Stigting hoogste hof toe oor NDZ se mag

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die Helen Suzman-stigting het die Konstitusionele Hof genader in ʼn poging om die parlement en uitvoerende gesag te dwing om hul mag terug te neem.

“Minister Nkosazana Dlamini-Zuma word reeds twee maande lank toegelaat om op haar eie, of saam met die nasionale bevelsraad, wetgewing in te stel as deel van die regering se reaksie tot die Covid-19-pandemie,” voer Francis Antonie, direkteur van die stigting, aan.

“Hulle [die parlement en kabinet] blyk gemaklik daarmee te wees dat hul magte deur ander oorgeneem word, blykbaar vir so lank as wat Covid-19 ʼn bedreiging inhou.”

Die Wet op Rampbestuur gee Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, uiteenlopende magte tydens ʼn gebeurtenis soos ʼn pandemie. Volgens Antonie berus dié wetgewende en uitvoerende mag ingevolge die Grondwet in die parlement en die uitvoerende gesag.

“Hoewel die sentralisering van mag in die minister geregverdig kon wees deur die skielike bedreiging wat Covid-19 bied, kan hierdie basiese afwyking van die skeiding van magte slegs vir ʼn kort ruk duur, naamlik totdat die parlement en die uitvoerende gesag hul wetgewende en uitvoerende funksies met betrekking tot Covid-19 kan uitoefen.”

Die stigting voer in hul hofdokumente aan dat die parlement ʼn plig het om wetgewing te aanvaar wat die staat se reaksie reguleer rakende die bedreiging wat Covid-19 inhou en die skade wat dit veroorsaak. “Die uitvoerende gesag het ʼn plig om hierdie wetgewing voor te berei en te inisieer vir oorweging, debat en uiteindelik goedkeuring deur die parlement.

“Die uitvoerende gesag is dan verplig om die wetgewing toe te pas. Slegs deur die uitvoering van hierdie pligte sal die huidige ineenstorting rakende die skeiding van magte reggestel word en Suid-Afrika se demokrasie tot konstitusionele normaliteit herstel word. Op dié manier, ingevolge die Grondwet, het die parlement en die uitvoerende gesag albei ʼn sentrale rol te speel in die staat se reaksie op Covid-19.”

Die stigting voer aan die parlement en uitvoerende gesag moes ná afloop van die afkondiging van ʼn ramptoestand aktief stappe gedoen het om hul grondwetlike pligte terug te neem. “Hulle het daarin misluk.”

Volgens Antonie is die stigting dus gedwing om die Konstitusionele Hof te nader vir ʼn bevel om hulle te dwing om hul mag terug te neem.

“Die stigting wil ʼn herstel hê van die mag van die parlement en die uitvoerende gesag sodat hulle kan funksioneer soos dit deur die Grondwet vereis word. Hierdie onvervangbare stem van die mense is nou al vir twee maande stil, te midde van die nasionale en wêreldwye krisis. Die tyd het aangebreek dat dit weer sal praat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Fedup ·

Old head scarf should remember. That stick you take for others, might turn on you. Power should be taken away from her. Not tomorrow, right now.

Andre ·

Indien die parlement en uitvoerende gesag se pligte weggeneem is, waarom word hulle vergoeding en voordele nie ook soveel verminder nie.

Michael 1 ·

Ek sien die de klerk stigting is die laaste tyd doodstil vandat de klerk in die bek geruk is deur Malema.

Jakes ·

Stem saam, maar die Frikkie stigting was nog nooit regtig relevant nie

Werner ·

Wonder of hier nie n staatsgreep plaasgevind het en ons dit dalk binnenkort sal agtergekom nie

Emily ·

Sy is lankal verby aftree ouderdom.
Ons gehoorsaam alle reels, Hoekom word ons plesiertjies van ons af gehou, Om ander ryk te maak.
En waar is CR, hy is soos n lammetjie wat gelei word.

