Stiefdogter (14) swanger ná verkragting

Argieffoto

ʼn 31-jarige man is Vrydag in die Empangeni-streekshof skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat die hof gehoor het hoe hy sy stiefdogter verkrag het. Die ondersoekbeampte het die vonnis verwelkom.

Die slagoffer was in Desember 2015 14 jaar oud toe sy ʼn huis met haar ma en stiefpa in Matshana, Empangeni, gedeel het. “Terwyl die ma nagskof gewerk het, het die pa sy stiefdogter verkrag. Hy het vir haar geld gegee om stil te bly,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het egter swanger geword en die saak is by die Empangeni-polisiestasie aangemeld.”

Die beskuldigde is ná ʼn ondersoek in hegtenis geneem en dienooreenkomstig aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

D V ·

Hoe kan ‘n ouer dit aan ‘n minderjarige kind doen en haar nog betaal???
Wêreld is omgekrap.

Straf ·

Lewenslank? Stadigaan begin vonnisse van verkragting gelykstaande raak aan moord want dit is presies wat dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.