Stilfontein ‘kalm’ terwyl taakspan vraestelle hermerk

Werksaamhede van die Hoërskool Stilfontein het tot stilstand gekom terwyl die betogings reeds vier dae lank voortduur. Foto: Facebook

ʼn Taakspan van Noordwes se onderwysdepartement is by die Hoërskool Stilfontein waar hulle gr. 11’s se vraestelle oormerk nadat ouers en inwoners sedert Donderdag betoog omdat sommige leerders gedruip het.

Die leerders en hul ondersteuners dring daarop aan dat hulle deurgesit word na matriek en vanjaar hul skoolloopbaan klaarmaak. Hulle wil ook hê die skoolhoof moet bedank, die beheerliggaam ontbind en detensie afgeskaf word.

Maandag is ʼn groep betogers die skool binnegelaat om ʼn besluit van die onderwysdepartement te hoor, vertel Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof van die Noordstreek, maar hulle het die skool begin plunder.

Die betogers beskuldig die skool van rassisme en diskriminasie.

Geen leerders is beseer nie, maar die polisie se eenheid vir openbare orde is ontbied om die vrede te herstel. Luidens berigte is die persoon wat die betogings aanhits, nie ʼn leerder aan dié skool nie. Die betogers beskuldig die skool van rassisme en diskriminasie.

Coetzer vertel ʼn groot groep voertuie en ontevredenes het Dinsdagoggend weer buite die skool saamgedrom, maar die situasie is “heeltemal kalm”.

Verteenwoordigers van verskeie politieke partye het ook daar saamgekom terwyl die taakspan die vraestelle hermerk het. Die “nuwe” uitslae sal na verwagting binnekort bekendgemaak word.

Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes. Foto: Facebook

Die skoolhoof en die voorsitter van die beheerliggaam was nie Dinsdagoggend beskikbaar om kommentaar te lewer nie omdat albei in ʼn vergadering was.

Noordwes se onderwysdepartement het reeds verskeie vergaderings met die skool en ander rolspelers gehad en ʼn ondersoek van stapel gestuur, soos deur toepaslike wetgewing bepaal word.

Die Hoërskool Stilfontein is die jongste politieke speelbal vir die ANC.

Michal Groenewald, provinsiale leier van die VF Plus, sê die Hoërskool Stilfontein se onderwysers en leerlinge is “die jongste politieke speelbal vir die ANC en ander politieke opportuniste in Noordwes”.

Hy vertel die situasie het Maandag handuit geruk toe bakstene deur vensters gegooi is en ʼn ouer glo ʼn onderwyser aangerand het. Verskeie ANC-lede en lede van ander organisasies was onder die oproeriges.

“Die VF Plus veroordeel hierdie optrede ten sterkste,” sê Groenewald. “Dit is onaanvaarbaar dat betogers tot geweld aangehits word sodat die ANC politieke punte deur rasretoriek kort voor die nasionale verkiesing kan aanteken.

“Ouers en leerlinge moet die departement toelaat om sy ondersoek te voltooi en nie in die proses die skool afbreek as gevolg van die onverantwoordelike aanhitsing deur die regerende party nie.”

Die VF Plus sê die departement moet toesien dat oortreders wat skooleiendom beskadig en hul skuldig maak aan enige vorm van misdaad, soos aanranding en intimidasie, behoorlik vervolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Wouter ·

Waarvoor leer ons kinders dan nog as die wat nie leer nie en druip deurgesit gaan word. Ek kan my kinders leer wat hulle moet weet om ook hule eie besigheid te kan hê en n sukses van hul lewe maak. Maar nee die people get what they want. Met of sonder opleiding. Ek het my werk verloor agv regstellende aksie in die Lugmag. Maar dit was beter in my geval want nou het ek ook n besigheid sonder BEE. En niemand skryf my voor nie.

Anel ·

Is daar nie verlede jaar bepaal dat daar nie betoog mag word binne sekere afstand van skole nie? Of was dit net vir daardie spesifieke skool?

ZAR ·

Hulle sê die skool is rassisties want daar is meer wit matrieks deurgesit as swart matrieks.

