Steve ‘teleurgesteld’ oor MultiChoice se besluit

Steve Hofmeyr (Foto: Steve Hofmeyr/Facebook)

Die sanger Steve Hofmeyr het gesê hy is teleurgesteld oor MultiChoice se besluit om nie meer enige blootstelling aan hom te gee nie.

Maroela Media het vroeër berig MultiChoice het bekend gemaak dat hy nie meer enige inhoud sal uitsaai waarin die sanger Steve Hofmeyr verskyn nie. Dit sluit enige argiefmateriaal van die sanger in.

Die maatskappy, van wie DStv ʼn filiaal is, het aan Channel24 gesê dat hy nie enige verdere blootstelling aan die kunstenaar gaan gee deur lugtyd of enige geleentheid waardeur die kunstenaar ʼn inkomste kan verdien nie.

Hofmeyr het aan Maroela Media gesê hy is nie seker waarom MultiChoice dié besluit geneem het nie. “Hulle sê nie eintlik [wat hul rede vir die besluit is] nie. My opinie, seksuele voorkeure en Godsbeskouing is verskans in die Grondwet. Ek aanvaar maar dat die vlekvrye Julius Malema en die BLF steeds voorkeurbehandeling sal geniet op MultiChoice se kanale.”

Hy sê geen individuele kunstenaar in Suid Afrika het die maatskappy se platform soveel inhoud gebied in drie dekades nie. “Ek het ‘n groot bydra gelewer deur musiek, video’s, onderhoude, geselsprogramme en films, tot ure se advertensiespasie en jare se subskripsie wat uiteindelik kon lei na hul aandelebeurs-potensiaal.”

Volgens hom het die maatskappy ook DStv deur hul kykNET-kanaal kom bevorder by sy Country Is Groot-konsert verlede naweek. “Ek kan nie begin dink hoeveel ek hulle kon baat, veral vanaf 2014, toe hulle die eerste keer geweet het van my twiets nie.”

Hofmeyr het gesê sover dit indirekte kontrakbeurt gaan, sal regsopsies dadelik oorweeg word. “Daar is gelukkig ander interessante netwerke wat hierdie geleentheid sal aangryp om hulle subskripsiemodelle te bevorder. Inhoud is waaroor dit gaan. En daarvan het ek genoeg.”

Hy sê MultiChoice se besluit sal hom nie verhoed om sy mening op sosialemediaplatforms en by sy konserte uit te spreek nie. “Ek het destyds JA gestem vir die nuwe Suid Afrika, primêr om my kollegas los te maak van sensuur. Ek ken hierdie donkereeuse snoerwerk glad nie. Ek duld dit ook nie. Dis, soos met MTN, ‘n politieke speletjie vir die ANC-galery.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

135 Kommentare

Pensioenaris ·

Steve, ons is miljoene wat agter jou staan en jou altyd sal ondersteun. Byt vas en wys hulle.

Slim Koos ·

My opinie is dat net die 60 mense wat hier kommentaar gelewer het, (dalk) hul dstv gaan stop. En dit seker weer gaan aansit sodra daar ‘n golf of rugby wedstryd wys. Dstv gaan nie juis oor julle veel trane stort nie. Ek is al moeg vir Steve en al die drama wat altyd om hom draai. Dankie tog Multichoice haal hom af. Hoop Maroela hou ook op om oor hom te berig.

rollie ·

Slim Koos – Beslis en ons praat nie hier van iemand met ‘n onbesproke karakter nie. Wie sal vergeet van die veelwyery, die uitgooi van tee oor ‘n vrou, die aaranding van ‘n verslaggewer, ens. Dan praat ons nie eers van sy sotlike “politieke” uitsprake nie. Nee wat, bad news, multichoice en ander goeie borge moet hulle goeie beeld beskerm en nie met hom assosieer nie. Heel verstaanbaar en die korrekte besluit.

TN ·

@Slim Koos en Rollie __ julle vat die woorde so uit my eie mond uit !

Leser ·

Ja, toemaar Steve, ons gaan nie van jou vergeet nie. Nou gaan jy sien hoe skiet jou verkope die hoogtes in. Moenie gaan le nie. Die mense is dwase!!

J ·

Moenie my by daai “miljoene” tel nie asb. Tyd dat Steve groot word en verantwoordelikheid neem vir sy dade. Hy’s presies dieselfde as Malema, net n ander kleur.

christoffel ·

ja nee Rollie dis sulkes soos jy wat tien teen een dalk nie eers gaan stem nie en dan
het jy nog so baie te se.
Steve weet waarvan hy praat en ongelukkig weet jy glad nie en die ander rillers Slim Koos en TN nog minder

Mitz ·

Wat nou aangaan het my stem vir hierdie jaar ook verander. Ek is keelvol dat Afrikaners so geboelie word en Steve is die enigste een wat nog altyd vir sy volk opgestaan het, mans genoeg om sy sê te sê, waarvoor ons almal maar net bang is. Jou Country is Groot, is maar net nog ‘n bewys dat jy die lafaards nie nodig het. Ek was en sal jou altyd aanhang, het enorme respek vir jou. Sien jou by Jou AIG. Bou so voort Steve, in my oë is jy ‘n legende van formaat en sal altyd wees! My hart klop Hallelujah ienand sê Amen!!!! DSTV jul is van swak gehalte, Netfix is die beter opsie.

nic ·

Steve as jy vir president sou staan sou jy beslis wen multichoice gaan nog sy gat sien NIC

Corne ·

Steve praat te veel politiek by sy optredes volgens my. Ek gaan om ń show te kyk en nie politiek aan te hoor.

Corne ·

Biokot Dstv en multichoice,gaan stop jou Dstv .
Die dom ,breinlose maatskappy Moët op die harde manier leer.
Ek sal nou R1000 n kaartjie betaal om Steve the sien .
Go Steve

Umo ·

@”Slim”Koos. Ja Koos, ek is ook nie n groot Steve ondersteuner nie, maar as net sekere mense hul opinie mag lewer, dan is dinge mos nie meer gelyk nie? Maar aangesien Multichoice ongevraag toe getree het tot die politiek, SAL ek hulle nie verder ondersteun nie. Ek kan nou my F1. enige sport, en beter series en films met intenet en Netflix kry. En ek spaar R500 per maand in die proses. Dankie en Totsiens Multichoice. (Weet hulle gaan my nie mis nie, maar ek gaan hulle ook nie mis nie).

