‘Stiefpa’ vermoor glo twee seuns; nog twee oorleef

Die kinders se vermeende moordenaar is ‘n dag later aangekeer. (Foto: SA Polisie)

Twee seuns van onderskeidelik vyf en 11 jaar oud is dood en nog twee, albei 11 jaar oud, het ontkom nadat hul stiefpa hulle glo probeer vermoor het.

Die 40-jarige verdagte het glo sy voormalige vriendin se twee seuns en hul twee neefs Dinsdagaand na ʼn oop veld in Boipatong in Gauteng geneem waar hy na bewering drie van hulle aan ʼn boom vasgemaak en versmoor het. Die vierde kind kon ontsnap en het gaan hulp soek, sê lt.kol. Mavela Masondo.

“ʼn Inwoner het dié seun gehelp en na die naaste polisiestasie geneem.”

Beamptes is inderhaas na die toneel waar twee van die seuntjies reeds dood is. Die derde is na ʼn hospitaal gehaas.

Die verdagte was ʼn dag lank soek voordat die polisie hom Woensdag in Johannesburg aangekeer het.

Ndade Mokoena, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid by die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit, het die “koelbloedige en wrede” moorde ten sterkste veroordeel en die spoedige inhegtenisneming van die verdagte verwelkom.

Hy het ook ʼn beroep op inwoners gedoen om kalm te bly terwyl die ondersoek voortduur.

Die motief vir die moorde is nie in hierdie stadium duidelik nie.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het ook die ondersoekspan wat onophoudelik gewerk het, geloof en sê hantering van misdade teen vroue en kinders bly ʼn prioriteit vir die polisie. “Die ondersoekbeampte sal ʼn waterdigte saak teen die verdagte saamstel om te verseker geregtigheid geskied.”

Die verdagte man staan tereg op twee aanklagte van moord en twee van poging tot moord. Hy verskyn na verwagting Vrydag in die Vanderbijlpark-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pimento ·

Dis die mees wreedaardige ding om te doen die arme kinders !
Maar die ANC het mos gesorg dat geestelike siek mense geen heenkome het en hulp kry is baie moeilik

Jacobus Stephanus ·

Satanistiese misdaad. Geen nornale mens doen so iets nie. Absoluut skrikwekkend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.