Willem ·

Nou gaan almal wat gedruip het n paar punte meer kry en dan oorgeplaas word en die einde van die jaar gebeur net dieselfde weer en hulle slaag nou matriek en weet heeltemal niks van die vakke nie,sê eerder vir hulle ok julle is deur en spaar die geld vir die hermerk van vrae stelle want dit is wat gebeur in elk geval,die hermerk is net n manier om die oë toe te knyp en hulle deur te sit

Dries ·

Hoerskool Viljoenskroon wier om Afrikaans oor te merk..sy druip graad 11 met 5 punte in Afrikaans al die ander vakke baie goed gedoen..sy is die enigste kind wat Afrikaans druip..die vraag waar le die fout…

Pat ·

Sit hulle deur wie gee om einde van die jaar is dit net die skool se statistieke wat sal bewys hoe onsinnig dit was. Breek af en dreig is mos die norm. Publiseer hulle name sodat die mense hulle kan weg wys as hulle werk soek.

Santjie ·

Ja nee…. breek die plek af en more huil hulle weer dat die kinders onder ‘n boom moet skoolgaan?

Katerina ·

En as die leerders nog steeds druip na die hermerking? Wat dan? Of gaan hulle nou maar deurgesit word om geweld te voorkom? Die land maak my Siek..ek sou n arm of n been gee om tog net te kan wegkom uit die patetiese helhool sirkus.

VanAfrika ·

Sal interressant wees om weer die uitslae te hoor. Julle wat gedruip het moet nou baie hard bid vir die resultaat van jul uitslae en dat rassisme betrokke was.

Jaco ·

Nou gaan n paar seker deurgesit word om die vrede te bewaar en einde van die jaar sit hulle met groter probleme

P ·

Nee kyk nou het ek als gesien. Jy leer nie deur die jaar jy dop jy pluk die vrugte. Alle vorm van dissipline moet afgeskaf word. Asseblief mense wat gaan in die land aan.

maklik ·

dis mos nou maklik om rasisme reg te stel. kry n skool met alleenlik wit onderwysers en swart leerlinge. van graad een tot 12 kom leerlinge met geen boeke skool toe nie maar elkeen met n klip. Werk die skool loopbaan so uit dat hulle in ten minste 2 jaar van graad een tot 12 vorder. Dis mos nie rasisme nie.

Antoon ·

Hoof moet bedank – sodat hul ‘n hoof kan kies wat ‘n poletieke agenda het?
Beheerliggaam ontbind – sodat hul beheer kan neem?
Geen detensie – sodat daar geen vorm van dissipline meer oor is nie, net chaos?
Jammer, maar privaatskole is ons almal se voorland.

MEYER ·

Dis makik om te sê privaat skole. Gelukkig is my kiders klaar met skool. Maar daar bestaan nie so ding soos wit kapitaliste nie. Al.al het nie geld vir privaat skole nie. Dit is net te belaglik duur. So wat nou?

Jurggens ·

Meyer, ek is sooooo siek en sat vir die alewige “privaatskole is te duur”. Die skole in Orania is almal privaat. Daai gemeenskap is beslis nie ryk nie, net gemiddeld. As hulle dit kan doen, kan ALMAL dit doen. Die wil ontbreek egter by al die ander gemeenskappe.

Anoniem ·

Dit sal interessant wees om te sien hoeveel die nuwe van punte van die oues verskil. My seun het ‘n paar jaar gelede (teen betaling) 3 vraestelle laat hermerk omdat hy onderskeidings met enkele persentasiepunte misgeloop het. In al 3 gevalle het dit geen verskil gemaak aan sy finale uitslae nie.

Word daar betaal vir die hermerk van die druipelinge se vraestelle?

Tannie ·

As hierdie druipelinge die tyd in die detensieklas gebruik het om te leer, het hulle dalk geslaag.

Louis ·

Nou moet detensie afgeskaf word?
Daar is reeds n gebrek aan disippline in die skole.
Hoe moet jy dan maak? n Stout kind vat vir n stappie in die park?

Jannie ·

So word kinders wat wil leer benadeel en gaan kyk maar die moeilikheidmakers se ouers betaal ook nie skoolgelde nie dus subsidieer die leerders wat wil leer se ouers nog die moeilikheidmakers om die skool af te breek- slim né.
Ek wil ń paar dinge sê maar dit gaan as rassisties bestempel word as ek my opinie gee so ek bly maar stil en kyk toe hoe dinge agteruit gaan.

Die Stem ·

Die reg om te betoog, moet met verantwoordelik gepaard gaan.
Dis absoluut belaglik dat almal wat nie hou van n gegewe uitkom, persoon of saak, n wettige ‘tantrum’ kan gooi.
As die feite bewys betogers se punte is nie gegrond nie, moet daar n vorm van verskoning aangebied word. Dit sal bv. by wyse van boetes kan geskied.

Blase ·

En wie betaal vir die sogenaamde taakspan? Sit hulle deur. Ons weet almal waar ons die volgende groep huishulpe en tuiningeneurs gaan kry.

