Stiefma gevonnis oor kleuter se dood

Linda Hope (Foto: Facebook; verskaf aan Maroela Media)

Linda Hope (Foto: Facebook; verskaf aan Maroela Media)

Linda Hope (25) is Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis in verband met die moord op die tweejarige Christabelle, haar man Wynand Hope se biologiese dogtertjie.

Christabelle het op 31 Maart 2014 die naweek by haar pa en stiefma in Springs gebly en was die dag in Linda se sorg. Die hof het gehoor Christabelle het op die mat gesit en eet en haar kos in die mat gevryf toe Linda haar humeur verloor het. Sy het Christabelle geskud en toe sy nie wou ophou huil nie, het Linda haar geklap. Sy het agteroor geval, en haar bewussyn verloor.

“Sy is op 4 April breindood verklaar en het 6 April gesterf. Dit was ʼn Sondag,” het Bianca Immelman, Christabelle se tannie, aan Maroela Media gesê. Christabelle sou op 12 Augustus haar derde verjaarsdag vier.

Hope is tot tien jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar opgeskort is nadat sy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Sy sal dus agt jaar tronkstraf uitdien. Sy het skuld beken op strafbare manslag, eerder as die ernstiger aanklag van poging tot moord.

Christabelle (Foto: Facebook)

Christabelle (Foto: Facebook)

Immelman het aan Maroela gesê haar sussie, Madelein Labuschagne, het met ‘n swaart hart die dokument onderteken dat sy tevrede is met die pleitooreenkoms. “Baie mense beskuldig haar nou dat sy dit ‘aanvaar’ het, maar dit was óf die agt jaar, óf Linda sou dalk glad nie tronkstraf uitgedien het nie. Mense het ʼn wanpersepsie van hoe dit werk. Dis nie asof sy die pleitooreenkoms goedgekeur het nie.”

Sy sê mense beskuldig ook haar sussie omdat Christabelle by haar pa gaan kuier het. “Maar ʼn pa het net soveel reg om sy kind te sien.”

Immelman sê die familie is nie gelukkig met die uitspraak nie. “Maar mens sou ook seker nie eers met 100 jaar tevrede wees nie.”

Labuschagne het ʼn brief aan regter Mohamed Ismail voorgehou voordat hy uitspraak gelewer het.

“My dogtertjie Christabelle was ʼn pragtige klein blondekop met groot, bruin oë vol liefde. Daar was nie ʼn skandvlek op haar siel nie. Geen haat nie en geen vrees nie… haar lag kon ʼn hart van klip laat smelt,” skryf sy.

“Ek het ʼn pragtige babadogtertjie gehad wat by haar pa gaan kuier het, en nooit weer huis toe gekom het nie. Ek moes haar neerlê in ʼn klein pienk en wit kissie…

“My siel soek na die liefde wat ek verloor het, en ek probeer om vrede te vind ongeag die koste. Ek sou enigiets gee om haar net nog een aand weer styf vas te hou en haar te soen en ons liedjie vir haar te sing, en vir haar te sê ek het haar lief en sy moet sterk wees.”

Immelman het gesê die familie is baie hartseer, en sy twyfel of hulle Hope ooit sal kan vergewe.

Labuschagne het in haar brief aan die regter aangedui dat Hope nooit enige poging aangewend het om verskoning te vra vir dit wat gebeur het, of ʼn verduideliking te gee nie. “Dit is my mening dat sy nie enige berou toon vir dit wat gebeur het nie – of dit nou uit nalatigheid of doelbewus was nie.”

Labuschagne het twee seuntjies, onderskeidelik 14 en nege jaar oud, en ʼn dogtertjie van sewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

roxy ·

Ai my hart is bitter seer vir hierdie mamma!! ek self is n mamma en kan nie dink die pyn wat sy moet voel nie. Hoe jy so klein kindjie so seer kan maak…Mamma ek bid dat die Liewe Here jou sal krag gee.

Maryna ·

Sjoe, dis skokkend! Hoe kan ‘n jy ‘n weerlose baba so seer maak? Aan die mamma, baie sterkte vrou, ek wil nie eers begin dink oor hoe jy moet voel nie! Mag ons Vader jou die krag gee om deur elke dag te kom!

Landie ·

Ek hoop die vrou wat self die ma van 3 kinders is, word nooit weer toegelaat om hulle te sien nie. HOE doen jy dit aan so ‘n klein mensie??? Ek ken self ‘n klein dogtertjie wat 3 jaar oud is, en ek sal haar nooit so seer kan maak nie, en sy is nie eers familie van my nie, net vriende se dogtertjie. Ek hoop jy slaap NOOIT weer in die nag nie, mag hierdie klein dogtertjie wat jy weggevat het van haar mamma en papa af, in jou onderbewussyn spook vir die RES van jou lewe. Barbaar van ‘n mens!!!

Lettie ·

Die grootste seer is dat nie die liefste mamma of liefste pappa gaan ooit oor die seer kom nie. Ons Liewe Vader sal vir julle dag tot dag krag gee maar onthou net die kleine ENGELTJIE kyk vir julle elke dag.

