Steve-toespraak: ‘Wie dink jy is jy?’

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

“Ek het die ‘go-to-guy’ geword vir wit wanhoop.” Só lui die toespraak wat die sanger Steve Hofmeyr Vrydag by die Kaapse Persklub sou lewer, maar wat gekanselleer is nadat dreigemente ontvang is.

Die Persklub het hom genooi om ʼn toespraak oor ʼn onderwerp van sy keuse te lewer. Hy is egter Donderdagoggend in kennis gestel die geleentheid is gekanselleer nadat die Persklub “oorval is met besware”. ʼn Dreigement is ontvang dat ʼn skokgranaat gebruik sal word om die verrigtinge te ontwrig.

Hofmeyr het die toespraak, wat in Engels geskryf is, intussen op sy Facebook-blad gelaai. Die toespraak handel oor vryheid van spraak, uitdrukking en die media. Hy sê in die toespraak daar is ʼn paar dinge waaroor meeste Suid-Afrikaners kan saamstem, naamlik dat ons kan aanvaar dat die Suid-Afrikaanse dilemma nog altyd en steeds ingewikkeld is; ons in verskillende grade onsself, ons mense en ons regering verantwoordbaar hou daarvoor; en in verskillende grade ons nasionale sterftesyfer, moord, verkragting en droewige werkloosheidsyfer aan die kaak stel.

Hofmeyr vra dan verder of Suid-Afrika nie ook die land is met die hoogste koers van veelrassige misdade; die hoogste koers van kinderverkragtings en die hoogste koers van plaasmoorde nie.

Hofmeyr beweeg dan aan na dié dinge waaroor Suid-Afrikaners glad nie saamstem nie. Hofmeyr glo byvoorbeeld nie “ons sou ʼn nuwe Suid-Afrika” gehad het nie indien die 1992-referendum ingesluit het dat ons meer anargie, meer rassisme en meer bloedvergieting sou hê.

Hofmeyr sê hy is nie jammer omdat hy glo Suid-Afrika sal nooit sy probleme kan oplos nie. “Miskien sien ek te veel van Suid-Afrika weens die aard van my werk as sanger en aktivis. Miskien is dit die noue kontak met die publiek tydens die drie vertonings per week die afgelope 30 jaar. Elke aand tydens my berugte handtekeningsessies ontmoet ek hulle in hul duisende. Boere wat begin huil omdat hulle nie hul gesinne kon beskerm nie. Ma’s wat in my oor fluister dat sy en haar dogter wat agter haar staan ook deel van die statistieke is en dan begin huil.”

Volgens Hofmeyr het hy elke aand vir die afgelope drie dekades “die ongekende konfrontasie gesien wat sy mense en generasie met moord en verkragting het”. Hofmeyr sê hy voel soos regter Mabel [Jansen]. “Jy sien een te veel gevalle met identiese eienskappe, jy herken die patroon, jy weet jy word nie toegelaat nie, maar jy kan nie anders as om iets te sê nie. Ek het die ‘go-to-guy’ geword vir wit wanhoop.”

Volgens Hofmeyr aanvaar hy dat mense wat sy toespraak lees teen nou wonder “wie dink jy is jy?”. “Die antwoord daarop is ʼn niemand wat baie gereis het. ʼn Burger. ʼn Bekommerde lid van ʼn gatvol minderheid. Dit moet genoeg wees.”

Lees die volledige toespraak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Raymond Bastone ·

Stem saam met Steve Dankie ook wat jy vir Afrikaans doen ons staan agter jou sterkte

Werner ·

Baie dankie vir alles Steve moet nooit moed verloor ni ons is baie wat saam jou stem ons gebede is vir jou hou aan asb jy maak n wonderlike verskil!!!!

Swannie ·

Sal graag bittergal Max du Preez se reaksie op hierdie toespraak wil sien, dis nou natuurlik sou hy die waagmoed hê? Dink net: Glans geleentheid te Carnival City – ‘n Tv debat alle VSA-styl Steve vs Max!

Swannie ·

Sal graag bittergal Max du Preez se reaksie op hierdie toespraak wil sien, dis nou natuurlik sou hy die waagmoed hê? Dink net: Glans geleentheid te Carnival City – ‘n Tv debat alla VSA-styl Steve vs Max!

Henry ·

Ek weet regtig nie waarom jy soveel status aan ou Max du Preez wil verleen nie.

