Henry Badenhorst is Saterdag op die toneel dood verklaar. Volgens berigte het hy Vrydagaand in die hotel geslaap.
Badenhorst en sy destydse lewensmaat Gary Frisch het in 1999 die ontmoetingswebwerf Gaydar begin. Frisch het in 2007 ook na sy dood geval in Londen. Albei is in Suid-Afrika gebore.
Rob Curtis, besturende direkteur van Gaydar, het gesê hulle het met skok van Badenhorst se afsterwe verneem. “Ons is hartseer en wil ons innige meegevoel met sy familie en vriende betuig.”
Ek raak baie benoud oorvsulke berigte.
Kerstyd is ‘n donker tyd vir depressielyers … en vir ander mense wat uitgebrand, oorwerk, onderbetaal, afbetaal, deur familie of kinders verwerp voel. Wanneer almal om jou skynbaar feesvier en straal van seëninge, skree jou eie alleenheid in jou kop en hart voel of dit deurkloof word.
Let op na die mense om jou en bied sinvol hulp aan of vra by kundiges hoe om so persoon te hanteer.
As jy self ‘n depressielyer is, wees verantwoordelik met jou siekte, veral in hierdie feestyd. Drink jou pille soos jy moet en vermy situasies, en selfs tv programme, wat jy weet ‘n sneller/trigger vir jou depressie is.
Wees verantwoordelik teenoor jouself, en neem verantwoordelikheid teenoor ander wat aan die siekte ly.
Onthou: depressie is ‘n siekte van ‘n orgaan – nie van jou siel of gees nie.
Die breinorgaan beheer wel in ‘n groot mate jou gedagtegang. As die breinorgaan dus siek is van hierdie siekte, is sy denkprosesse aangetas en dink hy nie rasioneel nie.
Die besluit om te spring word nie met ‘n gesonde brein gedoen nie. Daarom kan niemand ‘n oordeel fel oor hierdie daad nie.
Wees eerder bedagsaam en moenie verwyte rondslinger of die stigma van geestesgesonheid vererger nie.
BAIE mooi gestel Kersliggietyd se skaduwee! En sterkte aan almal wat die swat hond op hul skouer dra. Ek dink aan elke liewe mens wat deur swaar gaan oor die feestyd, ek wens ek kon elkeen verseker dat die lewe, ondanks alles die moeite werd is om te leef.
Dankie hiervoor