Stiefma ‘jammer’ ná SA-tiener in Mauritius sterf

Marietjie Vosloo (Skermskoot uit TéléPlus se video)

Marietjie Vosloo, stiefma van die Suid-Afrikaanse tiener Mundolene Vosloo (17) wat in Oktober 2016 in Mauritius dood is kort nadat sy en haar stiefma in ʼn rusie betrokke was, is vandeesweek in ʼn hof in Mauritius skuldig bevind aan aanranding.

Landdros Navina Parsuramen het volgens die nuuswebwerf lexpress.mu glo in sy uitspraak gesê hy is nié oortuig dat Vosloo skuldig is aan ʼn ernstiger aanklag van aanranding met die doel om te moor nie. Volgens hom is daar steeds nie ʼn duidelike verband tussen Vosloo wat vir Mundolene geslaan het en die oorsaak van die 17-jarige se dood nie.

Parsuramen het gesê hoewel dat dit volgens die nadoodse ondersoek duidelik is dat Mundolene wel geslaan is, is daar nie bewyse dat Vosloo besef het dat Mundolene sou sterf of dat sy die bedoeling gehad het om haar te vermoor nie. Hy het gesê tekens van Phenytoin in haar maag wek ook vrae of Mundolene nie moontlik ʼn stuiptrekkingsaanval ten tyde van haar dood gekry het nie. Phenytoin is ʼn middel wat gebruik word om stuiptrekkings te beheer.

Mundolene Vosloo

“Die hof bevind dat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat Vosloo vir Mundolene geslaan het met die doel om haar te vermoor nie,” het hy gesê.

Vosloo het ná die uitspraak aan die hof om verskoning gevra en versoek om by haar 11-jarige seun in Suid-Afrika aan te sluit. Sy is al langer as 530 dae in ʼn tronk in Mauritius.

Zaredhin Jaunbaccus, vir Vosloo, het aan die hof gevra dat sy ʼn boete in plaas van tronkstraf opgelê word.

Vosloo het buite die hof aan die televisiekanaal TéléPlus gesê sy kon nie voorsien wat gebeur het nie, en het uit woede opgetree. “Wat gebeur het, was ʼn fout. In ʼn oomblik wat jy kwaad of seergemaak is doen jy dinge wat jy nie bedoel het om te doen nie. Dit was nooit my bedoeling om haar te slaan nie, dit het net in ʼn oomblik van woede gebeur sonder dat ek gedink het.”

Oor haar versoek aan die hof het sy gesê: “Ek het hulle [die hof] om verskoning gevra vir wat ek gedoen het. Ek het ʼn 11-jarige seun tuis. Sy pa werk nie in Suid-Afrika nie en nou betaal ons ʼn oppasser om na hom te kyk omdat daar nie familie is wat na hom kan omsien nie. Ek wil regtig net huis toe gaan om by my seun te wees. Ek is baie lief vir my familie en ek behou kontak met hulle. Ek sal hulle bel en weer met hulle praat sodra ek weer by die tronk aankom.”

Mundolene Vosloo.

Sy het aan die televisiekanaal gesê sy leef nog daagliks met skuldgevoelens, maar dat sy dankbaar is aan die ondersteuning wat Mike Vosloo, haar man, aan haar bied. “Ek leef elke dag met skuldgevoelens. Ek was vir haar [Mundolene] lief asof sy my eie dogter was; al was sy nie my eie dogter nie, ek het haar as my eie beskou. Ek het dus ook ʼn kind verloor. Mike is elke dag daar vir my.  Hy ondersteun my en hy het vir my gesê hy weet ek is nie skuldig nie; ek het haar nie vermoor nie. Hy is daar vir my, hy help my en het nog nooit sy rug op my gedraai nie.”

Vosloo sal na verwagting Maandag gevonnis word.

Maroela Media het vroeër berig Mundolene is by die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Sy was saam met haar pa [Mike], stiefma [Vosloo] en twee broers met vakansie. Sy het die aand inmekaargesak en ʼn dokter by die hotel het haar ondersoek voordat sy dood verklaar is. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het glo aan die lig gekom dat Mundolene en haar stiefma in ʼn rusie betrokke was. Vosloo het Mundolene na bewering geslaan en sy is in hegtenis geneem. Vosloo is sedertdien in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Adriana ·

Jammer maar mens klap nie iemand op of teendie kop nie en dit nogal gereeld.Wat se ‘liefde’ is dit?

