‘Stillknocks’ bal vuiste teen plaasmoorde

Dricus du Plessis. (Foto: Twitter)

Die 27-jarige uitblinker in gemengde gevegskuns Dricus “Stillknocks” du Plessis, het lede van die publiek uitgedaag om eerskomende Saterdag saam met hom en Bennie Roux, ultramarathonatleet van Pretoria, aan ʼn drafgeleentheid vir plaasmoordslagoffers deel te neem.

Die geld wat by dié geleentheid ingesamel word, sal toesien dat slagoffers van plaasmoorde die nodige berading en bystand op die misdaadtoneel en tydens hofsake ontvang. Enige ander dringende of onmiddellike behoeftes soos kos en medisyne sal ook hierdeur gedek word.

Hierdie dag word deur die AfriForum-traumaeenheid aangebied, wat reeds sowat 300 slagoffers op dié wyse bygestaan het.

Du Plessis, wat ook vir plaasmoordslagoffers gaan draf, het reeds verlede jaar ná afloop van sy eerste Ultimate Fighting Championship-oorwinning teen Brasilië se Markus Perez, sy stem oor plaasmoorde dik gemaak.

Dié hokvegter, wie se ouers self boere is, het gesê Suid-Afrika beleef tans ʼn moeilike tyd met plaasmoorde en dat mense in die land daagliks vermoor word.

“Kom ons stop die plaasmoorde. Ek wil hê die wêreld moet sien wat in Suid-Afrika gebeur,” het hy destyds gesê. “Kom ons staan saam as land om dit te oorwin.”

Hy het die publiek opnuut uitgedaag om saam te staan en aan die AfriForum-traumaeenheid se #HardloopVirHoop-byeenkoms by die Voortrekkermonument deel te neem.

“Dit is so ʼn belangrike dag en ek kan nie wag om te sien hoe die gemeenskap ons mense gaan bystaan nie,” sê Du Plessis.

Roux, wat reeds verskeie kere aan hierdie inisiatief deelgeneem het, sê die werk wat AfriForum se traumaeenheid doen, is van onskatbare waarde vir mense wat slagoffers van gewelddadige plaasaanvalle en -moorde is.

“Die eenheid help om gebroke mense weer heel te maak en hoop te bring waar mense moedeloos en verpletter is deur die smart om hul geliefdes op so ʼn wyse te verloor,” sê hy.

“Ek nooi almal uit om Saterdag saam met ons te kom loop of hardloop om ʼn verskil te maak.”

Vang ʼn drafstappie

Die AfriForum-traumaeenheid se byeenkoms sal Saterdag 6 November by die Voortrekkermonument plaasvind.

Die hekke open reeds vroeg en deelnemers kan besluit of hulle wil stap of draf. Die inskrywingsgeld is R50 per persoon en daar is ʼn 5 km-, 10 km- en 15 km-stap of -hardloop asook ʼn 10 km-fietsry-opsie.

Daar is ook ʼn VAT5-kompetisie vir die langasems wat spanne kan inskryf om die 5 km soveel kere moontlik aan te durf.

  • Klik hier vir meer inligting of om in te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Daleen ·

Dricus ek is een van jou grootste ondersteuners en het onsaglike baie respek vir jou. Jy is ‘n ware KAMPIOEN in jou sport en as mens. Doen so voort. SALUUT!

SlinkseKoljander ·

Mooi man, slaan sommer `n paar van daai manne as jy hulle sien langs die pad!

Shakespeare ·

Dricus jy is n yster. Ek is te oud om saam te draf maar ek sal daar wees in gees. Jy is ‘n man tot die mag 100. SALUUT SEUN, SALUUT !!!

piet ·

Nou hoeveel van die klomp wat so sterk voel oor plaasmoorde hier op MM gaan saamdraf/stap? Hier is nou julle kans om die saak te ondersteun. Dis ook Saterdag so julle het nie verskoning van werk en kerk nie. Ek sien met groot verwagting uit na die groot massa Maroela-lesers wat gaan deelneem.

Snowball ·

Wat stel jy voor piet, dat hulle MM stickertjies moet dra om hulle steun te wys? Of gaan jy daar wees met ‘n presensielys om af te merk wie is teenwoordig?

Pieter ·

Ag nee wat. Ons is rustig agter die mure van die ouetehuise. Maar ons kan kla – steen en been.

Daleen ·

H. A hierdie artikel kyk na die positief en iemand wat verskil wil maak. Dis jammer daar is mense soos JY wat ongelukkig niks positief meer raak sien nie en almal om jou ook negatief wil maak. Jammer NIE DIE KEER NIE!

Marius ·

So piet gaan jy daar wees want jou kommentaar lyk soos die van mense wat kla oor alles maar niks wil doen nie doen jouself n guns kom bietjie uit die huis en gaan stap

Adriana ·

Wonder wat sal Krieket Sa of Rugby Sa doen as mense begin vra om die knieë te buig vir die boere wat so vermoor word, dan sal hul seker ñ ander deuntjie sing.

Irma ·

Ja Adriana, ek stem saam met jou kommentaar. Die mense wat die kniee gaan buig vir die boere wie in SA vermoor is moet dan ook ‘n witkruis omhoog hou met ‘n boer se naam op wie vermoor is.

Di ·

Baie trots op dit wat hierdie jongman doen ter nagedagtenis aan ons boere wat vermoor is. Dankie dat jy ook die gesinne van hierdie boere bystaan wat deur moeilke tye gaan. Hou vol met die goeie dade, ons het meer mense soos jy nodig in ons land.

JohanR ·

Dankie Stillknocks en respek . All Lives Matter, en in Suid Afrika is die rerig Farmers Lives Matter! Wonder of ons ooit die Proteas sal sien die knieg buig vir die boere….nah!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.