Stiefpa kry lewenslank vir 13-jarige se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 45-jarige man is vandeesweek in die Pietermaritzburg-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 13-jarige stiefdogter terwyl sy vrou in die huis was.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Vrydag gesê die man, wie se naam nie genoem mag word nie om die meisie se identiteit te beskerm, is skuldig bevind vir dié verkragting in 2014 in Plessislaer.

“Die 13-jarige slagoffer het in haar kamer geslaap toe haar stiefpa haar genader en na ʼn ander kamer op die boonste verdieping van die huis geneem het,” het Zwane gesê. “Die ma het wakker geword en besef haar man is nie in die bed nie. Toe sy gaan ondersoek instel, het sy ook gesien haar dogter is nie in haar bed nie. Sy is toe na die kamer op die boonste verdieping waar sy albei kaal in ʼn bed aangetref het.”

Die ma het haar dogter na ʼn dokter geneem vir ondersoek. Die dokter het bevestig dat sy verkrag is.

Die Plessislaer-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het die saak ondersoek en die man in hegtenis geneem.

“Die slagoffer is ondervra en het ’n sterk getuienis in die hof gelewer, wat gelei het tot die skuldigbevinding,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Kiewiet ·

Dapper dogter.
Jy wat ‘n sterk getuienis gelewer het. Geluk. Jy hoef nooit skaam te wees oor wat gebeur het nie. Ma wat opgetreë het en jou dogter beskerm. Dankie. Hy is uit jul lewens vir die res van sy lewe. Hoop jul lewe hou vreugde en voorspoed in.

nig ·

Ten minste het die ma in die geval self iets gedoen ook. Soms “weet” hulle nie van alles…

Trolle ·

Iets maak nie sin nie sy gesig word toegemaak dit na hy skuldig bevind is,maar die boere is nog nie eens skuldig bevind nie en almal kan hulle gesigte sien?

Dee ·

Baie sinvolle vraag wat die Trol hier vra, Maroela. Julle kan dit gerus beantwoord.

Landi Slatter ·

Dagsê Dee

Dankie vir jou navraag. Hierdie foto is slegs ‘n argieffoto. Ingevolge die Kinderbeskermingswet mag die skuldige se identiteit (naam en foto) nie gepubliseer word nie, selfs al is hy skuldig bevind, aangesien dit die minderjarige slagoffer kan identifiseer.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Landi Slatter ·

Dagsê Trolle

Dankie vir jou navraag. Hierdie foto is slegs ‘n argieffoto. Ingevolge die Kinderbeskermingswet mag die skuldige se identiteit (naam en foto) nie gepubliseer word nie, selfs al is hy skuldig bevind, aangesien dit die minderjarige slagoffer kan identifiseer.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Berhalet Beukes ·

Waarom slegs ‘n argief foto? Waarom nie soos met die Parys boere ‘n gesig nie?

Dee ·

Dankie vir jou vriendelike (maar halwe) antwoord Landi. Die kruks van die vraag was egter waarom die boere van Parys se gesigte gewys word selfs al is hulle steeds net soos julle gunsteling woord dit beskryf, ‘verdagtes’. Dìt was immers wat hy gevra het.
Ons (waarvan jy een is) is op hierdie stadium heavy op verdediging.

Antwoord ·

Sy gesig word toegemaak om die identiteit van die dogter te beskerm

Gesiggie ·

Voel baie jammer vir die dogter…. hoekom het sy nie geskreeu dat haar Ma haar kon hoor? of het die Pa haar gedreig”’ sy is nog so jonk, en alklaar is haar lewe verwoes” hoop dat die Pa lewenslank sal sit… en nie na 3 maande weer sal uitkom, mag hy nooit weer die vooreg kry om sy dogter te sien? hoe kan n mens so n monster ooit vergewe” en dit te doen aan jou eie kind… dit is vieslik..

Grant ·

Gesiggie – haar lewe is nie verwoes nie…sy kan kies of sy ‘n slagoffer of oorwinnaar is. Ek dink laasgenoemde. She took her power back, by being a strong witness and not let him get away with rape. Dink hoe verwoes sou haar lewe gewees het as die verkragtings voortgegaan het en haar Ma het niks gedoen nie?

johan ·

Waarom word sy gesig nie gewys nie. Wys sy gesig en maak sy naam bekend sodat die hele gemeenskap kan sien wie hy is en hoe ‘n verkragter lyk, of word hy beskerm omdat hy dalk nie blank is nie.

sus ·

Moet alles oor velkleur gaan,wat maak dit saak of dit i wit,bruin of swart man is,hyt dit gedoen en kla en is lewenslange tronkstraf toe gedien.Moenie laat elke berig altyd aan ras gekoppel word nie

JJ ·

Dit is om die identiteit van die kind te beskerm dat hulle nie sy naam bekend maak of gesig wys nie.

