Stiefma vrygelaat ná SA tiener in Mauritius sterf

Marietjie Vosloo (Skermskoot uit TéléPlus se video)

Marietjie Vosloo, stiefma van die Suid-Afrikaanse tiener Mundolene Vosloo (17) wat in Oktober 2016 in Mauritius dood is kort nadat sy en haar stiefma in ʼn rusie betrokke was, is Maandag vrygelaat ná ʼn jaar en ʼn half in ʼn gevangenis in dié land.

Landdros Navina Parsuramen het Vosloo Maandag (2 April) tot 15 maande tronkstraf gevonnis. Vosloo is egter oomblikke ná die vonnisoplegging vrygelaat aangesien sy reeds 532 dae in die tronk deurgebring het.

Die nuuswebwerf lexpress.mu berig dié vonnis het as ʼn verligting vir Vosloo en haar regspan gekom aangesien sy tot 60 jaar in die tronk sou kon deurbring.

Dié vonnis kom nadat Parsuramen Vosloo op 28 Maart skuldig bevind het aan aanranding. Parsuramen het in sy uitspraak gesê hy is nié oortuig dat Vosloo skuldig is aan ʼn ernstiger aanklag van aanranding met die doel om te moor nie. Hy het gesê hoewel dit volgens die nadoodse ondersoek duidelik is dat Mundolene wel geslaan is, is daar nie bewyse dat Vosloo besef het dat Mundolene sou sterf of dat sy die bedoeling gehad het om haar te vermoor nie.

Mundolene Vosloo

Vosloo het vroeër versoek om by haar 11-jarige seun in Suid-Afrika aan te sluit aangesien die kind se pa volgens haar nié in Suid-Afrika bly nie en niemand het om na hom om te sien nie.

Sy het vroeër aan die televisiekanaal TéléPlus gesê sy “kon nie voorsien het wat sou gebeur het nie” en “het uit woede opgetree”. “Wat gebeur het, was ʼn fout. In ʼn oomblik wat jy kwaad of seergemaak is doen jy dinge wat jy nie bedoel het om te doen nie. Dit was nooit my bedoeling om haar te slaan nie, dit het net in ʼn oomblik van woede gebeur sonder dat ek gedink het.”

Vosloo het aan die televisiekanaal gesê sy leef nog daagliks met skuldgevoelens, maar dat sy dankbaar is aan die ondersteuning wat Mike Vosloo, haar man, aan haar bied. “Ek leef elke dag met skuldgevoelens. Ek was vir haar [Mundolene] lief asof sy my eie dogter was; al was sy nie my eie dogter nie, ek het haar as my eie beskou. Ek het dus ook ʼn kind verloor. Mike is elke dag daar vir my.  Hy ondersteun my en hy het vir my gesê hy weet ek is nie skuldig nie; ek het haar nie vermoor nie. Hy is daar vir my, hy help my en het nog nooit sy rug op my gedraai nie.”

Maroela Media het vroeër berig Mundolene is by die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Sy was saam met haar pa [Mike], stiefma [Vosloo] en twee broers met vakansie. Sy het die aand inmekaargesak en ʼn dokter by die hotel het haar ondersoek voordat sy dood verklaar is. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het aan die lig gekom dat Mundolene en haar stiefma in ʼn rusie betrokke was. Vosloo het Mundolene geslaan en sy is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Cindy ·

@Christa – Net soos stiefkinders jou lewe hel maak kan Stief ouers dit ook doen. Die vrou het geen reg gehad om haar hande te lig vir Mundolene nie. Ons almal weet dat tieners baie moeilik kan wees maar dit regverdig nie om dood geslaan te word nie. As die stiefma n probleem gehad het moes sy dan met die kind se pa praat daaroor. Nie die kind dood slaan nie

Jessie ·

Uit ondervinding: Stiefkinders kan vir jou die lewe hel maak. Maak nie saak wat die pa van die kind doen nie.

Pieter ·

Alle sterkte vir Marietjie en Mike op ‘n moeilike pad vorentoe.

rose ·

Wat gebeur het is tragies ek voel jammer vir die familie. Maar ek hoop Mike en marietjie kan die stukke optel en vir die seuntjie ‘n veilig toekoms bou.

Marianne van Zyl ·

Daar behoort geen pad vorentoe te wees vir hulle nie…. Hoe lewe jy saam met n vrou wat indirek jou pragtige dogter se dood veroorsaak het? En dink hoe moet die Mamma voel?

