Stigting wil appelleer teen uitspraak oor Roets se vlag-twiet

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting tydens vorige hofverrigtinge.

Die Nelson Mandela-stigting het ’n aansoek om appèl ingedien nadat die gelykheidshof in Johannesburg Dinsdag bevind het dat Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, nié minagting van die hof gepleeg het toe hy verlede maand ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het nie.

Die stigting het in sy aansoek gesê die hof het ʼn fout begaan in sy beslissing om Roets en AfriForum onskuldig te bevind.

“Die hof moes gevind het dat die applikant prima facie-bewyse gelewer het dat die respondent minagting van die hof gepleeg het,” glo die stigting.

Dié regsgeding volg nadat Roets kort nadat die hof in Augustus beslis het dat die vertoon van die ou landsvlag in sekere kontekste op haatspraak neerkom, ʼn foto van die vlag getwiet het met die vraag: “Het ek nou net haatspraak gepleeg?”

Die Nelson Mandela-stigting het daarna ʼn klag van minagting van die hof teen Roets én die burgerregte-organisasie aanhangig gemaak en die hof versoek om Roets tronkstraf op te lê.

Roets se verweer is dat hy bloot ʼn akademiese vraag as doktorale student gestel het. Die stigting glo egter dat die plasing onder die voorwendsel van akademiese debat gemaak is.

Regter Colin Lamont het gister in sy uitspraak gesê hoewel hy glo dat hy mettertyd sou kon bevind dat Roets die bepalings van die Wet op die Gelykheidshof oortree het, hy egter nie in minagting van die hof is nie.

Hy het verduidelik dat Roets se optrede nie deel van minagting van die hof vorm nie, want daar moet ’n hofbevel wees wat iemand verplig om iets te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

James ·

Het hulle niks beter om te doen nie. Plaas hulle daardie vrou van hulle in Denmark inroep

Andre ·

Thanet, dink net waar die land nou sou wees as ons so goed en gaaf was om die land 100 jaar terug vir die ANC te gee. Hulle het nogal n duik gemaak in 25 jaar.

Hans ·

Onder daardie vlag was daar groei en vooruitgang.
Die nuwe vlag versinnebeeld korrupsie en algehele wetteloosheid. Daar is belangriker ding waarmee hul hulself kan besig hou as om th sanik oor ons vlag. Waar kan ek een koop?

Anoniem ·

Dalk moet die stigting hulle aandag verg op die werklike rasiste wat rassespanning veroorsaak (Malema en BFL) en ophou wil emosie trek uit n stuk lap uit.

Maljan ·

Hulle het nie hulle sin gekry nie nou gaan hulle tantrum. Pleinweg net jaloesie. Die nuwe vlag is een van vernietiging die ou een was n vlag van groei.

Mark ·

Jy is soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n Smarties box daarom raak jy naar, oral om jou is swart…skrik wakker pappie jy’s in Afrika.

Jip ·

Presies. Die advokaat score bigtime. Kry weer n paar miljoen rand los en daar is baie honger werkers se palms wat gesmeer moet word.

jakes ·

Die ANC stigting se blaf is groter as hul byt. Die vereiste om lid te word is dat jy soos n nar moet dink en optree.

Emma ·

Wil net altyd die witman bykom, n eensydige klomp. Ja hoekom vat julle nie jm en blf aan met hul uitsprake nie, nou dink hulle die witman moet skrik vir die lot. Wat n grap lyk my hulle moet hul besig hou

Koos de Meyer. ·

Al wat hulle doen is om die hof se tyd en geld te mors. Belaglik en kleinlik.

rerighhhh ·

Dink die staat nie sake soos verkragting (Dros saak) en al die ander mensehandel, drugs ens is belangriker as n prentjie nie?

Magda ·

Ag shut up – waste of time and ourTAX Money – do something useful and create work for the people. STOP WASTING MONEY AND SOURCES THAT YOU DO NOT DESERVE

Jordaan ·

Darem nie belastinggeld nie, of word die stigting met belastinggeld befonds?

Klaas ·

Wow Magda!!! Moet jou kinders leer Engels spel? Die ANC ag jou nie belangrik genoeg om te kom lees watse kwyl jy hier kwytraak nie.

Jordaan ·

Ja-nee, die reenboognasie is ‘n mite. Nelson Mandela stigting is daarop uit om wraak te neem op Afrikaners deur ons simbole en taal af te breek en te verban.