Boerboel ·

Dis reg Steve, moet nie gaan le nie, Jy sal weer jou voete vind. Hierdie is suiwer boelie van ons taal en kunstenaars, Muti -Choice julle gaan dit nou voel op julle sakke. Steve ek sal jou ondersteun . Hierdie is die ANC se werk.

Yolanda ·

Steve ek staan 100% agter jou. Multichoice sal dit verseker aan hulle sakke voel.

Elzabé Holloway ·

Steve jy is n fantastiese mens en kunstenaar en het nog altyd op gekom vir jou land en medemens – jy is beter en groter as sotlike Multichoice ek en my kinders het Multichoice gelos!! Hulle is nie untouchable nie en kan jou nie keer om steeds konserte te hou nie… ons sal enige bedrag betaal om jou te sien op- tree en Ja hulle moet onthou groot Maatskappye het al hulle ??? te gesien en die lewe het n manier om self aftereken met daai soort varke wat net vir een ding staan- you go bigger en bigger ek is baie trots op jou vir wat jy vir mag het en nog gaan!! Dit is moeilik maar moet jou nie steur aan diegene wat jou so af kraak en beledig nie!! Vat dit van wie dit kom dit sê baie van daai persoon se karakter en gewoonlik n geval van while you busy judging me your closet fell open and all you skeletons too!!!

Felix ·

Steve, ek is nie ‘n aanhanger van jou musiek nie, maar ek het ongelooflik respek vir wat jy vir 30 jaar gedoen het, jou waardes.

Felix ·

Aha, Steve, kom ek verklap ‘n geheim, ek gaan kyk wel nou en dan wat jy op twitter of op jou Facebook geplaas het.

Move on ·

Dis tyd dat afrikaners hulle eie kanaal op netflix of top box begin .Die meeste afrikaner kan nie Dstv bekostig nie .

LBS ·

Die meeste, en ook nie net Afrikaners nie, wil nie meer MultiChoice se DSTV hê nie!

SANETTE ·

DSTV wys tognet programme oor en oor. HULU NETFLIX EN YOU TUBE is baie beter en meer bekosbaar so hoekom wilmens DSTV he . Steve jy is n opregte ware afrikaner wat nie bang is om te se wat op jou hart is. trots op jou

HPV ·

Ons het multiwatsenaam nie nodig nie, maar hulle het ons nodig. Hulle staan bakhand vir ons geld. Laat die anc, eff en blf hulle maar aan die gang hou.

Maria Boshoff ·

HPV en dié trawante wie jy hier by name noem, is níé bekend vir hulle bereidheid om te betaal vir wat hulle wil hê en ook alreeds gekry het nie!

Neels ·

Kom mnr Ramaposa gister met sy stelling voor n gehoor dat afrikaans sy regmatige plek sal kry. Alles net lee beloftes en pilitieke praatjies . Hier is weereens n bewys dat daar teen die afrikaanses gediskrimineer word deur n instelling wat ons wil onderdruk en probeer breinspoel. Eers is afrikaanse godsdiens programme tot die minimum beperk en nou wil hulle vir ons voorskryf na wie ons moet luister. Waar is daardie regmatige plek mnr CR

Vintcent ·

Die aanslag is teen meer as net Steve. Dit is teen die meeste blanke, Afrikaanssprekende individue. Die meerderheid van hul dink soos Steve en assosieer met hom. Daar is wel die klompie wat eerder heuel met diegene wat die aanslag dikteer. Hul was egter nog altyd n doring in die vlees, sedert die dag wat Van Riebeeck en sy maats hier geland het.

rollie ·

Dis waar jy die fout maak. Meeste Afrikaners assosieer hulle NIE met Steve se politiek nie. Die wat hom wel steun is die ou konserwatiewes, die apartheid-simpatiseerders, die nee-stemmers van 1994

Talie ·

Jou velkeur, Steve is verkeerd. Demokrasie werk in SA net een kant toe. Miskien is dit n goeie plan om met n eie kanaal te begin.

Diertjie ·

Nee wat kla DStv gekanseleer!!! You go Steve ?? ons staan vas agter jou!!

Mieliestronk ·

Steve begin jou eie party. Ons Afrikaners weet nie vir wie om te stem nie. Die twee partye wat daar was die DA en die FV plus pak dan nou mekaar oor Afrikaans . Dit moet saam staan vir Afrikaans teen die anc

Niel ·

Steve stem juis vir vf+. Vf pak DA aan oor hulle tweegesig is oor afrikaans ens.

Josua Keys ·

You go Steve!!! Kry jou stem agter die VF+ asb, die debad is Vrydag op Maroela, hulle pak mekaar nie, dit gaan oor wie werklik staan vir Afrikaans en vir sy mense die DA soek net stemme maar voel vere vir ons en Vrydag sal dit bevestig word, weereens dankie aan Steve wat nog nooit haat aangeblaas het nie maar net opgestaan het vir ons kultuur, Stem en Landsvlag dit het niks met apartheid te doen nie of om dit terug te roep nie. Ons vlag staan nie net vir Afrikaans nie maar vir almal wat gesterf het in en om die land ongeag jou velkleur, hier gaan dit oor wat voor Jan Van Riebeech gebeur het daarna asook al die oorloë wat in die land en res van die wereld deur Suid Afrikaaners uitgevoer was, Bloedrivier, Boere oorlog , eerste wereld oorlog, tweede wereld oorlog en dan die bosoorlog en om nie eens die oorlog teen die regs van die wereld asook die antichruis en kommunis te praat nie. Die is geskiedenis mense nie n klomp politiese snert nie, dit is waarom die ou SA vlag so belangrik is, daar is nie n vlag in die wereld wat hierdie tipe geskiedenis kan opper nie want ons het ‘n wereld weie geskiedenis maar omdat dit nie in ons skole geleer word nie sal die onkundige steeds daarteen baklei en dit wil verban asook ons Afrikaanse regte en kultuur.

