Stiefpa agter tralies vir verkragting van 12-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 60-jarige man is vandeesweek tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 12-jarige stiefdogter.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê die man, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, is in die Dundee-streekhof op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind.

“Die man het op 21 Desember verlede jaar die slagoffer in Dundee verkrag toe haar ma nie by die huis was nie. Hy het haar met die dood gedreig as sy haar ma daarvan sou vertel,” het Gwala gesê.

Die dogter het haar ma van die voorval ingelig waarna dit aan die lig gekom het dat sy ʼn vorige keer ook verkrag is. Twee aanklagte van verkragting is by die Dundee-polisie aanhangig gemaak en deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek.

Die man is die volgende dag in hegtenis geneem. Hy het verskeie kere in die hof verskyn voordat hy onderskeidelik tot 10 en 18 jaar tronkstraf gevonnis is op albei aanklagte van verkragting. Die vonnis sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Nou het hy haar lewe vernietig en syne gaan in ‘n tronk eindig.

Marianne ·

Arme kind!!!! As of sy dit nou verdien het!
‘n paar jaar agter tralies gaan nie die monster genees nie!
Ek hoop aan hom word gedoen wat hynaan daardie onskuldige kind gedoen word!

Lance ·

Presies so is almal se toekoms vernietig …die dom ou man !

Rapes ·

As daar goed is wat pla kastreer hom en hy sal so mak soos ‘n lammetjie wees.

rene van wyngaarden ·

Nou sit sy nog met skuldgevoelens ook. Hoop sy kry deeglike berading. Mog die orige ou man … nee wag dat ek my nie versondig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.