Stilbaai geruk ná moord

Stilbaai (Foto: Pinterest)

’n Egpaar is Dinsdag in die vroeë oggendure in hul slaap in hul huis in Stilbaai in die Suid-Kaap oorval waarna die man met ’n skerp voorwerp, vermoedelik ’n mes of ʼn skroewedraaier, doodgesteek is.

Sy vrou is in die voorval vasgebind en in ’n vertrek toegesluit.

Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê drie onbekende mans, gewapen met ’n vuurwapen en skerp voorwerpe waaronder ’n mes en ʼn skroewedraaier, het omstreeks 00:15 toegang tot die egpaar se huis in Melkboomstraat deur ’n venster gekry nadat hulle die glas van die venster verwyder het.

Die egpaar was aan die slaap in hul slaapkamer toe hulle oorrompel is.

Johan Ungerer (65) is met een van die skerp voorwerpe in sy nek gesteek. Sy vrou, Christina (61), se hande is agter haar rug vasgebind voordat sy in ’n slaapkamer in die huis toegesluit is.

Volgens Pojie het die verdagtes op kontant aangedring waarna hulle met die geld, twee selfone, ’n skootrekenaar en juweliersware in Johan se wit Chevrolet op die vlug geslaan het.

Dié motor is later verlate naby die N2 tussen Stilbaai en Riversdal aangetref.

Die aanvallers is in dié stadium steeds soek.

Talle mense het hul skok met die aanval te kenne gegee en boodskappe van medelye op sosialemediaplatforms het ingestroom.

Pojie sê die aanvallers word as gewapen en gevaarlik beskou.

Die polisie doen intussen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die aanval by sers. Ludwig Schnetler by 028 754 6100 of 079 894 1593 of ao. Tekkie Grebe by 082 469 6752 aan te meld.

’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

MAGRIETHA ·

Tragies weer bejaardes hoop skuldiges word gou gevang en lewenslank tronk toe gestuur innige meegevoel met famielie

Trotse Boervrou ·

Simpatie aan Johan se vrou en familie. Ons bid julle sterkte toe. Mag God jul dra deur hierdie verskriklike hartseer tyd.

Jammer dat so pragtige land reeds in anargie verval het en Regeringloos is. Die uurglas loop leeg….

LiveAndLetLive ·

Dit is die realiteit in SA, jy gaan slaap en elke oggend is jy dankbaar dit was nie jy nie, tot dit jy is.
Sterkte aan familie, hoe moet mens voel as jou ouers so uit die lewe geneem word, niemand verdien dit om so te sterf of om te lewe soos wat ons daagliks moet lewe in hierdie land nie.

Stofbakkies ·

Ek HAAT hierdie land waar mens elke dag in vrees moet lewe! As ek kon was ek gister al weg. My innigste simpatie aan die familie.

Mariana ·

Nog een vir die statistieke. Die gaan nie stop nie. Hierdie land is nou kriminele mekka en terwyl die regering blinde oog en dowe oor gooi sal dit so wees. Alle sterkte aan die familie.

johanf ·

My droomdorp, my aftree dorp, volgende jaar, 2021…. So tragies, daar ookal. Ongelooflik .
My innige meegevoel met tannie Christina, familie en naasbestaandes, mag God Vertroosting bring….. Sretkte.

Daniel ·

Ai dis tragies, wou ook daar gaan aftree, dis vir my die mooiste plek in SA!

Vrijburger ·

Juis gedink dit is so ‘n veilige dorp. Ons probeer nou die nuus weghou van my ouers wat daar in die ouetehuis is. Dankbaar hul bly nie meer in hul eie huis nie.

koos ·

Daar is mos ook onskuldige wit bloed vergiet op ‘n plaas in die Stilbaai omgewing so paar jaar gelede. Solank die huidige regime in ontkenning bly, sal misdaad bly hoogty vier hier in Zimbabwe-Suid.

Snowball ·

Koos, die regime is nie in ontkenning nie, hulle voel net absoluut NIKS. Hulle jaag bloot hulle eie materiële rykdom na en kan nie ‘n blou duit omgee vir enige landsburger nie; solank hulle kan skep, is hulle gelukkig want hulle leef nie in vrees soos ander nie, hulle het lyfwagte en sekuriteit wat deur belastingbetalers betaal word, om na hulle uitgebreide agterente om te sien.

Susan ·

Dis so skokkend, dis omtrent soos om die weervoorspelling weekliks te volg. Daar gaan omtrent nie ‘n week die laaste paar maande verby, waar daar nie aanvalle en moorde op mense op plase of selfs dorpe en stede is nie, dis erger as ‘n plaag, en bitter min van die skurke word gevang en behoorlik gevonnis!

Die Goodwoodianer ·

Dit is vreeslik, waarookal dit gebeur. Stilbaai en sy mense lê na aan die hart vir ons. Mag Reg en Geregtigheid geskied in hierdie land. Die Here slaap nie. Innige meegevoel met die geliefdes. Kleinhans-groete.

Tokkel ·

EK NOEM HULLE SLAPGAT, RUGGRAATLOSE LAFAARDS WAT MENSE INDIE NAG AANVAL..
PLEKS HULLE GEE GELD VIR MISDAAD, MAAR NOU GEE HULLE VIR SAL LUGDIENS OM VERNIET TE KAN VLIEG….SUID-AFRIKA GAAN TEN GRONDE!!!

Maggies ·

Hoe bepaal hulle by watter huis hulle gaan moor en plunder? Kyk hulle na watter voertuig die mense ry? Daar word dalk gekyk na hoeveelheid /tipe kruideniersware daar gekoop word. Die mense se weerbaarheid word dopgehou?
Is dit moontlik dat daar lank voor die tyd al beplan word om by ‘n spesifieke huis in te breek, aan te rand en te moor?
Wens ‘n mens kan verstaan hoe ‘n persoon wat tot hierdie dade kan oor gaan, se koppe werk.
Dit raak regtig nou té erg.

Pieter J ·

Ons het altyd graag op Stilbaai gaan uitspan maar dit lyk of dit nou daar ook gevaarlik raak.

Herpiet ·

Vir Solank hulle in die openbaar sing om ons dood te maak en daarmee wegkom (dankie media 24 onder andere) dan sal dit net toeneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.