Niel Ackermann ·

Multichoice and anti white politics is obsessed with Steve Hofmeyer. But the good news – he is the winner in the whole saga, and multichoice the laughing stock of SA!

Mands ·

Ja dat een persoon ‘n boot so kan skud, die “anti Steve” is draadsitters, dit het nog nooit net oor hom gegaan nie, HY staan vir die Blanke Afrikaner, sy Land en die Taal. Of jy van sy musiek hou of sy politieke sieninge is nie relevant, almal het keuses en jyt nie nodig om na sy musiek te luister of na sy sosiale platforms te kyk nie. Multichoice/DSTV you had a shocking amount of cancellations in the last two months – well deserve!!! You will go down quicker than you think, but Steve will still rise to the occassion like he has shown and always will!!

christine ·

Staan agter jou Steve niks sal ons afrikaners onder kry .

christine ·

STAAN 100% agter jou STEVE.JY staan op vir ons mense en afrikaans en die boere.

Liza Pietersen ·

Steve, ons staan 101% agter jou. Ek koop nog steeds al jou CD’s & DVD’s. You go….

ChrisE ·

Geagte mnr Hofmeyer. Ek is die die slimste of wyste man onder die son nie. Ek het al bietjie teer en grondpad in my lewe geloop. Ek verstaan jou teleurstelling/ontnugtering met Multichoice se aksie. Dit is hul demokratiese reg om hul naam met ‘n plank te slaan. Jy moet egter nie na hul vlak daal en ‘n teenreaksie van stapel te stuur nie. Jy gaan jou eie naam dan met dieselfde plank as hulle slaan. Hulle verwag aksie van jou, los dit. Wys hulle jy is aan beter gewoond en kan die tipe aksie oorkom. Dit is ‘n sprekende voorbeeld van intellektuele onvolwasse en onrustige optrede aan hul kant. Jy is ‘n bedreiging vir of van iemand. Die optrede van Multichoice is ook ‘n aanduiding van His Masters Voice. In geen normale omstandighede behoort jy soos die maatskappy op te tree nie. Dit skree ten hemele. Die volgende kan dalk wees PnP , Checkers of Toyota gaan hul werkers opdrag gee om niks aan jou te verkoop nie. Hoe absurd is dit nie. Weet jy watter tipe en wie neem sulke drastiese stappe teen ‘n individu. Jy kan dit as ‘n kompliment en bemarkingsaksie beskou dat ‘n multi-nasionale organisasie jou probeer muilband. Soos alom bekend daar is geen goor publisiteit nie. Gebruik eerder jou talent en vermoë en ignoreer hulle volkome. Gaan aan met jou lewe. Ek glo nie jy het in die onlangse verlede al soveel publisiteit gehad nie. Rol hulle Pampoem, jy weet waar. Sterkte

Maria ·

Baie goed gese.Steve moenie dat hle jou onderdruk nie.Hle gaan nog op hul neuse kyk!100% agter jou.

Lititea ·

Ons is 100 persent agter jou Steve Hofmeyr. Multichoice dstv is nie meer in my huis nie.

Nienie ·

Mooi so Steve. Jy het nie Multi Choice nodig nie. Ons kyk ook nou na die “stream” opsie.

Felix ·

En daar lees ek nou die artikel vir my vrou, en toe begin ek tjank.

Deon ·

Ek het nie ‘n idee hoe werk tegnologie nie en kyk TV met my grootplatskerm en gebruik DSTv.
Iemand wat nou mooi weet moet asb verduidelik wat sal die beste wees hoe ons moet maak om van DSTV ontslae te raak en hoe dan verder om TV te kyk. Ek gee nie om vir Kyknet nie want as hulle nie vir ons omgee nie dan kan hulle ook gaan doppies blaas.

netflix ·

Kry uncapped adsl .Maak n netflix rekening oop. Jy kan hom maandeliks betaal met jou google acount op jou smart phone.Of neflix app. Koop n prepaid google play card by pick & pay laaai die code in goole acount op jou smart phone .Hulle trek dit maandeliks af .Koppel jou smart tv aan jou modem wifi .Gaan na netflix op jou smart tv . LOGIN op jou netflx .

Jaco ·

Ek lankal nie geld of tyd vir Multichoice nie so ons die die ovhd dekodeerder. Gaan kyk jy kry klomp wat j net die dekodeerder koopen Dan het j iets soos 15 tot 20 kanale

witogie ·

Deon, ek is ook nie so slim met die goed nie maar kon dit reg kry: Kry eerstens vir jou ‘n Android TV boksie. Hulle is op takealot te koop of meeste tv winkels. Jy koppel daai boksie aan jou tv met ‘n HDMI kabel. Dan werk jou tv net soos ‘n slimfoon, met applikasies wat jy kan af laai. Jy kan by Netflix of vele ander maandelikse “streaming” applikasies aan sluit en die soort applikasies is reeds op die boksie gelaai. Nou almal se grootste probleem: Rugby / Krieket / F1 ens. Daar is ‘n applikasie met die naam Mobdro wat SkySports, FoxSports en nog vele vele meer “stream”. Daar is ook webstuistes soos RugbyPass wat rugby “stream”. Deon, ek hoop dit help.

Piet ·

Aan die outokrate by Multichoice. Onthou wat met Hloudi van SAUK gebeur het. As verbruiker en betalende klient het almal sekere regte.
MAAR nou in plein Afrikaans: wie se brood jy eet diese woord jy spreek. Uitsaaiers en sommige joernaliste wat niks anders as skrywende huursoldate is moet maar aan die toekoms dink!

Johan van der Merwe ·

Maroela.Ek dink julle eerste plig is om mense in te lig vir die alternatief vir multichoice.

Melanie Ras ·

Multichoice vergeet ook dat ons wat wel dstv het die pakette betaal uit ons sakke uit en is geregtig op enige tv kanale en shows van Aftikaans en vergeet ook dat ons ook die meerderheid is wat agter Steve staan. Hou so aan Steve, ons staan vas agter jou!