Annelize ·

Sorry Blase, maar dan doen ek my eie huis en tuinwerk, wat ek anyway doen.

Ans ·

Hoe pateties kan dit nog in die land gaan.As jy nie jou sin kry nie dan gooi jy net klippe en steek die plekke aan die brand en dan kry jy jou sin.Lekkerman .So leer ons deesdae die kinders

Elvira ·

Mooi man. Julle regeer en almal moet buig. Laat die hele lot slaag en loop net weg van alles af. Dis hoe dot nou in hierdie land is.

Fryingfrog ·

Dis amper staande praktyk om die grensgevalle in gr. 11 te druip ten einde te verseker dat die skool ‘n goeie Matriekuitslae kry. Daar is min akademiese tyd in die Matriekjaar om die agterstand in te haal. Dis ook beter om gr. 11 te druip en te herhaal; as ‘n leerling Matriek druip, kom hulle gewoonlik nie terug skool toe nie; in Gr. 11 wel. As oud-onnie is ek nogal nuuskierig wat die hermerk gaan oplewer (daai merkers word bittermin betaal!) Daar is ook state wat vir die Onderwysdept ingevul moet word. Die Onderwysdept sit ook leerlinge op hierdie state deur wat eintlik amptelik gedruip het. Dis nie so swart op wit soos dit vir die publiek lyk nie! Ek hoop dié inligting werp ‘n bietjie lig op die onderwerp

Veronica ·

STILFONTEIN is nou alles behalwe STIL na die drama . . .

Johan ·

Dus wil die druipelinge (sonder om hulle kant te bring) outomaties oorgeplaas word en matriek op dieselfde manier “behaal”. En hulle wil nie gedissiplineer word nie (geen detensie)
Wat is volgende… Miskien geen huiswerk, vraestelle voor die tyd, rekenaars, sigarette en wat van ‘n stewige bedrag sakgeld?

Hennie ·

Sit hulle deur hoekom nou nog geld en tyd mors vir hermerk dit is hulle wat nie Graad 12 sal maak nie en net weer saam met statistiek van druipelinge sal wees ,geen hoofpyn en stakings en oproer by die skool nie. Dan kan hulle dit met Onderwys dept baklei . Dink net die skool kan dan ten minste normaal funksioneer en geen skade of oproer by die skool nie.

se net ·

Nee maar dit is goed, laat enige een in enige skool toe. Nou word die kinders wat wil leer gebriek met al die betogings ens. Hoor wat ek se, as die regering nie nou optree nie, gaan ons oor so 5 jaar net skool toe op die ouderdom van 7 en elke jaar slaag jy of jy skool bywoon of eksamen skryf of nie. En as jy 18jaar oud is kry jy jou matrieksertifikaat want jy is 18jaar oud. Nooit ooit was daar betogings, moeilikheid in afrikaanse skole nie. Nou kom die karakters en neuk als op.

Wiehan ·

Los die probleem maklik op. Sit jou kinders in een van die Skole en koshuise in Orania. Daar is orde, respek, dissepliene en Christelike waardes in Orania Skole.
Doen julself ‘n guns en gaan kyk hoe dit daar gaan. Soos Dana in sy Youtube video sê, dit bowl met die orde en veiligheid of jy in 1970’s RSA is

Sheryah ·

En ek hoor die slaagsyfer vir matrikulante hierdie jaar was slegs 30%. Dis blykbaar hoekom die persentasie van kinders wat geslaag het soveel hoër is. Ek glo daai aanname, want hierdie jaar is dit mos weer verkiesing. So as die kinders in Stilfontein nie geslaag het nie, beteken dit dat hulle het nie eers 30% gekry het nie? O WEE!

Derick ·

Jy is reg. Sover ek weet doen skool promosies en pas punte aan. Dit word egter deur die departement goedgekeur. So as daar ongeruimthede was en rassisme, het die departement net soveel aandeel as die skool. Tensy dit verander het intussen.

Leeu ·

Nee kyk as jy nie eers 30% kan kry nie…toe ek in Boston gaan swot het, was slaag 85%, en tot vandag toe nog is dit 85%, druip is 51,9%. Dan wonder Afrika hoekom hul is, waar hul is.

Wilma ·

Hahaha. Demand om te slaag. Nix verbaas ons meer ni
Gn wonder besighede wa mense betrokke is wie nie ordentlike skoolopleiding het gan ten gronde. Hoe dankbaar is ek dat my kids nog ordentlike skool opleiding kon ondergaan wa standaarde nog belangrik was

GeeAlmal'nGraad ·

Ek het ‘n oplossing vir gratis onderwys – die ANC moet knip deur die rompslomp en se almal kan ‘n graad van hulle keuse by Binnelandse Sake gaan haal.

