in – dit is net so mooi!!

Lynni ·

Julle kan maar juig oor die stem wat Steve sing, maar skrik wakker. Apartheid is vir altud verby. So wat help dit ons juig so? Daar sal nooit nooit weer wit regering wees. So ons kan Stem dag en nag sing. Parlement bly dieselfde.

Griet ·

As jy dink dit is hoekom ons juig dat Steve die Stem sing, moet JY wakker skrik.

Niemand wil Apartheid terug hê nie. Ek glo ons het almal tot ‘n mindere of meerdere mate vrede gemaak met die feit dat SA nie weer ‘n wit regering sal hê nie. Persoonlik gee ek nie om wat die kleur van die regering is nie, solank die regering van die dag hulle werk doen (wat nie nou gebeur nie – dit sluit in: dienste aan ALMAL verskaf, nie belasting betalers geld plunder nie, ens.) en geen minderheids groep se regte vertrap nie. Maar die regering van die dag spits hulle daarop toe om die Afrikaner en Afrikaans af te takel terwyl ons net staan en toekyk want daar is elemente wat dit steeds regkry om ons te laat glo ons is die vark in die verhaal, wat twak is!!

Die Stem is ‘n mooi lied – daarom wil (en sal) ons dit sing. Vir my as Afrikaner IN Afrika is veral die laaste strofe soos ‘n belydenis en ek haal aan:

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Ons (ALMAL) in SA het God as ‘n nodig, nou meer as ooit en as hierdie woorde vir iemand daardie betekenis kan openbaar……..waarom nie nie stem sing nie?

Lee ·

Onse VADER in die hemel…
ek sien U is in die lied…
ek bid dat Steve U sal vind…
dat almal U sal vind…
gebruik die lied om mense weer te herhinder…
Suid Afrika…net soos die res van die aardbol…
is in U hande…
aan U al die eer…net soos ons voorvaders op U almag alvertrouend gewag het…
mag hierdie generasie ook hul voorbeeld volg…laat U wil geskied…
mag die gebeds lied…U verheerlik en nie Steve of die Afrikaner nie.

Martyn du Plessis ·

Sing Steve sing. Ek is veral `n voorstaander van eie grond, waar `n ordentlike wit en bruin regering
regeer, christelik,sonder apartheid. Niks fout met die Kaapprovinsie in sy geheel vir hierdie idee nie.

Thea ·

Mal oor Afrikaans en die stem Ons is nie maginuste nie….hoekom moet ons altyd ons bekke hou oor alles ons mense word vermoor ons rand word deur politiek verswak en ons bly stil.. . ……… .

Marieta ·

Steve, dankie vir die mens en patriot wat jy is! Ek glo dat jy deur jou optrede baie honderde halfwas slapgat blanke afrikaners weer sover gekry het om te besef dat dit nie help om in die mou te sit en mor oor die vergrype in ons land nie.Van hulle mag dalk nou kritiseer en klippe gooi, maar ten minste is hulle nie meer apaties daaroor nie.

Gerhardt ·

Hi Steve, hoop jy het ‘n GROTE gehad !!! Nou kan jy ‘n cd met “Steve se 50” maak…. Lol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.