Stiefpa bly in aanhouding ná dogter se ‘verkragting’

Argieffoto

ʼn 36-jarige man het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van die beweerde verkragting van sy 14-jarige stiefdogter.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma het onlangs vreemde gedrag by haar dogter opgemerk en sy het haarself ook begin sny. Sy het ondersoek ingestel en gehoor die stiefpa het na bewering sy dogter al herhaaldelik seksueel aangerand sedert 2017.

“Sy het die saak by die polisie aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem,” het Bhembe bygevoeg.

“Die stiefpa het die dogter glo ook blootgestel aan pornografiese materiaal. Hy staan tereg op aanklag van verkragting, seksuele aanranding, seksuele voorbereiding en die vertoon van pornografiese materiaal aan ʼn minderjarige. Hy sal na verwagting op 15 April weer in dieselfde hof verskyn vir ʼn formele aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cornelius ·

Ek haal my hoed af vir daai vrou wat nie ander kant toe kyk nie.

Bietjie baie ·

Tien uit tien vir die ma wat opstaan vir haar dogter. Dis jammer die dogter het nie onmiddelik vir haar ma vertel nie, maar dis tipies van die ouens om hulle slagoffers skuldig te laat voel.
Sluit hom toe vir n laaaannnggg tyd.

Deon ·

Vandag skei elke tweede paartjie. Dis waar die duiwel sy voet in die deur kry. Daarna maak hy net wat hy wil. Trou en dien die Here deur die goeie en slegte tye. In n skeisaak kry die kinders die seerste,geen maar nie.

Skerpioen ·

Deon ek verstaan nie jou kommentaar do lekker nie. Daar is ook baie stiefpappas en stiefmammas wat baie goeie ouerscis vir hul stiefkinders. N Egskeiding maak nie n pedofiel nie. Maar dat egskeidings kinders baie seer maak … daar stem ek saam met jou.

GM ·

Deon, Ek glo ook nie dat mense net moet skei nie, maar ek glo nog minder daarin dat ouers moet saambly ter wille van die kinders. Party paartjies is net nie ‘compatible’ nie. Ek gaan beslis nie by ‘n man bly as ek sy slaansak is nie, of as hy saam ander vrouens rondkuier nie. Mens kan ‘n persoon hoe lank ken, party is goed daarmee om ander om die bos te lei. Dis nie altyd ‘n geval van: ‘daar is geen persoon so blind soos hy wat nie wil sien nie’.

Die ma hierbo het haar kind bo haar verhouding met die stiefpa gestel. Die ma het haar dogter geglo toe sy haar van als vertel het – nie soos sommige ma’s net gesê die kind lieg nie. Mens kry stiefpa’s wat beter is vir hul stiefkinders as hul eie pa’s (en so ook met stiefma’s). Dit hang van die persoon af, nie van ‘n bloedband nie.

Gawie ·

Ek stel 100% saam met jou GM. Ek haal my hoed af vir die vrou.

Gawie ·

Dit noem mens nou n ware Ma. N vrou wat haar kinders sal beskerm al is dit teen haar eie man. Daar is vir julle n baie lang pad na herstel. Ons dink aan julle en julle is in ons gebede.
Hoop die man wat nie n Pa kan genoem word nie, sal baie baie lank gaan sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.