Celia ·

Daar is absoluut nooit n rede om n kind in die gesig of kop te slaan nie. Nooit selfbeheersing is wat jou n volwassene maak jy loop wg koel af en dan kry jy die Pa om die kind te staf dit is sy plig waar was hy en hoekom het hy nie gekeer toe dinge warm raak nie. Kinders is baie moeilik en dit is so maar as n volwassene loop jy weg eerder as om handgemeen te raak. Soveel te meer n kind wat epilepsie het dit is total onaanvaarbaar sy verdien om in die trunk te bly die regte Mamma het lewenslank haar kind en kleinkinders verloor.

dom ·

Julle weet natuurlik die vrou het die meisie net geklap ne….. hoekom is dit nie in die berig nie !

VanAfrika ·

Sy moes daai kind n harde hou gemoker het om haar dood te slaan, net n gewone hou kan nie n mens se dood veroorsaak nie. As sy daardie meisiekind so lief gehad het, hoekom haar so hard slaan dat dit haar lewe geëis het. Daar is meer geskiedenis in hierdie argument as wat voorgegee word. Die Suid Afrikaanse owerhede moet ook nou verdere ondersoek instel, n jong dogter is dood geslaan vir geen rede nie. Dis manslag of moord, hang af wat haar motief was.

Sam ·

@Cindy… Stief alles (ouers en kinders) maak party keer die lewe moeilik. Ek dink wel jou kommentaar is onvanpas die dat jy se dit regverdig nie om dood geslaan te word nie. Ek glo nie dit was haar intensie om haar dood te slaan nie. Dit is hartseer, maar ek glo dit is hartseer vir almal. Op die ou eind gaan sy saam daai keuse wat sy gemaak het in die hitte van die oomblik moet leef, maar ek glo tog dit was ‘n tragiese ongeluk.

Marlize Claassen ·

Geen volwassene mag n kind met die vuis slaan nie!! Geen verskoning!!

adriana ·

Feit bly staan – sy het moord gepleeg.
Gaan sy in S A daarvoor gestraf word?
Sy het ‘n pragtige mooie jong dame meer as een keer teen haar kop geslaan en dit het tot haar voortydige dood gely.

ChristaT ·

Haar dood het nie in Suid Afrika gebeur nie maar in ‘n ander land en is ondersoek deur daardie land se polisie beamptes, so sy mag ‘n Suid Afrikaner wees maar Suid Afrika kan nie ingmeng in Mauritius se regstelsel nie en op grond van watter ondersoeke deur Suid Afrika kan hulle haar aankla? Hulle was nie betrokke by die ondersoek op die moord toneel nie. Nog minder het hulle enige bewyse. Om klippe te gooi gaan niks verander nie, die oordeel kom jou en my nie toe nie.

Veronica ·

Mens kan nie 2 keer vir dieselfde daad gestraf word nie….

Amanda ·

Maar Oscar word oor en oor vir dieselfde misdaad verhoor. SA het dubbelle standaarde.

Nettie ·

@adriana …. O ja? En jy was daar toe me. Vosloo vir Mundolene “meer as een keer teen die kop geslaan” het? Nè? ‘n Taai klap (of twee) moenie met ‘n vuishou (of twee) teen die kop verwar word nie. Daar is ‘n beduidende verskil. Buitendien, nie een van ons was daar om te weet of dit ‘n vuishou (of twee) of ‘n taai klap (of twee) teen die kop/in die gesig was nie.

En vir diegene wat redeneer dat ‘n ‘volwassene’ nie ‘n kind teen die kop slaan nie: Mundolene was nou nie juis meer ‘n ‘kind’ nie (sy was wel minderjarig, volgens ons wette, maar baie beslis nie meer ‘n kind nie). In statuur, dink ek, kon sy me. Vosloo goed teëstaan.

En sommige ‘kinders’ – stief of eie – kan mens vertoornig totdat jy iets in ‘n oomblik van woede doen, wat jy andersyds nie sou doen nie.

Die oordeel kom ons nie toe nie. Die Mauretaanse hof en regter het – na behoorlike oorweging van alle feite – uitspraak gelewer. Wie is ons om dit te kritiseer en ‘n oordeel te vel?

