Stigter van SA se eerste nudisteoord sterf 

Beau Brummell en sy dogter Cheyanne Bush. (Foto: Facebook)

Beau Brummell, die man wat bekendheid verwerf het vir die eerste nudisteoord in Suid-Afrika, is dood. Hy was 77.

Sy dogter Cheyanne Bush, het Donderdag die nuus oor haar pa se dood in ʼn Facebook-inskrywing gedeel. “Die legendariese Beau Brummell is vanoggend om 02:00 in ʼn hospitaal in Mamelodi oorlede. Jy sal erg gemis word, pa,” skryf sy.

Brummell, wat deur sommige media as die “kaalbaskoning” gedoop is, het in 1978 saam met sy vrou, die voormalige model Cecilia Kapp, die eerste nudisteoord buite Bela-Bela in Limpopo begin.

Hy het egter die afgelope 17 jaar, ten volle geklee, in Bronkhorstspruit gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Onthou vir Beau. Jare terug hom gesien in die koöperasie in Bronkhorstspruit. Hy het ‘n rooikat aan ‘n leiband gehad. Heelwat aandag getrek. RIV.

Dana

Ek het hom toevallig vroeër vanjaar ontmoet by die winkel in Bronkhorstspruit waar sy dogter gewerk het. Baie staaltjies gehad oor sy dae in die filmbedryf.

Schalk

Dogter het ‘n interessante van.

Alexander

Ou Beau het beslis nie van die naakte waarheid weggeskram nie.

Gemaskerde Sopbeen

Hy het beslis niks saamgevat nie.