Stiefpa sit lank ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 53-jarige man van Gauteng is Dinsdag tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy stiefdogter herhaaldelik verkrag, en uiteindelik swanger gemaak het.

“Die man is in die Heidelberg-landdroshof skuldig bevind op vier aanklagte van verkragting en ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.,” het kapt. Thivhulawi Tshilate, ʼn polisewoordvoerder van Gauteng, Woensdag gesê.

Die man,  het sy stiefdogter die eerste keer in 2007 verkrag toe sy 10 jaar oud was en hulle in Nigel gewoon het. “Hulle het in 2010 na ʼn kleinhoewe in Spaarwater verhuis waar hy haar weer verkrag het toe sy 13 jaar oud was,” het Tshilate gesê. “Hy het haar daarna weer in 2011 en 2012 verkrag, waarna sy swanger geword het toe sy 15 jaar oud was.”

Die stiefpa het haar in September 2013 baie erg aangerand. Sy het die voorval by die polisie aangemeld en die beamptes ook van die verkragtings vertel. Die Vereeniging-polisie se geweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe eenheid het die saak ondersoek en die man in hegtenis geneem.

Die man se naam mag nie genoem word nie om die identiteit van die kind te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elizabeth ·

Arme kind. Om so lank te moet ly en dan uiteindelik die moed het om aan te meld. Hy gaan tronk toe maar sy het die letsels die res van haar lewe….

Riette ·

O nee nou verstaan ek glad nie, jy kry 4 keer lewenslank vir verkragting maar net 5 jaar vir moord!! en dan hoef jy net 10 maande daarvan uit te dien. wat word van die land

Elfie ·

Riette en Isobel: Julle raak nou erg vervelig – kry iets anders om oor te kerm, regtigwaaar. Die saak is afgehandel, kry vir jul iets positiefs om te doen – dit verander nogals mens se uitkyk in die lewe as jy begin om die mooi raak te sien. Negatiwiteit laat mens se gesig vreeslik lelik lyk en as die horlosie slaan sal jou gesig so bly staan :D

Isobel Vandermotten ·

so in die land kan jy moor en net 5 jaar kry maar jy moet net nie verkrag nie want dan sit jy lank hoe werk dit

Wonder ·

Jy’s so negatief oor Oscar maar besef jy nie hy’t regtig berou oor wat gebeur het nie??? So as iemand iets per ongeluk verkeerd doen mag hy nooit deur God vergewe word nie??

EMK ·

Wonder – hierdie twee (Isobel en Riette) dink klaarblyklik hulle weet meer as die regter. God vergewe altyd as mens berou het – dit is bewys deurdat SY seun aan die kruis die moordenaar langs hom verwege het. Steur julle nie aan negatiewe mense nie wat… hul wil maar graag hul stemmetjies laat hoor.

ronel ·

Diegene wat so “slim” is oor Oscar: jy was nie daar nie, los die man uit. Gaan speel met ‘n feetjie, Elfie.

Elfie ·

@ronel – eintlik is ons aan dieselfde kant pop. Lees moooooi

alet ·

Jy weet julle kan maar net nie ophou met julle kritiek nie tot dit met julle gebeur as julle nie iets goeds het om te se nie bly liewers stil. Oscar dien sy straf uit wie is ons om te oordeel

piesang ·

Berou oor hy uitgevang is julle praat nonsens. As die verkragter die berou kaart speel moet sy straf mos ook minder wees. Maar met alles bring julle chritenskap in en nie common sense nie.

Dedre ·

Piesang ek wil jou graag reghelp hy is nie uitgevang nie hy het self hulp gevra en erken wat gebeur het. Vergeet dit nou dis verby!
Vir die verkragter, well done!!!!! Jul kan maar my tax geld gebruik om vir die gemors te sorg want ten minste is hy nou uit die samelewing uit en kan geen kind weer seermaak of verkrag nie! Dalk kry hy nou van sy eie medisyne terug!

jacques ·

Wa oor dt gan oscar hey geld het gehaat om di gereg gelukg te maak dt hkm hy maar net 5j gekry het di verkragte ht nie n naam nie en boon op geld wat oscar uit gegee het so hy kry lewe lanks tronk straf

Sollie ·

Jacques – wat PROBEER jy sê ou – kry tog ‘n woordeboek en ‘n “spell checker” liewe genade!!! Ek skaam my vir sulke swak taalgebruik. ‘n Spelfout nou en dan of tikfout – ja, enigeen kan dit per ongeluk doen, maar wat jy skryf is skone snert!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.