Thanet Kotze ·

Ja… maar, ons het dit op onsself gebring met die apartheidsbeleid. Soveel jare wat die swartmense onderdruk is. Dit sal nooit vergeet of vergeef word nie. Dit verstaan ek. Desnieteenstaande is dit geen, maar geen verskoning vir die korruptes in die regering om belastingsgeld te plunder en ook daaroor het hulle geen berou nie. Ons moet egter hande vat met die spul en nie nog olie op die vlamme gooi deur die simpel ou landsvlag van toens te wapper nie. Maak vrede en wees nice. Wie weet hoe nice hulle dan kan word. So ‘n bakleiery is dit nie werd nie en die Afrikaners is in elk geval versprei nou en globale burgers en aangepas daarby. Ek is darem nog trots op die nuwe landsvlag, want die meeste swart burgers is goed en gaaf. Oor ek met hulle gaaf is. Dit ook. Ondermeer.

@Bollabek ·

Ek wens meer mense wil soos jy voel. Ek was ook nog nooit sleg behandel deur swart burgers nie. Miskien omdat ek nie meer kleur WIL onderskei nie. Met ‘n bloedoortapping vra jy nie wie die skenker was nie, jy is maar net te bly dat daardie persoon se bloed jou lewe red.

Pikkewyne ·

Natuurlik gaan hulle gaaf wees voor jou, dit is agter jou rug waar hulle die messe skerpmaak…

dfmeyer ·

Thanet en @Bollabek woon in n droomwereld. Ek weet van uiters bekende vooraanstaande super liberale Afrikaanssprekende mense in die Weskaap wat hierdie selfde holruggeryde retoriek gepredik het en toe amper n familie skeuring en twis deurgemaak het toe sussie wat lank op die rak bly sit het toe uiteindelik met n “anderskleurige” by die huis aangekom het. Toe is die euforie van “ons sien nie kleur nie” en “reenboogland” Suid Afrika skielik baie vaal en ongenaakbaar. Mense se maar dinge in die openbaar soms net omdat dit mos mooi en polities korrek klink, maar sodra hulle met die realiteit gekonfronteer word, dan is dit n perd van n ander kleur.

AndrewL ·

Sommige stigtings is ook net bedoel om narre besig te hou.

Erick ·

versoening is slegs lippetaal. Daar kan geen, maar geen, versoening in SA wees nie as gevolg van die totale aanslag teen wit mense. Daar word veral daagliks plaas moorde, geborg deur die regering, gepleeg. Die Afrikaner word veral geteiken. Dit is hoekom al hoe meer weerstand teen die Regime toeneem.

Hanna Hoekom ·

Groot verskil tussen versoening en vergelding! Groot verskil! Wenk: versoening het net mooi geen effek die afgelope 25 jaar gehad nie.

Hanlie ·

Die vermetelheid!!!!! Het hulle nou regtig niks anders om te doen nie!!!!

En nou? ·

Hoekom maak hulle nie so bohaai as hulle mense verkrag en vermoor word nie? Maar vertoon ‘n ou vlag…

Koos de Meyer. ·

Die dame wat sê wees nice met hulle. My suster word wakker uit jou droom. Hierdie mense het nie genade vir sy eie mense hier asook in Afrika. Wat dink jy wat voel hulle vir ‘n witte. Ek dink daar is baie meer in die 25 jaar dood hier as in die vorige bedeling. Hulle is nou slegter af as daardie jare..

Judge Dredd ·

Die NMS probeer hard om weer Afriforum hier betrokke te kry.
Roets het in sy privaat hoedanigheid getweet.

Heinrich ·

Mmm, so Roets tweet ‘n prentjie van ‘n vlag en hulle hardloop hof toe.
Malema tweet dat die enige goeie wit mens ‘n dooie een is, en hulle goedkeurende stilswye spreek boekdele.
Hierdie is die nalatenskap van Mandela soos deur sy stigting voortgedryf. VIVA ANC!

kolla ·

Ek kan nie verstaan hoekom hulle nou aankarring met die minagting van die hof storie nie. Plaas van hulle eerder ‘n klag lê van haatspraak dan is die hele storie meer op die punt af en sal die hof se uitspraak in almal se belang wees om te weet of daai geval wel as haatspraak kwalifiseer of nie. Die regter het pertinent in sy uitspraak gesê dat hy glad nie die kwessie van haatspraak oorweeg het nie.

Blommie ·

Ai ou Roets, jy staan uit soos n seer toon! Maar sterk wees dis ons liewe land se mense!
Al wat my hart so seer maak is dat WIT mense nie saam kan staan nie.
Nee wat ons WIT mense sal mekaar eerder TE NA KOM.

Hennie ·

Dis net omdat die regter wat hom vrygespreek het blank is hoekom hulle die uitspraak nie wil aanvaar nie!

WMirabilis. ·

As die ou landsvlag dan vir ‘n sekere gedeelte van die bevolking aan die pyn en leiding van die verlede herinner wonder ek hoe moet die blankes dan oor die huidige landsvlag voel? Die witkruise teen Ysterberg skreeu ten hemele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.