Koedoebos ·

Ek dink ons kan almal n bydrae vir Steve gee net soos baie bydrae gelewer het vir die outjie wat die rommel agter die betogers op getel het…..ek is bereid om n klein bedraggie aan Steve oor te betaal…as ons almal dit doen vir Steve en eerder nie vir Multichoice ondersteun nie gaan hy sterker staan….dis mos waaroor die herrie gaan …hulle probeer hom finansieël breuk…..

MARINA ·

Nee wat Steve…dit is net nog n siek gebaar en besluit….slegte besluite…dit is hoekom ons is waar ons is!! Go Steve….jy is n gesrespekteerde Suid-Afrikaner.!

Cherokee ·

MultiChoice is a South African company that operates the DStv Satellite Television service, a major satellite TV service in Sub-Saharan Africa. MultiChoice was formed out of the subscriber-management branch of the M-Net Terrestrial Pay TV company, and broadcasts the full range of M-Net channels on the DStv service. Wikipedia

Ek dink die enkeles wat hierbo spekuleer dat ons Multichoice finansieël kan kwes dmv ‘n boikot, sit die pot mis. Maar daar moet ‘n ander antwoord wees. Self is ek geen TV-kyker en is tevrede om na die nuus-uitsending te kyk maar daar is twee TV’s in my huis wat dikwels aan is. So, as die gereelde tv-kykers voorstelle kan maak, soos Deon hier bo ook voorstel, doen so asseblief. Dit sal lekker wees om te wys, al het hulle òns nie nodig nie, ons kan sonder húlle ook klaarkom.

Boesman ·

Cherokee, Multichoice verdien baie geld uit advertensie tyd en borgskappe. Indien hulle kykers verloor sal adverteerders aandring op laer tariewe want die teikengehoor is kleiner.

Weskusklong ·

Indien minder mense DStv kyk gaan hulle borge verloor, veral vir sport. Vodacom sal traag wees om biljoene te betaal vir die borg van SuperRugby. Adverteerders sal eis dat advertensie tariewe daal, want minder mense word bereik. So, boikot aksies sal wel werk.

Annie Webb ·

Cherokee, MultiChoice is een van baie filiale van Naspers. Dis pas ontbondel en gaan afsonderlik op die JSE noteer. Dit opereer oor die hele Afrika, soos MTN ook. ‘n Klompie Afrikaners wat MultiChoice boikot, gaan nie vir MC seermaak nie. Ek vermoed die Afrikaanse publiek is te klein om Kyknet, wat in Afrikaans uitsaai, te dra. Kyknet word waarskynlik gesubsidieer deur advertensies op ander kanale wat heelwat groter gehore trek. Ek sou dus sê Afrikaanse gehore het MultiChoice meer nodig as andersom. Afrikaanse TV onderhou talle Afrikaanse akteurs. NetFlix, wat ook hier deur almal so hoog aangeslaan word, is deel van die linkse Amerikaanse media en vermaak wat meer of minder subtiel konserwatiewe waardes soos kerk en gesin afkraak ten gunste van linkse voorkeure soos LGBT en aborsie op aanvraag. Dit vorm die basis van alle programmering, ook vir kinders en jongmense. Oor ‘n paar jaar boikot almal seker weer NetFlix as hulle agterkom hoe hulle kinders geïndoktrineer is. Steve en sy ondersteuners hier skiet hulself in die voet. Niemand in die wye wêreld bied Afrikaanse TV nie, behalwe MultiChoice via Kyknet. Steve het nou AIG en die Ghoemas vernietig, as hy MultiChoice ook kry om glad nie in Afrikaans uit te saai nie, kan hy die prys kry vir Afrikaans se grootste vyand.

Willemien ·

Ja Annie, kykers in Afrika is mal oor Binnelanders. Hulle hou blykbaar baie van die wit akteurs, veral Hans Strydom.

Misousa ·

Stevie…
Ek ken jou.
Ek ken jou hart, en onthou toe ons stembusse toe is vir die ja/nee, stem, was jy baie verder links as ek.
Jy was nooit iemand wat sleg oor ander rasse gepraat het, inteendeel…….
Ek weet jy is, (net soos meeste mense, van alle rasse in SA), wat intelligent en oop-kop kan redeneer, ontnugter deur wat aangaan.
My ou maat….
Spreek net die woord, en ons kanselleer elke maatskappy of firma wat jou, of jou vrye spraak, nie aanvaar nie.
Ons like jou meer as multichoice of selfs Toyota.
Jy is ‘n passievolle mens, met jou harde stem en deurdringende oë, en soms misgis mense hulle , deur jou as agressief te sien.
WAT JY GLAD NIE IS NIE!!
Asseblief, wees op jou hoede.
Ek is bekommerd oor jou veiligheid.
Jy weet, deesdae is daar geen regverdigheid.

Mens hoef nie ‘n opinie te deel, maar daardie persoon mag glo soos hy voel.
Almal MOET deesdae links wees, of jy is in gevaar!
Weet net: Ons glo in jou opinie.
Ek het eindelose respek vir jou.
Nou, meer as ooit.
Ons steun jou.
Is jy net goed genoeg om belasting te betaal, maar mag nie jou mond oopmaak?
Tyd dat ALLE witmense van SA GEEN BELASTING BETAAL!!!?
Vir wat?
Ons dra hierdie selfde mense wat ons so haat!!! ?
Go, Stevie!!!!???
En….
Ek hoop almal stem VF+
ENIGSTE PARTY VIR ONS!!!!!

Eugene ferreira ·

Multichoice gister gekanselleer. Die dame wou weet en toe dadelik gese: You mean the Steve Hofmeyer matter…So selfs hulle inbelsentum mense het ook al ‘n oorvol gekry.

Stompie van As ·

Kan iemand vir my raad gee oor waar ek sport, veral golf kan kyk.Ek het my dstv ook laat gaan.

