Stevens Mokgalapa bedank uit DA

Stevens Mokgalapa. (Foto: DA)

Die beleërde voormalige burgemeester van die Tshwane-metro, Stevens Mokgalapa, het uit die DA bedank.

Mokgalapa het vroeër vanjaar as burgemeester bedank nadat die DA hom op verpligte verlof geplaas het weens bewerings dat hy kollegas ondermyn het en ʼn verhouding met een van die lede van sy burgemeesterskomitee gehad het.

Mike Moriarty, DA-voorsitter in Gauteng, het Mokgalapa alle sukses toegewens met sy toekomsplanne.

“Die DA neem kennis van Mokgalapa se bedanking en ons wil hom bedank vir sy diens.

“Die DA sal voortgaan met die strewe na vryheid, regverdigheid en geleentheid vir die inwoners van Tshwane en Suid-Afrika.”

ʼn Storm het om Mokgalapa se kop losgebars oor sy beweerde seksuele eskapades met die burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, Sheila Senkubuge.

ʼn Klankgreep van die twee se beweerde gekafoefel is wyd op sosiale media versprei. Dit is glo onwettig deur middel van ʼn meeluister-apparaat in Senkubuge se kantoor gemaak.

In die klankgreep kan ook gehoor word hoe hulle ander raadslede bespreek en selfs na die speaker van die raad as ʼn heks verwys.

Senkubuge het ook vroeër bedank.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rose ·

Nooit genoeg tyd om werk klaar te maak nie, maar oorgenoeg vir n bietjie plesier.

J ·

As sy WERK goed was … as Burgemeester … kon die 30 minute plesiertjie verskoon word.

Trek R500 af van sy salaris of gee hom na-uurse take om die verlore 30 minute in te haal.

Maar as hy “useless” was in sy werk dan is hierdie 30 minute plesiertjie ‘n goeie verskoning om van hom ontslae te raak.

Hennie J ·

Good riddance. Dit bekommer my dat die draadsitter party van sy belangrike token lede aan onbekende magte afstaan.

Moedeloos ·

Almal gaan nou soek na n meeluister-apparaat in hul kantore☺

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.