Stiefseun in hof vir Limpopo-dosent se moord

Die beskuldigde Johannes Madiba. Foto: Verskaf

Die beskuldigde Johannes Madiba. Foto: Verskaf

Die 29-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn dosent van die Universiteit van Limpopo, het Woensdag in die hof verskyn.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Johannes Madiba, die slagoffer se stiefseun, het vlugtig in die Mankweng-landdros verskyn, waarna die saak tot 6 Januarie uitgestel is, wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek gaan doen. Hy bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die polisie ondersoek die raaiselagtige moord van die landboudosent, Freddy Madiba (50), nadat sy liggaam Maandagoggend voor sy huis in sy rolstoel aangetref is.

Otto het gesê Freddy se liggaam is deur familielede voor sy huis op die kampus van die universiteit aangetref.

“Dit lyk asof Madiba elders vermoor en sy liggaam toe voor die huis, wat hy by die universiteit gehuur het, gesit is,” het Otto toe gesê. “Hy het veelvuldige oop wonde aan sy kop gehad, maar dit is nog nie bekend watter wapen gebruik is nie. Die polisie het ook nog nie ʼn motief vir die moord bepaal nie.”

Sy stiefseun is Maandagaand in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van die publiek opgevolg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tamboti ·

Doodstraf is nog heel tyd met ons, +/- 40 000 mense per jaar. Dit is egter net die kriminele wat dit mag toepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.