“Stille Nag” steeds heilig, sê kerk

Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika het ʼn beswaar teen die sing van die lied “Stille Nag” verwerp, het Beeld Dinsdag berig.

“Lag maar lekker en doen wat julle wil,” het dr. Hennie van Wyk Maandag tydens die GKSA se algemene sinode in Potchefstroom gesê nadat sy beswaar verwerp is.

Van Wyk het aangevoer dat die lied se woord ʼn nag heilig, al is daar geen kultuur-historiese bewyse wat die geboorte van Jesus tot ʼn bepaalde maand en jaar verbind nie. Die lied begin met die woorde “Stille Nag, Heilige Nag” en bevat ook die woorde “Heer, gebore vir ons!”.

Van Wyk het versoek dat daar gestem word teen die sing van die lied, maar dit is egter deur ʼn groot meerderheid afgekeur.

Verskeie sprekers het gesê die woord “heilig” het ʼn wye betekenis en dat daar nêrens in die lied beweer word dat Jesus op 25 Desember gebore is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willie ·

Ou Hennie, luister ‘n bietjie wanneer Stevie Nicks Silent Night sing. Jy kry hoendervleis! Waarborg jy sal nie sulke onsin kwytraak nie. Lank lewe die sing van Stille Nag!

Griet ·

Willie, jy mors jou asem. Iemand soos Hennie sal nie weet nie wie Stevie Nicks is nie……

Snip ·

Ek stem Willie, as hulle oor iets wil praat of wonder; is dit eerder of Saterdag nie eerder die dag van aanbidding moet wees nie, want alhoewel ons op Sondae aanbid wys elke vers in die Bybel dat dit eintlik Saterdag moet wees. As God dan ook sê Hy het die Sabbat geheilig en dis eintlik die Saterdag, dan hou ons kerk op n dag wat nie geheilig is nie, maar deur die kleinhorinkie in Openbaring wat tyd en tye verander het verander is; en dan is ons almal besig om kerk te hou op n dag wat God nie vir ons ingedagte gehad het om kerk te hou nie. Dit en kleindoop ( wat nêrens eers in die Bybel is nie, want alle tekse wys dat jy self eers tot bekering moet kom en jou dan laat doop, hoe kan n baba dit doen? ) is dinge waarna gekyk kan word. Hoekom doen kerke sulke goed wat nie Bybels is nie, en laat ons almal volg, maar wil nou karring aan so n wonderlike lied wat mens net nader aan God bring. Hulle karring aan die Bybel en skryf elke paar jaar n nuwe vertaling en so gaan feite en verse verlore (vergelyk maar die verskillende vertalings), wil gesange uithaal, pleks hulle kyk of hulle Bybels optree en meer bekommerd wees oor dit en dat hulle vir ons uit die Bybel wys hoekom hulle sekere goed so doen, waar kry hulle dit; hoekom Sondae kerk toe en hoekom kleindoop, want dis goed wat my al lank puzzle. Ons wil God in opregtheid en WAARHEID dien, hulle moet eerder seker maak dis wat gebeur.

CHRISTA CONTINO ·

Snip hou jou bek!! Ten eerste: Jy kan God nie eers korrek spel nie. Die god van wie jy praat is gewoon ‘n afgod. Ten tweede moet ons Christus se geboorte ELKE DAG van die jaar vier, nie net tydens Kersfees nie. Derdens moet ons die HERE ELKE DAG aanbid en nie net op ‘n sekere dag van die week nie. Vierdens, waar het jy van die bus afgeval? Die doop vervang die besnydenis en babas is besny, nie volwassenes nie!! Christus het ook mense op die Sabbat genees, wat toe teen Hom gehou is. Jy kan God net opreg dien as jy Christus Jesus as jou Verlosser en as die Seun van God aanvaar. Gaan kyk maar na jouself en watter god jy in waarheid en opregtheid dien!!!!

snip ·

Jammer Christa, lyk my jy het my heeltemal verkeerd verstaan.

Griet ·

Christa, kan jy die teks in die bybel aandui waar dit staan dat die doop die besnydenis vervang het? Ek soek al jare daarna….

Daleentjie ·

Slegs een doop = gelowige doop. Soos: kom tot geloof en laat jouself doop. Ek is kleintyd gedoop en het jare teen ‘groot’ doop gestry. En toe, op ‘n dag, toe besef ek dit help nie om teen wat in die Bybel is te stry nie. Met respek aan Snip, die Hebrew roots movement (hou van Sabbat, feeste) is nie vir almal nie. Vir my was dit ‘n donker gat waar dit my baie lank gevat het om uit te kom – my fokus was op al hierdie dinge wat ek moet doen om aanvaarbaar te wees vir God. Van ‘n verhouding met God was daar geen sprake nie.

Neels ·

Christa, dat jy nou so lelik moet praat. Ek glo nie “hou jou bek” is woorde wat in die gesprek hoort nie, of in enige gesprek nie. Veroordeling gaan nie vir jou of Snip of Hennie of wie ook al van enige nut wees nie. Hennie, jou opmerking oor kultuur historiese bewyse is in die kol….maar as dit die maatstaf is wat konsekwent toegepas word dink ek daar is bitter baie in ons huidige geloof en gebruike wat hersien sal moet word. Geloof is tog veronderstel om vrede te bring nie waar nie…?

Viv ·

Dat mens nou oor sulke kleinlikhede kan stry en baklei terwyl Rome brand

Leon ·

Jissssssiiiieeee maar julle kan kan jul tyd verwyl met *****!

Eish! ·

Aijaijai, daar is belangriker dinge oor om ons te kwel. Soos ons kinders se opvoeding. Laat elke mens maar besluit waar en hoe hy die Here se geboortedag wil fier. Ek is gek oor kersliedere en dit laat my baie rustig voel as ek aan dit dink. Kersdag is vir my ‘n gewyde dag en ek weet dit is nie DIE dag nie, maar ek sonder die dag uit om Sy geboorte te herdenk. Rustig te verkeer en kerk toe te gaan en geen ooretery en party’s vir my oor kerstyd. Stillenag was nog altyd mooi en sal altyd mooi bly.

Rienie Swart ·

Jou siek bleddie mens……
You are either for Christ or living as pawns for the antichrist, there’s no in between…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.