Stiefpa vas ná peuter sterf

Argieffoto

Die stiefpa van ʼn 18 maande oue seuntjie is in hegtenis geneem nadat die peuter in Kaapstad dood is.

Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is deur ʼn gesondheidswerker na ʼn gesondheidsorginstelling in Kensington ontbied waar die seun dood is nadat hy daarheen geneem is vir mediese behandeling.

“Die seun het ernstige beserings aan sy kop en lyf opgedoen. Die kind se 26-jarige stiefpa is in hegtenis geneem en sy 30-jarige ma is vir ondervraging ingebring.”

Die verdagte sal in die Kaapstad-landdroshof verskyn sodra hy amptelik aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Louise ·

Ek is so moeg vir hierdie stories, waar arme kinders slagoffers van geweld moet wees en die MA word ondervra of dit word ondersoek of watookal.
Hierdie sake word nie ernstig opgeneem nie. Kyk na die saak van arme kleine pippie.
Dit maak my KWAAD baie kwaad, sulke mense is nie mense nie.
Kan die regering net optree of iemand net iets doen om ons kinders veilig te hou as die OUERS dit nie kan doen nie.
RIV Kleine mensie, niks wat ek kan se kan vrede bring nie.

Johan ·

Nee, sy is reg dit is Pippie, die dogterjie wat by n braaivleis vuur verbrand het met gel.

CQ ·

Johan, Pippie was nie mishandel nie… ek glo ook Louis het Poppie (koekemoer) wat deur stiefpa vermoor is bedoel…

Punt is. Al het die ma nie n hand gelig nie, is sy NET SO skuldig soos die stiefpa….
Slegte verskoning vir n Ma…

Poppie ·

Ek stem, hierdie sake word glad nie ernstig genoeg opgeneem nie. Omdat die kind dit die meeste van die tyd nie maak nie, het hulle geen stem nie, niemand kan se wat REGTIG met hulle gebeur het nie. Die Ouers of Stiefouers sit en lieg in die hof, en die kind is nie daar om te getuig nie, net sy of haar kleine opgeslaande en verwaarloosde ou lyfie wat in die lykshuis le vertel ‘n storie van verskiklike mishandeling oor baie jare. Maar dan word dit toegeskryf daaraan dat die kind geval het of dit of dat oorgekom het, welwetend dat hierdie kind tot die dood toe gemartel is. Die ma’s is helfte vd tyd weer swanger met die volgende kind en die pa/stiefpa pleit bewusteloos, hoe het hy gesê van Poppie, “sy was nou ook nie ‘n engeltjie nie” so daarom kan jy haar doodslaan en teen die mure vasgooi? Hoeveel jaar tronkstraf kry hierdie mense? ‘n Kind se lewe in SA is NIKS werd nie, net soveel soos ‘n hond ‘sn, as die oortreders gestraf word, kry hulle ‘n hou op die hand. Niks meer nie! RIV liefste mensie, God sal jou met ope arms verwelkom.

VanAfrika ·

Ons gaan aan met ons daaglikse lewens, onbewus daarvan dat n klein hulpelose babatjie skreeu vir sy lewe, in pyn en baie bang en hartseer, hy kan skaars loop om weg te kom van die monster wat hom aan rand vir geen rede. Daar is niemand wat kan keer en hom vertroos nie, nie eens sy eie ma nie. Sy moes lankal opgemerk het dat hy seer het en bang was vir sy aanrander. Ek hoop die ma en monster lees hier. Jy moet die laagste vorm van lewe wees as jy n hulpelose klein babatjie kan dood slaan. As julle hom nie wou gehad het nie, kon julle hom vir my gegee het, ek sou hom meer liefde en n beter lewe gegee het. Vra maar my twee groot uitgegroeide seuns wat ek alleen groot gemaak het.

VanAfrika ·

Johan Poppie is die enetjie wat deur haar stiefpa dood geslaan is. Louise het net per ongeluk die verkeerde naam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.