Carol ·

Steve ek spreek elke woord saam met jou. Ek sit toegesluit agter grendel en slot. Ek is te bang om buite in ons Suid Afrika son te gaan sit want iewerste is die boosheid besig om nader te kruip. Ek is gatvol om te sê ek is jammer ek is wit gebore. Ek is gatvol om in n winkel te staan en onsigbaar te wees vir die een agter die toonbank wat mense rondom my te help. Ek is gatvol vir hierdie gat toe steek van die regerende party. Ek is gatvol vir bedrog, korupsie en vergryping van die belastingbetalers se geld. Maar eks nie gatvol om n wit Afrikaanse vrou te vees nie….dit is wie ek is!!

Adam ·

Dit is tragies dat dreigimente en skokgranate mense verhinder in die land om hul se te se maak nie saak wie of wat jy is nie Is die Persklub nie juis die plek vir vryheid van spraak nie Sal seker nie help om te vra dat die dreigemente van skokgranate te ondersoek vir die aanhitsing van geweld nie

Bruno Stef ·

Steve jy som die gevoel onder duisende Afrikaners heeltemal korrek op maar soos in ander werelddele span die pienk liberale pers saam om hulle tonnelvisie aan almal te probeer afsmeer. Jou vyande is die seunse weenkoor in die Kaap maar kyk om jou rond en agter jou daar is duisende ondersteuners wat jou volg.

Tali ·

“Jy sien een te veel te veel gevalle met identiese eienskappe, jy herken die patroon, jy weet jy word nie toegelaat nie, maar jy kan nie anders as om iets te sê nie.” Hoe lank leef ons al met hierdie onregverdige frustrasie. Die ander mag sê (skreeu, skel) net wat hulle wil. Maar ons mag in die naam van politieke korrektheid nie noem watter verontregtings en wrede misdade teen ons gepleeg word nie. En die hemel weet, veral nie deur wie nie.

Henry ·

Ek wonder net waarom is ons as “minderheidsgroep” so bang en hardloop weg as ons en Steve gedreig word. Ek weet nie wie die skokgranaat wil gooi nie, maar laat hy dit dan doen, miskien skok dit sy breins ook so bietjie oop. Wie bewe as Julius Malema praat, hy kon nie eers ‘n duik in die verkiesing maak nie. Onthou net een ding, ons as blankes het een ding vandat ons ons babaogies oopgemaak het en dit is Jesus. Geloof en vreesloosheid is in Sy oë sinoniem.

Henry ·

Haai ou Henry vir wat en vir hoekom het jy so ‘n lae dunk van ons ‘minderheidsgroep’!

Flippie ·

En ek is seker dat ‘ n groot groep van die wat Steve gemuilband het, dieselfdes was wat hulle monde toegeplak het om teen die SABC se verbond op die beeldsend van geweld.

Ek is seker daarvan dat ( dalk die meeste) van hierdie boere- haters uit media 24 se stal kom.

Dit is nou al eeue dat die Afrikaner, die Boer minag en onderdruk. Dit sien mens duidelik in media 24 se houding en berriggewing.

Die Boer moet weet dat die Afrikaner hom by die vyhand van die Afrikaner sal skaar.

Henry ·

Ek weet nie hoekom is ons as “minderheidsgroep” so bang nie, want as iemand Steve of een van ons dreig, hardloop ons weg. Ek weet nie wie wil die skokgranaat gooi nie, maar laat hy dit doen, miskien skop dit sy breins ook so bietjie oop. Onthou net ons as blankes het een ‘n baie belangrike ding vandat ons ons babaogies oopgemaak het, en dit is Jesus. Geloof en vreesloosheid is vir Hom sinoniem.

Henry ·

Jy het bittermin vertroue in Steve en/of die res van ons Afrikaners ou Henry.
Hoe dan so my ou?
:-)

Daleen swart ·

Niks in die toespraak wat rassisties is nie net die naakte waarheid maar ons almal weet dat baie – die rassisme kaart – wat al holrug gery is vir altyd sal gebruik.

Eugene ·

Dit is presies wat Steve is. n Rassis! En sy ondersteuners het n verskuilde agenda saam met hom!

Kobus ·

Eugene, elke keer as diesulkes soos jy geen verdere argument kan aanvoer om standpunte wat mense soos Steve inneem, met goeie redenasie en breinkrag teen te staan, dan speel jy, soos talle wit apologete, die raskaart. Liberaliste is baie lief daarvoor om etikette om ander se nekke te hang as hulle nie dieselfde, soms amper banale sienswyse as hierdie polities korrekte seepkis pedagoge deel nie. Noem maar die naampies, ek is seker jy het ‘n kleuryke arsenaal om uit te kies. Terloops, ek is GEEN Steve aanhanger nie. Ek is net nog ‘n “rassis” wat nie met my kop in my noordpool rondloop nie…

Lilla B ·

Eugene, niemand is so blind soos die een wat nie WIL sien nie. Sterkte wanneer die werklikheid jou tussen die oë tref.

