Stiefpa skuldig aan verkragting; ma wil dogter nie glo nie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat sy stiefdogter verkrag het, het byna vervolging vrygespring nadat die meisie se ma geweier het om haar te glo.

Kol. Jay Naicker, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het gesê die 39-jarige man is Donderdag in die Verulam-landdroshof tot 24 jaar tronkstraf gevonnis.

Die man se 18-jarige stiefdogter het vroeg in 2013 aan familielede vertel dat haar stiefpa haar aangerand en herhaaldelik verkrag het toe haar ma nie tuis was nie. Die meisie het glo haar tannies van die verkragting vertel wat op hul beurt haar ma vertel het. Die ma het in die teenwoordigheid van die stiefpa die meisie oor die beweerde verkragting uitgevra en haar bewerings as leuens uitgemaak, het Naicker gesê.

“Alhoewel die slagoffer se ma haar bewerings verwerp het, het haar oom ingegryp en die saak by die polisie aangemeld. ʼn Saak van verkragting is by die Phoenix-polisiestasie aanhangig gemaak,” het hy gesê. Die meisie is daarna vir mediese toetse geneem.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. “Seksuele oortreders kruip oral weg en is soms selfs mense wat ons ken in ons eie huishoudings. Ek doen ʼn beroep op gemeenskappe om veral na ons kinders om te sien omdat hulle kwesbaar is vir seksuele mishandeling,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

noellene ·

Ek was “my wonderlike pa” se seksmaat sedert ek skooltoe gegaan het. Noudat ek n mamma is, sien ek “my wonderlike ma” het dit geweet en ter wille van sekuriteit ook dit as leuens afgemaak. Weet julle hoeveel lewens julle verwoes met “denial” en julle “sekuriteit” ??

Noellene2 ·

Ai Noellene, wens ons kon notas uitruil. Sterkte vir jou en ander met “wonderlike” ouers.

tina ·

Dave..ekskuus my!!! waar val jy uit…hopelik het jy nie kinders en as jy het, dan bid ek dat hierdie verskriklike, walglike, veragtelike vergrype nie met jou kinders gebeur..inteendeel DIT MAG MET GEEN kind gebeur nie!!! Hoe, in jou verstand kan ‘n mens aan SELFBESKERMSDRANG dink, as jou kind se veiligheid NOMMER EEN moet wees!!!
Hierdie ma moes met die eerste aantyging ( in die teenwoordigheid van die stiefpa ) onmiddeliik verdere ondersoek ingestel het, maar verkies het om haar eie kind, as ‘n leuenaar uit te maak. Die skade aan hierdie arme kind en elke ander kind wat deur so iets gaan,is so grotesk. Dink daaraan: liggaamlike vergryping; verwerping deur ‘n ma, wat haar enigste plek van veiligheid WAS; emosionele pyn en letsels, wat as sy nie behandeling kry, ‘n ewige wrede sirkel laat onstaan; geestelike onaanpasbaarheid in sosiale vriendekringe en ‘n toekomstige huwelik, indien sy nie geestelike berading kry en die lys is legio en gaan net aan en aan. (Soos ‘n klippie as jy dit in water gooi – ‘n rippel effek)
Let daarop dat jy praat van ‘selfbeskermingsdrang’…se voet man..sy is groot en kan vir haarself dink en liewer nie in ontkenning wees nie. Dit, volgens jou mening, dalk TERWILLE van sekuriteit!!!.
DAAR IS ander opsies. Met jou sienswyse sal sommige mans se manlike chauvenisme die oorhand kry wat die vrou se posisie (as ‘n hulp vir haar man) na ‘n posisie as ‘n besitting of ‘n dier – terugvat na die middeleeue.
Ek is bly die die oom het ingegryp en hoop dat hierdie meisie die broodnodige hulp sal kry.

Siela ·

Verpestelike vent.. Hoop nie hy kry ooit parool nie. Iets wat my pla: Almal sê Meld aan . Maar waar meld jy dit aan as jy so iets vermoed (vriende) en d kind is 5 jr oud… Mens kan nie d man konfronteer sonder bewyse nie. Sy vrou werk by kleuterskool. Glo als wat hy kwytraak. Polisie is bevriend met hom. Waar kan mens anoniem so iets aangee dat d kind ge evalueer kan word?

tina ·

Liewe 2 noelene’s en almal wat so ‘n traumatiese ervaring deurgemaak het of deurgaan – ek is so verskriklik jammer wat met jul gebeur het en bid dat die Here jul help om te kan vergewe. Deur te VERGEWE, verbreek jul die mag en houvas wat jul ‘predators’ op jul gehad het EN kom jul ook vry. Dit WAS nie julle skuld nie. Julle het egter ‘n keuse en MET DIE HULP van Jesus en geestelik beraders, KAN JUL WEER HEEL word en ‘n normale GESONDE lewe he vir julle, jul gesinne en jul toekoms en kan jul met die hulp van die Here weer mense vertrou. Daar IS nog goeie mense. Hierdie aaklige dinge word deur die bose gebruik en deur mense, wat hul-self beskikbaar stel as oop deure vir satan.. Die mens is so geneig om te vra waar was die Here toe hierdie dinge gebeur het – maar uit onkunde peaat hulle, want die skrif, en deur Jesus self se Hy dat die hele wereld in die mag van die bose le MAAR ons kan triomfeer deur in ‘n verhouding met Jesus te wees – Sy Woord en Hom in ons harte toe te laat. Hy SAL al hierdie seer buite ‘n mens stel, dat dit nie meer innerlik seer maak nie. Ja, ‘n mens sal weet dit het met jou gebeur maar dit sal wees asof jy letterlik nie pyn of hartseer beleef, want Hy sal dit verwyder soos die ooste van die weste. Gebruik jul situasie om ander te help en moed in te praat en dan is ‘n ou se las al hoe ligter. Ek sal bid vir jul 2 Noelene’s in besonder en vrede vir julle.
N.S. Waar daar familie betrokke was – ek vra mooi, gaan vergewe hulle want hulle loop ook met die wroeginge oor hul jul in die steek gelaat het toe julle hul nodig gehad het..die lewe is so kort..elke verhaal soek ‘n held..met die hulp van die Here, wees JUL daardie helde. Sterkte.

JdeJ ·

Plaaslike christelike maatskaplike raad. CMR of Childline. Dis ons plig om kinders te beskerm.

pop ·

n Ma se eerste en enigste taak is om haar kinders te beskerm. Selfs teen hulle eie pa. n Ma wat haar kind so gruwelooslik in die steek laat verdien om ook in die tronk gesmyt te word, want sys in elk geval niks werd nie.

Christo ·

Dis jammer as mens eie ma jou nie kan glo nie. Nog n geval van “Dis ek, Anna” Sien beslis uit na die opkomende fliek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.