Steve skryf ope brief aan Jaco Oelofse oor sy “EFF(ense)” denke

ʼn Skakel na Hofmeyr se volledige ope brief volg onderaan die berig.

Jaco Oelofse. Foto: @EFFTuks op Twitter.

Jaco Oelofse. Foto: @EFFTuks op Twitter.

“Man, ek is lief vir filosofie, is geensins homofobies nie en maak werk daarvan om my geskiedenis te ken.”

Só skryf die sanger Steve Hofmeyr in ʼn ope brief aan Jaco Oelofse, sekretaris van EFF-Tuks, nadat Maroela Media Vrydag ʼn artikel gepubliseer het waarin Oelofse gesê het grond in Suid-Afrika wat deur geweld afgeneem is, moet aan die regmatige eienaars terugbesorg word.

Maroela Media het Vrydag ʼn onderhoud wat Sapa met Oelofse gedoen het gepubliseer. Die artikel het wyd reaksie uitgelok.

Oelofse is sedert Oktober 2013 ʼn lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en sedert Februarie ʼn lid van EFF-Tuks. Die 23-jarige is ʼn filosofie- en politieke wetenskap-student. Oelofse het in die onderhoud gesê hy is ʼn Marxis en het onder meer sy ondersteuning vir nasionalisering uitgespreek.

Hofmeyr skryf in sy ope brief, getiteld Jaco Oelofse se EFF(ense) denke, die volgende: “Soos die Marxisme maar is, ‘n prag-teorie met geen voete in realiteit nie, ontgroei baie dit ná kampus, ná sakgeld, ná subsidie en ná volwasse nabetragting.”

Hofmeyr skryf verder: “Daar bestaan nouliks enige Suid Afrikaners wie se huidige eiendom met ‘geweld’ bekom is. Om dit te wil wegvat is siek afguns, krimineel en luigatgeit, algar fataal vir ‘n land wat, soos Suid Afrika, produktiefgestremd is.”

Oelofse het ook gesê as gay persoon glo hy dat die EFF die regte party vir hom is aangesien hulle loshande die mees “progressiewe beleid rakende geslag en seksualiteit het” en veg vir die gelyke behandeling van almal.

“Gays (en vroue) is vir my lankal nie meer sosiale buitestanders nie en jou reaksie is een wat die strooiman lewe moet gee, want daarsonder kan jy jouself klaarblyklik nie definieer nie.”

Kliek hier om Hofmeyr se volledige ope brief te lees.

Lees ook:
Onteien grond wat “met geweld gesteel is”, sê EFF-student

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

frikkie ·

Dit slaan my stom dat ons nog sulke mense op n kampus toelaat hoe in jou lewe kan jy so dink. Pleks leer die ou iets hy kort n filosofiese klap teen die kop n regte hans kakie.

juan morgan ·

Viva EFF viva ek staan agter julle maak nie saak wie wat skryf van julle nie!!!!!!!!!!!

Demokraat ·

Hi Juan, die persoon waarom die ganse twispunt gaan, ene Jaco Oelofse, beken dat hy ‘n Marxis is.

Ek wonder of Jaco weet dat Marxisme op ‘n tydstip as beleid deur ‘n paar wêreldlande aanvaar en uitgevoer is maar dat dit ongelukkig, met die verloop van tyd, geblyk het nie die resultate opgelewer het as wat verwag is nie – dit is mettertyd as beleid laat vaar en vandag hoofsaaklik ‘n brokkie geskiedenis wat elders opgeteken staan.

Juan, jy moet self wysheid bekom maar ook vir Jaco reghelp !

Danie ·

@Juan Morgan.Jy is n kalkoen wat vir “thanksgiving” stem.Wat op aarde maak dat jy hulle ondersteun?

piesang ·

Met n brein soos n slak en oogklappe soos n donkie dan stem jy soos jaco

Nina ·

As kind duidelik nie hard genoeg geblik…m nie. Shame. Verdomde Haas. Ek gril my DOOD!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.