Stilfontein al 18 jaar sonder brandweerstasie

Argieffoto

Inwoners van Stilfontein in Noordwes moet byna twee dekades al sonder ’n brandweerstasie in dié dorp klaarkom met die naaste brandweerstasie wat 20 km ver geleë is.

Lourens Cromhout, DA-raadslid, sê in ’n verklaring daar is oor die afgelope 18 jaar verskeie pogings aangewend om die brandweerstasie weer in gebruik te kry.

Volgens Cromhout staan die brandweerstasie leeg sedert die brandweerstasies van Stilfontein, Orkney, Hartbeesfontein en Klersdorp in 2001 saamgesmelt en die provinsiale ambulansdienste tot 2003 die gebou gebruik het.

Dit is sedertdien ’n gespook om die tekort aan brandbestryders en voldoende brandbestrydingstoerusting baas te raak. Dié tekortkominge laat inwoners jare later steeds in die genade van die Klerksdorp-brandweerstasie.

Die omvang van die probleem het onlangs weer duidelik geword toe verskeie huise te midde van onluste in ’n brand op die dorp vernietig is. “Dié eiendom kon gered gewees het as daar ’n brandweerstasie op Stilfontein was,” meen Cromhout.

Die DA gaan nou ’n skrywe aan Gordon Kegakilwe, LUR vir plaaslike regering in Noordwes, rig om dringend werk te maak van die gebrek aan nooddienste in Stilfontein asook die omliggende Khuma-gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arno Scheepers

Putsonderwater ook….ek wonder hoekom?

Wurmpie

Welverdiend is al jare sonder polisiestasie

ap

Dis nie n grap nie , maar stilfontein se naam moet verander word , definitief. Stil beteken daar gaan nie veel aan nie.

Leon

Baie van die groot stede het ook nie ‘n brandweerstasie bine 20 km van die huise af nie. Andersins is dit ‘n stasie met ‘n Land Cruiser of ‘n Ford bakkie met ‘n tuinslang op.

Johan

Dit is bitter swak. Die eerste is ons betaal ons belasting, ons betaal ons munisipale rekeninge, one doen wat die wet van ons vereis. Hoe lank moet ons slawe bly in ons eie land. Nog erger daar is nie eers behoorlike voertuie van die SAPD nie. Ons moet maar moord, inbrake, aanranding en verkragting in die oë staar. Hoe moet hulp verleen word. En dan verder die verkeer wat nie eers behoorlike voertuie of toerusting het om hulle werk te doen nie. Dronk bestuur, roekelose bestuur en vele meer vind plaas. Hoe moet gelde ingebring word as hulle nie DIE… Lees meer »