Elmarie Pretorius ·

Ek het absoluut geen jammerte vir Linda Hope nie ek het die saak ondersoek en sy het soos Bianca se nooit die waarheid gepraat en gelieg van die begin af. Dit was 2 weke voor sy erken het sy het haar erg geslaan en toe ook nie eers die waarheid. Sy het probeer weghardloop ook maar ja ” ypu can run but can’t hide” sy het tot haar vonnis gelieg .Al wat aan Madelein Wynand en res van familie kan sê sy Linda Hope moet voor God staan eendag en dan die swaarste straf kry.

Winston ·

Ek glo jou Elmarie. Dit was meer as onmenslik en lafhartig om so n klein wese seer te maak. My hart bloei vir haar ouers.

TM ·

Toe ek die berig lees het ek geweet ‘n kind kan nie so lyk van net skud nie. Iets ergers moes gebeur het. Ons kan vir mekaar jok maar nie vir die Liewe Vader nie.

Sylvia ·

My hart huil oor die pragtige ou babatjie, wat dalk nie eers verstaan het wat het sy verkeerd gedoen nie. So afhanklik van iemand wat nie liefde kan gee nie. Mag Liewe Jesus ons ou kleintjies beskerm teen sulke …..MENSE? Pop jammer dat jy deur so iets moes gaan. Gelukkig is jy by Jesus se voete. Waar geen een jou ooit weer leed sal aandoen nie. Sterkte aan die wat vir haar lief was.

Beatrix Stevens ·

Wie kon aan so n pragtigge ou Dogterjie leed aandoen… ?? Sy het n regte ou Engel gesiggie”’ Linda Hope…. ek hoop dat jy met jou gewete kan saamleef”’ En dat jy elke dag in die tronk hierdie onskuldigge gesiggie en glimlag voor jou sal aanskou” 10 Jaar of sorry 8 jaar is nie genoeg vir jou , om te betaal vir n Leemte wat jy in n Ma se hart geplaas het nie”’ Eh hoop regtig dat jy nie eendag die vooreg sal kry om n kind van jou eie in hierdie lewe in te bring… want wie weet wat jy dalk eendag aan jou eie kind kan doen… Sterkte aan die Familie, wat nog rou oor klein Christabelle… Mag jul rus met die wete… by God is sy veilig..

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Sjoe baie erg ek het nie woorde nie eks geskok Mag God se liefde julle deur hierdie moeilike tyd dra Sterkte

Rinda ·

Dis so bitter hartseer dat so n klein pop op so n manier van haar mamma af weggeneem is. Ek self is n mamma van n vier jarige dogtertjie en kan nie dink hoe my lewe sonder haar sal wees nie. Kinders van daardie ouderdom eksperimenteer nog vreeslik en veral met kos. Vir n kind om so gestraf te word oor iets wat bloot met n lappie opgevee kan word is vreeslik. My hart is seer as ek dink waardeur hierdie mamma moes gaan en nog moet gaan.
Ek bid vir jou en jou familie vir krag!

Mag jy, Linda Hope, nooit weer die voorreg gegun word om so klein bondeltjie vreugde te sien of vas te hou nie. Agt jaar is glad nie genoeg vir die barbaarse aanval op ‘n onskuldige kind nie, maar ek weet dat jy voor God sal moet staan en aan Hom sal moet verduidelik. Dan sal jy die swaar straf kry wat jou eintlik toekom.

christine ·

Syt beslis die verkeerde van. Hope bid jou aan. Watter hoop bied dit ek hoop en bid dat dit nooit weer gebeur nie. Stiefmammas as julle net in julle harte tog iewers iets kan kry hoe gering ookal werk baie hard daaraan ai ai

Salome Alexander ·

Die wat wil, ons kan ‘n petisie optrek teen haar. Sy moet sit! 8 Jaar is nie genoeg! Ek is op fb Salome Alexander. Ook ‘n ondersteunings groep vir haar mamma. Inbox my asb. Baie dankie

Paul ·

Dit is n bespotting van geregtigheid. Sy moes in die gevangenis oud geraak het. Die belaglikheid is dat sy na vier jaar vrygelaat gaan word.

danie ·

Kan die slim mense nou vir my verduidelik, hoekom sy 8 jaar kry vir strafbare manslag (ek sou die sleutels weg gooi) en Oscar net 10 maande vir die selfde klag

Berhalet Beukes ·

Want die “invloedryke” mense manipuleer die “slim” mense met geld en dink die “dom” mense is te oningelig om agter te kom

pauline ·

Ek le met n gebreekte hart en trane in my oe, 8jr vir moord op so n mooi kind, ek hoop die pa se oe het oopgegaan. Ek sou gese fine jy herken skuld dubbelle lewenslange tronkstraf of die stoel. Aan mamma weet sy is by Jesus en kyk af op jou en se dis my mamma

Sharpie ·

Jy is nie ñ die woord “Ma” werd nie sjou leg ding. Mag jy kry wat jou toekom, daardie kind het geen verweer teen jou gehad nie. Sies man!

