Stiefpa sit lank ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is in die Pinetown-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy sy stiefdogter herhaaldelik verkrag het.

“Die meisie het getuig dat sy seksueel mishandel is nadat die beskuldigde haar bedwelm het,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die man het haar herhaaldelik verkrag tot vroeg in Januarie 2014, net voordat sy haar 17de verjaarsdag sou vier. Sy was 13 toe die verkragtings begin het.

“Sy het uiteindelik ʼn vriendin in haar vertroue geneem om te vertel wat die beskuldigde aan haar doen. Die vriendin het die meisie se ma vertel en ʼn saak van verkragting is by die Pinetown-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Zwane bygevoeg.

Die man is tot 38 jaar tronkstraf gevonnis op vyf aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Ek wonder of hy weet wat gebeur met verkragters in die tronke?

Elfie ·

Te MIN – hulle moet vir ewig sit sonder kans vir parool, want hulle raak “gerehabiliteer” of een of ander kader verjaar en omdat tronke oorvol is kom hul gouer uit en sit hul duiwelsdade voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.