Inwoners van Stilfontein in Noordwes moet byna twee dekades al sonder ’n brandweerstasie in dié dorp klaarkom met die naaste brandweerstasie wat 20 km ver geleë is.
Lourens Cromhout, DA-raadslid, sê in ’n verklaring daar is oor die afgelope 18 jaar verskeie pogings aangewend om die brandweerstasie weer in gebruik te kry.
Volgens Cromhout staan die brandweerstasie leeg sedert die brandweerstasies van Stilfontein, Orkney, Hartbeesfontein en Klersdorp in 2001 saamgesmelt en die provinsiale ambulansdienste tot 2003 die gebou gebruik het.
Dit is sedertdien ’n gespook om die tekort aan brandbestryders en voldoende brandbestrydingstoerusting baas te raak. Dié tekortkominge laat inwoners jare later steeds in die genade van die Klerksdorp-brandweerstasie.
Die omvang van die probleem het onlangs weer duidelik geword toe verskeie huise te midde van onluste in ’n brand op die dorp vernietig is. “Dié eiendom kon gered gewees het as daar ’n brandweerstasie op Stilfontein was,” meen Cromhout.
Die DA gaan nou ’n skrywe aan Gordon Kegakilwe, LUR vir plaaslike regering in Noordwes, rig om dringend werk te maak van die gebrek aan nooddienste in Stilfontein asook die omliggende Khuma-gebied.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Putsonderwater ook….ek wonder hoekom?
Welverdiend is al jare sonder polisiestasie
Dis nie n grap nie , maar stilfontein se naam moet verander word , definitief. Stil beteken daar gaan nie veel aan nie.
Baie van die groot stede het ook nie ‘n brandweerstasie bine 20 km van die huise af nie. Andersins is dit ‘n stasie met ‘n Land Cruiser of ‘n Ford bakkie met ‘n tuinslang op.
Dit is bitter swak. Die eerste is ons betaal ons belasting, ons betaal ons munisipale rekeninge, one doen wat die wet van ons vereis. Hoe lank moet ons slawe bly in ons eie land. Nog erger daar is nie eers behoorlike voertuie van die SAPD nie. Ons moet maar moord, inbrake, aanranding en verkragting in die oë staar. Hoe moet hulp verleen word. En dan verder die verkeer wat nie eers behoorlike voertuie of toerusting het om hulle werk te doen nie. Dronk bestuur, roekelose bestuur en vele meer vind plaas. Hoe moet gelde ingebring word as hulle nie DIE… Lees meer »