Eugene ·

Ag ou Steve jy is geregtig op jou opinie as aktivis sing tog maar net en by stil! Jy praat vir n klein baie klein minderheid! Van jou poging om parlement toe te gaan het niks van gekom nie. Jy het besef jou ondersteuningsbasis is so te se Zero.

Kuifie ·

Steve het jare terug sy eie blog gehad waar hy enige iets wat hy wil kon kwytraak. Hy het net toegelaat dat tannies wat elke dag vertel hoe hulle sy cd’s polish, daar kommentaar lewer. Enige iemand wat iets negatief oor hom se is gesnoer en nie vryheid van spraak gegin nie. Net soos waaroor hy nou kla.

Daarna het n n blog begin waar niemand iets mag se nie, behalwe hy. Hy het self sy huidige vrou op die blog op die mees vulgere maniere sleg gese. Maar niemand die vryheid van spraak gegee om hom daar aan te vat nie.

Ek neem aan op sy huidige facebook, gaan dit dieselfde en enige negatiewe kommentaar word verwyder.

Verder sal ek raai Maroela media gaan hierdie kommentaar ook verwyder.

Dus, hoe meer julle wil vertel wat ander verkeerd doen, hoe meer doen julle presies dieselfde. En dit is hoekom n bitter klein persentasie van Afrikaners vir Steve of hierdie webtuiste ondersteun.

Skatymir ·

Ag ou Kuifie dit lyk my Steve se artikel was te lank en ingewikkeld vir jou om te lees, daarom het jy besluit om niks daaroor te sê nie maar eerder die man se karakter aan te val. Snaaks die bitter klein persentasie mense wat hom ondersteun het hom die mees populêre sanger in Suid Afrika gemaak. Dit lyk my jy het ook ‘n probleem met somme en jou obserwasie vermoë is ook nie van die beste nie. Gaan kyf maar waar iemand jou ernstig sal opneem.

Georgie ·

Hahaha Kuifie…gaan kam jou hare en los die grootmense se geselskap

M A ·

Siedaar, Kuifie, nou word jy ook op jou plek gesit omdat jy nie voor Stevie kniel nie. Ek stem saam dat hy n ongepoetste vent is. Hoeveel mense sien hy op sy reise wat nie aanhangers is nie? Natuurlik sal almal wat sy vertonings bywoon alles sê wat hy wil hoor.

bok-bok ·

Ek stem saam met jou, Kuifie. Steve soek altyd sy 15 minutes of fame op een of ander manier. Tyd dat hy sy mond hou en iewers met pampoene begin boer. Die vent laat my koud.

Worsie ·

Laat my dink aan Donald Trump. N vulgere ou man, wat rassisties is en geen respek het vir vrouens. Kyk ook sy lewe deur hoe hy ander kan indoen. Nou wil hy vir president staan. Omdat sy verlede hom nou inhaal en daagliks ql hoe meer mense hom boikot, nou beskuldig hy alles en almal van conspiracy teories. Maar wil nie die probleem by homself gaan soek nie.

Verder is dit interresant om na Mnr Trump se ondersteuners te gaan kyk. Soos in Amerika na hulle verwys word as klomp rednekcs. Nie die mees intelligente en opgevoedes van die samelewing nie. Hulle word opgesweep deur oningeligte bangmaakstories, conspiracy theories. Hulle het nie die breinkrag om groter prentjie raak te sien nie. En meer belangrik, hulle dink hulle praat vir die meerderheid van die amerikaanse bevolking.

Laat mens nogal dink?

foxi ·

Worsie….het jy die guts om soos Steve op te tree? Of skuil jy agter slot en grendels.
Ou man of de not……..hy staan op vir sy taal en mense……
Dankie Steve…….jy het ruggraat!

Dot ·

Ja en as Crooked Hillary inkom gaan die Amerikaners ook 20jr later spyt wees as Amerika soos SA down the drain is, dat hul nie vir Trump gestem het nie..

Ray Williams ·

Disgraceful that his speech could not be delivered at no less than the press club.
Freedom is nothing without freedom of speech

DS ·

Shame Worsie en Eugene dit is seker Steve se skuld ook dat die universiteite afgebrand word. Dit waaroor Steve praat is feite en hoop net dit tref nooit julle families nie want verkragting en moord is deesdae ‘n nasionale sport.

