Stigter van Ladysmith Black Mambazo sterf

Joseph Shabalala (Foto: Twitter)

Die stigter van die Grammy-bekroonde koorgroep Ladysmith Black Mambazo is Dinsdag in ’n Pretoriase hospitaal dood. Joseph Shabalala was 78 jaar oud. Hy was glo lank siek.

Shabalala het die sanggroep in 1960 gestig waarna die groep nie minder nie as vyf Grammys gewen het. Een van die groep se hoogtepunte was ook hul verskyning op die Amerikaanse sanger Paul Simon se album Graceland in die 80’s.

Die Suid-Afrikaanse regering het vanoggend sy medelye op Twitter betuig ná die nuus van Shabalala se dood. “Ulale ngoxolo Tata ugqatso lwakho ulufezile” lui ’n plasing in Xhosa. Dit beteken “Rus in vrede pa. Jou wedloop is voltooi”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon ·

Hy het ‘n wen resep gehad. Hulle het Suid Afrika trots gemaak. Rus in Vrede.

Nefie ·

jammer om te hoor. Het een van sy konserte bygewoon so 12 jaar terug, dit was uitstekend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.