Marianne van Zyl ·

Kan dit wees dat die Pa van Mundolene nog wil saamleef met die vrou wat sy pragtige dogter se dood veroorsaak (indirek…. ook nie heeltemal)?? En hoe voel die Mamma van die dogter? So die een wat haar hand gelig het vir haar stiefdogter voel sys soort van onskuldig?

Sarel ·

Dit is altyd hartseer as mense net gedurig wil klippe gooi. Kan julle regtig nie iets beters kry om te doen nie.Sterktebvur die gesin op die pad van herstel.

ne ·

‘n Kind bly ‘n kind. Jy as volwasse moes nie jou hande gelig het nie! Tieners kan moeilik wees, en jy is NIE haar ma nie, jy het geen reg om haar te slaan nie. Hoop jou seun is veilig in jou en jou man se sorg….

stief ·

ne…. dit is juis daardie woorde wat dit vir ‘n stiefouer moelik maak om stiefkinders te hê. …”jy is NIE haar ma nie”… so wat is jy? Jy moet vir hulle kosmaak en klere regkry en soos ‘n ma vir hulle wees, maar verder moet jy stilbly. Niemand berei iemand werklik voor op ‘n stiefkind nie, en jy gaan beslis met goeie intensies in die huwelik in. Almal sê, behandelik die stiefkind asof hy/sy jou eie is.. jy gaan positief in, tot die werklikheid jou tref. By dissipline moet jy stilbly en as jy iets sê is jy die vreeslike stiefma. Nou hoe gemaak?? So wat gebeur, jy bou op en op, want jy mag niks, net goeddoen en stilbly. Die kind sien hy/sy kom weg met moord en vererger en ja verlustig hulself in jou mismoedigheid. Erens moet ‘n uitbarsting kom. Dan wys almal vinger, sonder die ware feite… Dan was dit die pragtige onskuldige kind…. ja, ek het ‘n stiefpa gehad wat my gladnie aanvaar het nie en my lewe moeilik gemaak het en besluit ek gaan ‘n oulike stiefma wees en het my bes gegee en net teenkanting gekry van pa/ma en kind. So wat gebeur, jy begin die kind innerlik haat vir al die moeilikheid wat jy kry… gaan dink mooi voor julle die vrou se woede oordeel…. was jy haar stiefma?

Kala ·

@ne. So jy se my man wat my kinders grootmaak van 3, 6 en 8 tot nou toe waar hul tieners is mag nie dissipline uitoefen nie want hy is nie hul pa nie. Hul sien nie hul regte pa nie. Hul “stiefpa” moet maar net sorg , vir alles betaal, by elke sportgeleentheid wees, op vakansie vat, speel met hulle, bederf en n beter pa wees as meeste ouers, maar hy mag nie met hul raas nie want hy is nie die “pa” nie…….wat is stiefouers dan?

anton ·

Cindy, ek dink jy moet jou feite bietjie agter mekaar kry oor die voorval!!!
Eerstens het sy haar nie geslaan om haar dood te slaan soos jy wil beweer nie!!!
Hierdie was meer n tipe ”frats” wat gebeur het.
En glo nie jy kan vir ander voorskryf hoe hulle, hulle huishouding moet hanteer nie.

VanAfrika ·

n Tipe frats wat gebeur het???? Huh???? Weet nie hoe kan dit n frats wees as daardie kind “lyfstraf” toegedien is deur iemand wat nie eens haar ouer is nie. Hierdie straf was doelgerig want daardie kind het gesterf van n hou. NIEMAND lig hulle hande vir my kind nie. My oorlede swaer het eendag vir my toe vierjarige seuntjie gesê hy sal hom klap omdat hy stout is en ek het dit per ongeluk gehoor. Het hom duidelik laat verstaan as daar te klappe is sal ek klap, ek sal die enigste een wees wat my kind tug. Jy n probleem met my kind het sê jy vir my en ek sal hom tug. Hierdie vrou moes daardie dogter n helse hou gegee het om haar dood te slaan. Niemand sterf sommer van n hou of klap nie en n mens se skedel kan heelwat trauma vat. Daardie land moes beter ondersoek ingestel het want hoe sterf iemand net van n hou??? Daar is meer aan hierdie saak as wat ons dink.