Freud ·

Stompie
Ek het ook net dstv gehad vir sport toe kanselleer ek my dstv want deesdae kyk ek al my sport met online stremming. Dit kan gedoen word. Daar is baie links op die internet wat sport direk stream. Sterkte.

Ag ·

Steve, bly soos Jy is. God sien, iewers gaan dit vir jou en selfs vir ons nasie n bate wees. Baie dinge sal veranderd na 8 Mei, alles sal reg kom.

anton ·

Ek is tog so bly ek spandeer nie meer n sent aan Multichoice of enige ander instansie wat teen ons blankes diskrimineer nie!!!
Enige instansie of maatskappy wat teen ons is boikot ek ten alle koste.

Ore ·

As dit hulle houding is,stel dan n eis teen hulle in vir al die inkomste wat jou naam vir hulle beteken het.Enige slim prokureur wat sal help?

Boerin ·

My geld is wit en Afrikaans…verdien met die sweet voor my aangesig! Ek weier ook om verder n klient van multichoice te wees…vat my wit geld iewers anders soos ek met Discovery gedoen het! Our time is now!! Ons moet opstaan vir wat ons glo…anders is alles verlore vir ons kinders. Multichoice sal dit nie voel nie, maar ek gaan so tevrede wees oor ek die regte ding doen…alles is herhalings..vd een kannaal ook na n 2 e kanaal..dan kan jy dan 2 kanale kyk met ou herhalings ! Koebaai

Chris ·

Clem Sunter se voorbeeld van Foxies vs Hedgehoggs! Die Korporatiewe Instellings wat die politiek beheer via “The Deep State” plaas soveel druk op die kleinsakeman(entrepreneur) met nakomingsvereistes dat dit vir hulle byna onmoontlik raak om ‘n bestaan te maak. Wanneer word hierdie “sponsors” /kapers van politieke partye geopenbaar en aan die publiek bekendgestel?

Boerin ·

Stem saam Chris…Discovery het my gedwing om my meds by een vd 2 groot apteke te kry anders moet ek 20% meer betaal…met my eie geld word ek gedwing om te koop waar hulle besluit, ek het ook gehoor die generiese meds wat ons toe gedwing word om te kry is van Discovery se laboratorium…dit word deur hierdie 2 apteek groepe verkoop….so druk hulle almal dood en vat ook jou demokratiese reg weg…met jou eie geld!

Opgewonde ·

Staan vir jou en mede Afrikan ers se taal. Steve jy is die enigste persoon wat nie skroom om jou se te se vir jou taal nie. STEVE BO. Hou aan om n vegter te weed vir Afrikaans. Die mederheid
waardeer jou.

Carinus ·

Het Dstv nou net gebel en gevra of dit waar is. Was soos n kat op warm sinkplaat en ontken dit. Se hulle speel nog sy liedjies. Ek het gevra of dit so is voor ek weer betaal so ek stel voor almal bel hulle en oefen druk op hulle

Penellope Jones ·

Kinderagtigheid van Multichoice af.
Solank hulle dan vir BLF en EFF ook verban.. . . . . . .

Reinette ·

Steve ons Bid vir jou vir wysheid oor die onregverdige vervolging. Ons staan agter jou. Filippense 4:13

Nel ·

Ek weet nie wat ek vir jou moet sê nie Steve, maar wat ek wel weet is dat so ‘n bek jêm moet kry… moenie dat ‘hulle’ jou onderkry nie – jy ken mos Totius se pragtige gedig ‘Vergewe en Vergeet…’ en Andre, hier bo, hoeveel mense wat destyds ‘ja’ gestem het kon in hul wildste drome gedink het dat ons vandag dekades later in hierdie gemors situasie sou sit – se jy my toe – jy klink mos na ‘n profeet.

Jan Brand ·

As jy nog presies dieselfde dink en reageer soos 24 jaar gelede het daar mos geen groei plaasgevind nie. Mense verander, verouder en groei, baie verander gelukkig vir die beter ;)

Ekke ·

Steve hou op kerm en betree die politiek. Jou etiese waarde stelsel en leiding is op die oomblik meer werd as jou vermaak! Gebruik jou invloed en kennis – dis nou of nooit! Stel jou volk bo jou volgende optrede en fooitjie!

Francois le Cochon ·

R80,000.00, vliegtuigkaartjies, en verblyf, is beslis nie ‘n fooitjie nie

Melanie ·

Steve dit is regtig jammer dat daar so opgetree word teen jou. Wens iemand kan agter die kap van die byl kom…wie sit agter Steve se Boikot. Wat het hy verkeerd gedoen…absoluut niks. Steve ek bid vir jou en jou pragtige gesin. Psalm 91 word oor jou gespreek. Ons ondersteun jou en staan saam met jou. Sterkte en wees sterk

Anoniem ·

Kom ons braai in ons multichoice skottels !

Ek wonder net of die plaat waarmee dit gemaak is nie gou gaan deurbrand nie ??

Jeremia ·

Multichoice en Naspers is stalperde.
Gaan kyk wat het Naspers in 1998 met R200 miljoen gedoen. Trouens, destyds is die uitdeelproses Welkom aandeelhouding genoem. Die uitdeelproses gaan nou net onder ‘n ander naam voort.
Die eintlike ontstaangeskiedenis wat geld vir oprigting van Nasionale Pers betref en wat sedert veral 1990 in en deur die geledere aangerig is, verklaar alles.
En ten opsigte van die verwydering van kommentaar – my kommentaar is op feite gebaseer en nie enigsins kwetsend of ekstreem nie.

Lord Oom Piet ·

Dis Multichoice se reaksie op die FAK se besluit om Steve te vereer. Verseker sal dit nie op Kyknet uitgesaai word nie.

