Stilbaai-plaasmoord: ‘Sy wás liefde’

Heila Kilian en haar dogter, Marika van der Linde. Foto: Verskaf

Met haar vlamrooi hare en fyn gelaatstrekke loer Heila Kilian byna geheimsinnig oor die teekoppie. Op dié foto, in die ouderdom van 63, is sy steeds opvallend mooi.

Dit is die laaste foto wat ooit van Heila geneem is. Ure later is sy koelbloedig tydens ʼn plaasaanval doodgeskiet.

Heila en haar man, Hein, woon saam in Springs aan die Oos-Rand. Maar Maandagaand was Heila, wat onder haar familie en vriende beter bekend was as Lovey, by haar suster, Brenda, en Brenda se man, David, op hul plaas buite Stilbaai in die Wes-Kaap. Dit was die tweede dag van haar kuier op die plaas wat veronderstel was om ʼn rustige week saam met familie te wees.

Daardie aand het Heila, Brenda, David en Sean, wat ook op die plaas bly, rustig buite die huis om die braaivleisvuur gekuier. Hulle het Christelike musiek geluister en saam gesing in die koel aandlug om die knetterende braaivleisvuur. En dit is toe dat die skoot skielik uit die donker klap.

“My tannie [Brenda] het gesê dié skoot het my ma getref,” vertel Marika van der Linde (43), Heila se dogter, aan Maroela Media. “Die koeël is deur haar hart en long en sy was onmiddellik dood. Voor sy nog geweet het dat iets gebeur. Sy het in harmonie met haar familie gesit en kuier en die volgende oomblik was sy in die hemel.”

Vyf gewapende aanvallers het binne oomblikke uit die donker verskyn en het die groep oorval. Beide mans en Brenda is erg aangerand, tot só ʼn mate dat David sy bewussyn verloor het. “My tannie vertel hulle het haar voete en hande vasgemaak en ʼn tou om haar nek gesit. Hulle het gesê hulle gaan haar doodmaak.”

In ʼn stadium kon Brenda daarin slaag om los te kom, terwyl die aanvallers saam met Sean in die huis was om die kluis te plunder. Sy het in die donker ingehardloop en van ʼn 70 m hoogte in die ruie bosse ingespring om weg te kom.

Terwyl sy deur die bosse van die aanvallers probeer vlug het, het sy gehoor hoe drie van hulle agter haar aankom. “Hulle het haar gevang en haar vreeslik geslaan en gewurg. Sy het een van die aanvallers net in sy oë gekyk en vir hom gesê, ‘Ek vrees jou nie. Ek vrees slegs my God.’ Dit is toe dat sy greep om haar nek verslap het,” vertel Marika.

Brenda kon daarin slaag om by die steilte af te gly en onder die digte plantegroei te skuil waar die aanvallers haar nie kon sien nie. Uiteindelik het hulle moed opgegee en teruggekeer na die huis toe voordat hulle met kontant, vuurwapens en ʼn bakkie van die toneel gevlug het.

Maar hulle het ʼn getraumatiseerde en verpletterde familie agtergelaat. “Toe hulle my bel om te sê my ma is dood, was dit verskriklik erg. Meer as wat woorde kan beskryf,” sê Marika.

“Wat egter vir my vrede gee, is die wete dat sy eintlik sag gegaan het. Ek het self met die patoloog gepraat wat die nadoodse ondersoek gedoen het, wat dit vir my kon verduidelik. My ma het nie eens geweet daar is iemand nie. Sy het hulle nie eens gesien nie – sy is net weg.”

Die laaste foto wat van Heila Kilian geneem is. Dié foto is die oggend van 16 April geneem, ure voordat sy vermoor is. Foto: Verskaf

Volgens Marika vat Hein, Marika se pa en Heila se eggenoot van byna 40 jaar, sy vrou se dood baie swaar. “Hy is verpletter. My broer ook. Dit is baie moeilik. Ons is almal gebroke.”

Marika sê Heila het altyd na haar verwys as haar steunpilaar, iemand wat ander staande hou wanneer hulle dit die nodigste het. “Ek was altyd haar steunpilaar en ek wil dit nou ook vir haar wees.”

Marika sê dat sy dankbaar is vir die skatkis vol pragtige herinneringe van haar ma wat sy altyd saam met haar sal dra. Herinneringe van haar ma se sagte hart, haar liefde vir mense en haar manier om harmonie en geluk in enige situasie te vind.