Wikus ·

Julle verstaan nie mooi nie. RSA was die sterkste ekonomie die sterkste weermag die veiligste plek om in te bly in Afrika die 17 de grootste ekonomie die 7de grootste beurs in die weteld maar danksy ons kotupte regering gelui deur most wanted no. 1 is ons heelaas nou net ń piesang repebliek wat nie eers ń baie belangrike verslag oor no.1 wil bekend maak nie. En dan vra ons hoekom gaan dit so!!!!

Jaco ·

Daai getalle beteken niks as die groter persentasie van jou land se bevolking geen menseregte het nie. Ek se nie ons moet tevrede wees met wat ons nou het nie, maar om net na jou eie ras te kyk is presies dieselfde ding as wat Hitler gedoen het en dit is geen antwoord vir `n gebroke land nie.

Jan ·

Hierdie illustreer ‘n belangrike punt. Eugene en Worsie kan hulle opinies lug sonder om ‘n skokgranaat onder die jis te kry. Dit is al wat Steve vra.

louis ·

Die woord sê” my volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis…”
As ek die kommentaar lees dan sien ek hoe oningelig mense regtig is.
Groetnis.

Betzie ·

Tong in die kies gesê………….. Die oplossing is mos eenvoudig soos in die Puk student se drukkie-gee-video. Liefdetjies wat alles oorbrug……….

Johanna Botha ·

Waar is Eugene se post dan …lyk my dis verwyder vir n rede …nog altyd gedink hy probeer so anders wees en aandag soek ..en tog is daar iets verkeerd want dis nou verwyder …moontlik kan selfondersoek of introspeksie van nut wees …

Net ek... ·

Steve, gebruik rugbystadiums, nooi oorsese nuuskanale, ens om jou sê te sê. Staan bo-op hoogste verdiepings en laat almal jou hoor en sien!

Francie ·

As daar nou een mens is wat wéét wie hy is, dan is dit Steve Hofmeyr.
Baie dankie dat jy nie skroom om jou sê te sê nie.

Worsie ·

Toe ek nou weer sy toespraak hierbo lees, skeur ek amper my pampoen in twee.

Hy se hy sien die land, deur die mense met wie hy praat by sy handtekeningsessies.
Nou kom ons ontleed dit. Sy standpunte en siening word gebasseer op mense wat hiesteries gil oor n ou wat sing oor pampoene, trekkers, blou balonne en Bloubulle wat nie van die vloer af eet nie

Nou kyk ek is nie n wetenskaplike nie en die enigste analistiese ontledings wat ek doen is om grafieke te teken, om te sien of my biervoorraad gaan hou tot die einde van die maand.
Maar vir seker moet mens darem bietjie n wyer steekproef doen om gevolgtrekkings oor die hele land te maak.
Dalk moet hy bietjie konserte in Tembisa gaan hou, en met mense praat wat met R1500 hulle kinders moet voed, n dak oor die kop gee, skool toe stuur, vervoer betaal ens. Dalk moet hy bietjie gaan hoor hoe huil mense wat as vuil beskou word want waar hulle werk moet hulle ander bekers en borde gebruik, ook die buite toilet

Jy kan nie n intelligente gevolgtrekking maak, deur net een kant van die saak te beskou nie. Dit help nie jy wil net plaasmoord skreeu, maar tien keer meer mense word vermoor in stede en informele nedersettings.

Stem vir Steve ·

Ag tog ou worsie, hoekom vat jy nie van jou bier geld wat jy so bekommerd is dit gaan nie hou nie en gee dit vir die wat jy jou so oor bekommer dat hulle net ‘n R1500 het.

Chris ·

Steve as ek n meisie was. Was jy myne. Steve laat my dink aan. Ek hou van n man wat sy man kan staan, n oog wat n barshou kyk….Steve is absoluut n voorbeeld van, wat is nie slapgattigheid nie.

Daleen Erasmus ·

Dis n jammerte dat Steve se toespraak gestop is omdat vrees di paranoides jaag en vryheid van spraak belemmer word. Steve gee tenminste om en laat ni net God’s waters oor God’s akker vloei ni en is ni blind vir di ellende van sy mede landgenote ni. SIES vir di Persklub se lafhartigheid!

John ·

Sjoe mense, oom Steve weet hoe om met julle te toor! Al wat hy nog wil hoor is: Word ons Afrikanervolk se leier, asseblief tog, Oom President! Ongelukkig is emosionele opsweping ‘n swak leierseienskap. Om van ‘n verhoog af te skree en volkwysies te sing, is nie iets buitengewoon in ons land nie. Ons soek nie ‘n Afrikaanse weergawe nie. Wat Steve in sy toespraak se, weet ons almal. So? Of soek hy konfrontasie?