Dink vir jouself ·

ok – het die mense nou nog nie geleer dat om jou hand te lig vir n ander persoon kan jou letwel in baie groot moeilikheid laat beland nie?? ek se nie die stiefma is skuldig nie maar hell, jy kan n mens hoe hard slaan/ klap dat die persoon iets beskadig of jy kan n persoon hoe sag slaan/klap en iets beskadig ewen dood maak sonder dat jy dit besef n mens kan met mekaar speel ” rof stoei” n persoon kan verkeerd val en dan is die persoon of bitter erg seergemaak of dood. mense moet bietjie begin dink vir n slag.

Ekke ·

Wel ek hoop jy beheer jou woede in die vervolg.omrede dit weer kan gebeur.en dit dalk jou eie kind so hard klap!!! Ek is jammer.vir jou 11 jarige seun .en jy dan alleen by hom .terwyl sy pa buite SA werk ..

Gesiggie ·

Ek voel regtig so jammer vir jou, dit is die eerste keer wat ek die berig lees… hoe moet jy nou hierdie mense oortuig dat jy dit nie gedoen het omdat jy Mundolene wou doodmaak, maar dat jy dit uit woede gedoen het want ek weet hoe dit kan gaan tussen n stief Ma en Stief dogter… daar is altyd verskille… ek is so jammer dat so iets moes gebeur? en ja almal sal nou dink, jy het dit bedoel? maar as jy onskuldig is bly veg tot die einde…sodat jy daar uit kan kom om weer jou Familie en seun te kan sien…geweld kan nie altyd als oplos, maar ja n mens raak kwaad en ja n mens doen dinge waaroor jy daarna speit is… mag daar uit die hartseer net weer geluk kom… sterkte Marietjie hoop als werk reg uit vir jou.

Ma ·

Marietjie is veronderstel om volwassene te wees en op te tree. Sy het geweet sy trou met n man met kinders. Om jou selfbeheer so te verloor is ABSURD! en haar boonop te bejammer! Sy het die meisie aangerand en dit het haar dood veroorsaak. Ek glo sy is jammer maar die kind is steeds dood. Haar arme ouers en familie! Stiefkinders of eie kinders jy maak die keuse; moenie die stiefkinders blameer vir jou onsekerhede nie.

CHRISTA ·

Daar is nie net verskille tussen ‘n stiefma en stiefdogter nie!! Daar is selfs verskille tussen ‘n biologiese ma en dogter!! Ek hoop haar seun by wie sy so graag wil wees se lewe nie ook in gevaar sal wees nie – veral as hy ouer is en sy eie idees kry!!

HPV ·

Om ‘n regverdige regstelsel te hê moet mens in ‘n demokratiese bestel lewe, nie in ‘n skeefgetrekte, dubbelstandaard, siek stelsel soos Suid Afrika met sy rooi oorpak opsweper nie. Dit noem mens ‘n domokrasie met klem op die dom in die woord, ‘n stelsel wat mens al meer verag.

mossie ·

Jammer Marietjie, jy het haar meer as een keer geslaan – Maroela het destyds daaroor geskryf. Ek onthou dit baie goed.

Eerlik ·

Al wat ek kan sê… stiefkinders….!! jy trou met hulle ouers (albei) en die kind… almal skerm vir die bloedjies (skuldgevoelens) en die kind speel almal teen mekaar af.. Die ouers oorbeskerm die kinders… Jy as stiefouer mag net gee en goed doen maar niks doen of sê as iets nie reg is nie of jy nie gelukkig voel oor iets nie… dan is dit net ‘n “kind”… Hulle dryf en verdryf jou… hulle speel ‘n gevaarlike game en as jy knak, dan is jy ‘n heks en allelei erger woorde.. Jy staan letterlik alleen in so huwelik. Die ouers wil nie sleg lyk nie so hulle bederf en vertroetel en jy as stiefouer sit met die brok. Niemand wil ‘n kind doodslaan nie, maar jy knak erens… en dan gebeur so ‘n ongeluk.. soms moet mense dieper kyk as die onskuldige gesiggie. Ouers van die kinders moet besef die stiefouer sien soms dinge wat jy as ouer liewer nie wil erken of miskyk… As jy weer wil trou en jy het kinders, besef dat jy nou nuwe vrou moet bystaan en nie jou kind se foute miskyk nie en haar beskerm teen sy onskuldige jaloesie. Kinders is nie dom nie!

