Stigter van Four Paws sterf in Suid-Afrika

Heli Dungler, stigter van Four Paws (Foto: Lionsrock Big Cat Sanctuary & Lodge/Facebook)

Heli Dungler, die stigter en president van die internasionale dierebeskermingsorganisasie, Four Paws, is Sondagaand by die Lions Rock Sanctuary digby Bethlehem in die Vrystaat oorlede. Hy was 56 jaar oud.

MJ Lourens, kommunikasiehoof van Four Paws Suid-Afrika, het Maandag aan Maroela Media vertel Dungler is tydens ’n besoek aan Lions Rock weens natuurlike oorsake oorlede. Dungler en sy vrou het sedert Desember by Lions Rock oorgebly en sou tydens Januarie vergaderings daar bywoon. Lions Rock is ʼn plek van veiligheid vir groot katspesies en is deur Four Paws gestig.

Four Paws het in ʼn verklaring hul innige simpatie aan Dungler se familie betuig. “Sy dood is ʼn groot terugslag vir ons,” lui die verklaring.

Dungler is in 1963 in Waidhofen an der Thaya in Oostenryk gebore. Hy skop sy loopbaan in 1984 by Greenpeace in Oostenryk af. Hy het toe al die behoefte gehad om dierewelsyn aktief te bevorder. In 1988 stig hy Four Paws in Wene. Dié organisasie het oor die afgelope jare internasionaal gegroei.

Volgens die verklaring is Four Paws vandag een van die grootste dierebeskermingsorganisasie ter wêreld te danke aan Dungler se harde werk en passie. Dié organisasie verteenwoordig 15 lande en poog om diere in nood te red en hulle wêreldwyd te beskerm.

“Te danke aan Dungler kon Four Paws al duisende diere se lewens red. Ons sal hom onthou deur in sy gees voort te gaan met die welsynswerk wat hy so liefgehad het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paws ·

Vreeslik jammer. Ek glo mense soos Heli is eintlik engele op aarde.

Ida Kriel ·

RIV Dungler. Jammer dat wonderlike mense wat iets vir ons natuur omgee en doen op so n vroee ouderdom sterwe. Jy het so baie beteken vir ons samelewing en jou omgee en doen sal nie vergeet word nie. Sterkte vir sy gesin en mag hul troos vind dat hul n man met n hart en siel verloor wat ten minste iets wonderliks begin het en nalaat aan die wereld.

Esther Coetzee ·

Hoekom is dit die mense wat ‘n bydra lewer om die wêreld ‘n beter plek te maak wat te vroeg doodgaan?

Lynette ·

Aan Heli se familie wil ek graag my innige simpatie betuig en dankie sê names alle groot katte wat by Lion’s Rock n heenkome gevind het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.