Grassie ·

Dit lyk vir my ons land word deesdae regeer deur ‘n klomp lywige en deurgans onbevoegde anties. Dit is me Zuma wat sommer die pres se besluite veto, een wat erge dieremishandeling gepleeg het, een wat winde los as sy op tv verskyn, een met ‘n vreeslike boskasie van ‘n pruik wat niks reg kan doen nie, nog een wat net onsinnige dinge doen (Zulu), sy dra nie ‘n kopdoek nie maar dit lyk of sy soms Cele se hoed leen, een wat nie die kinders se onderwys aan die gang kan kry nie en nog vele meer. En CR lyk heeltemaal in sy skik met hulle. Red nou ‘n nasie met so ‘n regering.

Willem ·

Almal hardloop hof toe, net soos die staatskaping kommisie gebeur daar niks met die skuldiges nie, owerhede is te bang om op te tree.

Jaco ·

Ja, vir die laaste maand al, is hoeveel nie al hof toe nie en dan sterf dit n stil dood. Predident Zuma gee seker maar so paar miljoen vir almal wat haar aanvat onder die tafel deur om eenkant n hoekie te gaan sit en stilbly. Dis tog vir haar kleingeld siende dat sy al biljoene kon maak uit haar sigarret verkope. Money talks….unfortunately

Althes ·

Ek is ñ leek op die gebied, maar dit wil vir my voorkom dat die Regering nie weet hoe om hul werk te doen nie.

Lizanda ·

Kyk sy lyk meeste van die tryd soos die Engelse spreekwoord lui “under the weather” miskien moet sy eerder uittree en haar tydelike tydverdryf dan maar heeltyds gaan beoefen

Nell ·

Zuma is steeds president van Suid Afrika. Hy buikspreek deur sy eks.

Ben ·

Hoekom het die slim mense nie lankal opgetree nie. Ons almal praat en moun, maar niemand doen iets nie.
Laat ons begin, anders is die land poertes.
Laat die wat moet wasgoed was, by die huis bly.

gatgogga ·

Sy lyk vir my ‘n bietjie meer aanvaarbaar wanneer sy haar Covid masker dra.

JohanR ·

Hof toe. hof toe….een of ander tyd moet iemand teen die ANC en doek wen. Citizens – 1, ANC – 0. Die een is die eerste een wat moet aftree na Fase 1. Sy moes al tien jaar gelede afgetree het. Ons kan almal net elke dag dankie se dat sy met nege stemme nie president van SA geword het nie. Of wag….is sy nie president van SA nie?

Adam Adriaan ·

Ja en die Kon Hof is ook kop in een mus met die spul. As dit slaag gaan dit 10 maal pienkkopok op die Drakensberge, vooor Krismis.

Mariana ·

Mens kan nie mense soos sy mag gee nie, hulle is onbevoeg om besluite te neem wat ander mense se lewens beïnvloed. Cyril moet sy werk as president doen en nie belangrike besluite in ander se hande laat nie. Tot dusver is sekere besluite verkeerdelik geneem soos watse klere gekoop en gedra mag word of die verbanning van sigarette en drank, verkoop van ander produkte wat geen sin maak nie, wat niks met die virus te doen het nie. Hulle het die mag ontvang en nou hol hulle daarmee weg.

JohanR ·

Ja Mariana kan net nie Cyril verstaan nie. Hy moet die EEN persoon gewees het wat die leisels geneem het, en die perde beheer het. Laas 10 dae met die mense van SA gepraat. As ek mooi kan onthou was Boris Johnson altyd soe drie/vuur dae voor die Britse mense, en Trump hou teminste elke tweede dag ‘n perskonferensie. Hierdie NCCC verskuin ook nooit voor die pers sodat moelike vra kan gevra word nie. Die mense van SA word nou en dan ‘n brood krimmel gegooi!

Alleen Wolf ·

Cyril kan nie, hy is nie meer die uitvoerende staatshoof nie, Zuma clan is

Vrystaat2109 ·

Genade hoe oud is sy? met alle respek, en sy het die mag my om CR te “override” in die wereld! hoe is dit moontlik dat so iets toegelaat kan word??
Luister na haar op TV mensig!