Linda ·

Ek dink ons moet ophou met hierdie Steve ding, want hierdie besprekings gaan oorspil in ons werk plekke. Multichoice kan ons boikot, dit raak nie aan hulle sak of die adverteerders se sak nie, omdat in vandag se tye, die ander kleuriges meer geld het en beter lewe as die meeste blanke mense ! Ons moet n platform soos Netflix ondersteun of Steve se musiek ‘stream’ of Steve moet saam met Darren Scott staan wat by Jacaranda FM gefire was (vir die konsuise ‘k’ woord),en vir ons n nuwe, beter uitsaai platform gee !!! Ek luister glad nie na Jacaranda FM nie, na die Darren Scott en Tumi Moraki insidente nie ! Die probleem is dat die meeste afrikaanse sangers groot kruipers is by Multichoice/,KykNet ens omdat hulle afhanklik is van CD verkope. Iewers moet iets nuuts begin word en dis nou !! Ons gaan mooit weer Afrikaans is Groot kan kyk op TV nie, as Steve daar optree. Dus moet Barry Pretorius begin belangrike besluite neem. Of dis tyd dat Steve nou maar moet agtree en uit die openbare oog verdwyn, want ons ly daaronder net soos Steve !!

Christiaan Jooste ·

Een week voor die verkiesing en skielik is Steve Hofmeyr die bedreiging wat die Nuwe Suid Afrika projek kan ontspoor. Ek dink jy rook sterk goed as jy dit wil glo. Die toets sal wees of Steve se reg op vryheid van uitdrukking vir sy ondersteuners swaar genoeg weeg, dat hulle hul reg om die volgende rygbywedstryd op kassie te kyk sal opoffer…

Esta venter ·

Steve èeñ graag, hoekom begin jy nie jou eie party nie. Asb, want duidelik is daar mense(partye) wat bang is vir jou. Dink daaroor ASB

Annie Webb ·

MultiChoice, MTN, Toyota word alles dwarsdeur Afrika verkoop. Soos Steve sal sê: “Go figure”. Ek twyfel of daar genoeg Afrikaanse kykers is om te betaal vir die vervaardiging van Afrikaanse programme; ek vermoed ons Afrikaanse programme op DSTV word gesubsidieer deur ander programme wat groot advertensie-inkomste inbring. Om MultiChoice te boikot, gaan Afrikaanse kykers en programvervaardigers seerder maak as vir MultiChoice. En om Netflix te ondersteun, beteken jy ondersteun die erg linkse media en vermaaklikheid in die VSA, wat die linkse boodskap in alle programme uitdra: teen konserwatisme, Christelike geloof, die gesin. Vir die alternatiewe leefstyl in alle opsigte: LGBT, aborsie op aanvraag, ens. Jou kinders absorbeer dit selfs in kinderprogramme. So as jy voorgee jy is vir konserwatisme, Christene, Afrikaans, gaan jy niks wen deur Netflix te kyk nie. Boikot MultiChoice omdat jy Steve steun en gee die doodskoot vir alle Afrikaanse TV. Steve het Afrikaans se vyand geword met sy uitdagende, kortsigtige, bakleierige koppigheid. Op die ou end gaan hy alle borge van Afrikaans vervreem en alle Afrikaanse kunstenaars seermaak. Afrikaanse TV, veral sepies, hou ons Afrikaanse akteurs aan die lewe. Steve is selfsugtig en selfbehep en jaag Afrikaners nou op ‘n hopie in ‘n kraal waar lank nie almal wil wees nie.

Deon ·

Annie, die markplek is uiters mededingend. Die besigheidsmodel vir betaal TV is besig om te verander en Multichoice is traag om dit te besef. Hulle gaan kykers verloor, met of sonder Steve en Afrikaans. Ook in Afrika waar nuwe spelers toetree. Dit is hoogs onwaarskynlik dat Multichoice in sy huidige vorm sal oorleef. En ja, ek glo nie Multichoice gaan kinders meer beskerm as Netflix nie, dit is die ouers se plig. Kyknet en haar dogters is so swak dat hulle nie beskryf kan word as die laaste vesting vir Afrikaanse TV nie. Afrikaners sal sekere programme mis, maar soms moet mens opofferings maak vir vir ‘n groter saak. MTN se naam in Afrika stink, gaan kyk maar na al die boetes. Dit sê nie baie van hul sake etiek nie. MTN se regte in Iran word nou deur ‘n Turkse groep in ‘n hofsaak betwis. Dit kan MTN miljarde kos en ‘n teiken maak vir ‘n oorname, dalk nog Chinese.
Toyota is ‘n Japanese groep. Hulle lojaliteit vir SA is beperk tot rand en yen. Indien SA se ekonomie vou, gaan hulle vinnig onttrek, met of sonder Steve en Afrikaans. Hulle moet hier en in Afrika met Amerikaanse, Europese en ander Japanese vervaardigers meeding, om nie eers te praat van meer bekostigbare Indiese , Russiese en Chinese vervaardigers nie. Sake ondernemings wat hul getroue ondersteuners ignoreer sal die pyn voel, groot en klein.

Linda ·

Ek is al so moeg vir al die snert wat die mense hier praat, dat ek sommer verkeerd tik ! Dis tyd om logies te begin te dink en oplossings te vind, in plaas daarvan om vingers na Multichoice te wys ! Ons, ek en jy ly hieronder, nie net Steve nie !! Ons gaan nooit weer Krone of Afrikaans is Groot op TV sien nie, as Steve daarby betrokke is ! Dis baie onregverdig teenoor die Multichoice kykers ! Steve tree liewers nou af, jy het hart probleme, jy is nie meer jonk nie, dis nou die regte tyd ! Mense ons moet ook nou besef dat ons as afrikaners reeds baie swaar kry onder die meerderheidsregering ! Ons moet nou maar net stil bly anders gaan ons n bloed mond kry !! en geen verdere regte in hierdie land he nie !!! Die keuse is joune, moenie dat ons verder ly nie asb. Dankie.

rollie ·

Wat my die meeste bekommer, is hoe hierdie storie verdraai word deur Afrikaans by die debat in te bring. Ons weet dat dit hier gaan oor die boikot van een persoon as gevolg van sy verdelende, politieke uitsprake. Niks met Afrikaans te doen nie, die taal word nou kwaadwilliglik ingesleep.

