Stikeez nou ook op Gumtree beskikbaar

Stikeez

Stikeez

Stikeez, ʼn nuwe gier wat kinders op hol het en ouers honderde rande uit die sak jaag, is nou ook op Gumtree beskikbaar.

Stikeez is klein plastiekpoppies wat Pick n Pay as deel van ʼn bemarkingsveldtog uitdeel elke keer wanneer ouers meer as R150 spandeer. Kinders doen gewoonlik alles in hul vermoë om die hele reeks van 24 te versamel.

The Times het Dinsdag berig die bemarkingsanalis Chris Moerdyk het gesê die verskynsel van “neulkrag”, waar kinders by hul ouers neul totdat hulle uiteindelik hul sin kry, is hier om te bly.

Claire Cobbledick, hoof van bemarking by Gumtree, het gesê as ʼn ouer het sy eerstehandse kennis van kinders wat haar smeek om Pick n Pay toe te gaan sodat hulle hul versameling kan voltooi voor die veldtog op 20 September tot ʼn einde kom. Nou bied Gumtree ʼn bietjie verligting vir ouers, meen sy.

“Geklassifiseerde advertensies is ʼn wonderlike manier om vinnig jou hande te lê op ʼn uitstaande ‘Stikee’, sonder dat jy R150 hoef te spandeer of boonop ʼn duplikaat te kry,” het sy gesê.

stikeez 2Daar was Maandag glo 20 nuwe advertensies vir Stikeez en meeste daarvan is op dieselfde dag weer teruggetrek omdat die reeds Stikeez verkoop of geruil is, het Cobbledick bygevoeg. “Dit is ʼn uitstekende voorbeeld van hoe mens die internet op ʼn veilige manier kan gebruik om te netwerk en presies te kry wat jy wil hê teen ʼn verminderde tarief, anders moes jy onnodig elke dag winkel toe gaan en jou mandjie voller pak. Dis nog steeds lekker om hulle aanlyn op te spoor, maar nou kry jou beursie nie so seer nie.”

Sy het gesê die gemiddelde prys is ongeveer R10 per Stikee, en volle versamelings word teen ongeveer R200 verkoop.

The Times het Dinsdag berig ene Bertus Pienaar het Sondag sy Stikeez-versameling vir R450 aangebied. Dit het binne enkele ure verkoop.

Volgens die koerant word Stikeez by sekere skole verbied. Rustenberg Girls’ Junior School in Kaapstad het glo ʼn aantal “ongelukkige voorvalle” beleef wat met Stikeez verband hou. Die skoolhoof, Di Berry, het gesê daar was konflik wanneer Stikeez uitgeruil word, of kinders wat uitgesluit is by ʼn ruiltransaksie of selfs Stikeez wat verdwyn het. “Ons glo nie die versameling is veilig vir alle kinders nie. Veral nie vir jong kinders nie,” het sy gesê.

Personeel by ʼn skool in Johannesburg het ook gesê die gier het daartoe gelei dat Stikeez tydens skoolure omgeruil of gesteel word.

In ʼn meningspeiling van die koerant het 56.4% van deelnemers hul “haat” vir dié poppies uitgespreek. Maar daar is ook berigte van ma’s wat te dankbaar was dat hul kinders hul iPad-tablette neergesit het om eerder met hul Stikeez te speel.

Volwassenes gebruik glo ook die poppies as merkers op wynglase.

Die Stikeez-verkope is deel van ʼn ooreenkoms tussen Pick n Pay en Brand Loyalty wat die veldtog in 20 ander lande, insluitend Duitsland, Rusland, Italië, Griekeland en Swede bedryf.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lothar ·

Die poppietjies is vir my so oulik! Ek het al die hele versameling!

Corra ·

Dit is kostelik, hierdie stikeez! Kan iemand my dalk se hoe kan ek die volle versameling koop asseblief, sonder om na Pick a Pay toe te gaan? Ons bly op n plaas en die naaste Pick a Pay is n 100 km van ons af. My dogtertjie wil ook bitter graag die stikeez he. As enige iemand my kan laat weet sal ek dit so baie, baie waardeer. My whatsapp nr is 082 483 4431. Baie dankie.

Marelize ·

Dit is die grootste gemors denkbaar. Belaglik verby.

In plaas van die duisende rande aan die vervaardiging en bemarking van stof-gemors te spandeer, kan PnP veel eerder hul pryse verlaag en sodoende meer verkope bereik.

Susan ·

Dit sou help as mens kon kies watter stickee jy kry. En die goed stik nie eers vir lank nie, dan lê alles op die grond.

Nico ·

Ja, ek sou nooit kon glo dat mense so gaande sou wees oor sulke goed nie. Maar ek raai die ou wat dit uitgedink het lag al die pad. En Pick ‘n Pay se verkope het beslis gestyg.

Alfonso ·

Kan iemand my se waar ek die Stikeez in n set van R200.00 kan koop, is dringend opsoek na dit, help asseblief. Baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.