Dibby ·

Twee van my 3 kinders moes ‘n haar herhaal laasjaar… ons is ‘n dood normale gesin, geen ontwrigting. Behalwe dat ek en 100 ander ouers weet dat my een kind deurgeloop het onder een onderwyseres, wat kinders al vir generasies knou, was daar nie werklik golwe nie. My jongste het bloot nie geluister, wou nooit leer, en het altyd ‘n antwoord reg gehad. Haar boetie het fantasties gevaar in sy ander vakke, maar die een mislike onnie, wat ongelukkig Afrikaans gee, was sy doodskoot. Ten spyte van sy prestasies andersins. Dit was verskriklik erg.. kinders het die hele Desember gestres, moederhart het maar klippe gekou namens hulle, maar so is ons deur die jaar. Kinders bietjie sterker, leer heelwat harder, en al is boeta weer terug by mislike onnie, en al is haar man nou skoolhoof, glo ek ons sal seevier. Hierdie ouers doen ongelukkig nie die kinders ‘n guns nie…

Dries ·

Dit is presies wat gebeur in Viljoenskroon Afrikaans onnie is onder hoof en hy besit die skool.

Dries ·

Daar gaan net mooi niks gebeur nie die leerders gaan hulle sin kry dis lagwekkend hulle mors tyd en geld sit hulle deur en gaan aan nou sit hulle net die mense se lewens in gevaar.

Alida ·

Nou het ek als gehoor. Betoog omdat hulle gedop het. Dit is absurd!

Elize ·

Dis hoekom hulle nie moet toegelaat word in Dorp skole. In hul natuur om als af te BREEK. Dis nou gehoor same ouers. Pleks Leer hulle hul kinders respek.

Tronel Legassick ·

Niemand beseer nie twak !! Onskuldige kind is teen die kop getref met i baksteen VOL bloed gewees die ander kinders was vrees bevange gewees .. Ek kom self uit die skool 13 jaar terug sou sulke nonsens nie geduld geword het nie …ons het die videos gesien .. Dis leerders wat nie wou leer of net dood eenvoudig te ly was . Ek neem die ouers van die kinders kwaalik wat net so hard saam met hulle ge toi toi het kan jy nie sien jou kind se punte is nie reg vir matriek nie stuur hom self terug graad 11 toe dat hy of beter doen of haal hom uit die skool .. Maar hierdie is bloot net om rasse konflik uit te lok en uit te buit !!!!!! En ek haal my hoed vir die hoof af sy hanteer die saak uitstekend en sy sal vol hou om so te doen sy en haar span onderwysers .. Julle het guts !!

Hennie ·

Ook hoogtyd dat ons swart landsburgers leer dat niks bereik word sonder harde werk en sorg nie. En hier kan hulle sommer ook leer dat ons Blankes bereid is om hard te werk. Wat hulle ook kan leer is dat ons onsself onderskei van hulle sub standaarde. As dit is waar hulle wil wees, moet hulle nie tjank nie.

Hanna Hoekom ·

Die regering kan ons vuisvoos belastingbetalers baie geld spaar deur sommer die graad 12 sertifikate met geboorte al uit te reik. Gee dan ook die graad sertifikate (los lyntjie oop sodat die graad se naam later ingevoeg kan word) sodra die babatjie sterk genoeg is om huis toe te kan gaan. Probleem opgelos! Nou hoef niemand meer oor die 30% gemiddelde punt te stres nie.

Chrisn ·

Dit is die gevolge van de Klerk en sy gespuis. Nou is hulle tjoepstil. LANDS EN VOLKS VERRAAIERS.

Cornelia ·

@Leeu, ek dink nie Afrika wonder waarom hulle is waar hulle is nie. Hulle weet waar hulle is. In die parlement. Waar “Mag” belangriker is as kennis. Daarom beteken 85% niks as die Mag om dit te verydel tot niks, in die hande is vd wat 30% as ‘n preserveer middel aanwend nie.

Saartjie ·

En so word n dom nasie create… maar ja.. met alles wen hulle… geen trots…. mense dis donkey Africa onthou…. beter word????? Nuh….. glad nie

Hennie ·

Dit is baie maklik hou die standaard hoog ,as n kind dit nie maak nie .Laat die ouers besluit of hy moet terug gehou word of nie .Met die standaard vandag in skole , as n kind dit nie maak nie is dit dalk beter dat daai kind net klaar maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.