Stigting sê skole kan nie ‘jong kriminele huisves nie’

Argieffoto

Die Onderwysstigting vir Maatskaplike Geregtigheid (ESJF) het ʼn beroep gedoen op die departement van onderwys om onder meer weg te doen met sy beleid waarvolgens leerders wat ʼn graad twee keer druip outomaties na die volgende graad bevorder word.

Dit kom nadat die administratiewe blok van die Ndaliso-hoërskool in die Mtontsasa-omgewing in die Oos-Kaap Dinsdagaand in ʼn brand verwoes is nadat leerders van dié skool vroeër die dag geweier het om hul eerste matriekvraestel af te lê.

Hendrick Makaneta, adjunkvoorsitter van die ESJF, het in ʼn verklaring gesê die stigting doen ʼn beroep op die departement om die leerders wat begin staak het summier te skors.

“Ons onderwysstelsel mag nooit gekaap word deur swakgedissiplineerde leerders wat dink hulle kan eis om ʼn graad te slaag sonder om moeite te doen met hul skoolwerk nie,” het Makaneta gesê.

“Ons het die departement lankal gewaarsku oor die beleid om leerders net deur te sit. Die gewelddadige gedrag deur leerders wat al die vakke wou skryf, selfs al was hul nie gereed nie, beklemtoon die hartseer nagevolge van dié beleid en illustreer hoekom dit nodig is om die beleid te skrap.”

Die ESJF vra dat dié beleid onmiddellik geskrap word aangesien dit skade aanrig deur lui leerders te skep.

Makaneta meen verder dit wat by Ndaliso plaasgevind het, kan ook versprei na ander dele van die land as drastiese stappe nie gedoen word om orde te handhaaf nie.

“Die feit dat die leerders glo die skool gebrand het om hul frustrasie te kenne te gee versterk ons argument vir skorsing. Ons kan nie bekostig om jong kriminele in ons skole te huisves nie.”

Maroela Media het vroeër berig Mali Mtima, woordvoerder van die departement van onderwys in die Oos-Kaap, het gesê die afbrand van die administratiewe blok van die skool kom nadat bevorderde leerders (leerders wat na matriek oorgeplaas is nadat hulle graad 11 vir ʼn tweede keer gedruip het) ontevrede was omdat hulle al hul vakke wou skryf in teenstelling met die departement se aanbeveling dat hulle van hul vakke vanjaar en ander vakke volgende jaar skryf omdat hulle kandidate vir “veelvuldige eksamengeleenthede” is.

“As gevolg van dié betoging kon 350 leerders [Dinsdag] nie hul eerste Engels addisionele taal- vraestel skryf nie. Alles moontlik is probeer om hulle te oortuig, maar dit was tevergeefs,” het Mtima gesê. Net agt leerders het volgens Mtima opgedaag om die eksamen te skryf.

Uit die 358 kandidate wat geregistreer is om te skryf, is 232 bevorderde leerders en 126 leerders wat graad 11 geslaag en daarna na matriek bevorder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Die Stigting kan vergeet, een van die dae gaan alle eksamens afgeskaf word op grond van human rights. My gevoel was nog altyd dat ons baie geld sal spaar as grade by geboorte toegeken word… met ‘n oop spasie wat die individu sodra hy agterkom wat en wie hy wil wees ingevul kan word…. met ‘n potlood…

Zelda ·

As hulle op so jong ouderdom brand om hulle sin te kry. Wat gaan hulle net nie doen as hulle vir n onderhoud gaan in die groot mens wereld en nie die werk kry nie.
Die departement het mos klaar die slaag % so verlaag. Dat dit nie so baie leer werk vat om te slaag nie. Maar as daar nie eers geslaag kan word met daai % nie. Mos hulle mos hulle tyd in matriek.
Help nie jy druip matriek en brand af omdat jy druip nie. Dis nie die skool se skuld nie. Dis die kinders wat alles oo so jong ouderdom demand. Daar gaan gesukkel word met daai houding in die groot mens wereld

ne ·

Daar is geen dissipline in skole nie, die departement moedig hulle eerder aan om te brand!

CHRISTA ·

hoef nie te wonder hoekom daar agtergeblewendes is nie. dis hulle eie keuse

Alida ·

Mens kan nie volwasse mans van 20 in n skool he nie. Hulle veroorsaak al die gemors. As hy dop en hy is 18 moet hy uit. Jammer die weermag is nie verpligtend nie. Daar leer hulle baie gou om hulle te gedra en respekteer die dissipline. Maar nodeloos om te se die wat die opleiding moet gee is nie van dieselfde stofasie as toe ons kinders army toe is nie.

Sarel Strydom ·

Die leerders wil ook Universiteit toe gaan. Daar brand en breek hulle af en dan word hulle daarvoor beloon. Want hulle Politieke stem is belangriker as stabiliteit.

Pieter ·

Hulle wou al die vakke skryf en dop , volgende jaar word hulle dan deurgesit in matriek al dop hulle en verlaat skool met n matriek sertifikaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.