Stiefpa hoor eers dan sy lot

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 51-jarige man van Randfontein wat skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters verkrag en onsedelik aangerand het, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.

Regter Cassim Moosa het die saak tot 7 Maart uitgestel vir voorvonnisverrigtinge. Die man sal nog ʼn maand lank op borgtog vry wees voor hy gevonnis word.

Die man is Woensdag skuldig bevind op aanklag van verkragting en onsedelike aanranding van sy twee stiefdogters. Regter Moosa het die man gewaarsku om nie Gauteng te verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte nie en hy moet elke Dinsdag by Randfontein-polisiestasie aanmeld tot sy volgende hofverskyning.

Die man het skuld ontken op alle aanklagte.

Die staat het tydens die hofsaak sewe getuies geroep, waaronder die man se stiefdogter wat 11 jaar oud was toe hy haar begin verkrag het. Sy is nou 18 jaar oud en ʼn rekenkundestudent. Sy het aan die hof gesê sy het nooit van haar stiefpa gehou nie, alhoewel hy die gesin finansieel ondersteun het en seker gemaak het daar word aan al hul basiese behoeftes voldoen.

Sy het in die hof getuig van voorvalle van onsedelike aanranding. Sy het aanvanklik nie geweet dit wat gebeur is verkeerd nie, en het dit nie aangemeld nie want sy het gedink dit gebeur met almal. Sy het gesê haar stiefpa het haar gereeld begin verkrag toe sy in graad 8 was. Sy het aan die skoolsielkundige gesê sy kon nie die saak aanmeld nie, want hy het vir haar gesê haar gesin sal ongelukkig wees en in gevaar wees indien sy vir die polisie sou sê.

Die tiener het die saak eers aangemeld toe sy uitvind dat hy ook haar sussie seksueel aanrand.

Sy het probeer om selfmoord te pleeg deur haarself op te hang of om ʼn oordosis medikasie te neem nadat hy in hegtenis geneem is.

Moosa het gesê haar getuienis maak dit baie duidelik dat sy nooit haar stiefpa toestemming gegee het om aan haar te raak nie.

Sy het getuig sy probeer om van die voorvalle te vergeet, aangesien dit vir haar nagmerries gee. Sy het ook getuig sy voel skaam.

ʼn Mediese dokter het die 18-jarige ondersoek en bevestig daar was bewyse van verkragting. Die jonger sussie, wat sewe jaar oud was toe haar stiefpa haar begin aanrand het, het ook beserings wat dui op verkragtingstrauma. Hy het haar begin verkrag toe sy in graad 6 was. Sy het aan die hof gesê sy is kwaad vir haar stiefpa en wens hy kon van die aarde af verdwyn, maar sy verstaan hy is ʼn man en het ʼn fout gemaak.

Die ma van die twee meisies het gesê haar man se tannie het haar versoek om die aanklagte terug te trek. Sy het getuig sy het gesien haar man druk sy hand onder die oudste dogter se onderklere in, maar sy kon hom nie daaroor konfronteer nie.

Toe sy hom uiteindelik konfronteer, het hy dit ontken. Sy het ʼn brief vir hom geskryf en versoek dat hy moet ophou om die kinders aan te rand, maar hy het steeds alle bewerings ontken. Ná sy inhegtenisneming het sy familielede gesê die kinders lieg.

Die beskuldigde se ma het ook getuig haar seun is onskuldig. Sy het aan die hof gesê sy het in die middae na die sussies omgesien en hou vol die aanrandings het nie gebeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sê maar net. ·

Ek hoop die regter gaan sy gesonde verstand gebruik. Die spreekwoord sê nie verniet ” Waar ‘n rokie trek is ‘n vuurtjie ” nie. I’ve been there. ‘n kind sal nie oor so iets lieg nie… Glo my
Ouers moet luister en ag slaan op sulke gebeure.

Manie ·

Pa’s, stiefpa’s , ooms, broers en neef’s . Dit is maar van die skurke in ons samelewing wat elke dag opsoek is na slagoffers en nooit aangekla word. Die rede is dat die slagoffers nie die moed het om die skurke in die tronk te kry vir watter rede ook al.

Bella ·

Geen Dogter sal so iets uit haar duim suig nie. Stiefpa behoort lewenslank tronkstraf te kry. Hyt hulle jeug gesteel asook vertrou in die mensdom. Ek vertrou hy gaan lewenslank sit waar hy hoort. So dankbaar hulle het na vore gekom en dat hy sy straf sal kry wat hy verdien

Janie Monsieur ·

Dagsê Em,

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

My bloed kook ·

My bloed kook by so berig, kom ons maak dit duidelik, die kinders is ondersoek en die verkragtings trauma is daar, so dit is ‘n feit. Ma, dames voornemende Ma’s, jou kind se welstand en reg om nie verkrag te word is belangriker as brood op die tafel, grimering of watookal, jy kan staatshulp / kerk hulp kry, daar is baie maniere, as my Ma 4 kinders met huishulp kon deurtrek vir die nodige, dan kan enige een dit doen. As jy gesien het soos die Ma, moet ek my regtig inhou om jou nie lelike goed toe te voeg nie, jy waarsku hom en maak ‘n saak, dit is nie eens ‘n opsie nie – dit is jou dogter se reg dat jy haar beskerm en dit is haar reg om sonder verkragting groot te word. Dan familie van verkragter, jy is net so skuldig as jy pleit dat hy nie is nie! Verkragter, kry wat jou toekom, jy het die Ma wat tot enige iets sal instem vir jou seksuele behoeftes hoe kan jy dit aan ‘n kind doen, jy voel so minderwaardig en gebruik jou siek speletjie, plesiertjie om mag en daardeur ongelooflike trauma vir ander te bied. Met jou en jou familie wat jou ondersteun wil ek nie eens praat of assosieer, julle is totaal onmenslik!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Tammy ·

As die man skuldig bevind word, kla dan sommer almal wat so ontkenned opgetree het ook aan vir dieselfde oortreding!! Hulle ontken dit met ander woorde hulle sien geen kwaad daarin nie. So laat waai, tronk to met die lot!! Laat dit n res wees vir die ander wat met sulke gedagtes rondloop.

Es ·

ek was 4 en my suster 6 toe my ma met so n @#^%$$^ getrou het, hy het my suster swanger gemaak op 15. sy is toe na ander mense toe. ek moes nog daar bly. my ma het niks gedoen nie net mooi niks. vir amper 15 jaar kon hy maar doen wat hy wou, ek het hom geskop geslaan maar ja. my ma bly nog saam met hom en ek is 32.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.