Stiefma ·

Stem saam jou Eerlik. Ek is ook stiefma en dis soms baie baie moeilik. Wou nog nooit my kinders klap nie maar ek weet hoe seer kan woorde van ‘n stiefkind mens maak

Anti Leuns ·

Ek kan onthou dat dogter en stiefma gladnie oor die weggekom ht nie en die dogter was op meer as een geleentheid teen die kop geslaan.
Dit was verskriklik om dit te gelees het. Maroela het nog daaroor geskryf.
Waar die liefde nou vandaan kom weet ek nie.

PJC ·

Volgens die nadoodse ondersoek is vasgestel dat die kind ń middel teen stuiptrekkings gebruik het. Die klap teen haar kop was dus net die strooi wat die kameel se rug gebreek het. Dus geen moord. Geen ouer behoort egter ń kind te klap of op enige ander manier te slaan nie want dan het jy in jou opvoedingstaak gefaal.

mariaan ·

Die vrou is onskuldig omdat kinders baie emosies toon en mens tot ‘n sekere vlak van selfbeheersing kan dryf.

Alicia ·

En as dit jou kind was… For sure sal ek eerste vir my kind op staan teen ‘n ervare volwassene!

Elaine ·

Strafbare manslag sou dalk ñ beter straf gewees het. Gelukkig het jy nog ñ seun om na terug te gaan. Mundolene se ma het nie ñ dogter wat ooit weer huis toe sal kom nie. Dit wat jy gedoen het was verkeerd en geen jammer sal dit ooit reg maak nie. Rus in vrede Mundolene.

Brenda ·

Ek glo dit was nie “beplan” of bedoel om haar dood te maak nie, maar “lief” vir haar was jy nooit. Hierdie kind het skool toe gegaan met sigbate wurgmerke aan haar keel… so dat my kind my daarvan vertel het! Ander in die skool het dit natuurlik ook gesien! My seun was so emosioneel toe hy die stuk lees, hy se self dat hy nie kan glo die vrou gaan wegkom met wat sy gedoen het nie!!!

Sjoe ·

Sjoe die waarheid het n manier om uit te kom….. dankie, ek het maar gewonder oor al die beserings & aanrandings waaroor berig was. Net jammer daardie hof het dit nie geweet. Ek voel ook al vra sy hoe omverskoning gaan dit nie die seer wegvat, ek glo ook nie sy wou haar doodmaak, maar sy het. Dade het gevolge. Mike dit is goed dat jy jou vrou ondersteun, dit bly jul seun se Ma, dit is net vir my hartseer dat jy nie jou dogter in die 1ste plek teen hierdie aggresiewe vrou beskerm het nie. Al is stiefdogters hoe moeilik of aspris, het geeneen die reg om haar so aan te rand nie. Enkel ouers jy is verantwoordelik vir jou kind se veiligheid, as sy nie gesterf het nie, sou haar siel baie seer gewees het. Aan Mundolene se Ma, baie sterkte al my simpatie lê by jou, jou seun & haar ander boetie. Marietjie, jy moes eers aan jou seun gedink het voor jy soos n besetene n ander persoon aangerand het, dan was jou seun nie nou alleen nie.

LB S ·

Nou waar was Mundolene se eie ma? Kon sy nooit agterkom dat sy sogenaamd mishandel word nie? Nee a, ek vind dit baie moeilik om te glo of verstaan. Want ek sou beslis dadelik daarvan werk gemaak het as dit my kind was.

Mathilda ·

Ek is ook n stiefma en glo my stiefdogters is baie erg. Ek het so baie opofferings vir my stiefdogter gemaak…nog steeds het sy my oral swart gesmeer. Tot eendag….toe is genoeg genoeg. Gelukkig het haar pa se oë oopgegaan en het ons besluit om haar nie deel van ons gesin te maak nie. Peace at last!!!