Clara F ·

Sy gesig word toegemaak om die identiteit van die ma en dogter te beskerm. Sy naam sal wel in die register van seks oortreders geplaas word

Berhalet Beukes ·

Alles goed en wel… En die vrouens en kinders van die Parys boere?

JJ ·

Dit is om die identiteit van die minderjarige kind te beskerm dat die stiefpa se naam en/of gesig nie gewys word nie.

Berhalet Beukes ·

Wie beskerm die identiteite van die boere se kinders?

Piet Pompies ·

Watse soort ouer of beskermer van ‘n gesin projekteur sy slegte seksuele behoeftes op ‘n kind.

Darius Malherbe ·

Aan Berhalet Beukes

Die aanklagte teen die boere is nie sekueel van aard nie en dus is die Kinderwet nie in die geval van toepassing nie.

F ·

Juis. Die boere se geval het absoluut niks hiermee uit te waai nie. Hulle is aangekla en het in die hof verskyn en daarom mag hul identiteit bekend gemaak word. Ja, ek het simpatie met die boere. Ja, ek sal hulle ondersteun. Ja, ek dink hulle gaan loskom, tensy daar weer ‘n joiner gaan uitkom. Maar hul saak en hierdie is myle van mekaar verwyder.

alida ·

Wonder wat het ek nou weer verkeerd gesê want my kommentaar is nie geplaas nie.

Dee ·

Malherbe se crab is geplaas Alida, totdat ek gevra het waarom en toe is dit verwyder. Joune is blatant versnipper. Diskrimminasie vier hoogty in die land.

Poppie ·

Iets wat my pla van die berig. Altwee kaal in die bed??? As n man wil verkrag, gaan hy nie AL die kind se klere uittrek nie. Op 13 is jy deeglik bewus van seks. Is sy nie dalk “verkrag” met toestemming? Wonder maar net…

Dee ·

Poppie, wat jy sê het my ook onmiddelik opgeval. Ignoreer maar beterweterige ‘kommentare’ soos die van Wilhelm wat ook graag gehoor wil word. Ek stem saam met wat jy sê maar dit is miskien ‘n geval van sy was te jonk om toestemming te gee.

Monna ·

Ek hoop van harte dat jy nie n ma is nie. Sulke snert kwyt te raak, n kind te blameer vir n volwasse se fout. sies man

Charl ·

Poppie blameer elke keer die kind in berigte van hierdie soort – regtig Pop, jy moet met iemand gaan praat. Meeste kinders van dertien het geen idee van seks nie – dis n baie vae begrip vir hulle. Hoe weet jy wat n man sal of nie sal doen onder sulke omstandighede nie? En n kind is nooit verantwoordelikvir die optredevan n grootmens nie. Nog minder kan n kind “toestemming” gee op 13. Nee man

F ·

‘n 13 jarige kan nie regtens toestemming gee vir seks nie. Die man is hier die skuldige en nie die kind nie. Stem saam. Hoop jy beleef nie so geval met jou kinders as jy kinders het nie!

wilhelm ·

poppie wat mak dit saak dis n groot mens wat seks met n kind het so hy moes van beter geweet het kan ni glo jy soek di skuld by n kind nie

Frederik ·

Landi, nou dink jy die boere, wat op aanklag van moord op die twee plaasaanvallers verskyn , het nie ook kinders wat beskerm moet word nie?? Hul gesigte word dan gewys.

Mariné Lourens ·

Dagsê Frederik

Die wet beskerm spesifiek slagoffers van seksuele geweld.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Elbie ·

Absoluut walglik! Genade dit gebeur so baie, en die ergste van als, n mens voel nie eers meer regtig geskok nie!

F ·

Juis. Die boere se geval het absoluut niks hiermee uit te waai nie. Hulle is aangekla en het in die hof verskyn en daarom mag hul identiteit bekend gemaak word. Ja, ek het simpatie met die boere. Ja, ek sal hulle ondersteun. Ja, ek dink hulle gaan loskom, tensy daar weer ‘n joiner gaan uitkom. Maar hul saak en hierdie is myle van mekaar verwyder.

Miemie ·

Julle almal kom vir my so bietjie dommerig voor sorry maar kannie ander gestel word nie.as julle die storie gelees het, dit is om die kind Te beskerm. Hulle kan nie sy naam bekend maak nie so ook nie die foto nie. DINK MENSE DINK,AAI

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.