Wildeboer ·

Linda, rollie en ‘n paar ander, Steve is net ‘n rookskerm om Afrikaners by te kom, let wel Afrikaners. Die magte in beheer voel vere vir Steve of Afrikaans, dit is gemik op Afrikaners. Dit gaan erger word, hou maar vas aan ‘n reling. En Linda, kry eerder ‘n stokperdjie, dit is meer vervullend as ‘n TV.

Phil ·

Is dit net toevallig dat daar n toyota bakkie in die video van die lied “Die Land” verskyn? Ek skryf natuurlik toyota met n klein letter want ek het al my respek vir hulle verloor en hulle sal nie n sent van hierdie wit vel se swaar verdiende geld kry nie…..

Wessie ·

Ai Phil, jammer om te hoor jy is bereid om met tweede beste tevrede te wees!

Linda ·

Solidariteit wat Maroela Media besit en ons kommentare sensor is glad nie so skoon nie ! Net noudie dag kry ek n video al die pad van New Zealand af wat wys hoedat Solidariteit n arme ouerige man uit hul kantore smyt en die deure sluit. Die arme man is n opregte boer en het al die pad van Kathu gekom !!! Toe gaan steek hy die kerk se deure aan die brand uit desperaatheid, en word gearresteer !! Hy was n betalende lid van die einste Solidariteit ! Die artikels, nes ons kommentare word gesensor deur Solidariteit !!! Vir Wat ? Die waarheid is mos die waarheid !!!

Solidariteit ·

Beste Linda,

Solidariteit se plaaslike organiseerder is al lank betrokke en het gehelp en help steeds. Daar steek ongelukkig heelwat meer agter die video en die lid se optrede. Al hierdie gebeure het ’n baie langer geskiedenis. Solidariteit kan nie meer inligting oor die lid en die werkgewer se aksie teen die lid bekendmaak nie omdat ons in ’n vertroulike verhouding met die lid staan en ons die persoon moet beskerm. Wat ons wel kan sê, is dat hy geensins weens sy geloof ontslaan is nie. Solidariteit sal dit nie duld as enige van sy lede op grond van geloof geboelie word nie. Ons is ook in gesprek met familielede om te kyk hoe ons kan help en ondersteun. Dit sal egter onbillik van ons kant af wees om daarvan ’n openbare proses te maak. Die lid se waardigheid is vir ons belangrik.

Baie dankie vir jou kommentaar Linda, ons waardeer ook jou terugvoer. Vir enige ander navrae skakel gerus Solidariteit se dienssentrum op 0861 25 24 23 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Vriendelike groete.

Cobus ·

Kry Asdl internet verbinding deir bvTelkom en Andriod TV box konnrksie +200 sport kanale

Johan du Toit ·

Ek dink dit gaan dieper hier as net Steve. Die ANC sien Steve as `n bedreiging. Die oomblik as iemand iemand anders bietjie laat sleg lyk dan probeer hulle alles om hom/haar te stop. Ons moet ook besef dat baie kunstenaars afhanklik is van instansies soos multichoice en dies meer. As Steve stil gemaak word? wie target hulle volgende? daar is die springbokv ook van die trui af. Nog n victory vir ANC. Wanneer gaan ons blankes leer om saam te staan , want dit is ons grootste probleem.

DStv-loos ·

Dankie tog ek betaal nie R1 000 per maand aan ‘n kanaal wat alles heruitsaai nie (jy moet regtig heroorweeg oor daai diens). Dan, ek volg ook nie alles wat Steve sê nie en nog minder raak ek betrokke by politiek (wat my al meer laat neig om buite SA te gaan soek vir groener weivelde). Wat Multichoice hier doen voel vir my niks meer as onderdrukking soos wat apartheid skuld aan gehad het, maar wie is ek en wat weet ek eintlik. #SterkteSteve

Patat ·

Ek wonder of enige van jou kollegas hulle monde sal oopmaak vir die sensuur wat nou op jou toegepas word?

Jerry ·

Judge Dredd is Steve se lafhartige sensuur mater. KN Verslag sal nou maar die mat onder julle uitruk!

Kraai ·

Steve jy kan sonder MC wondere verrig. MC is jaloers oor jou talent en dat jy opstaan vir alle Afrikaners. Jy kan baie verdien sonder MC.
Sterkte en onthou God slap nie.

IE ·

Steve jy is ‘n merkwaardige mens. Staan 100% agter jou.
Linda ek is baie bly ek het jou nie eendag nodig as ek in moeilikheid moet wees nie, jy sal seker net stil bly.

Lukes Potgieter ·

Mense is julle bewis dat ons maar minder 3500,000 oor is in Suid Afrika, n mens moet mooi dink, ek lug u net in.

Judge Dredd ·

En nog sowat 30% van die land se geld het. So kom ons gebruik dir wyslik deur nie Multichoice te steun nie.

Buite Stander ·

Lukes, 3.5 miljoen is baie mense, meer as die totale bevolkings van baie lande. Voeg nog 500 000 in die buiteland by, dan is dit rerig baie. Ek lig u net in. O ja, vergeet van die massas. By verre die meerderheid doen nie veel nie, en die wat iets beteken emigreer ook.

Adriaan ·

Dit is nie toeval dat MultiChoice Afrikaaner stemme probeer stilmaak nie. Calvo Mawela, MultiChoice se CEO, is Gwede Mantashe, die ANC voorsitter, se skoonseun.

Jandre ·

Maar al sy luisteraars en aanhangers is NIE teleurgesteld NIE!!!

Susan de Klerk ·

Staan gister in die ry by ‘n sekere winkel en voor my staan ‘n vrou wat besig is om die Huisgenoot te lees. Lek vingers nat en buig bladsye. Kyk vir my en se – dit is vir Steve en plaas die tydskrif terug op die rak. Verfrommel en geskeur.

