ʼn 31-jarige man van KwaZulu-Natal is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy stiefdogter verkrag en glo swanger gemaak het.
Die man is in die Esikhawini-streekshof gevonnis nadat hy op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind is,” het kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, Vrydag in ʼn verklaring gesê.
“Die kind is vir die eerste keer in Februarie 2010 by die Gobandlovu-reservaat in Esikhawini verkrag,” het Naicker gesê. “Haar ma het avokado’s gaan verkoop toe die man die 13-jarige oorval en verkrag het.” Hy het haar met die dood gedreig en uit die huis te jaag as sy oor die voorval sou praat.
“Die tiener is in Maart 2013 weer verkrag en sy en haar sibbe is glo ook aangerand. Haar ma het ontdek sy is swanger en sy het vertel wat gebeur het,” het Naicker bygevoeg.
Twee aanklagte van verkragting is by die Esikhawini-polisie aanhangig gemaak. Die man is in hegtenis geneem en uiteindelik skuldig bevind.
Naicker het nie bekend gemaak wat die uitkoms van die swangerskap was nie.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsie se polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê hy hoop die swaar vonnis sal dien as ʼn afskrikmiddel vir “monsters” wat jong en onskuldige kinders verkrag.
Haar “sibbe” is glo ook aangerand – wat op die aarde is dit?????
Sibbe=kind.
Sibbe= haar broers/suster