Sarel ·

Hoe kan 1 x Minister die Staatspresident Veto. Maw ‘n Zuma is alweervin beheer

Oujongvrou ·

Ons het nou met hierdie virus gesien ons leier is net iemand wat paddas kan kook. Verder laat hy hom rondlei deur mense wat die land wil sien ondergaan. En die dag as hy wel sy mond oopmaak dan se hy niks. Die ANC gaan hulle agterente nou mooi sien met hierdie ding. En wittes wat so getarget word in die lockdown en teen gediskrimineer word gaan nou begin om net hulself te help en bogger die res.

Jaco ·

Op 71 behoort sy af te tree. Sy is myns insiens nie meer bekwaam om enige sinvolle besluite te neem of om enige bydrae tot die regering van die land te maak nie.

Wakker ·

ai, Al wou die IRR/Afriforum/VF Plus/DA/FAK en wie ookal iets doen, kan hulle eenvoudig nie hulle hande is afgekap, aanvaar dat ons is magteloos en berei voor moenie laat hierdie nikswerd organisasies julle verder mislei nie.

Pieter ·

Nee wat julle, los die tannie uit, sy toon positiewe en sterk leierskap, ek stem saam dat sy die twakkies verder verban tot na Level 1!!!

Boertjie ·

Ai Pieter, waar grawe jy daai houtlepel uit waarmee jy die pot nou weer so mooi kom roer?

Erica ·

Nee wag tot dit jou goed is wat sy verban. Dan praat ons weer

Chris ·

Hoe meer dae hoe meer dinge. Ek kan nie glo wat ek nou van die Helen Suzman stigting dink en hoor nie. Is hul stigting nie na een van die “grootste simpatiseerders” van die vryheidsorganisasie vernoem nie. Ek dink sy sal in haar graf omdraai as sy die stigting se optrede sou kon gade slaan. Hoe durf hulle die verlossers en die se organisasie kritiseer of teen gaan. Wat my ook verwar is wanneer ‘n “oorwegend Afrikaanse” organisasie die regering durf kritiseer word dit as ‘n rassistiese daag geag. Wanneer dit ‘n “Engesle organisasie” is, word dit as vryespraak demokratiese proses beskou. Tweegat jakkalse.

Pierre ·

Kan iemand vir kopdoek vertel dat die aarde rond is. Die son kom ‘n uur later op in die Kaap ( en Dwarskers), maar ons moet nog steeds 9 uur weer inboek. Wie dink hierdie belaglike goed uit? O ja – Z.
But rules are rules nê.

Petrus Klipkop ·

En nou wil NDZ alkohol- en sigaretverkope verban tot en met vlak 1. Sou dit gebeur, gaan net in die area waar ek bly, meer as 5 000 mense in armoede gedompel word. Geen onderneming sal kan oorleef met zero omset vir só ‘n lang tydperk nie. Of is dit dalk die plan van die regering om die mense so ver te druk en verhonger dat daar gewelddadige opstande kom, en hulle dan ‘n noodtoestand kan afkondig en absolute mag kan hê?

Alleen Wolf ·

Hulle moet maar probeer met ‘n noodtoestand, teen daai tyd is ons boere hopelik so gatvol dat ons self beheer sal kan oorneem

Patrys ·

Ek voel dat die regering bang is vir haar want sy mag doen wat sy wil wat ek wel weet is dat anc besig is om hulle self in die foet te skiet want selfs anc aanhangers raak nou dik vir haar nonsense en die feit dat ons president hom laat rond lei is baie skrikwekkend nie net vir ons as land nie maar vir die buiteland ook

Alleen Wolf ·

Hierdie individu is buite beheer, sy het na vore getree as ons nuwe president , C.R. is net ‘n simboliese figuur, tyd dat hy dit openbaar maak dat hulle besig is met die verskuilde agendas van die Zuma brigade

marius ·

Dit is baie lelik om so te maak met jou beste maatjies van al die jare !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.