Anti Multi choice ·

Hoop en glo almal gaan saam met Steve Staan.
En hoogtyd dat Afrikaners moet saam staan, maar die is feite, bitter min WITTES kan saam staan.
Maar kom laat ons probeer.
Net soos SPUR geval het moet Multi Choice , MTN en die res val.
Daarom dat MTN eweskielik die Sondagaande fliek borg, pateties!
Want die meeste betaling kom beslis van die WIT MENSE af!!
Die ander kan nie die volle DSTV bekostig.
Ja ek staan agter STEVE verseker.
En al die twee gesigte wat voorgee hulle gaan nie omdat STEVE teveel politiek of wat ookal praat moet nie jou tv los ondersteun vir DSTV.
Maar die wat opreg is DANKIE!!!
Laat ons sien wie hou hulle woord en ons sien hoe vinnig hulle val.
Multi choice is bang vir 1 WIT MAN!!
Maar alle haatspraak mag die ANC, MALEMA, BLF praat en se en niemand word verban of boikot teen hulle ingestel nie, nee hulle word met graagte uitgesaai.
Daarom dat die natuur sy eie uitwissing doen deur orkane.
GO STEVE!!!!

Rina ·

Multi choice is dit regverdig teenoor al die akteurs en ander mense wat ook betrokke is by Steve se programme, movies dat hulle nou ook geboikot word. Of moet hulle nou maar slagoffers wees van die heksejag teen Steve? Almal sien net Steve en dink nie aan die groter prentjie wat al hoe verder uitsprei.
Die wraak teen Steve is nou wraak teen baie meer.

Judge Dredd ·

Rollie dan moet:
1. Alle verdeelende uitsprake sekerlik gesensor word.
2. Wie bepaal wat is verdelend?
3. Hoe gaan jy verhoed dat ongemaklike waarhede nie gesensor word onder die vaandel van dat dit verdelend is?

Helien ·

Tatta MultiChoice sien ons nie weer nie. Julle leer nie deur ander mense se foute nie of het julle vergeet wat by Spur gebeur het vra maar net

Linda ·

Annie Webb, ek ondersteun jou kommentaar 100%, waarim kan die res van die afrikaners nie so dink mie ? Ja Steve het baie jare lank die Regering en Swartes uitgedaag, hy moet aftree en uit dievopenbare oog uit verdwyn !!! Dankie Steve, jy weet wat om te doen want ek gaan nie ly onder so n dukkop en selfsugtige mens soos jy nie !! Totsiens !!!!

Linda ·

Die ANC is hier om te regeer vir die volgende hinderd jaar, of jy nou vir hulle stem of nie, hulle het genoeg ondersteuners. Dus…wees eerbiedig teenoor die ANC en respekteer hulle en jy het defnitief n plekkie in die son ! Steve was nog altyd n bombastiese, selfsugtige vark, wat die wit mense teen die swartes wou opsteek. As jy uit jou pad uit gaan om moeilikheid te maak, vat die punch jouself Stevie ! Sy loss nou beteken niks vir ons nie, hy sing ook in elk geval swak !!! Ons soek jou NIE by Krone of Afrikaans is Groot NIe, bly by jou vrou en kind by jou huisie !!! Sodat ons mense die program kan geniet

Willemien ·

Oor 100 jaar gaan hier niks wees om te regeer nie, liewe Linda.

Binx ·

Oooooooh jinne, Steve is beslis nie n rassis nie. Hy staan op vir Afrikaans en alles wat deel is van Afrikaans. Moenie dat ander media huise jou aan jou neus rondsleep nie. Moenie n skapie wees wat die oningeligte massas volg nie. Vat n oomblik…of tien, laat logika bietjie oorneem. Sien jy die lig? Jy het jou helder oomblik bereik. Geluk. ?

Attie. ·

Steve Het baie guts en kry nie eers stagefright op sy shows nie. So praat Steve se aanhangers Afriels. Sies man. So praat DA stemmers dan noem hulle dit Afrikaans. Leer Afrikaans praat en dan mag julle VF+ stem, sonie sal ons Afrikaanses sonder julle stem oorleef.

rollie ·

Die ouens wat lief is vir rugby en krieket gaan nie sommer hul DSTV voor die wereldbekers afsit nie.

Siener ·

Jy is verkeerd—-Ek het myne afgesit. Enige rugby game kan gestream word. Jy moet maar gewoont raak aan Steve want hy is ons volgende President.

Blondie ·

Wat ek ookal van Steve dink het niks met DSTV of Multi choice te doen nie. Net ek en ek alleen kan besluit of ek na hom wil kyk en luister. Niemand sal namens my die besluit neem nie.

Blue Butterfly ·

Vir my gaan dit NIE oor Steve Hofmeyr spesifiek nie. Vir my gaan dit oor Multichoice wat “sensuur-regte” toepas en as sedebewakers NAMENS Suid-Afrikaners besluit wat ons mag en nie mag kyk nie. As hierdie lyn eers oorgesteek word, wie en wat gaan nog onder sensuur geplaas word? Gaan dit dan wyer uitkring na ander maatskappye, restaurante, optredes, politiek, ens. Wie gee Multichoice die reg om NAMENS ons so ‘n besluit te neem?

Tina du Toit ·

Steve, staan sterk, want daar is `n hele klomp wat agter jou staan en ek is ook een van hulle.

Marlize ·

Ons het al meer as twee jaar terug ons DSTV gestop en nie ‘n dag spyt nie. Mis ook nie die sport of sepies nie. Ons laai die jongste films van die internet af ek kyk daarna. Sal nooit weer DSTV kry nie.

You Go Steve ·

So, al julle mensies wat aan “white guilt” ly, dis reg, maak soos jy wil. Maar ek en my gesin staan agter Steve. Ek kan nie glo dat daar mense is wat eerder sal kies om stil te bly nie, wat kies om handjies gevou agteroor te sit. Pateties verby! Dis mense soos julle wat eerste skarrel as die bollie spat, maar julle kan nie saam staan oor n saak wat moontlik jou kind se toekoms raak nie. Julle draadsitters kan gaan bars. Steve het my ondersteuning, asook VF+. Na die maan met die res

elizabeth ·

LOL Ek weet nie wie is jou “ONS SOEK JOU NIE” maar ek is beslis nie by dit ingesluit nie. YOU GO STEVE. ONS IS 100% AGTER JOU!!!! Lindatjie sal later wakker word wanneer dit te laat is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.