Kas ·

‘n Wors het twee kante.Aan die eenkant het jy ‘n stiefmama wat dominerend haar wil afdwing maar tog lief is vir haar stiefdogter en vir haar ‘n ma wil wees maar aan die anderkant het jy ‘n stiefdogter wat nie aan gesag onderwerp wil word nie en haar stiefma se gesag nie aanvaar het nie.Mundoleen het medikasie gebruik vir stuiptrekkings en die stuiptrekkings kon ook haar dood veroorsaak het ..Hoe het die stiefma en die ander stiefkinders oor die weg gekom.Dit bly egter baie jammer dat so iets gebeur het maar moet nie oordeel nie ons weet nie wat tot die voorval aanleiding gegee het nie

Magda ·

So bly vir jou Marietjie ek glo in jou en ek weet wat dit is om n stiefma te wees …baie van die eie ma’s se vir hul kinders om nie vir die stiefouers te luister nie en dit het met my al gebeur dat n kind vir my se my ma se ek luister nie vir jou nie jy is nie my ma nie …dank die vader hulle het in Uk gaan bly…

Jan Publiek ·

Daar was meer as een “frats’ houe teen haar kop geslaan.
‘n Frats gebeur net een keer – nie ‘n paar keer nie.
Niemand mag iemand teen die kop slaan nie.

Essa ·

Hierdie tragedie was moontlik die gevolg van onverdraagsaamheid, vinnige humeure en onverskilligheid teenoor sekere waardes. Eienskappe wat deurskemer in baie van die kommentare. Hoekom klink dit soos ‘n boendoe-hof? Lees asseblief die hof se uitspraak – dit kan nie sonder twyfel bewys word dat die klap haar dood veroorsaak het nie. ‘n Regverdige uitspraak en straf deur ‘n hof in die land waar dit gebeur het. Saak afgehandel. Vosloo gesin en familie, julle het so ver gekom, julle sal hierdeur kom. Sterkte.

SNEL ·

Vorige berigte se sy is dood agv bloeding op die brein. Al wat ek weet is as ek in die regte ma se skoene was, sou ek nou teen die grond gewees het, want was dit nie vir die vrou nie, sou Mundolene nog gelewe het. Daai pa is dapper, ek weet ook nie of ek by so vrou sou kon gebly het nie. Miskien was dit nie haar bedoeling nie, maar daai moes n hou en n half gewees het en agv daai hou is sy dood. Ek weet darem nie of dit geregtigheid is nie. Hoeveel is al tronk toe vir n moord wat hulle nie bedoel het nie en sy kom so lig daarvan af.

Alida ·

Geweld maak niks reg nie. Spyt is ook altyd te laat. Maar ek is bly ek is nie in Marietjie se skoene wat haar seun en man in die oe moet kyk met die wete dat sy verantwoordelik is vir die dood van sy dogter en stiefsus nie.

Blommie ·

Ek stem nogals met die feit dat dit haar skuld is dat die arme kind oorlede is. Maar kan wel saam stem dat dit nie moord was nie. maar eerder strafbare manslag.
N tiener kan moeilik wees dit weet ons almal, maar net omdat n ouer nie haar woede oonder beheer kan hou beteken nie dat sy haar hande moes lug nie. Sy het geen reg gehad om die kind te klap nie. Ek is ook n stoef ouer en al is ek hoe kwaad sal nooit my hande lug en agressief raak, nie eers teenoor my eie kinders nie. Moenie uit WOEDE optree nie. as jy te kwaad is om met jou kind te praat, wag n bietjie loop om die blok of waatookal en wanneer jy reguit kan dink sonder agressie praat dan met die kind. maar ja kan nie indink dat die pa haar kan vergewe nie. hy is baie beter as ek en wat van die arme ma, dis bitter erg sterkte aan die gesin

VanAfrika ·

Hoe is die doodslaan van n kind manslag??? Dit is moord!!!!

Chelle ·

Anton, hoe kan dit as’ n frats beskou word?Volgens die nuusberigte het sy in ‘n ander voorval met Mundolene tydens dieselfde vakansie,( voor sy die kind aangerand het), met ‘n glas gegooi. …
I rest my case.

regtig julle ·

Anton ek stem saam jou.My ouma het ons met halwe bakstene gegooi as sy keelvol was vir ons. as daai baksteen ons getref het kon sy ons dood gegooi het maar dit was die liefdevolste ouma wat jy kan kry.Sy was lief vir ons en ons vir haar.Maar soms het ons daai ouma tot die muur uitgedryf en ons weet ons was verkeerd.