“My pa was jare lank die bevelvoerder van die polisie se onluste-eenheid. ʼn Sterk, rowwe diamant. Almal het altyd gesê hulle weet nie hoe die kolonel so ʼn sagte vrou kon kry nie. Sy het hom sagter gemaak, hom méns gemaak. Sy was soos ʼn ma vir sy eenheid.”

Hein en Heila was albei afgetree en het hulle die afgelope paar jare veral toegespits om baie tyd met hul kinders en kleinkinders deur te bring. Behalwe vir Marika, het hulle ook drie seuns, naamlik Eugene (45), Anton (44) en Zane (37). En dan is hulle natuurlik ook die trotse oupa en ouma van sewe kleinkinders tussen die ouderdomme van 21 en vyf jaar oud.

“My ma was versot op haar kleinkinders. Familie was nog altyd vir haar baie belangrik. Ons het regtig alles saamgedoen. Dit is geen raaisel hoekom almal haar as Lovey geken het nie – sy wás liefde. Net ʼn ongelooflike mens met ʼn ongelooflike hart.”

ʼn Roudiens vir Heila word Woensdag om 10:00 uit die AGS Kerk Lofoord in Springsweg, Strubenvale, in Springs gehou.

Tipies aan die georganiseerde mens wat Heila was, het sy reeds in 2006 ʼn koevert in die kluis gebêre met die woorde wat sy graag “eendag” as deel van haar begrafnis wou hê. ʼn Gedeelte uit dié teks lui: “Almal wat my lief het, ek weet dat julle my lief het. Ek het julle ook lief. Julle mag my miskien nie meer sien nie, maar ek lewe nog in julle harte, in julle gedagtes en in julle laggies. So moet asseblief nie ophou saam met my lag nie.”

Die toneel van die plaasaanval buite Stilbaai (April 2018) Foto: Suid-Kaap Forum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

AmY ·

Ek het nie woorde nie. Ek huil saam met hierdie mense. Ek huil oor ons mooi land wat stukkend is. Ons mooi land wat deur moordenaars en geweldenaars regeer word. Deur mense wat geen respek vir lewe het nie. En ek ook kwaad. Baie kwaad.

Deon Koegelenberg ·

My hart huil al vir jare oor die agteruitgang van hierdie land . Die Here alleen weet hoe baie keer ek en my vrou al moes vra Here vergewe ons dat ons hatig raak want ons was nooit geleer uit moeder onderrig of deur ons Christelike geloof om hatig teenoor enige mens wit bruin of swart te wees nie. Ons moes altyd respek gehad het teenoor enige mens . Het nie haat geken nie tot nou.
Ek wil net aan die familie se .. “Mag julle berusting vind en net die mooi uit haar lewe onthou.” dit is wat sy sou wou gehad het. Ons sal die Here groot bo almal vra om jul te vertroos .

Zita Nawn ·

I have just read the heartbreaking article of yet another brutal farm attack and murder of beautiful angel Heila through tears. I echo Deon’s and AmY’s sentiments as thousands do in SA. Another victim of senseless crime. My heart is with Heila’s family and all those who have lost loved ones through crime. I despair truly.

Michael ·

Ek hoop net C R kyk wat om hom aangaan ons land is vol bloed dit is op sy hande met sy mooi praaitjies bluf hy die hele land. Hy is nou in noord wes net om sy kader te beskerm nie vir die mense nie onthou hy kom uit die vakbonde so hy het die tipe goed gedoen . Ek dink hy weet nie eers van die moord op Stilbaai nie .Dit is baie sad vir die famielie van Stilbaai.

John Samuel ·

Watse antwoord verwag jy..? Want die standaard antwoord van ” it is only crime, and crime affects Everyone”, asook “there is no proof of a targeted genocide” gaan nie verander nie.

Lizelle Gibson ·

Wat n jammer dat so n pragtige mens moes sterf. Sy het ongelooflike memories nagelaat vir die mense wat sy lief gehad het. Sterkte aan haar geliefdes.