Cathy Kotze ·

Ons almal kan steeds help dat Steve Hofmeyr se uitstekende toespraak wêreldwyd versprei word. Ek het dit reeds op my Facebookblad geplaas. Dis volledig op Steve Hofmeyr se eie Facebookblad.

Kom ons gewone landsburgers doen dit waarvoor die hoofstroom media nie kans sien nie.

Dis tyd dat die muilband afgehaal word. Die internet kan daarmee help.

Lewies ·

Ek wonder wat se diegene wat so ingekruip was by die ANC net om politieskorrek te wees. Ons moet begin wakker word.

Ben Prinsloo ·

Moontlik word my kommentaar nie geplaas nie maar my siening is nog altyd dat die vyand van die Afrikanernasie onder ons eie mense is. Ek noem die pers, Eugene, Worsie, Kuifie en almal wat die denkwyse van hierdie persone het. Jammer manne maar ek is bly om te sê ons sal nie langs dieselfde vuur sit nie.

Ben Prinsloo ·

Moontlik word my kommentaar nie geplaas nie maar my siening is nog altyd dat die vyand van die Afrikanernasie onder ons eie mense is. Ek noem die pers, Eugene, Worsie, Kuifie en almal wat die denkwyse van hierdie persone het. Jammer manne maar ek is bly om te sê ons sal nie langs dieselfde vuur sit nie. Dankie Steve.

marie visser ·

Ben, jys op die lug! My mak kommentaar is seker agter slot en grendel.

Rika van Loggerenberb ·

As Steve nie vir ons is nie, dan het ons net vir God en niemand luister deesdae na Hom nie. So Steve sal dit wees. Daai Mad Max praat nie vir sy eie nasie nie. DIE vlieg glo af die 2de Nov om ook te betoog in Pretoria teen die onreg van Pravin Gordan. Wat het hy ooit vir ons gedoen? Boggerol! Steve praat uit sy hart en steek nie sy mense in die skande nie. Hy is belese en getrou op sy pos en wat hy se dra gewig. Hy sweep nie op nie, maar miskien moet hy begin. In tipiese Afrika styl!

John ·

Wow, as niemand na die Vader wil luister nie sal hulle die Steve-kultus begin. Almal sal hom (let wel kleinletter h) volg?? Wat ‘n redenasie van ‘n Steve bewonderaar. Julle is al klaar van die ossewa af… en sonder seen van Bo is die stryd verlore…

Oom Piet ·

Steve, jou toespraak. moet jy om skep in ‘n Lied, ‘n Volkslied.
Doen so voort!

Leendert ·

Wat is vryheid van spraak as die media wat dit kamma voorstaan, dit self sensureer? Maroela, kan julle ons help?

Roelien ·

As jy name soos worsie en kuifie gebruik se dit baie van jouself. Meeste van hedendaagse Afrikaners het stom geword. Se en doen niks want ons is bang en skuil agter valse name en bang vir vervolging…… Dankie Steve jy het ruggraat!!

Louis ·

Meeste van die wat kommentaar lewer verstaan nie waaroor dit gaan nie.

Die punt is vryheid van spraak.

Jy hoef glad nie saam te stem met wat Steve of enigeen anders sê nie. Dit is jou goeie reg. Maar sy goeie reg is om te kan sê hoe hy voel, solank dit nie rassisies of haatspraak is nie.

Indien hy gekeer word om sy sê te sê, en jy dink dit is reg so, dan is dit mos ook reg as iemand soos Thuli Madonsela of Naas Botha of enige iemand anders gekeer word om sy of haar sê te sê.

Dit gaan nie of jy hou van wat hy sê nie, dit gaan oor of hy sy sê mag sê.

Willie ·

Net so is vryheid van spraak ook van toepassing op die wat nie met hom saamstem nie. Hoekom word hulle dan aangeval deur mense wat kamstig in vryheid van spraak glo?

Henry ·

Die arme Kuifie, Worsie bok-bok en Eugene teem so al op dieselfde wysie, dat dit mos wil lyk asof dit uit een keelgat kom.
Hoe ookal.
Nou wonder ek of die ou lotjie so kwaad vir Steve is omdat hulle meisies/vroue/girlfriends/geliefdes dalkies agter Steve-baby aan gehol het. Wanneer mens al hul klaagliedere en foutvindery aanskou, sou dit geen verrassing wees nie.
:-)))

Andries Basson ·

Steve, Jy het alles in die toespraak opgesom. Die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.