Heleen ·

Kain het ook vir Abel doodgeslaan…jy mag nie doodslaan nie…

Santie (skuil naam) ·

Kom ek se vir julle, ek is familie van Mike en dit was nie so roos kleurig tussen Mariekie en Mundolene gewees soos beskryf word deur die stiefma nie. Maak met die komment wat julle wil.

Karien ·

Santie, dis die beeld wat sommige van ons gekry het, dat sy beslis n prentjie skilder wat onwaar is. Sy weet hoe haar gevoel vir die kind was, sy moet saam lewe met wat sy gedoen het, maar om by haar te bly as man (Mike), sjoe, ek weet darem nie. My pa is oorlede, my ma nou weer getroud, nie maklik as kind om jou ouer saam met n ander persoon te sien nie, wat nog te se n kind, want sy was maar nog n kind wat besig was om groot te word. Daai stiefma het verkeerd opgetree en dit is nie reg dat sy so lig daarvan afkom nie. Hartseer ding, pragtige kind nou weg oor n stiefma.

rus in vrede ·

Hoop nie sy slaan haar eie kind ook teen die kop nie. Sy het al genoeg skade aangerig.
‘n Lewe is geneem deur houe teen die dogter se kop.

Gawie ·

Jaloesie wat oorgespoel het in haat het die dood veroorsaak.

stief ·

jaloesie het gewoonlik ‘n rede… sorg dat jou vrou/stiefma veilig en geliefd voel in die huwelik en gerespekteer/gewaardeer word in haar rol as vrou en stiefma… Moet nie dat sy alleenstaan en ‘n buitestaander voel nie. Staan langs haar soos voor die kansel, anders gaan staan langs jou kind en moet nie trou nie…

REGTIG ·

So as iemand ‘n paar drankies teveel drink, in ‘n motor klim en ‘n onskuldige se dood veroorsaak (want dit was nie met intensie gewees nie) is dit okay? Jy nie gemeeen om daai persoon dood te maak nie, jy die beplan om daai persoon dood te maak nie – maar jou dade het wel die dood veroorsaak. Hoe die hemel maak dit haar dood regverdig? Net omdat jy dit nie bedoel het nie? Daai kind is ontneem van ‘n lewe, haar man van al die seisoene van haar dogter se lewe en jy word die geleentheid gegee om weer na jou seun om te sien terwyl ‘n ander se kind aan jou hand gesterf het? Ek weet sy so nie vir altyd in die tronk gesit het nie maar hoe kan jy vir jouself in die spieël kyk en met jou self saam leef om haar dood te regverdig met “ek het dit nie so bedoel nie”. Hoeveel dode is al veroorsaak deur “ek het dit nie bedoel nie” of “dit was nie my intensie nie”? Mag God jou genadig wees. Ek dink nie jy vat regtig verantwoordelikheid vir jou aksies nie.

Antoinette ·

Wors het 2 punte daar is gevalle wat die stiefdogter nie ‘n stiefma wil aanvaar nie. Stiefma word uitgetart of anders om. Ons weet nie hoe wat daar gebeur het nie. Ja jy klap nie ‘n kind nie maar ‘n kind kan ook nie met moord wegkom nie.Party kinders weet nie hoe om ouer mense te respekteer nie. Kom ons oordeel nie.

Charmaine ·

EK is n stiefdogter wat deur my stiefma se doen en late veroorsaak het,dat ek destyds besluit het om my pa te los. EK sien hom maklik 1 keer in 13jr en ons het vreemdelinge geword.Sy keuse het hy gemaak,als geglo wat sy gese het.Ons woon 1uur weg van mekaar,maar haar jaloesie jeens my sal nooit einde kry nie.Al is hulle nou al 40jr getroud.EK is 47jr oud en my 19jr seun ken sy oupa nie,want ek wou hom nie deur dieselfde trauma sit nie.

Magda Grundling ·

Hoop net sy beheer haar woede met haar man se seun uit sy vorige huwelik. Jaloesie is ‘n siekte. Dit help nie om nou jammer te sê nie. Sy het Mundolene moontlik voorheen ook klappe gegee as dinge nie volgens haar voorskrifte was nie. Hoop haar huwelik oorleef. Ek het ook ‘n stiefma gehad wat baie intimiderend was en gereeld vir onmin gesorg het (tartend, vernedering, aannames en leuens).