Oom Kalahari ·

@AmY, jou gevoel en hartseer is geregverdig. Met watter hartseer moet hierdie gesin en familie nie worstel nie. Eens ‘n vooruitstrewende land en vandag ‘n misdadigers hool. Iemand wat nog nie deur hierdie traum is nie, sal en kan nooit verstaan of begryp nie. Jy probeer dit verwerk, maar jy kan dit net nie vergeet nie en elke keer wat jy dit hoor of sien dan is dit weer terug. Soms die haat, kwaad en trane en jy voel magteloos soos ‘n brood krummetjie tussen ‘n horde miere. Dan word jy gedruken voorgese wie en wat jy moet wees en hoeveel maal vergewe en nie oordeel en mekaar die hand gee en elke teks wat vir jou na verwys kan word, maar ken jy my hart of my smart, maar jy verwag ek moet met die duiqel om die tafel sit en onderhandel. “Nee Dankie” Gooi die klippe en stenig en ja ek is dalk nie ‘n Christen nie, maar wel ‘n sterk gelowige mens en iemand wat ook foute het en nie volmaak nie. Alle simpatie aan die Killian gesin familie en vriende en ons harte gaan uit na jul as familie. Sterkte in hierdie routyd.

Johan ·

Ek kan help lees my opebrief, Stuur Dit Aan vir almal Wat jy ken
Lees Dit hier.
Opebrief com

Johan

Eish ·

Stuur jou voorstel vir al die landbouorganisasies, koöperasies, studie groepe ens. Ek is seker jy gaan regkom.

Johan ·

Ek het.
Nie Een het terug gekom na my toe Nie.
Ek sidder om te dink hoeveel lewens die toestel al kon gespaar het.
Omtrent 1200 mense het sedert januarie die brief gelees.

Gerrit ·

Hi Johan baie goeie plan stuur vir Afriforum ek is seker hulle sal kan help alternatief is ek seker daar is mense wat sal bydra om ons mense by te staan ??

Eish ·

Johan, dis skokkend dat niemand na jou teruggekom het nie!
Nog n voorstel, daar is n groot hoeveelheid sekuriteitsmaatskappye wat alarmstelsels instaleer en monitor. Elke streek het dan ook die wat goed gevestigde ondernemings is. Suiwer vanuit n bemarkingsoogpunt dink ek dat dit dalk beter gaan wees om dié pad te stap synde hul direk kontak met boere en besighede het. Ontwikkel die konsep in die buiteland en gee dan een verspreider in elke provinsie die verspreidingsreg. Ek sal die Vrystaat vir jou doen.
Dryf die ding soos n besigheid en nie liefdadigheid nie. Dan sal jy sukses hê.

Arrie ·

Jeremia 9:1
Ag, was my hoof maar water en my oog ’n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is . . . . . . .
Ek is al n groot man, maar vandag ween ek en is gebroke oor hier die gesin se vernietegende aanval.

Nadine ·

My hart is stukkend vir my vriendin wat haar ma op so n manier verloor het.Die tannie was n wonderlike mens.Wanneer gaan dit nou genoeg wees en wat doen ons regering om die plaasmoorde te stop en ons te beskerm?

JWM ·

Onnodige tragedie. Sterkte vir die naasbestaandes. Hoekom sou daar nog geen berigte wees oor die opsporing van die aanvallers nie?

jan ·

Wat doen ons hier omtrent?
Die ANC salnie help nie, ons moet ophou droom, ons nodig buitelandse ondersteuning ons kort die UN
anders moet ons self n commando stig

Michael von Mallinckrodt ·

Vertaal hierdie berigte en stuur hulle Australie toe, of na Engeland. Die buiteland moet hiervan in kennis gestel word. Maak n statistik oop met al hierdie gebeure en stuur dir die Wereld in.
Mike

Michael ·

Sesulu is darem stil. Besef sy nou wat se nonsens sy gepraat het.

Reguit ·

So hou dit aan-en-aan. Elke dag iemand anders. Elke week nóg families uitmekaar geskeur, ouers en/of kinders wat treur. Niemand gaan iets aan hierdie situasie verander nie. Al die mooi praat, vrae vra, kla, soebat, vergewe, ‘onderhandel’ en briewe skryf gaan niks aan die saak verander nie. Hulle gaan net aanhou om die witmense een-vir-een uit te moor – terwyl diegene wat kan emigreer, op strepe emigreer.

Gerrit ·

Onskuldige mense wit en swart word soos vlieë doodgemaak in sa en dan is daar nog naiwe mense wat glo dit is nie die polisie se skuld nie want hulle doen hulle bes??????

Duitser ·

Die regering ontken die uitmoor van mense , die polisie doen niks julle is op julle self aangewese om terug te baklei en julself te verdedig.??

Gerrit ·

Hi Johan baie goeie plan stuur vir Afriforum ek is seker hulle sal kan help alternatief is ek seker daar is mense wat sal bydra om ons mense by te staan ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.