Stiefpa vas vir verkragting van tienerdogter

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat sy 15-jarige stiefdogter vir haar onderwyseres vertel het dat hy haar glo verkrag.

Konst. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 46-jarige man sal Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Mpakane het gesê die man het glo sy stiefdogter in Desember 2014 vir die eerste keer in haar bed verkrag. “Die meisie het nie die saak aangemeld nie, omdat die stiefpa glo vir haar gesê het haar ma sal haar nie glo nie, aangesien sy liewer is vir hom as vir haar eie kinders. Hy het haar later in dieselfde maand glo weer verkrag,” het Mpakane gesê.

Die man het die meisie glo in Junie vanjaar weer verkrag en sy het een van die bure daarvan vertel. Sondag het die man na bewering die meisie weer verkrag terwyl haar ma uit die huis was.

“Die tiener het Woensdag haar lewensoriëntering-onderwyseres van die beweerde verkragting vertel en sy het dadelik die meisie se ma gebel,” het Mpakane gesê. Die stiefpa is kort daarna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit het al gebeur dat die slagoffer wraak geneem het en die operasietjie uitgevoer het.
Nou se dae is dit seker teen die “human rights” van die vuilgoed wat tel.
Slapgatstrawwe sal hierdie ding nie tot ‘n einde bring.
Sou hy in die tronk land moet die operasietjie eers uitgevoer word.

SNEL ·

Net bly sy het die moed gekry om te praat, maar dit moes nooit gebeur het nie. Dis n siek wêreld, regtig siek. Wat mens woedend maak is so vark sit in die tronk vir n paar jaar en kom weer uit, terwyl sy slagoffer se lewe verwoes is. Wens mens kan die wêreld skoonvee en ontslae raak van al die skuim.

BG ·

Die strawwe wat toegeken word is te lig.
Ek verstaan dat die mense wat hulle aan so ‘n misdaad skuldig maak swaar leef in die tronk

scalla ·

Die oplossing vir die misdaad sal wees om dit wat pla te verwyder, hoe moeilik kan dit wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.