VanAfrika ·

Maggie, moet ons nou n blinde oog draai vir kindermishandeling, iemand wat haar nie self kon verdedig nie en sy het met haar lewe geboet deur iemand wat nie haar hande vir haarself kon hou nie. Ek is n ma van twee groot seuns, raak aan hulle en daar is GROOT, GROOT moeilikheid. Partykeer tot hulle verleentheid, ek sal hulle altyd beskerm, al is hulle n honderd jaar oud

Annika ·

Ek het met n wonderlikke stiefpa groot geword, as ek parmantig was het ek pakslae gekry met n belt, was not nooit in die gesig geslaan eers deur my ma nie maar my stiefpa het dissipliene toegepas op die outydse manier. Dit is nie reg dat n kind in die gesig geslaan moet word nie en hoe hard moet jy iemand slaan om bloeding op die brein te veroorsaak? Mens hoor net die stiefma se storie en sy kom voor asof sy die slagoffer is. Sy kort nog n paar jaar in die tronk.

Anti Geweld Teenoor Kinders ·

Sy sal ongelukkig nie die negatiewe geskiedenis wat sy gemaak het kan uitwis nie.
Sy gaan daarmee moet saamleef vir die res van haar lewe.

bb ·

Ongelukkig was dit ‘n kat geveg. Dit is duidelik dat pa en dogter baie na aan mekaar was. Die een was jaloers op die ander. Dit is ‘n nare sameloop van omstandighede. Beide grootmense moet verantwoording doen vir wat gebeur het en sorg dat die twee seuns gelukkig is met wat ookal die toekoms inhou.

kas ·

Sy is nie dood a g v die klap nie.’n Klap kan nie bloedimg op die brein veroorsaak nie en daarom glo ek sy het haar kop teen iets gestamp of met haar kop op die vloer geval.Sy het gely aan stuiptrekkings en dit kon ook bloeding op die brein veroorsaak het.VANAFRIKA wil ek net vra of die stiefma opset gehad het om Mundolene dood te maak .Die hof het beslis daar was geen opset tot moord nie .Ek voel bitter jammer vir al die betrokkenes.

Sandra ·

Dubbel standaarde. Ek glo nog steeds Oscar het dit nie opsetlik gedoen nie. Wie in sy gesonde verstand sal sy hele lewe opneuk om moord te pleeg en dit as jy haar maar 3 maande ken, maar daar sit hy agter tralies of dit nou n ongeluk was of nie. Hierdie kind sou nog gelewe het was dit nie vir die stiefma nie, maar nou mag sy los kom omdat sy dit nie bedoel het om haar te vermoor nie. Die regstelsels stink.

Francisca ·

Punt is jy slaan nie aan n kind ten spyte of dit jou eie is of nie! Sy is 17 jaar oud. Op daai ouderdom praat jy dit uit soos groot mense? Heel duidelik het dit nie so gebeur nie…

kat ·

Aanhoudende klappe teen die kop kan groot skade veroorsaak.
Haar kop is dalk ook moedswillig teen iets gestamp?
Neewat, verskonings gaan nie help nie – die vrou het groot groot skade aangerig – wie klap sy nog so teen die kop wonder ek?

waarheid ·

Sy het die jong dogter geslaan en was in hegtenis geneem.
Dit staan in die berig.

Lizzie ·

Ag ek is soo bly sy is vrygelaat!! Baie dankie aan Mauritius se owerhede, ons kuier graag in julle land, soms tot 3x n jaar en ek het baie respek vir jul oordeel. Sy was lank genoeg in die tronk waarvoor sy geboet het en haar kind het haar nodig.

Busby ·

Niemand behalwe Marietjie sal weet wat d waarheid ooit was nie. Ons wat Mundolene geken het weet almal dat sy en haar stiefma nie oor d weggekom het nie en dat jaloesie ‘n groot klip in daardie huishouding was. Mundolene was n tiener in n gebroke wat teen d stiefma moes baklei v pa se liefde. Sy was n dierbare kind maar n harde kind van al d seer im haar lewe. Almal wat haar geken het het d omstandighede geken en M was beslis nie ‘n stiefma wat ek sou wou hê nie. Ja eks ook ‘n stiefkind maar my Stiefpa is my PA! My lewe my rots! My eie Pa was nooit daar v ons nie. En hierdie geval is beslis nie d enigste een nie. Sterkte aan Mundolene se Mamma! Hier kom nog n groot geveg….. veral in Springs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.