M A ·

Sy is maar net uitgevang. Daar is duisende mense wat kindertjies klap en mishandel en niemand doen iets nie. As die dogtertjie nie oorlede is nie, sou dit net aan en aan gegaan het.

Martin ·

Alles wat nou met haar in die tronk gaan gebeur kom haar toe.

Daisy ·

Ek is ook ‘n mamma van twee pragtige dogtertjies, woelig en besig. Kossies en koeldrank gaan gereeld mat toe. Dis werelds goed wat weer skoon gemaak kan word. ‘n Mat kan vervang word maar ‘n ou kinderlewetjie kan nooit vervang word nie. Krodedil trane loop, selfs my man sluk swaar. Nee wat sy verdien niks, nie eers die tronk se kos, bed , niks nie. ‘n Grot met rotte is ook te luuks. Aan die mamma dis so maklik om te se ja ons weet waardeur jy nou gaan maar ons ervaar nie jou innerlike en uiterlike pyn nie, huil as jy wil huil want ja jy gaan nog baie huil. Daardie kindjie was in jou liggaam vir nege maande , geboorte pyne, siek en gesond, lag en huil het julle alles gedeel. Net die Liewe Vader kan jou deur die moeilike tyd dra en genees. Van ‘n mamma wat saam met jou huil.

Carol ·

en Jesus het gesê.: laat die kindertjies na My toe kom…..maar ek weet Hy het nie bedoel op so manier nie. Sy moet eerder ook gaan vir n historektomie….en mag nooit ooit kinders van haar eie hê nie….My oumahart huil vir die mamma van. Christebella. God sal jou seer minder maak.

marianne ·

My hart bloei vir almal in Linda se saak. As self ‘n mamma kan ek my nie ‘n lewe sonder my kind indink nie…..
MAAAAAR!!!!!

As ‘n EX STIEF MA le al my simpatie en empatie met Linda.

Dit is geen PIEKNIEK om iemand anders se brat groot te maak nie. Haar optrede in die milliesekonde waarin sy gesnap het is verkeerd. Sy moet vir haar dade aanspreeklikheid aanvaar.

MAAR …. DIE WALK AWAY EN BLY EERDER STIL LYNTJIE IS DUNNER AS DIE EEN TUSSEN LIEFDE EN HAAT….

Ek het betyds omgedraai en geloop em gear dankie Here SY is nie MY kind nie!!!!!

Liza ·

Sy het ‘n kind VERMOOR en GELIEG daaroor!!! Ek was elke naweek op my kniee as my baba dogtertjie (ook 2 daai tyd) in haar stiefma en pappa se sorg was…. dank Vader sy is nou groot en kan nou vir haarself opstaan.

Yvonne Bornman ·

Nog nooit my hande eers opgelig vir een van my diere, wat nog te se vir n weerlose 2jarige. Noem dit snap, of selfs die gespitte sekonde, moet n mens oor die algemeen nie so n geweldadige hou n kindjie smack nie. Ek kan net eending sien, “GEWELD” het n groot rol gespeel in die hou om n kindjie van 2jr bewussyn te laat verloor. Geen maar geen genade of vir die split sekonde kan ek na haar kant eens kyk nie, sy moet met dieselfde minagting hanteer word wat sy vir n split sekonde uitgedeel het!

Gideon ·

agnee Linda, watse soort monster is jy? Met ‘n van wat hoop spreek het jy die teendeel bewys! Ek het al gehoor in die tronke hou die ander gevangenis niks van mense wat straf moet uitdien wat te doen het met seermaak van kinders nie!! So Linda ek hoop “big Mamma en haar trawante ” wag vir jou en gee jou elke dag ‘n paar klappe dat jy behoorlik kan dink aan jou sonde!! Jy is ‘n skande vir die pragtige vrouens wat ons planeet bewandel!!

Yvette ·

Wraak is nie vir ons om te neem nie laat dit in God se hande. Sy wraak is tog soveel meer as ons s’n. Sterkte aan die moeder en almal wat hartseer en gebroke gelaat is. Daar moet strenger wette wees oor stief ouers en of die voog ouer wil toestemming gee dat n kind na so huis gaan vir n besoek of nie.

Cherize Oosthuizen ·

Ek lees deur al die kommentaar en ja, my hart gaan uit na die biologiese mamma (dit is bitter hartseer), almal veroordeel die stiefma (ja, sy verdien haar straf en kan sy met haar gewete saamleef?) – maar ek sien min kommentaar oor die biologiese pa. Daardie man verdien ook om gestraf te word, eerstens omdat hy sy eerste vrou en kind verlaat en weggegooi het met n egskeiding; maar belangriker – hy moes die nuwe ma tog geken het, geweet het van haar humeur en afwykings. Hoekom die onskuldige kind by haar alleen gelos? Hy verdien beslis ook n straf!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.