Anika Klette ·

Mathilda uit die aard van die saak sou ek nie daardie stelling hier gemaak het nie:jou man het besluit om jou bo sy eie kind te stel “peace at last” wow ek weet nie hoe die situasie was maar dis baie hartseer as n ouer n kind afskryf as “nie deel van ons gesin”

Anoniem.M ·

Ek is ook n stief dogter….. met n stief pa en ma…. ek is die een wat my stief pa versorg het tot sy laaste asem op 80… nie eers sy eie kinders was daar in maande nie. …. nie alle stief dogters is rillers nie…

Cherokee ·

Anike Klette, jy ken nie die ‘Mathilda-gesin’ se geskiedenis. Jy mag dus in die kol wees met jou bevraagtekening van ‘n pa wat sy dogter uit sy lewe gestel het of jy mag die kol met myle mis. Hoeveel weet jý van die lewe? En my vraag is nie neerhalend nie, alles behalwe. Jy kan bloot dit nie sê as jy nie die geskiedenis ken nie. As jy en ek aan verskillende kante van die spoorlyn groot geword het, het jy nie die reg om enige mening te lig of enige raad te bedien aan ons wat aan die verkeerde kant van die spoorlyn is nie. Ek het as stiefkind groot geword en (sal miskien baie graag geken word deur ‘n biografieskrywer) daar is drie ‘half-susters’ wat ek as familie ontken.

Laurik Hulme Theunissen ·

Mense oordeel so maklik. Niemand ken die agter grond van daai gesin nie. En niemand weet presies wat daar gebeur het nie. Die feit dat n kind oorlede is is baie tragies. Tog wil ek net noem … hoeveel mense daar buite kan sê ek het nog nooit iets onverantwoordeliks gedoen nie of self nooit my humeur verloor nie … wat ook al gebeur het JY HET NIE DIE REG OM TE OORDEEL NIE. Bid eerder vir daai familie.

Mike ·

Laurik Hulme Theunissen, wil net vir jou dankie sê, darm iemand wat sin praat en jy is reg, NIEMAND HET DIE REG OM TE OORDEEL NIE, selfs die Here het in Jesus se saak nie eers ingetreë in sy kruisiging nie maar hulle het Jesus gefonnis en gekruisig tot ons Sondaars se voordeel. Maar ja, selfs Hy het daai hof toe gelaat om te oordeel en so het ek myself berus by wat ook al die Mauritius hof se oordeel en besluit sou wees want weet jy wat, maak nie saak wat die uitkoms is nie, dit gaan nie my prag dogter aan my terug gee nie en daar is baie baie meer aan die verhaal as wat mense werklik weet. Ek het my dogter beskerm na die beste van my vermoë met informasie wat aan my genoem was oor die afgelope 12 jaar sedert ek en haar ma se eg skeiding, selfs ek het nie verwag dit sou so uitloop nie, maar ja, telke male wat ek iets probeer doen het, het ek in mure vas geloop ten opsigte van ons geregstelsel van Suid Afrika, iemand moet mos eers iets oor kom voor hulle iets doen en op treë, op die einde van die dag blameer ek ons land se wette want kriminele kom weg met als en die onskuldige moet nood gedwonge dinge net aanvaar want die wet sê so en so en so. Dankie vir jou boodskap

Anoniem ·

Net aan Shoe iets oor drae, daai man het als in sy vermoë gedoen om sy kinders te beskerm maar SA wette is geskryf om die onskuldige aan die pen te laat ry. Die wurg merke wat van gepraat word is gesien deur skool kinders in Hugenote in Springs, nie in Natal nie, so hoe en wie het daai kind dan verwurg? Julle almal ken duidelik nie al die feite nie, daar is baie baie meer in die verhaal as wat julle tot dusver gelees het. Daar is tekens van beide fisiese en woordelike geweld van beide die stief ouers oor ń lang tydperk en dit kan ook lei tot emosionele gemoeds toestand, toestand wat ook kan lei tot hart aanvalle en dies meer. Haar pa was dan nie eers bewus van die medikasie wat sy op was nie ten opsigte van stuiptrekkings, so vrae bietjie die vrae van wat het haar eie ma probeer weg steek? Daar is baie meer in die saak as wat baie van julle so oppervlakig raak sien. Ek ken haar eie pa baie goed en glo my hy mis sy dogter meer as wat enige van julle kan besef en self hy het nie eers gedink so iets sou so eindig nie, het hy geweet van die medikasie sou hy dalk anders op getreë het en seker gemaak het sy dogter en vrou kom nie in dieselfde vertrek nie, laat mens wonder ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.